| Boggom en Voetsek [boodskap #9140] |
Di., 22 April 1997 00:00  |
Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23 Geregistreer: April 1997
|
Junior Lid |
|
|
Ek het kleintyd die gedig te lese gekry, maar al wat ek kan onthou is:
Boggom en Voetsek het saam geswerwe
Waar die Hantam berg hom strek
Hoor toe noudie dag Dawid Kramer sing van Boggom en Voetsek. Het iemand
dalk die tyd/lus om dit vir my te stuur?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Boggom en Voetsek [boodskap #9205 is 'n antwoord op boodskap #9140] |
Vr., 25 April 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
|
Senior Lid |
|
|
Alwyn Nel wrote in article
...
> Ai At, ek moes êrens knip om so bietjie plek te spaar. Baie dankie vir
> die pragtige skets van die Hantam. Man maar dis lekkerrrrrr om Afrikaans
> te lees, veral so uit At se pen.
>
> Ek sal 'n draai of agt in die Hantam moét maak. As die Hantam is soos jy
> hom beskryf, sal Boggom en Voertsek se geeste sekerlik nog daar huiwer
Die natuur is deeglik. Daar is lankal reeds ander wat net wag om ontdek te
word. Vra my drie jongste kinders. Hulle het 'n ander Boggom, of was dit 'n
ander Voertsek ontdek. Ek kon net stukkies van Leipoldt se gedig onthou.
Hoe spyt was ek nie dat ek alles kon onthou nie want die biethies het hulle
laat krul van plesier.
As ek so op reis gaan, gaan my boeke saam. 'n Mens moet 'n spesiale tassie
daarvoor hê. Sonder boeke om na terug te verwys, het die reis min waarde.
Ai, hoe kosbaar is boeke nie. Tien duisende dankies aan Gutenberg en al die
skrywers wat hulle gedagtes so presies kon verwoord.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
|