Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Dagga nou wettig
Dagga nou wettig [boodskap #120782] Wo, 19 September 2018 05:58 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/29/0/Die Konstitusionele Hof het die privaat gebruik van dagga gewettig deur 'n vroeëre bevinding van die Wes-Kaapse hooggeregshof te bekragtig. Hierdie uitspraak is op 18 September 2018 deur adjunk hoofregter Raymond Zondo gemaak. Die hof het eenparig beslis dat volwassenes die grondwetlike reg het om dagga in hul privaatheid te kweek en te nuttig.

Die hof het verder bevind dat die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe strydig is met mense se grondwetlike reg op privaatheid. Die Parlement is gevra om dié betrokke wette binne twee jaar te wysig. Daar word verwag dat persone wat tans tronkstraf vir die besit van dagga uitdien binnekort vrygelaat sal word.

Soos te wagte het dit 'n storm op sosiale media veroorsaak. Die gebruik van dagga as geneesmiddel deur siek mense is natuurlik geregverdig (soos vir rumatiek, epilepsie en kanker). Daarteenoor kan dit tot groter wetteloosheid lei in 'n land waar misdaad reeds buite beheer is.

Interessant genoeg het die hof mediese studies aanvaar wat aantoon dat alkohol meer skade as dagga aanrig en dat daar min bewyse is dat die kriminalisering van dagga die skadelike gebruik daarvan sal verminder. Ons kan maar net hoop dat die mense weet waarvan hulle praat...
  • Aanhangsel: dagga.jpg
    (Grootte: 43.96KB, 751 kere afgelaai)
Re: Dagga nou wettig [boodskap #120783 is 'n antwoord op boodskap #120782] Do, 20 September 2018 05:57 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die grapjasse het ook nie op hulle laat wag nie. Hier is 'n paar van die grappies wat ek teëgekom het:

Dagga is al jare wettig in Nederland... Dis hoekom hulle so snaaks Afrikaans praat.

Nou het ons: Maandagga, Dinsdagga, Woensdagga, Donderdagga, Vrydagga, Saterdagga en Sondagga.

Wens mense wil ophou met al hierdie dagga "jokes"... my foon is so besig ek kry nie kans om 'n zol te draai nie!

Al die polisiehonde wat opgelei is om dagga uit te snuffel het pas hulle werk verloor.

As jy sien die Vryheidsfront Plus het die hele kabinet oorgeneem, die springbokke is weer no 1 in die wêreld, petrol kos weer R1,20 'n liter, biltong word gratis by jou huis afgelewer, en die vis byt weer, dan moet jy weet die dagga wat jy rook is uitvoergehalte.

Ek het 2 daggaplantjies te ruil vir data.

Nou net dagga vir die eerste keer gerook... weet nie waaroor die bohaai gaan nie... dit doen absoluut niks aan my nie...
Elke geval, geseënde nuwejaar en voorspoedige Kersfees.

Meraai doen aansoek vir werk.
By die onderhoud vra die eienaar: "Meraai, het jy tik geneem op skool?"
Meraai: "Nei maneer, dai djare was da net dagga en dooswyn."

Gatiep stop by 'n boemelaar wat langs die pad sit en dagga rook.
Gatiep: "Verskoon tog, wat is die vinnigste manier om by Loftus uit te kom?"
Boemelaar: "Ry jy of loop jy?"
Gatiep: "Ek ry."
Boemelaar: "Ja... ry is die vinnigste manier."
Vorige onderwerp: Strooimanne in die parlement?
Volgende onderwerp: Nou gaan ons braai!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:22:04 MGT 2024