Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Strooimanne in die parlement?
Strooimanne in die parlement? [boodskap #120767] So, 09 September 2018 07:48
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Net laas week het ons gehoor hoe iemand in 'n Clicks-winkel van haar mandjie praat, gevolg deur die onverwagte vraag: "Who do you call 'n monkey?". Die week verwys Ernst Roets na die strooiman-argument, en die reaksie, wag vir dit... "You can't call us strawmen!" (Mev. Madipoane Mothapo van die ANC).

So, net vir duidelikheid:

'n Strooimanargument (of strooipopargument) is 'n foutiewe debatstegniek waar 'n wanindruk omtrent 'n teenstander se argument geskep word. So 'n argument skep die indruk dat die teenstander se argument verslaan word deur sy stelling te vervang met 'n ander, maar nie ekwivalente stelling, wat dan as 'n valse argument bewys word.

Dit kom in die volgende patroon voor:

  • Persoon 1 maak stelling X
  • Persoon 2 argumenteer teen stelling Y, soortgelyk maar nie ekwivalent aan stelling X, asof dit is wat Persoon 1 eintlik gesê het.

So, wat se strooi is dit? Niemand sal tog durf om ons parlementariërs strooimanne of -vroue te noem nie!
Vorige onderwerp: Onteiening sonder vergoeding: Die NDR het misluk
Volgende onderwerp: Dagga nou wettig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:55:27 MGT 2024