| Belaglik [boodskap #119208] |
Di., 01 September 2009 08:49  |
benf
Boodskappe: 5 Geregistreer: Mei 2004
|
Junior Lid |
|
|
Vanoggend se Beeld berig oor 'n wit
Suid-Afrikaner wat in 'n Kanadese
hof, suksesvol aansoek gedoen het
om vlugtelingstatus, en mnr. Ronnie
Mamoepa se reaksie dat die hof se
uitspraak 'belaglik' is. Dit herinner
aan Jimmy Kruger se uitspraak, 'dit
laat my koud', destyds met Steve
Biko se dood.
Ben
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Belaglik [boodskap #119217 is 'n antwoord op boodskap #119216] |
Do., 03 September 2009 21:13   |
Etienne Marais
Boodskappe: 370 Geregistreer: Maart 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Sep 3, 10:26 pm, Strandkruier wrote:
> On Thu, 3 Sep 2009 08:35:01 -0700 (PDT), Etienne Marais
>
> wrote:
>> Is jy seker hiervan ? Dalk kwalifiseer die Suid-Afrikaner nie aan
>> vereistes soos genoegsame kwalifikasies en werksondervinding nie,
>> mense kan tog nie net sommer immigreer as hul lus is nie.
>
> Ek is seker daarvan. Daar is nou al baie Suid-Afrikaners in Kanada!!
> Teenwoordig is dit bykans onmoontlik om in enig Kanadese shopping
> center aankope te verrig sonder om êrens 'n Afrikaner Afrikaans te
> hoor praat. Dis rêrig so! Het hulle almal genoegsame kwalifikasies en
> werksondervindings? Ek glo hulle het nie. Kanada is nog één van die
> lande wat rêrig mense nodig het. Jy sien mos self dat as Kanada 'n
> Suid-Afrikaner toelaat weëns rassistiese behandeling in sy eie land
> die openbare seleksie van vreemdelinge heeltemal nie so streng is nie.
> Dit lyk dalk net so, maar dis heeltemal nie so nie.
> Wis jy dat Kanada slegs 3,4 inwoners het in één vierkante kilometer?
> Dis één van die minste in die ganse wêreld. In die Verenigde State is
> dit reeds tien maal soveel. Dis waar: hulle woon bykans almal in 'n
> smal strook van slegs 200 km net bo die grens met die Verenigde State
> en dis baie koud daar in die winter, maar daardie land het seker nog
> moontlikhede genoeg. Wil jy werk en is jy gesond? Dan sal jy seker
> welkom wees.
>
> Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
Wel dis goed om te weet, ek verstaan hoekom dit so moeilik raak om in
sekere lande in te kom waar veral oorbevolking 'n probleem is maar ek
het gedink lande (soos Kanada) met lae bevolkings sou nogtans weens
argumente soos identiteit en handhawing van standaarde selektief wees
in hul immigrasie beleid. Terloops, die hofbeslissing oor Huntley word
nou heroorweeg siende hy erken het dat hy nooit die misdade aan die
polisie geraporteer het nie. Hopelik vir hom (en andere) het hy nie
gelieg nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Belaglik [boodskap #119220 is 'n antwoord op boodskap #119218] |
Sa., 05 September 2009 18:02  |
Etienne Marais
Boodskappe: 370 Geregistreer: Maart 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Sep 4, 9:58 pm, Strandkruier wrote:
> On Thu, 3 Sep 2009 14:13:37 -0700 (PDT), Etienne Marais
>
> wrote:
>> Terloops, die hofbeslissing oor Huntley word
>> nou heroorweeg siende hy erken het dat hy nooit die misdade aan die
>> polisie geraporteer het nie. Hopelik vir hom (en andere) het hy nie
>> gelieg nie.
>
> Tja!.. As daardie kêrel 'n leuenaar is dan word die sakes vir hom
> vanselfsprekend heeltemal anders!
Dit is natuurlik moontlik dat hy die waarheid praat, in daardie geval
wens ek hom sterkte toe.
> Maar, ek dink hy sal op die ou end nie terugkom na Suid-Afrika nie.
Die hele wêreld kyk en wag in spanning
|
|
|
|