Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Operasie Kanada
Operasie Kanada [boodskap #119219] Sa, 05 September 2009 12:47
Sanderis  is tans af-lyn  Sanderis
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
Die ANC-regering het beswaar aangeteken teen die verlening van
vlugtelingstatus aan 'n Witman van S.A. en 'n kanadese Federale hof
hersien nou glo die beslissing.

Kom ons neem die geleentheid te baat en maak beswaar by die Kanadese
regering se geswig voor die ANC se politieke druk. Ons is almal in
besit van gegewens oor die moorde, verkragting en misdaad (dws die
algehele disrispek vir lewe); die ontbinding van die kommando's wat
die boere op die plase beskerm het; die vernietiging van Afrikaanse
onderwysinrigtings; die ontsegging van beroepsgeleenthede en
geleenthede om kontrakte te bekom tensy jou besigheid effektief aan
swartes oorgemaak is; die aandele-afpersing deur swartes (sg. BEE);
die voortdurende vernietigng van ons kultuurerfenis deur
naamsveranderinge (altyd net Afrikaanse name wat verander word); die
miskenning en onderdrukking van ons taal in howe en staatsdepartemente
(die SAPD het glo nou weer opdrag gegee dat alle polisiewerk,
insluitend afneem van verklarings, slegs in Engels mag geskied); die
dreigemente en opstokery teen blankes deur swartes se slagspreuke en
openbare uitsprake, insluitende Zuma se "bring my my masjiengeweer"-
liedjie; statistiek oor blankes wat al geëmigreer het omdat ons
ballinge in ons eie land geword het; ens.

Stuur vir hulle die gegewens en foto's van verminkte blankes, sodat
hulle volumes getuienis sal hê om te oorweeg. Ons het ook almal
familie en kennisse in die buiteland of databasisse met sulke name.
Moedig hulle aan om ook hulle verhale van misdaad en verontregting aan
die Kanadese regering te stuur sodat dit aan die Federale Hof voorgelê
kan word. Dink net watter impak dit kan hê as daar duisende sulke
getuienisse op die Kanadese hersieningshof begin reën!

Hierdie saak het nou internasionale aandag getrek, laat ons die
geleentheid te baat neem om ons kant van die saak en die ANC se
wanadminstrasie van die eens florerende Suid-Afrika onder die
internasionale aandag te bring. Almal wat gereeld pleit dat ons moet
"saamstaan": hier is nou 'n geleentheid om dit te doen. Ons het nie
toegang tot die Internasionale Hof nie, maar hier is 'n geleentheid om
die Kanadese hof as't ware nie-amptelik tot 'n soortgelyke vlak as 'n
internasionale hofsaak te verhef. As ons die ding reg dryf, kan ons
die ANC se diplomatieke beswaar op hul koppe omkeer sodat hulle mag
uitvind dat dit hulle beswaar by die Kanadese regering 'n groot fout
was.

Hieronder verskyn die adresse waarheen dit gerig kan word:


High Commission of Canada to South Africa in Pretoria Address,
Telephone, Fax, Email

Street Address
1103 Arcadia Street
(Corner Arcadia and Hilda Streets)
Hatfield, Pretoria, South Africa

Postal Address
High Commission of Canada
Private Bag X13
Hatfield, 0028, Pretoria, South Africa

Telephone: +27-12 422 3000
Fax: +27-12 422 3052
Email: pr...@international.gc.ca
Vorige onderwerp: Nuwe gespreksforum
Volgende onderwerp: Belaglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 13:49:26 MGT 2024