| "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116850] |
Do., 10 April 2008 15:20  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
HALFMENS
Donald Riekert
Al raad my Ou Tata
Die jong Nama-meisie se
heuningoë val verskrik ver
son oor Aughrabies se val
Waterslang se lek-lek tong
het sommer nou-nou geel mal-
kop-blom op my hakslag gelê
Ek hardloop opslag teen die
kliprant en my lippe skuim
soos ek die rooison soebat
dat Halfmens sy geel blom
oor my oë draai Dis al genade
Trek waterslang bang-bang
terug en soek in die blinkwater
'n ander vrou
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116859 is 'n antwoord op boodskap #116857] |
Sa., 12 April 2008 14:09   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jakkals skryf
Ek hou
> van die beelde wat bg. frases in my wakker maak, maar die gedig as 'n
> geheel maak nie vir my sin nie.
> In elk geval, as iemand vir my 'n bietjie kan verduidelik waaroor
> Halfmens gaan sal ek dit waardeer.
Jakkals, volgens HAT is "halfmens" die vetplant
" Pachypodium namaquanum " wat aangetref
word in Namakwaland en Namibië, met 'n dik
onvertakte stam wat tot 2.4 m hoog word en die
plant op 'n afstand effens na 'n mens laat lyk.
Dus ietwat soos Lot se vrou, is die gedagte
dat die halfmens versteen daar staan, op vlug
vir iets vreesinboesemend wat gebeur het.
Donald Riekert se kort gedigte maak staat
op gevoelstate wat opgewek word deur vinnige
maar soms duister beelde wat saamgegooi
word, en somtyds ook deur geen leestekens
te gebruik nie, sodat die gedig sommer net
so uit die lug gepluk voel. Jy moet dus
vertrou dat die gevoelens wat die gedig in
jou opwek, die effek is wat Riekert wil
bereik.
Dis natuurlik duidelik dat Riekert
se verwysingsraamwerk die pre-koloniale
noordelike deel van Kaapland betrek. Maar
dis baie spesifiek. Dit praat van die Nama-
meisie. Dit praat van Aughrabies met al
sy legendes van slange wat in die rivier
lewe en wat agter jong meisies aan is.
Wat NP van Wyk Louw met "Raka"
gedoen het, dink ek Riekert bereik hier
met "Halfmens."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116863 is 'n antwoord op boodskap #116862] |
Sa., 12 April 2008 22:19  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jakkals skryf
> Ek woon in Wisconsin. Afrikaans is taamlik skaars in hierdie geweste.
>
> Jy het waarskynlik al van die "Sapir-Whorf hypothesis" gehoor. Soos wat
> ek hierdie hipotese verstaan, bepaal 'n mens se taal hoe hy dink. As
> daar sekere begrippe is waarvaar daar nie woorde in die taal is, en jy
> is net daai een taal magtig, dan is daai begrippe vir jou vreemd.
Ha, ha! Ek moes onthou het dat jy die persoon
is wat uit die Middelweste iemand oor die vingers
getik het wat gesê het dat Kanada so koud was
en die VSA nie.
Wel, ek neem aan dat jy sal vind dat jy anders
dink as die mense om jou omdat jy ook in Afrikaans
dink en dit gee jou meer soepelheid as vir die mense
wat net eentalig is om jou. Mens moet egter in ag
neem dat die mense van Wisconsin heelwaarskynlik
baie meer Skandinawiese bloed in hulle are het as
sommige ander dele van die VSA, en dat hulle effens
anders "dink" as mense sê byvoorbeeld in Noordelike
New York staat, wat weer die Hollandse voorvader-
bloed in hulle are het.
Ek luister nou die dag na 'n pianis wat vertel
dat sy 'n vergelyking sien tussen die Duitse manier
van praat ( waar die grootste deel van die werkwoord
eers aan die einde van 'n lang sin kom) en die manier
van Beethoven om jou omtrent twintig minute vantevore
al voor te berei vir iets wat eers baie later tot vervulling
gaan kom in die musiek. Sy sê sy berei haarself voor
deur Thomas Mann in Duits te lees. Ek dink Afrikaans
( soos ander Germaanse tale) is dieselfde. Dis een
van die tekens dat jou Afrikaans nie goed is nie,
as jy die ge-gedeelte van die werkwoord te vroeg
inbring.
Gloudina
|
|
|
|