Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is almal
| Waar is almal [boodskap #116783] |
Wo., 02 April 2008 09:59  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Hoekom die skielike stilte op die NG - Die enigste een wat rede het om weg
te kruip sover ek van weet is Gloudina wat die laaste ruk al wat argument
verloor het.
Hoe lyk dit Antie - Hou jy styf duim vas vir oom Robert. 'n Diktator soos hy
is mos wat die Afrika kontinent nodig het nie waar nie - enigiets solank dit
net nie apartheid is nie
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116795 is 'n antwoord op boodskap #116792] |
Do., 03 April 2008 10:43   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan"
> en Sipho sal eerder kies om te vergaan
>
>> van die elende onder bewind van sy eie mense, eerder as om soos 'n koning
>> te
>> leef en regeer te word deur ander.
>
> Riaan, ek wonder of jy besef wat jy hier
> sê. Transponeer nou wat jy sê op die
> Afrikaners en die Engelse na die Anglo-
> Boere-oorlog.
Riaan, jy het soos gewoonlik, teen jou oogvelle
vasgekyk toe jy bostaande gelees het. Ek het
uitgewys dat jy verwag dat "Sipho" onderdanig
onder die wittes moes leef, net omdat die wittes
vir hom vleespotte geskep het en goeie paaie
( soos jy reken), en dat hy moes vergeet dat
hy in slawerny leef. Toe herinner ek jou daaraan
dat as jy materialistiese welstand as argument
gebruik, jy dieselfde argument moes gebruik
vir die Afrikaner - dat hy gewillig onder die
Engelse juk na die Boere-oorlog moes leef,
en geen ambisie hê om onder die juk uit te
kom nie. Iets wat jou geliefde Nasionale
Party natuurlik nie onderskryf het nie. Net
jammer dat hulle, toe hulle hul Republiek
kry, die grootste onderdrukkers van ander
se menseregte geword het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116810 is 'n antwoord op boodskap #116807] |
Sa., 05 April 2008 00:56   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> 3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land terug
> waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
> alleen-regeerders!!! - waar dit weer hulle land is net hulle land en
> niemand anders s'n nie. Dis realisties en haalbaar!!!
>
> Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie!
Torreke, jy weet net so goed soos ek dat die
bantustan-planne van die Nasionaliste nie 'n
suiwer christelike motief gehad het nie. Dit
was 'n slinkse plan om voor te gee dat die
swartes stemreg gaan kry, maar eintlik vir
hulle heeltemal van hulle politieke mag te
beroof.
En selfs die idee dat hulle apart kon
ontwikkel, dit wil sê dat meer swart mense
belangrike poste kan beklee, was net 'n
klomp snert. Ek het dit op grondvlak
ondervind. Ek het op Adams College in
Natal klas gegee voordat die area deel
van die bantustan verklaar is. Op daardie
punt was daar 'n swart prinsipaal in die
hoërskool, en op een stadium was ek,
die Afrikaanse onderwyser, die enigste
wit mens in die hoërskool. Toe gaan ek
vir 'n paar jaar weg en kom weer terug
na Adams College, nadat dit deur
Bantoe-Onderwys oorgeneem is. Toe
wemel dit van die witmense daar. Die
hoërskool het toe 'n wit prinsipaal, en
al die wit mans daar sit en kyk waar
hulle kan aansoek doen vir poste as
prinsipale en vise-prinsiplae in swart
skole. Dus was die aparte ontwikkeling
van Verwoerd pure hogwash.
Ek het hierdie storie al voorheen
vertel. Dat selfs die wit ouens ( meestal
uit Transvaal) vertel het dat Meneer
van Heerden, toe die Rektor van die
skool, dié goedbetaalde pos gekry het
omdat hy vir die Verwoerd-kinders
gebabysit het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116812 is 'n antwoord op boodskap #116810] |
Sa., 05 April 2008 05:54   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:0fa2f690-98b2-4e5c-a54b-cf11822ee0cf@t36g2000prm.google groups.com...
"Torreke" skryf
> 3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land
> terug
> waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
> alleen-regeerders!!! - waar dit weer hulle land is net hulle land en
> niemand anders s'n nie. Dis realisties en haalbaar!!!
>
> Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie!
Torreke, jy weet net so goed soos ek dat die
bantustan-planne van die Nasionaliste nie 'n
suiwer christelike motief gehad het nie. Dit
was 'n slinkse plan om voor te gee dat die
swartes stemreg gaan kry, maar eintlik vir
hulle heeltemal van hulle politieke mag te
beroof.
En selfs die idee dat hulle apart kon
ontwikkel, dit wil sê dat meer swart mense
belangrike poste kan beklee, was net 'n
klomp snert. Ek het dit op grondvlak
ondervind. Ek het op Adams College in
Natal klas gegee voordat die area deel
van die bantustan verklaar is. Op daardie
punt was daar 'n swart prinsipaal in die
hoërskool, en op een stadium was ek,
die Afrikaanse onderwyser, die enigste
wit mens in die hoërskool. Toe gaan ek
vir 'n paar jaar weg en kom weer terug
na Adams College, nadat dit deur
Bantoe-Onderwys oorgeneem is. Toe
wemel dit van die witmense daar. Die
hoërskool het toe 'n wit prinsipaal, en
al die wit mans daar sit en kyk waar
hulle kan aansoek doen vir poste as
prinsipale en vise-prinsiplae in swart
skole. Dus was die aparte ontwikkeling
van Verwoerd pure hogwash.
Ek het hierdie storie al voorheen
vertel. Dat selfs die wit ouens ( meestal
uit Transvaal) vertel het dat Meneer
van Heerden, toe die Rektor van die
skool, dié goedbetaalde pos gekry het
omdat hy vir die Verwoerd-kinders
gebabysit het.
Gloudina
Ag, spaar ons tog asseblief jou veralgemenings gebore uit jou persoonlike
ervarings?! Jy ervarings tel een uit miljoene; statisties wat is dit werd?
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116814 is 'n antwoord op boodskap #116813] |
Sa., 05 April 2008 12:53   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
Maar het 'n
> "Native American" al ooit 'n kans gestaan? Het die "Native Americans"
> betekenisvolle inspraak in en mag oor wat in die VSA of Kanada gebeur? Jy
> ken die antwoord so goed soos ek: Nie eens amper nie!!!!
Ek is so bly dat jy so 'n voorvegter is vir die
reg van aboriginals om in hulle vaderland
dominant te word. Ek is in dieselfde kamp.
( Ek hoop dat jy hierdie opinie van jou sal
voortsit wanneer jy na Australië emigreer.)
Mag ek egter uitwys dat die nuutgeskepte
arktiese Nunavut gelei word deur 'n premier
wat aan die indigene nasie behoort, soos
ook verskeie ander territories. Daar is ook
Eerste Nasie ministers in die suidelike
provinsiale regerings. Verskeie Luitenant-
Generaals ( die koningin se verteenwoordiger
in elke provinsie) is van Eerste Nasie
oorsprong. Daar was ook, in die vorige Liberale
regering vir wie ek stem, kabinetslede
wat aan Eerste Nasies behoort.
Kanada volg op die oomblik egter 'n
beleid van veelrassigheid. Dit maak dit
moontlik vir enigiemand om enige pos te
beklee. Ons huidige Goewerneur-Generaal
is 'n beeldskone vrou wat in Haiti gebore
is en na Kanada gevlug het. Die Goewerneur-
Generaal voor haar was 'n vrou wie se
ouers uit Hong Kong gedurende die
Tweede Wêreld-oorlog gevlug het en dus
van Chinese etniese oorsprong is.
Ek dink egter jy moet van jou
troontjie afklim oor hoe die wittes uit
Europa so sleg in ander dele van die wêreld
was, maar skielik met skoon handjies in
SA gedurende die apartheidsregime was.
Onthou, jy het hulle in stand gehou met
jou stem, en daarom het jy, en vele soos
jy, dit moontlik gemaak dat die gruwelikste
skending van menseregte gebeur het terwyl
jy niks gedoen het om sake te verander nie.
Die koloniale magte van Europa het minstens
teen die middel van die laaste eeu gewyk
uit Afrika en die oorspronklike mense hulle
regte gegee. Maar in SA het jy en jou ouers
voor jou 'n rassistiese diktatorskap vir
omtrent 'n halwe eeu in stand gehou. So
hou op met jou skynheilige opinies oor
wat in ander dele van die wêreld moes
gebeur het en slaan, elke keer as jy jou
mond oopmaak, die hand in eie boesem.
Beter nog, vra vergiffenis op jou knieë.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116815 is 'n antwoord op boodskap #116812] |
Sa., 05 April 2008 13:16   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf
> Ag, spaar ons tog asseblief jou veralgemenings gebore uit jou persoonlike
> ervarings?! Jy ervarings tel een uit miljoene; statisties wat is dit werd?
Ek is so bly jy maak staat op die krag en die
mag van statistiek. Dan sal jy saamstem dat,
statisties, gegee die klein hoeveelheid
Afrikaners in SA se bevolking, daar omtrent geen
wit gesig in die regering behoort te wees nie.
En ook omtrent geen wit gesig in die sports-
spanne nie.
Minag maar my ondervinding op die grond
in SA, terwyl jy en jou ouers rondom die vlees-
potte gesit het. Ek weet wat ek weet. En groter
en belangriker Afrikaners as jy het hierdie
situasies gesien en daarteen gewaarsku. Mag
ek jou vertel hoe ek oorspronklik op Adams
Mission te lande gekom het. Die skool was
desperaat vir 'n Afrikaanse onderwyser, en het
na Dr. Gerdener, destyds 'n professor in die
kweekskool op Stellenbosch, geskryf en gevra
om iemand te vind wat bereid sal wees om
daarheen te kom. Dr. Gerdener het van my
begeerte om in swart skole skool te hou
geweet omdat hy my suster geken het wat
vir die CSV ( Christelike Studente Vereniging)
gewerk het by die hoofkantoor in Stellenbosch.
Jy kan dus verseker wees dat die mense wat
regtig getel het in die Christelike gemeenskap
en die eerste tekens van onheiligheid in die
politieke ambisies van die apartheidsvoorstanders
gesien het, hard gewerk het om dinge in die
regte rigting te stuur.
Dis dieselfde suster van
my wat deur Beyers Naude genader is om
vir hom in Johannesburg te kom werk. Dis
dieselfde suster van my wat uiteindelik uit
die CSV se diens getree het omdat die
apartheidsreëls dit onmoontlik gemaak het
vir die vereniging om veelrassig te opereer.
Die regering wat jy met jou stem in stand
gehou het, het gemaak dat 'n sterk
Christelike instansie in SA in twee gebreek
het. Dis daarom dat ek vir jou nogeens kan
sê. Hou op met jou skynheilige pontifikasie
en gaan op jou knieë en vra om vergiffenis.
Elke môre en elke middag en elke aand.
Anders is jou hande bevlek.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116817 is 'n antwoord op boodskap #116814] |
Ma., 07 April 2008 07:20   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
Ek is so bly dat jy so 'n voorvegter is vir die
reg van aboriginals om in hulle vaderland
dominant te word. Ek is in dieselfde kamp.
( Ek hoop dat jy hierdie opinie van jou sal
voortsit wanneer jy na Australië emigreer.)
Waarheen ek ookal emigreer, en indien wel, het (1) niks met jou te doen nie,
en (2) sal geen duit aan my standpunt verander nie.
Mag ek egter uitwys dat die nuutgeskepte
arktiese Nunavut gelei word deur 'n premier
wat aan die indigene nasie behoort, soos
ook verskeie ander territories. Daar is ook
Eerste Nasie ministers in die suidelike
provinsiale regerings. Verskeie Luitenant-
Generaals ( die koningin se verteenwoordiger
in elke provinsie) is van Eerste Nasie
oorsprong. Daar was ook, in die vorige Liberale
regering vir wie ek stem, kabinetslede
wat aan Eerste Nasies behoort.
Kanada volg op die oomblik egter 'n
beleid van veelrassigheid. Dit maak dit
moontlik vir enigiemand om enige pos te
beklee. Ons huidige Goewerneur-Generaal
is 'n beeldskone vrou wat in Haiti gebore
is en na Kanada gevlug het. Die Goewerneur-
Generaal voor haar was 'n vrou wie se
ouers uit Hong Kong gedurende die
Tweede Wêreld-oorlog gevlug het en dus
van Chinese etniese oorsprong is.
Feit is en bly: Die oorspronklike inwoners is deur massaslagting en
grootskaalse immigrasie tot 'n onbeduidende minderheid gereduseer. 'n Feit
wat jy elke keer bloot uitvee en ignoreer!!!
Nou regeer selfs 'n beeldskone vrou uit Haiti - 'n immigrant!!! Het die
nasate van die oorspronklike inwoners enige keuse as om maar met die beleid
in te val? Het hulle enige wesenlike bedingingsmag? NEE!!
Het die Kanadese regering enige wesenlike geldelike kompensasie gegee vir
die verskriklike vergrype?
Ek dink egter jy moet van jou
troontjie afklim oor hoe die wittes uit
Europa so sleg in ander dele van die wêreld
was, maar skielik met skoon handjies in
SA gedurende die apartheidsregime was.
In Suid-Anerika het die Spanjaarde die Inkas wat 'n baie hoër beskawing as
hulle gehad het, met die mag van buskruit waaroor die Inkas nie beskik het
nie, tot oorgawe gedwing, as sekslawe gebruik en aan die Arabiese sjeiks
verkoop. Die Spanjaarde het die Inka meisies as slavinne en bywywe
gebruik - en op groot skaal met sifilis besmet!
In veral die VSA (maar ook in Kanada) is die oorspronklike inwoners in
massaslagtings uitgeroei. Vir elke aanval wat die oorspronklike inwoners op
die ongewensde en onwettige indringing in hulle grondgebied gedoen het om te
probeer beskerm wat hulle s'n was, is hulle met massaslagtings terugbetaal
en in altyd kleiner wordende gebiede vasgepen.
Dieselfde het in Australia met die Aborgines gebeur.
En in Suid-Afrika? Eg daag jou uit om enige soortgelyke optrede van die in
SA uit te wys. Die naaste wat jy in die hele SA daaraan sal kom is die
Slag van Bloedrivier, waar 430 Voortrekkers 10,000 Zoeloes in 'n veldslag
waarin die Zoeloes met hulle oormag menslik gesproke ALLES aan hulle kant
gehad het, pak gegee het. En die enigste rede waarom daar soveel van hulle
doodgeskiet is daardie dag totdat die rivier rooi van hulle bloed was, was
omdat hulle nie wou moed opgee nie.
Sharpville? - Verskriklik! Die 1976-opstande? Ewe verskriklik!!! Maar
kan dit vergelyk word met wat elders deur die kolonialiste gedoen is.
Praat van die Engelse se optrede in die 2e Vryheidsoorlog, hulle beleid van
verskroeide aarde, 26000+ vroue en kinders wat in die kampe dood is en
omtrant netsoveel van hulle plaasarbeiders, ja, dan praat ons van dieselfde
soort ding wat hulle elders aangevang het.
Toe Van Riebeeck voet aan wal gesit het, was daar omtrent net soveel swart
Afrikane Suid van die Limpopo as wat daar Aborigenes in Australia was - 'n
paar honderd duisend. Vandag is daar minder as 300k Aborigenes in Australia
en 45m Swartes in SA.
Ek sê nie die Afrikaners is onskuldig nie, en ek het dit nog nooit probeer
sê nie, maar daar is hoegenaamd geen vergelyking tussen die wyse waarop
hulle die inheemse bevolkings behandel het teenoor wat in die Amerikas en
Australasia gebeur het nie.
Onthou, jy het hulle in stand gehou met
jou stem, en daarom het jy, en vele soos
jy, dit moontlik gemaak dat die gruwelikste
skending van menseregte gebeur het terwyl
jy niks gedoen het om sake te verander nie.
Die koloniale magte van Europa het minstens
teen die middel van die laaste eeu gewyk
uit Afrika en die oorspronklike mense hulle
regte gegee.
Hulle het, nadat hulle hulself vet gesteel het aan Afrika se rykdomme,
gewoon weggehardloop en Afrika in die drek gedrop, toe Afrika Europa op die
nodigste gehad het!!!!! Het jy "Africa Adio" gesien?
Maar in SA het jy en jou ouers
voor jou 'n rassistiese diktatorskap vir
omtrent 'n halwe eeu in stand gehou.
Jy ken nie my ouers nie, het hulle nooit geken nie en kan geen uitspraak oor
hulle maak nie. Tipies van jou verwaande arrogansie!!!
So
hou op met jou skynheilige opinies oor
wat in ander dele van die wêreld moes
gebeur het en slaan, elke keer as jy jou
mond oopmaak, die hand in eie boesem.
Beter nog, vra vergiffenis op jou knieë.
Jy wat voor Bhoedha loop buig het, is die laaste een om vir my oor soeke na
vergifnis te preek.
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116820 is 'n antwoord op boodskap #116818] |
Ma., 07 April 2008 11:57   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
> Jy wat voor Bhoedha loop buig het, is die laaste een om vir my oor soeke
> na
> vergifnis te preek.
So nou predik jy weer dat alleen jy wat sogenaamd
Christen is, weet hoe om te soek na vergifnis. Hier
kom die tweegesig weer uit. Eers predik jy dat wat
in ander dele van die wêreld gebeur het, veel erger
was as wat in SA gebeur het. Dit wil sê, jou groep
is die minder skuldiges. Dan preek jy weer dat
alleen mense wat in jou "godsdiensraamwerk"
inpas, weet hoe om heilig te wees. Hulle is dus
superieur bo alles. Dis die tipiese mentaliteit
van 'n mens wat aan 'n kult behoort, beide
staatkundig ( soos toe jy tot in 1994 vir 'n groep
gestem het wat nou soos mis voor die môreson
verdwyn het) en teologies ( jy behoort aan 'n
groep wat predik dat hulle alleen weet hoe om
die sacred lewe te leef. )
Gloudina
Buig voor Bhuddha, Ta' Hessie, buig voor Bhuddha, met jou kop diep tussen
jou knieë ingedruk en aanbid die beeld van die vet man!
Maar jy't g'n legitimiteit om vir enigeiemand te preek oor 'n sg kultus wat
hy/sy aanhang nie, want dis presies wat jy aanhang!!!!
Jy't nie die vermoë om buitekant jou klein boksie te dink nie...
Jy't nie die vermoë om 'n muntstuk om te draai en na die ander kant te kyk
nie...
Jou brilletjie het het konkawe lensies - dit kan net binnetoe kyk en gee jou
tonnelvisie...
Voor jy weer met my probeer gesels, gaan besoek 'n oogkundige en laat hy vir
jou 'n beter bril voorskryf.
Tot dan moet jy my verskoon, ek het beter dinge te doen as om al in die
ronde met jou te redeneer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is almal [boodskap #116831 is 'n antwoord op boodskap #116830] |
Di., 08 April 2008 12:43  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:12e8e81a-591c-4cc6-a87c-0ab143e03e7c@s39g2000prd.google groups.com...
> Dit word wel in die Christelike Bybel beskryf. As jy
> dit nie raaksien nie, is dit jou fout. Dis daarom dat
> die Dalai Lama mense aanmoedig om nie blindelings
> "Buddhiste te wil word" nie, maar in hulle eie
> geestelike raamwerk die pad te soek. Buddhisme
> is net baie meer praktiese en wetenskaplike manier
> om "the sacred" te benader.
>
> Gloudina
My Antie -
Die mens het nie 'n kat se kans om eers te probeer om soos God te wees nie,
want ek glo nie dit is eers regtig moontlik vir die mens om God se grootheid
te verstaan nie. Indien jy bedoel het Jesus het vir die Christen 'n
voorbeeld daar gestel hoe daar geleef moet word dan stem ek met jou saam.
Feit is egter dat dit vir die sondige mens nog steeds onmoontlik is om soos
Jesus te wees. En nie een van jou Buddhiste mannetjies sal dit kan regkry
nie, maak nie saak hoe lank hy "oefen" nie
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 20:28:50 UTC 2026
|