| Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116751] |
Do., 27 Maart 2008 15:17  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Noudat Dave opgehou het om poste uit Engelse
koerante op hierdie nuusgroep te maak, nou sien
ek dat Torreke die vaandel opneem. Die vaandel
waarop geskryf staan "die dood van Afrikaans aan
die hand van die hanskakies."
Wie dink jy lees hierdie Engelse poste van
jou op hierdie AFRIKAANSE nuusgroep, Torreke?
Dink jy ék lees dié Engelse poste? Ek verkies om
my nuus uit SA eksklusief uit Afrikaanse koerante
op die internet te kry. Dink jy Jan van Perth lees
jou poste? Dink jy selfs Dave lees jou poste?
Al wat jy bereik, Torreke, is om hierdie
AFRIKAANSE nuusgroep dood te smoor met jou
Engelse poste. Al wat jy bereik, is om te wys dat
jy, Torreke, nie 'n duit omgee vir die voortbestaan
van Afrikaans op die Internet nie. Al wat jy bereik
is om vir jouself te titteleer. En om sulke self-
tittelasie te aanskou, is altyd bietjie onheilig. En
laat jou lyk na 'n liggewig mannetjie.
Penkop van die Derde Republiek
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116756 is 'n antwoord op boodskap #116754] |
Vr., 28 Maart 2008 06:31   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" < wrote
> "Torreke" skryf
>
>> "Penkop van die Derde Republiek"!!!
>> Jy's g'n 'n penkop nie, en nog minder 'n waardige kampvegter vir die
>> Republiek.
>
> Torreke, hy is Penkop van die Derde Republiek.
> Jy was nooit en sal nooit lid van die Derde
> Republiek wees nie, hanskakie.
>
> Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens
En, Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, ek het nagelaat om in my
ander reaksie te sê dat jy die volgende gedeelte gerieflik uitgevee het
sonder om daarop te antwoord;
"Maar die punt is: Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat
die
skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
al
tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
binnekring
van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"
Te naby aan die waaarheid gekom, nie waar nie?
Toe fokus jy maar liewers op die persoon, eerder as die argument, nie waar
nie?
|
|
|
|
|
|
| Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116762 is 'n antwoord op boodskap #116761] |
Sa., 29 Maart 2008 04:10   |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
Ta' Hessie van die Agterstevoor van Helsdinges
Ek merk op dat jy herhaaldelik beswaar maak
teen die AFRIKAANSE gedigte op hierdie
nuusgroep,
Waar het ek beswaar gemaak teen die Afrikaanse gedigte, waar?
Haal uit en wys?
terwyl jy 'n voorvegter is vir
die gebruik van ENGELS op hierdie nuusgroep.
Waar was ek ooit 'n "voorvegter vir die gebruik van ENGELS", waar?
Haal uit en wys?
Kan jy verduidelik hoekom die teenwoordigheid
van die gedigte op hierdie nuusgroep jou so
die herrie in maak?
Kyk my antwoord hierbo.
Louis van die agterste Leipoldts
Jy bedoel tog seker "Louise" van die Agterstevoor Leipoldts, nie waar nie?
Of moet ons aanvaar dat jy, omdat jy so gevorderd is in jare...
En die biologiese ontwikkeling noodwendig sy onvermydelike gang gegaan
het...
Dat jy 'n snor en 'n bokbaard het?
- dat jy manlik voel en daarom jouself met manlike name beskryf, "Penkop" en
"Louis"...
maar terselfdertyd heimwee verklap oor jou verlore jeug met die jeugdige
benaming vir 'n jong boerekryger?
En, Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, weer ignoreer jy die
eintlike punt:
"Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat die
skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
al
tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
binnekring
van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"
"Te naby aan die waaarheid gekom, nie waar nie?
Toe fokus jy maar liewers op die persoon, eerder as die argument, nie
waar nie?"
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116773 is 'n antwoord op boodskap #116763] |
Ma., 31 Maart 2008 09:43  |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: Februarie 2008
|
Senior Lid |
|
|
Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges skryf
Ek het jou voorheen gesê
dat niks wat die ANC op die oomblik doen enigsins
kan vergelyk met die menseregteskending en
korrupsie wat daar onder die Nasionaliste was
vir wie jy tot in 1994 gestem het nie.
Ek nooi jou uit om enige korrupsie uit die tydperk van die Nasionale
Regering uit te wys wat op enige wyse vergelyk kan word met die
wapenskandaal?
|
|
|
|