| Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114854] |
Di., 25 September 2007 06:07  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ta Hessie,
1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?
2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
in SA?
|
|
|
|
| Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114867 is 'n antwoord op boodskap #114854] |
Di., 25 September 2007 12:43   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke"
> Ta Hessie,
>
> 1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
> wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?
>
> 2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
> in SA?
Natuurlik het ek as wit student voordeel
getrek uit die rasse-beleid wat daar vir
eeue in SA gegeld het. Waar ek, wit
kind, op grond gesit het waar daar
vantevore bruin kinders kon speel, en
hulle daar in die rante in hulle kroeke
moes bly. Dat my pa kon geldmaak
uit die arbeid van daardie mense in
die kroeke, en so sy dogter na n
luukse wit universiteit kon stuur.
Maar daardie dogter het ook vroeg
verontwaardig geraak oor die
toestand van sake, en toe sy haar
onderwysopleiding gekry het, het
sy in swart skole begin skoolhou,
en was sy onder andere Afrikaanse
onderwyser van jou huidige hoofregter
van die konstitusionele hof. So
the chickens came home to roost.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114889 is 'n antwoord op boodskap #114867] |
Wo., 26 September 2007 10:34   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 25 Sep 2007 12:43:04 -0000, Hessie wrote:
> "Torreke"
>> Ta Hessie,
>> 1) Het jy nie ook gebenefit van die apartheidsvarke se bevoordeling van
>> wittes nie - goeie, meerderwaardige onderwys en tersiëre opleiding?
>> 2) Ploeg jy daardie bevoorregting terug ten behoewe van die agtergeblewenes
>> in SA?
>
> Natuurlik het ek as wit student voordeel
> getrek uit die rasse-beleid wat daar vir
> eeue in SA gegeld het. Waar ek, wit
> kind, op grond gesit het waar daar
> vantevore bruin kinders kon speel, en
> hulle daar in die rante in hulle kroeke
> moes bly. Dat my pa kon geldmaak
> uit die arbeid van daardie mense in
> die kroeke, en so sy dogter na n
> luukse wit universiteit kon stuur.
> Maar daardie dogter het ook vroeg
> verontwaardig geraak oor die
> toestand van sake, en toe sy haar
> onderwysopleiding gekry het, het
> sy in swart skole begin skoolhou,
> en was sy onder andere Afrikaanse
> onderwyser van jou huidige hoofregter
> van die konstitusionele hof. So
> the chickens came home to roost.
>
> Gloudina
So, hoekom is jou karma hieroor anders as myne?
|
|
|
|
|
|
| Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114916 is 'n antwoord op boodskap #114911] |
Do., 27 September 2007 13:02   |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 27 Sep 2007 01:14:25 -0000, Hessie wrote:
> Ferdi skryf
>
>> So, hoekom is jou karma hieroor anders as myne
>
> Ek kan nie die vraag verstaan nie. Kan jy
> dit in ander woorde stel.
>
> Gloudina
Jy vertel 'n verhaal van 'n wit kind wat meer bevoorreg as ek
grootgeword het.
Tog sit jy baie ryker as ek veilig en sonder diskriminasie en kommer
oor more in een van die veiligste lande in die wereld.
Bring dit in verband met jou opmerkings vroeer dat wat nou in
Suid-Afrika met ons wat hier gebly het, gebeur - die misdaad en die
swak regering - alles maar net karma is vanwee apartheid.
Nou, as jy meer uit apartheid gevat het as ek, hoekom is jou karma
soveel anders?
Daar sit bv in Australie en Nieu-Seeland oud-polisiemanne wat gemoor
en gemartel het vir apartheid en baie geld gekry en gevat het
daarvoor. Hulle sit lekker in 'n veilige land.
Ek het arm grootgeword en daar is in die kokon van die wit gemeenskap
erg teen my gediskrimineer tydens apartheid omdat ek gereeld my
weersin daarvan uitgespreek het.
Vandag word daar erg teen my gediskrimineer omdat ek wit is.
Nou, verduidelik weer vir my daai stukkie oor karma...
("Nee, jy sal nie bevordering kry nie.
"As ek swart was, sou jy my bevorder het."\
"As jy swart was, sou jy laaankal bevorder gewees het.")
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114980 is 'n antwoord op boodskap #114979] |
Ma., 01 Oktober 2007 09:56   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 1 Oct 2007 11:43:38 +0200, "Torreke" wrote:
>
> "Hessie"
>> Jou genetiese materiaal is in die
>> SA genepoel.
>
> Mmmmh, la'k sien. Sy genetiese materiaal sal onder die huidige beleid net
> 'n toekoms hê as hy toesien dat sy kinders swart trou, en hulle kinders weer
> swart trou, ens. ens.! - as hy seker maak dat hulle in die swart bevolking
> geassimileer word en swart is!
>
> Natuurlik geen fout om swart te trou nie! - maar moet mens nou gedwing word
> om dit te doen om vir jou kinders 'n toekoms in hulle eie vaderland te
> verseker? Die NP het gemengde huwelike verbied. Die ANC kan dit nie gebied
> nie - natuurlik nie! - maar hulle volg 'n beleid wat de facto sê: Sorg dat
> jou nageslag swart is of soek vir jou 'n ander land waar meriete die enigste
> oorweging is.
>
> Anders is hulle gedoem om vir altyd uitgekwota te word, al het hulle die
> beste kwalifikasies, en al het pa (oupa / oupagrootjie) Ferdi téén apartheid
> te velde getrek!!!
Van rasgemengde huwelike gepraat, Gloudina
watter kleur is jou kleinkinders? Ek het voorheen
okal gewonder of die basis van jou vooroordele
nie dalk in die antwoord op hierdie vraag
opgesluit lê nie.
|
|
|
|
|
|
| Re: Reguit vragies aan Ta' Hessie [boodskap #114992 is 'n antwoord op boodskap #114984] |
Ma., 01 Oktober 2007 15:33  |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 01 Oct 2007 12:34:55 -0000, Hessie wrote:
> Dave skryf
>
>> Van rasgemengde huwelike gepraat, Gloudina
>> watter kleur is jou kleinkinders? Ek het voorheen
>> okal gewonder of die basis van jou vooroordele
>> nie dalk in die antwoord op hierdie vraag
>> opgesluit lê nie
>
> As ek jy is, sal ek oppas vir wat Ferdi
> oor hierdie vraag van jou sal oordeel.
> Want hy, tereg, wil n Suid Afrika sien
> waar ras en kleur geen rol speel nie.
> Ook nie in n mens se denke nie.
>
> Gloudina
So, jy beweer dat Ferdi graag die Afrikaanse volk
sou sien as omgeset in 'n kleurlingnasie?
Verwaand van ons om namens hom te praat,
in elk geval.
Mynsinsiens, wil niemand wat waarde heg aan
eie kultuur, dit hê nie. Het ek op 'n gevoelige
noot gedruk?
|
|
|
|