| " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114185] |
Vr., 29 Junie 2007 01:28  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Vincent van Gogh
Jy het as 'n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN [boodskap #114200 is 'n antwoord op boodskap #114198] |
Ma., 02 Julie 2007 14:44  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf
> Hoe voel jy daaroor dat Vincent in sy lewe net een skildery verkoop het, en
> vandag is sy werke onbekostigbaar Gloudina-
Ja, mens weet nooit. Ek kan eenvoudig nie verstaan
hoekom dit gebeur het nie. Dit was seker maar dat
sy geskilder op daardie stadium nie popul?r was nie.
Hy het blykbaar al sy skilderye na sy broer gestuur,
en miskien het Theo van Gogh dit nie aktief genoeg
bemark nie, miskien juis omdat dit sy broer se werk
was. In alle geval, vandag is hy seker een van die
popul?rste skilders van omtrent alle tye. Ek hou
veral van sy bome met lente-bloeisels aan. Die
eerste keer wat ek in die Van Gogh museum in
Amsterdam was, was daar 'n hele saal vol van
die lenteboorde-skilderye.
Gloudina
|
|
|
|