Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Groepe in en om die kerk
Groepe in en om die kerk [boodskap #112166] |
Wed, 17 January 2007 07:13  |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
die growwe veralgemenings..
Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
reinig.
Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
net so halfpad of driekwart gered.
Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.
Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
(ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
van hul sondige aard kan bevry.
Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
veronderstelde groot geestelike leiers.
Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
saamstem en volg hom/hulle.
Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.
Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112172 is 'n antwoord op boodskap #112166] |
Wed, 17 January 2007 08:44   |
Schorsch
Boodskappe: 96 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Koot wrote:
> Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
> of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
> ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
> hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
> die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
> die growwe veralgemenings..
>
> Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
> letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Wie is dit nou en hoe kom hulle by die gedagte die Bybel impliseer 'n
5000 jaar oue wêreld
> Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
> impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
> is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
> is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
> reinig.
>
> Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
> Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
> spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
> onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
> net so halfpad of driekwart gered.
>
> Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
> sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
> die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
> maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
> soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.
>
> Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
> 'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
> (ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
> lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
> hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
> soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
> van hul sondige aard kan bevry.
>
> Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
> verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
> dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
> deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
> veronderstelde groot geestelike leiers.
>
> Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
> verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
> persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
> mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
> en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
> eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
> alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
> as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
> saamstem en volg hom/hulle.
>
> Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
> wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
> Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
> hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
> en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
> relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.
>
> Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
|
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112206 is 'n antwoord op boodskap #112166] |
Thu, 18 January 2007 10:22   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Al die variasies draai basies net om één vraag!!!
Is jy bereid om van genade alleen te leef?
- of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?
"Koot" < wrote
Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
die growwe veralgemenings..
Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
reinig.
Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
net so halfpad of driekwart gered.
Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.
Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
(ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
van hul sondige aard kan bevry.
Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
veronderstelde groot geestelike leiers.
Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
saamstem en volg hom/hulle.
Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.
Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.
|
|
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112219 is 'n antwoord op boodskap #112209] |
Thu, 18 January 2007 22:17   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Koot" skryf:
>
> Torreke schreef:
>> Al die variasies draai basies net om één vraag!!!
>> Is jy bereid om van genade alleen te leef?
>> - of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?
>
> Sies. Daarmee vee jy al my fênsie grade van grys uit en reduseer dit
> tot wit en swart.
>
> Maar, ja, ek vermoed jy is reg.
So grappie hieroor net vir bietjie ligter vermaak ;)
There was a man who was about to jump off a bridge when another
fellow runs up to him, crying: "Stop. Stop. Stop. Don't do it."
The man on the bridge looks down and asks, "Why not?"
"Well, there's much to live for."
"Like what?"
"Well, your faith. Are you religious?"
"Yes."
"Me, too. Christian or Buddhist?"
"Christian."
"Me, too. Are you Catholic or Protestant?"
"Protestant."
"Me, too. Methodist, Presbyterian, Baptist?"
"Baptist."
"Me, too. Are you original Baptist Church of God or Reformed
Baptist Church of God?"
"Reformed Baptist Church of God."
"Me, too. Are you Reformed Baptist Church of God Reformation of
1820, or Reformed Baptist Church of God Reformation of 1912?"
"1912."
Whereupon the second fellow turned red in the face,
shouted, "Die, you heretic scum," and pushed him off the bridge."
|
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112223 is 'n antwoord op boodskap #112219] |
Fri, 19 January 2007 06:19   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>
> So grappie hieroor net vir bietjie ligter vermaak ;)
>
> There was a man who was about to jump off a bridge when another
> fellow runs up to him, crying: "Stop. Stop. Stop. Don't do it."
>
> The man on the bridge looks down and asks, "Why not?"
>
> "Well, there's much to live for."
>
> "Like what?"
>
> "Well, your faith. Are you religious?"
>
> "Yes."
>
> "Me, too. Christian or Buddhist?"
>
> "Christian."
>
> "Me, too. Are you Catholic or Protestant?"
>
> "Protestant."
>
> "Me, too. Methodist, Presbyterian, Baptist?"
>
> "Baptist."
>
> "Me, too. Are you original Baptist Church of God or Reformed
> Baptist Church of God?"
>
> "Reformed Baptist Church of God."
>
> "Me, too. Are you Reformed Baptist Church of God Reformation of
> 1820, or Reformed Baptist Church of God Reformation of 1912?"
>
> "1912."
>
> Whereupon the second fellow turned red in the face,
> shouted, "Die, you heretic scum," and pushed him off the bridge."
Dit sou snaakser wees as dit nie so döners sêd en waar was nie...
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112224 is 'n antwoord op boodskap #112206] |
Fri, 19 January 2007 06:42   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Torreke schreef:
> Al die variasies draai basies net om één vraag!!!
>
> Is jy bereid om van genade alleen te leef?
> - of wil jy op een of ander manier tot jou saligheid bydra?
>
Lank wakkergelê, en besluit dit draai om meer as net een vraag.
Daar is byvoorbeeld volgelinge van die een soort, wat volgens die
NT-definisie 'gered' is, maar wat dan volkome glo dat hulle 'n groot
rol daarin te spele het. Ek sou dus sê 'n addisionele vraag is welke
van die volgelinge van hierdie groepe wel hemel toe sal gaan. Ek meen
iemand kan gered wees, van 'saligheid alleen leef', terwyl 'n ander ook
gered kan wees, maar die arme mens werk sy alie af om 'by te dra' deur
goeie werke, deur hard te trag om in tale te spreek of wat ook al.
Die ander vraag, wat moet gebeur om 'gered' te word, wil ek liefs nie
by hierdie gesprek insluit nie, want dit is juis daar waar menige
groepe van mekaar verskil. Vauit 'n mens se eie perspektief klink dit
eenvoudig en logies, maar ander het weer hulle stel tekste om hul
oortuiging te staaf. Juis dit maak baie mense skepties.
'n Ander vraag is oor die moraliteit van elke opsie. Een so 'n groep
wat met 'n "hairy eyeball" vanuit die Christelike perspektief bekyk sal
word, is die twyfelaars wat, desnietemin (ek wou lankal daai woord
gebruik), die rites en tradisies van die kerk onderhou om utilitêre
redes. Maar, dan, vanuit hulle eie perspektief is dit 'n volkome
geldige keuse sonder morele implikasies.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112305 is 'n antwoord op boodskap #112287] |
Mon, 22 January 2007 18:52   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: January 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke"
> Jare gelede het ek alleen in 'n huisbak gestaan en wag toe nog 'n man
> ingeklim. Ek het nie met die inklim sy gesig of klere van voor af gesien
> nie, omdat ek met my rug na die deur gestaan het (as ek reg onthou iets op
> die hysbakmuur staan en lees het - so-iets). Ek het onmiddellik nie net van
> die persoon nie, maar 'n baie sterk teenwoordigheid van die Heilige Gees
> bewus geword!!! Ek het spontaan omgedraai en die man se profiel gesien wat
> baie sterk herinner het aan my kinderdaepredikant wat ook 'n baie
> buitegewone mens was. Toe die vreemdeling omdraai en na my kyk, sien ek die
> onderstebo-boordjie van 'n Anglikaanse predikant...
>
> Ek het 'n soortgelyke ervaring enkele jare gelede gehad met 'n swart man wat
> die Dept van Arbeid gestuur het om tydelik vir my in 'n pos in te staan.
> Toe hy gaan sit, het ek onmiddellik die Gees wat in hom is se teenwoordigheid
> aangevoel. Ek vra hom toe of hy 'n Christen is, en hy sê: Ja. Toe sê ek:
> "Mag ek raai: Jy behoort aan die NG Kerk in Afrika en jy is 'n ouderling in
> die kerk?" Die antwoord was in albei gevalle "ja".
>
>
>
>
Jare gelede het ek, op pad van die kerk af na die huis, en ek het op
'n ander dorp gewoon, by 'n motor verby gery wat langs die pad gestaan
het. Dit was sowat 9:00nm en stikdonker, en in die middel van die
winter op die hoëveld, waar dit hier teen middernag maklik 'n -° word.
Ver van enige dorpsligte af, met lang gras langs die pad.
Langs die kar met die opgeslane enjinkap, het 'n man met 'n groot jas
gestaan, en die opgeslane kraag van sy jas het gemaak dat ek in die
breukdeel van 'n sekonde met die verbygaan, nie veel van sy gesig kon
sien nie.
Iets het so duidelik soos daglig vir my gesê dat ek moet stilhou en
hom help. Ek het vir my vrou gesê dat ek gaan stilhou en hom help.
'n Ander gedagte het my herinner aan 'n poging tot kaping van my kar
(deur blankes) nie lank voor dit nie, en wat tot 'n geveg gelei het,
en ek gelukkig was om my kar te behou. En toe was ek alleen.
Dié keer was my vrou en my twee dogters saam met my.
En die stem, of helder wete dat ek moet stilhou en hom help, sê vir
my dat ek moet stilhou en hom help. En ek sê vir my vrou dat ek gaan
stilhou om hom te help. En ek sê dit terwyl ek teen sowat 120 kmu
daarvan wegry sonder om enigsins spoed te verminder. En ek weet dat
ek hom moet gaan help. En ek sê weer dat ek hom gaan help - en ek hou
aan met ry.
Sowat vyf kilometer verder, waar ek 'n 90° draai moes maak, maak
ek dit toe 180° en ry terug. Toe my vrou vra waar ons nou gaan, het
ek gesê dat ek daardie man gaan help. Ek het net geweet dat dit veilig
is en dat ek moet terug gaan.
Toe ek stilhou en na hom stap, en na sy stem luister, het ek geweet
dat ek al na sy stem geluister het. 'n Stem met 'n onmiskenbare
beheersde hakkel. Toe stel ek myself voor en vra hom sy naam.
Ek kan nie sy van onthou nie, maar hy is Ronnie ... , 'n bekende
AGS prediker, en op daardie stadium was hy die leraar van die
Carletonville gemeente. Dìt is ook waar ons toe was. Miskien
is hy steeds die leraar daar.
Hy het slegs gevra dat ek een van sy gemeentelede, wat toe die eienaar
was van 'n groot motoronderdele winkel in Carletonville 'Hi-Speed'
huidiglik 'Autozone' skakel en vra om hom te gaan help of in te sleep,
want die laat model motor het 'n onverwagse probleem ontwikkel.
Dit het ek gedoen met vrede in my hart
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112319 is 'n antwoord op boodskap #112305] |
Tue, 23 January 2007 06:52   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, Dave, soos ek gesê het "dis nie aan kerk gebonde nie". Die Gees waai
waar Hy wil...! Die teenwoordigheid van die Gees van God is waarna ek ook
verwys het toe ek onlangs gesê het dat ek nêrens so naby God gevoel het as
op die top van die Drakensberg en in die Namib-woestyn nie.
Tog net opvallend dat daar mense is wat dit nie sien en voel nie, nê? Seker
maar 'n geval van niemand wat so blind is as iemand wat nie wil sien nie, of
so doof soos iemand wat nie wil hoor nie.
Dankie dat ons as gelowiges die hand kan reik, my vriend, al verskil ons oor
die doop en uitverkiesing!
"Dave" "Torreke"[/color]
>
>
>> Jare gelede het ek alleen in 'n huisbak gestaan en wag toe nog 'n man
>> ingeklim. Ek het nie met die inklim sy gesig of klere van voor af gesien
>> nie, omdat ek met my rug na die deur gestaan het (as ek reg onthou iets op
>> die hysbakmuur staan en lees het - so-iets). Ek het onmiddellik nie net
>> van
>> die persoon nie, maar 'n baie sterk teenwoordigheid van die Heilige Gees
>> bewus geword!!! Ek het spontaan omgedraai en die man se profiel gesien
>> wat
>> baie sterk herinner het aan my kinderdaepredikant wat ook 'n baie
>> buitegewone mens was. Toe die vreemdeling omdraai en na my kyk, sien ek
>> die
>> onderstebo-boordjie van 'n Anglikaanse predikant...
>> Ek het 'n soortgelyke ervaring enkele jare gelede gehad met 'n swart man
>> wat
>> die Dept van Arbeid gestuur het om tydelik vir my in 'n pos in te staan.
>> Toe hy gaan sit, het ek onmiddellik die Gees wat in hom is se
>> teenwoordigheid
>> aangevoel. Ek vra hom toe of hy 'n Christen is, en hy sê: Ja. Toe sê ek:
>> "Mag ek raai: Jy behoort aan die NG Kerk in Afrika en jy is 'n ouderling
>> in
>> die kerk?" Die antwoord was in albei gevalle "ja".
>
> Jare gelede het ek, op pad van die kerk af na die huis, en ek het op
> 'n ander dorp gewoon, by 'n motor verby gery wat langs die pad gestaan
> het. Dit was sowat 9:00nm en stikdonker, en in die middel van die
> winter op die hoëveld, waar dit hier teen middernag maklik 'n -° word.
> Ver van enige dorpsligte af, met lang gras langs die pad.
>
> Langs die kar met die opgeslane enjinkap, het 'n man met 'n groot jas
> gestaan, en die opgeslane kraag van sy jas het gemaak dat ek in die
> breukdeel van 'n sekonde met die verbygaan, nie veel van sy gesig kon
> sien nie.
>
> Iets het so duidelik soos daglig vir my gesê dat ek moet stilhou en
> hom help. Ek het vir my vrou gesê dat ek gaan stilhou en hom help.
> 'n Ander gedagte het my herinner aan 'n poging tot kaping van my kar
> (deur blankes) nie lank voor dit nie, en wat tot 'n geveg gelei het,
> en ek gelukkig was om my kar te behou. En toe was ek alleen.
> Dié keer was my vrou en my twee dogters saam met my.
>
> En die stem, of helder wete dat ek moet stilhou en hom help, sê vir
> my dat ek moet stilhou en hom help. En ek sê vir my vrou dat ek gaan
> stilhou om hom te help. En ek sê dit terwyl ek teen sowat 120 kmu
> daarvan wegry sonder om enigsins spoed te verminder. En ek weet dat
> ek hom moet gaan help. En ek sê weer dat ek hom gaan help - en ek hou
> aan met ry.
>
> Sowat vyf kilometer verder, waar ek 'n 90° draai moes maak, maak
> ek dit toe 180° en ry terug. Toe my vrou vra waar ons nou gaan, het
> ek gesê dat ek daardie man gaan help. Ek het net geweet dat dit veilig
> is en dat ek moet terug gaan.
>
> Toe ek stilhou en na hom stap, en na sy stem luister, het ek geweet
> dat ek al na sy stem geluister het. 'n Stem met 'n onmiskenbare
> beheersde hakkel. Toe stel ek myself voor en vra hom sy naam.
>
> Ek kan nie sy van onthou nie, maar hy is Ronnie ... , 'n bekende
> AGS prediker, en op daardie stadium was hy die leraar van die
> Carletonville gemeente. Dít is ook waar ons toe was. Miskien
> is hy steeds die leraar daar.
>
> Hy het slegs gevra dat ek een van sy gemeentelede, wat toe die eienaar
> was van 'n groot motoronderdele winkel in Carletonville 'Hi-Speed'
> huidiglik 'Autozone' skakel en vra om hom te gaan help of in te sleep,
> want die laat model motor het 'n onverwagse probleem ontwikkel.
>
> Dit het ek gedoen met vrede in my hart
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Groepe in en om die kerk [boodskap #112431 is 'n antwoord op boodskap #112362] |
Thu, 25 January 2007 05:59  |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" Liewe Torreke, op die keper beskou, dink ek jy het hier 'n massiewe[/color]
> windeier gelê.
>
> Annette
>
Die Bybel se woord vir "gees" en "wind" is dieselfde. Dankie dus vir die
kompliment! eendersyds, en andersyds vir die erkenning dat daar iets
wesenlik in die eier is, al kan mens dit nie sintuiglik waarneem nie.
Jy vorder.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 13 13:31:30 UTC 2025
|