| "Naweekpas " deur ANTJIE KROG [boodskap #111702] |
So., 10 Desember 2006 12:46  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
NAWEEKPAS
Antjie Krog
skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld
daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
'n toekoms vir sy ondergang te bou.
|
|
|
|
| Re: "Naweekpas " deur ANTJIE KROG [boodskap #111708 is 'n antwoord op boodskap #111702] |
Ma., 11 Desember 2006 13:18   |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Hier's Bok van Blerk se De la Rey (Antjie Krog het bloot 'n klomp
kriminele ondersteun - hulle laat die apartheidsbewind baie goed lyk):
De La Rey
Op 'n berg in die nag
lê ons in die donker en wag
in die modder en bloed lê ek koud,
streepsak en reën kleef teen my
en my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Oor die Kakies wat lag,
'n handjie van ons teen 'n hele groot mag
en die kranse le hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.
Maar die hart van 'n Boer lê dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op 'n perd kom by aan, die Leeu van die Wes Transvaal.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Want my vrou en my kind le in 'n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.
De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.
Hessie wrote:
> NAWEEKPAS
> Antjie Krog
>
> skutter 68474790 K
> D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
> het die naweek pas gekry
> die eerste skurfte van geweld
> reeds barsies in die kolf van sy slape
> sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
> in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
> skuil sy oortromme en tong
> klawerkoeëls onder sy vingers
> klanke van geweerloopfluite
> en 'n hewige opmars van simbale oor die veld
>
> daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
> die skertsblou verdonker halt gespanne
> in baretkakie saluut
> vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
> en veldmyne
> die hele huis ruik meteens na oorlog
> soggens is daar bloed aan die takke
> en kry ek soms my skutter buite
> sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
> sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
> en keer magteloos
> en pasloos terug
> om met blote bestaan
> 'n toekoms vir sy ondergang te bou.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Naweekpas " deur ANTJIE KROG [boodskap #111732 is 'n antwoord op boodskap #111723] |
Vr., 15 Desember 2006 08:13  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder ook of hierdie mense nie na die groterwordende massa swart
werklose mense kyk en ooit daaraan dink om vir hulleself die vraag af te
vra: Het ons geslaag? In teorie dalk, maar in die harde werklikheid?
"Jonas" wrote in message
news:1166018825.896892.155410@j44g2000cwa.googlegroups.com.. .
Ja-nee. Sy (krog) het die kat by die ...at beet. Die troepnommer is
verkeerd - ouens met daardie nommer het nog nie grensdiens gedoen nie.
Wanneer het Krog iets geskryf oor die ANC/SAKP/COSATU se bedrog,
diefstal en stamgevegte binne die party? Of - is sy soos die res van
die "groot wit vryheidsvegters" wat stilweg besef dat hulle die perd
gatkantvoor opgesaal het.
Daardie sg. vryhedsvegters - die brinks/krogs/bretenbachs ens. skuld
hulle eie mense vir die moeras waarin ons nou beweeg het.
Suidwester wrote:
> Wys jou net hoe mens twak kan skryf deur min navorsing. Die kommando's
> het
> die bynaam 'Kranswagters' gehad en was nooit in die grensoorlog betrokke
> nie. Hulle het plaaslik die agtergeblewenes en infrastruktuur opgepas.
> He-he. Dalk moes sy eerder bietjie verder gelieg het na Tempe toe en die
> valskermouens gebruik het?
> "Hessie" wrote in message
> news:1165754804.164544.287590@l12g2000cwl.googlegroups.com.. .
>
> NAWEEKPAS
> Antjie Krog
>
> skutter 68474790 K
> D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
> het die naweek pas gekry
> die eerste skurfte van geweld
> reeds barsies in die kolf van sy slape
> sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
> in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
> skuil sy oortromme en tong
> klawerkoeëls onder sy vingers
> klanke van geweerloopfluite
> en 'n hewige opmars van simbale oor die veld
>
> daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
> die skertsblou verdonker halt gespanne
> in baretkakie saluut
> vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
> en veldmyne
> die hele huis ruik meteens na oorlog
> soggens is daar bloed aan die takke
> en kry ek soms my skutter buite
> sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
> sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
> en keer magteloos
> en pasloos terug
> om met blote bestaan
> 'n toekoms vir sy ondergang te bou.
|
|
|
|