Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane
Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #110979] |
Sat, 26 August 2006 20:58  |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Volgens Rapport het die 80 jarige Adriaan Vlok, berugte apartheidsminister
van polisie, kort gelede eerw. Frank Chikane se voete gewas en aan hom 'n
Bybel oorhandig waarin hy geskryf het dat hy teenoor Chikane en God gesondig
het en dat hy om vergifnis vra.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #110997 is 'n antwoord op boodskap #110988] |
Tue, 29 August 2006 12:20   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1156814149.607240.310480@74g2000cwt.googlegroups.com...
Miskien, Suidwester, het jy net nie genoeg in kringe beweeg waarin die WVK
geinteresseerd gewees het nie.
-------Die is moontlik so, maar dan gaan ek jou ook nie sê nie want jy kry
nie 'n sekerheidsklaring net vir die pret nie. Dit is egter so, uit
werklike ondervinding uit, dat die mense wat gaan bieg het by die
waarheidskommissie, selde die mense was wat in die hitte van die stryd was.
Net soos jy graag sit en skryf oor die ongeregtighede wat in die verlede
plaasgevind het, het jy ook maar self weinig ondervind. Jy teoretiseer en
fantasseer oor die situasie en so het dit vir jou 'n werklikheid geword.
Het jy al ooit 300km in die vyand se gebied beweeg wel wetend dat as jy
gevang sou word, dan word die gordyne toegetrek? Net so het jy al
bygestaan as 'n voertuig deur 'n landmyn getref word en die stukkies vleis
hang in die doringbome se takke rond? Was jy al naby 'n plek gewees soos
die Pretoriase straatbom toe stukke van die mense se lyke wyd verspreid gelê
het? En dit alles in opdrag van die ANC en Nelson Mandela! Maar die ANC
is mos aan bewind en hulle word vergewe deur mense soos jy. Jy wil liewers
witmense aanvat wat volgens jou teorie, in die verlede die swart mense
benadeel het.
Laat ek jou 'n geheimpie vertel, ou antie. Mense wat wel in 'n oorlog
betrokke was ken die 'score' en loop nie en tjank na die tyd daaroor nie.
'Cowboys don't cry' is mos die spreekwoord. Dit is van toepassing op enige
werklike soldaat. Die tjankery is van die politici en die mense soos jy
wat op die Internet lê en praat oor dinge waarvan julle eintlik niks weet
nie.
En, Vlok se voete was. Hy's 'n politikus. Politici doen niks sonder
rede nie.........en sonder dat hy iets vir eie gewin daaruit sal kry nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #111006 is 'n antwoord op boodskap #110996] |
Wed, 30 August 2006 11:41   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" Maar ons is 'n regstaat en die nasionale vervolgingsgesag het die nare[/color]
> gewoonte om aan te kla maak nie saak wie dit is nie.
> Dus: Thabo moet kwytskelding kry. Daar gaan dus n amnestie-lys vanuit
> die presidensie kom.
> Vlok wil op die lys wees....
>
> Bostaande is maar net my siniese argumentering.
As hulle 'n nare gewoonte het om aan te kla maak nie saak wie dit is nie,
wat sal Vlok se voetwassery van Chikane help? Waarom nie eerder Thabo se
voete was nie?
>
> Ek hoor Vlok lei glo ernstig aan kanker. As dit waar is, is sy motiewe
> waarskynlik bo verdenking.
>
> En daar gaan my lekker siniese argument...
Daar is nog 'n ander probleempie met jou argument, dit is, ek dink dit is
nog emosioneel nog fisies maklik om iemand ander se stink voete te loop was.
Die verg nie net jouself baie diep verneder nie, dit verg moed!
Maar hoe opreg hy is, dink ek, sal bepaal word wat hy gaan doen met Judy
Gunn? Sy het op RSG Monitor verduidelik waarom sy sy opregtheid in twyfel
trek, wat Vlok en sy polisie-"bendes" met haar aangevang het, hoe hulle haar
vir die Khotso bom verantwoordelik wou maak en probeer het om haar, toe dit
nie slaag nie, uit die weg probeer ruim het. Sy maak dit duidelik dat sy
nie in die openbare media met Vlok gesprek wil voer nie, sy wil hê hy moet
oorkant haar kom sit, haar in die oë kyk, en vir haar vertel wat eintlik
agter alles gesit het wat met haar gebeur het...
Ek moet sê: Ek wag om te sien of hy die moed het om dit te doen! Indien
wel, dan was die voetery net dit - opregte boetedoening! Indien hy Judy
Gunn bly vermy, gaan die vraag tekens bly! en sal ek ook aan sy opregtheid
begin twyfel.
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #111007 is 'n antwoord op boodskap #111005] |
Wed, 30 August 2006 11:58   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Riaan skryf
> Het jy al daar ingeloer Gloudina. Het jy die verhale gelees van dit wat
> GISTER met mense in SA gebeur het. Is dit jou idee van 'n reenboog nasie.
>
> Ek is seker daarvan jy het nie, want jy is te slapgat om te wil sien wat op
> grondvlak in die land aangaan. Indien jy tog die moeite gedoen het hoekom
> praat jy nie so bietjie oor dit wat die mense daar skryf nie, of reageer jy
> net op die ANC gatkruipers soos so baie van die sogenaamde Afrikaanse
> letterkundiges
Man, Riaan, jy lewe in 'n wêreld wat net bestaan uit
die slegte wat in SA gebeur. En waar die slegte SA
in jou gedagtes omring is met die perfekte buiteland
waar niks gebeur nie behalwe positiewe dinge. Ek
daarteenoor, sien die wêreld in baie breër terme.
Ek besef daar gebeur baie slegte misdaad in SA.
Maar ek sien ook hoe ons familie vryelik rondry
in hierdie rigting en daardie rigting, hoe hulle hul
jaarlikse besoeke aan die Kruger Wildtuin herhaal.
Hoe 'n professor aan 'n Universiteit op sy motorfiets
vryelik lang distansies afry en as ons hom vra of hy
dan nie bang is vir die "misdaad" nie, dan glimlag
hy net. Ek kan vir jou, vir elke gruwel wat op een
van jou blogspots verskyn, gruwels vertel wat om my
hier in Ontario gebeur. Ek is seker die karstelery
wat kronies in Montreal aangaan, is ver meer
gesofistikeerd as dit wat in Johannesburg aangaan.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #111011 is 'n antwoord op boodskap #111007] |
Wed, 30 August 2006 13:59   |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1156939093.971008.50320@m79g2000cwm.googlegroups.com...
Man, Riaan, jy lewe in 'n wêreld wat net bestaan uit
die slegte wat in SA gebeur. En waar die slegte SA
in jou gedagtes omring is met die perfekte buiteland
waar niks gebeur nie behalwe positiewe dinge.
Nee oudste van dae, ek is bewus van die goeie dinge in SA. Dit is juis
hoekom ek so keel opsit, want as die regering gaan aanhou soos hulle doen,
dan gaan daar van die goeie goed ook binnekort niks meer oor wees nie
Ek daarteenoor, sien die wêreld in baie breër terme.
Jou bree terme lyk vir my baie soos tonnelvisie.
Ek besef daar gebeur baie slegte misdaad in SA.
Snaaks jy praat nooit daaroor nie. Maar 10 minute nadat jy hierdie "reply"
vir my getik het, het jy 'n nuwe draad geskep onder die opskrif "Van wanneer
af kry mens Van Wyk-swartvelle".
Soos ek tevore al aan jou gesê het ... NIEMAND van ons sogenaamde "regses"
betwyfel die feit dat daar in die wit gemeenskap ook kriminele is nie. Wat
jy egter nie wil hoor nie is die feit dat persentasie gewys die meeste
kriminele SWART is.
Maar ek sien ook hoe ons familie vryelik rondry
in hierdie rigting en daardie rigting, hoe hulle hul
jaarlikse besoeke aan die Kruger Wildtuin herhaal.
Hoe 'n professor aan 'n Universiteit op sy motorfiets
vryelik lang distansies afry en as ons hom vra of hy
dan nie bang is vir die "misdaad" nie, dan glimlag
hy net.
Miskien is die Prof soos baie van hulle is, so bietjie verstrooid. Of
miskien is dit 'n sarkastiese glimlag van 'n intelligente man wat weet dat
dit tydmors is om met 'n eenogige Gloudina oor 'n ding te praat waarin daar
GEEN kans is om haar van mening te laat verander nie, nie eens al donner jy
haar tot in 'n koma met die feite nie
Ek kan vir jou, vir elke gruwel wat op een
van jou blogspots verskyn, gruwels vertel wat om my
hier in Ontario gebeur. Ek is seker die karstelery
wat kronies in Montreal aangaan, is ver meer
gesofistikeerd as dit wat in Johannesburg aangaan.
Ja asb maak so. En verduidelik asb ook sommer hoekom dit nie alombekend is
dat Kanada so "uiters gevaarlike" plek is nie - Seker omdat dit NIE IS NIE.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #111027 is 'n antwoord op boodskap #111024] |
Thu, 31 August 2006 09:15   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Riaan, ek dink jy dink verkeerd.
Daar is rofweg 40 miljoen meer swartes in SA as enige ander groep saam, dus
is dit net logies dat, persentasiegewys, meer swartes onder misdaad ly as
wittes, of enige ander groep, deur swart misdadigers.
Annette
"Riaan" skryf in boodskap news:Vr6dnUNuZOx6BmvZnZ2dnUVZ_vSdnZ2d@is.co.za...
>
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:kr6bf2pqe1s4jn9g7acghl9fi187j806fr@4ax.com...
>> On Wed, 30 Aug 2006 12:04:08 +0200, "Riaan"
>
>> En as eergister EN gister verkeerd is?
>> En as dit in albei gevalle die minderheid van die onderskeie bree
>> groepe is wat die dade gedoen het?
>> Is dit nie die reenboognasie as die meerderheid aan alle kante dit een
>> dag kan insien nie?
>
>
> Hopenlik is al die kriminele van die aarde die minderheid van hulle
> onderskeie nasies, die probleem in SA is ongelukkig bietjie meer kompleks
> as net dit. In 'n land soos Swede sal jou model gahandhaaf kan word, maar
> in SA sit ons met geweld tussen swart - swart / wit - wit / swart - wit.
>
> In die groep swart-wit is ek oortuig daarvan dit kan opgedeel word in 95%
> van alle swart-wit misdaad word gepleeg deur die swarte, en die witte is
> die slagoffer.
>
> Wat baie interesant behoort te wees is om te gaan kyk hoe die Xhosa (ANC)
> besig is om van die ander swart nasies ontslae te raak. Ek het uit die
> aard van die saak nie al die feite nie, maar ek kan Zuma se punt insien
> dat hy moontlik ge-frame was.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Adriaan Vlok kniel en was die voete van Frank Chikane [boodskap #111053 is 'n antwoord op boodskap #110988] |
Sat, 02 September 2006 17:13   |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hessie wrote:
> Suidwester skryf
>
>
>> ------Van al die mense wat ek mee gewerk het, het nie 'n enkele een by die
>> waarheidskommissie aansoek gedoen om vrystelling nie. Daar is 'n paar wat
>> wel getuig het omdat hulle verplig was, maar niemand het ooit die werklike
>> waarheid vertel nie.
>
>
> Snaaks genoeg, ek het 'n familielid wat by die VWK gaan
> verskoning vra het. Hy en 'n groep ander vorige Prokureur-
> Generaals. Hy het onlangs hier gekuier, en het vertel dat
> hy nogal intens ondervra is, asook gevra is of hy ooit uit
> Pretoria direksie gekry het van hoe 'n saak gedryf moes
> word. Miskien, Suidwester, het jy net nie genoeg in kringe
> beweeg waarin die WVK geinteresseerd gewees het nie.
>
> Gloudina
>
Ag antie, jy sit nog steeds daar en kak praat.Jy het weg gehardloop al
jare terug.Ek is steeds in my hart 'n apartheidsvark en geniet dit.
Ek het geen iemand leed aan gedoen nie en ook nie sleg behandel nie.
Vandag, egter haat ek al wat swarte is. Destyds het ek hulle nie gehaat
nie wys jou wat VRYHEID vir jou gedagte gang kan beteken...
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:31:33 UTC 2025
|