Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Soek vers (nie bees)
Soek vers (nie bees) [boodskap #109373] Do, 02 Maart 2006 07:17 na volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het onlangs die fout gemaak om die frase

"en hoor jy nog die vlakpatrysies kweel
as die hysbak met jou yo-yo speel?
"

voor my tienerseun voor te dra - nou soek hy die hele gedig. Sies.

Ek dink dis van Opperman. Kan iemand help? Ta' Hessie? Blief?
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109387 is 'n antwoord op boodskap #109373] Do, 02 Maart 2006 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

> Ek het onlangs die fout gemaak om die frase
>
> "en hoor jy nog die vlakpatrysies kweel
> as die hysbak met jou yo-yo speel?"
>
> voor my tienerseun voor te dra - nou soek hy die hele gedig. Sies.
>
> Ek dink dis van Opperman. Kan iemand help? Ta' Hessie? Blief?

As dit van Opperman is, sal ek harakiri pleeg.
Maar ek ken nie al sy goed nie. Miskien het
hy dit kwytgeraak.

Gloudina
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109393 is 'n antwoord op boodskap #109387] Vr, 03 Maart 2006 00:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Hoessie

Ek belowe! - Dit IS WEL van Opperman!

Kry solank daardie swaard/mes, asseblief.

Byvoorbaat dankie
Jim
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109394 is 'n antwoord op boodskap #109393] Vr, 03 Maart 2006 02:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jim Again skryf

> Ek belowe! - Dit IS WEL van Opperman!

Haal asseblief die hele ding aan, en verwys waar
dit verskyn.

Gloudina
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109411 is 'n antwoord op boodskap #109394] Vr, 03 Maart 2006 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanaf Marianne in Newcastle:
Marianne:
Annette, bo en onder en weer op en af deur Opperman se gedigte in "Groot
verseboek" van AP Brink. Kry nie die twee sinnetjies daarin nie (behalwe as
ek dalk misgelees het) Die gedigte waaruit dit waarskynlik nie kom nie is:

Heilige beeste
Kontrak
Vakansiebrief
Vincent van Gogh
Nagstorm oor die see
Nagwaak by die ou man
Man met flits
Wildernis
Ballade van die grysland
Negester en stedeling
Digter
Uit almanak: Bevrugting, Uitverkiesing, Aankondiging, Spel, Tekens,
Skuiling, Gees, Skip, Stormkaap
Uit: Joernaal van Jorik; Kamera
Sprokie van die spikkelkoei
Ou non
Draaikewers
Uit: Brandaan
Gebed om die gebeente
Ringdans van die hamerkoppe
Kersliedjie
Uit Kronie van Kristien: klipkoppie, Papjabos, Waatlemoen
Blom van die baaierd
Paddas
Vuurbees
By die dood van Roy Campbell
Seevelde van bamboes
Dennebol
Sondag van 'n kind
Met apologie
Edms Bpk
Te klip om te boom
Antieke klok
Bontekoe
Glaukus klim uit die water
Gereedskapsgesels lei tot omhels
Grondstowwe by die siklus van seisoene
Tweede huwelik
Tot siens!
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109526 is 'n antwoord op boodskap #109411] Di, 07 Maart 2006 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sjoe vrou, jy het hard gewerk!

Die boffins hier by ons sê dit is nie uit een van die bekende gedigte
nie. So, die jag gaan voort.

As dit so aangaan, gaan ek sê ek het dit self geskryf!

Koot
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109534 is 'n antwoord op boodskap #109526] Di, 07 Maart 2006 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

> Die boffins hier by ons sê dit is nie uit een van die bekende gedigte
> nie. So, die jag gaan voort.
>
> As dit so aangaan, gaan ek sê ek het dit self geskryf!

Opperman het soms gedigte geskryf om
ander mense na te aap. Dus is dit moontlik
dat hy hierdie ding geskryf het om homself
na te aap. Maar ek dink nie dit sal in enige
bundels te maklik opgeneem word nie. Ek
het deur Komas in 'n Bamboesstok gegaan
waar ek dit moontlik kon verwag ( wat 'n
klomp strooi vir gedigte) maar dit is nie
daar nie.
Is daar meer aan die gedig as net daardie
twee reëls? Word dit as woorde vir 'n gedig
gebruik?
Hoekom vra jy nie vir Kannemeyer nie?

Gloudina
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109538 is 'n antwoord op boodskap #109534] Di, 07 Maart 2006 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Mar 2006 04:29:02 -0800, "Hessie" wrote:
> Opperman het soms gedigte geskryf om
> ander mense na te aap. Dus is dit moontlik
> dat hy hierdie ding geskryf het om homself
> na te aap. Maar ek dink nie dit sal in enige
> bundels te maklik opgeneem word nie. Ek
> het deur Komas in 'n Bamboesstok gegaan
> waar ek dit moontlik kon verwag ( wat 'n
> klomp strooi vir gedigte) maar dit is nie
> daar nie.

Hoe stem ek nie saam met jou nie!

Ek sou ook raai dit kon daar wees.
Komas is 'n baie vergeetbare bundel.
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #120776 is 'n antwoord op boodskap #109538] Sa, 15 September 2018 20:37 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis klink soos S. Ign Mocke se "Hysbakbestuurder". Die kwatryn handel oor 'n man wat eens 'n voorman op 'n plaas was. Sy ou wêreld word met die kunsmatigheid van die stad vergelyk.

Hysbakbestuurder:
Hy was die voorman op die plaas Kasteel,
maar hoor hy nog die vlakpatrysies kweel,
hier waar hy agter tralies sit, terwyl
'n staalpoot heeldag met hom jo-jo speel?
Vorige onderwerp: "Slaap Nou My Prinsie" deur M.I. Murray en G.G. Cillié
Volgende onderwerp: "Voortplantingsnag" deur Peet Neethling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:51:02 MGT 2024