| Soek vers (nie bees) [boodskap #109373] |
Do., 02 Maart 2006 07:17  |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ek het onlangs die fout gemaak om die frase
"en hoor jy nog die vlakpatrysies kweel
as die hysbak met jou yo-yo speel?"
voor my tienerseun voor te dra - nou soek hy die hele gedig. Sies.
Ek dink dis van Opperman. Kan iemand help? Ta' Hessie? Blief?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109411 is 'n antwoord op boodskap #109394] |
Vr., 03 Maart 2006 13:34   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vanaf Marianne in Newcastle:
Marianne:
Annette, bo en onder en weer op en af deur Opperman se gedigte in "Groot
verseboek" van AP Brink. Kry nie die twee sinnetjies daarin nie (behalwe as
ek dalk misgelees het) Die gedigte waaruit dit waarskynlik nie kom nie is:
Heilige beeste
Kontrak
Vakansiebrief
Vincent van Gogh
Nagstorm oor die see
Nagwaak by die ou man
Man met flits
Wildernis
Ballade van die grysland
Negester en stedeling
Digter
Uit almanak: Bevrugting, Uitverkiesing, Aankondiging, Spel, Tekens,
Skuiling, Gees, Skip, Stormkaap
Uit: Joernaal van Jorik; Kamera
Sprokie van die spikkelkoei
Ou non
Draaikewers
Uit: Brandaan
Gebed om die gebeente
Ringdans van die hamerkoppe
Kersliedjie
Uit Kronie van Kristien: klipkoppie, Papjabos, Waatlemoen
Blom van die baaierd
Paddas
Vuurbees
By die dood van Roy Campbell
Seevelde van bamboes
Dennebol
Sondag van 'n kind
Met apologie
Edms Bpk
Te klip om te boom
Antieke klok
Bontekoe
Glaukus klim uit die water
Gereedskapsgesels lei tot omhels
Grondstowwe by die siklus van seisoene
Tweede huwelik
Tot siens!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #120776 is 'n antwoord op boodskap #109538] |
Sa., 15 September 2018 20:37  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 553 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Dis klink soos S. Ign Mocke se "Hysbakbestuurder". Die kwatryn handel oor 'n man wat eens 'n voorman op 'n plaas was. Sy ou wêreld word met die kunsmatigheid van die stad vergelyk.
Hysbakbestuurder:Hy was die voorman op die plaas Kasteel,
maar hoor hy nog die vlakpatrysies kweel,
hier waar hy agter tralies sit, terwyl
'n staalpoot heeldag met hom jo-jo speel?
|
|
|
|