| Globale verwarming? [boodskap #109059] |
Di., 21 Februarie 2006 01:54  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Verlede Vrydag het 'n onverwags katastrofiese storm die
Noordoostelike
deel van Noord-Amerika getref. Almal het geweet dat daar baie
ongestadige
weer aan die kom was. Die "jet stream" het die vorige dag van bo
uit die
arktiese weste afgewaai sodat dit koue en dus sneeu na Texas gebring
het.
Omdat dit so ver suid gewaai het voordat dit weer noordwaarts geswaai
het,
het dit warmer lug uit die suide opgeskep en na die noord-ooste
gebring.
Die temperatuur het vir 'n ruk taamlik hoog bo vriespunt gestyg, maar
toe die winde van die jet stream, wat tot oor die 100 kilometers per
uur
gewaai het, die noordooste tref, het die temperature binne vier uur
gedaal
na - 15 C. Oor veral Upper New York State en Oostelike Ontario het
die
toestand onstaan wat bekend is as "flash freezing." Dit is waar
reën
onmiddellik op die paaie ys word en die oppervlakte dan so glad soos
'n
spieël maak.
Mense wat in die middel van die dag op die paaie was, het
met
verskriklike padtoestande te doen gekry. Daar was baie ongelukke en
sekere paaie moes gesluit word. Daar was verskillende "pile ups"
van
meer as sestig karre. By een so 'n plek net oos van Ottawa is vyf
mense
dood en tientalle beseer. Die toestande was so sleg in Montreal dat die
burgemeester daar oorweeg het om 'n "state of emergency" te
verklaar.
Op die TV kanale hier in Ottawa het die polisie mense gewaarsku om
van die paaie af te bly, veral sommige van die hoofweë wat hulle moes
sluit weens al die ongelukke. Nie alleen was die paaie glad nie, maar
met sulke hoë winde was daar somtyds totale "white outs" waar
mense
eenvoudig nie voor hulle kon sien nie.
Ons ondervind hierdie winter baie meer van hierdie
toestande,
waar die temperature sommer maklik bo vriespunt styg en die
presipitasie
kom in die vorm van reën. As dit dan kouer word, moet mens daarvoor
betaal. Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
die feit van globale verwarming. Dit sal nie welkom wees nie. Hier is
die ideale toestand dat die temperatuur gedurende die winter benede
vriespunt bly, en alle presipitasie val in die vorm van sneeu. Die
deursnee Kanadees weet hoe om hom te gedra en hoe om te bestuur
wanneer dit sneeu. Dis wanneer die temperatuur bo vriespunt styg, dat
dinge begin lol. 'n Kanadees wil sy winters koud hê. Dan kan hy op
die rivier met sy bakkie ry, kan hy 'n gat in die ys maak en daardeur
vis. As hy ice sculpting wil doen, moet dit onder vriespunt wees. As
hy hier in Ottawa op die grootste skaatsbaan in die wêreld - die
Rideau Canal - wil skaats, dan moet dit deeglik benede vriespunt
wees, anders word die kanaal onveilig verklaar en gesluit.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Globale verwarming? [boodskap #109079 is 'n antwoord op boodskap #109078] |
Di., 21 Februarie 2006 09:42   |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 21 Feb 2006 10:23:10 +0100, "Basjan" wrote:
> "Hessie" wrote in message
> news:1140486860.963446.21290@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> ...Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
> die feit van globale verwarming. ...Gloudina
>
> Hallo Hessie -
>
> Sommer net 'n interessante feit: Ons kom op die oomblik uit ´n
> "mini-ystydperk", waar temperature die afgelope millenium of so kouer was in
> terme van die standaard siklusse. Dus het baie van die klimaatsveranderinge
> te make met 'n natuurlike siklus. Dit is natuurlik 'n feit dat ons as
> mensdom veel meer verwarmingsgasse in die atmosfeer vrylaat, maar die
> bestaan en afloop van die mini-ystydperk, met die gepaardgaande globale
> toename in temperature en opeenvolgende effekte, is bewese feite wat die
> "greenie-movement" baie min ophaal en dus gou vergeet. Let wel, ek stem saam
> dat ons versigtig moet omgaan met ons huidige energie-verbruik, maar die
> twee aspekte het altwee 'n impak op die katastrofes wat ons om ons sien.
>
> Groete aan sproete!
>
> Basjan
Word daar nie gewaarsku dat aardverwarming se gevaar juis is dat
bestaande patrone tot die ekstreme gedruk word nie?
Met ander woorde nie soseer dat dit aardverwarming orkane veroorsaak
nie, maar dat dit gaan veroorsaak dat die orkane wat natuurlik in die
Karibiese See vorm, erger as die gemiddeld gaan wees?
|
|
|
|
|
|
| Re: Globale verwarming? [boodskap #109098 is 'n antwoord op boodskap #109078] |
Di., 21 Februarie 2006 18:30   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Basjan wrote:
> "Hessie" wrote in message
> news:1140486860.963446.21290@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> ...Mens wonder of ons alreeds begin les opsê hier in Kanada vir
> die feit van globale verwarming. ...Gloudina
>
> Hallo Hessie -
>
> Sommer net 'n interessante feit: Ons kom op die oomblik uit ´n
> "mini-ystydperk", waar temperature die afgelope millenium of so kouer was in
> terme van die standaard siklusse. Dus het baie van die klimaatsveranderinge
> te make met 'n natuurlike siklus. Dit is natuurlik 'n feit dat ons as
> mensdom veel meer verwarmingsgasse in die atmosfeer vrylaat, maar die
> bestaan en afloop van die mini-ystydperk, met die gepaardgaande globale
> toename in temperature en opeenvolgende effekte, is bewese feite wat die
> "greenie-movement" baie min ophaal en dus gou vergeet. Let wel, ek stem saam
> dat ons versigtig moet omgaan met ons huidige energie-verbruik, maar die
> twee aspekte het altwee 'n impak op die katastrofes wat ons om ons sien.
>
> Groete aan sproete!
>
> Basjan
KNERSUS:
Ek het êrens raakgelees (dink dit was in National Geographic) dat een enkele
uitbarsting van 'n groot vulkaan soos Pinatubo so paar jaar gelede meer
"kweekhuisgasse" die lug instuur as wat die mensdom in sy ganse opgetekende
bestaan kon doen. Globale verwarming is 'n feit, soos gesien in die natuurlike
siklusse wat Basjan hier onder sê, maar dat ons veel kan doen om die effek van
kweekhuisgasse te verminder/vermeerder, is te betwyfel.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Globale verwarming? [boodskap #109313 is 'n antwoord op boodskap #109235] |
Ma., 27 Februarie 2006 18:55  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Jonas skryf
Doen iets aan julle besoedelingsvlakke - m.i. 'n groter probleem
> is die Iraak-oorlog.
Ja, ek stem saam. Die groter probleem is
die oorlog in Irak.
Gloudina
|
|
|
|