| Rugby [boodskap #107196] |
So., 20 November 2005 08:21  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gister se rugby teen Wallis - Percy is tans ons vuilste speler en Schalk se
blonde hare groei uit:)))
Wonder wat gaan volgende week teen die Franse gebeur.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rugby [boodskap #107230 is 'n antwoord op boodskap #107229] |
Ma., 21 November 2005 08:43   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Meyer Bosman het niks verkeerd gedoen nie - maar ook niks opwindend nie . Hy
kon darem die skopwerk suksesvol behartig terwyl Persie van die veld af was.
Eintlik kon hy maar al die skopwerk gedoen het, want dit was nie Persie se
dag nie.
Eerste helfte heel goeie rugby - tweede helfte nie so goeie rugby nie.
--
Groetnis
Annette
"Riaan" skryf in boodskap news:1132556330.141919@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek was die naweek Mabula toe, en daar was 'n krag onderbreking gewees, so ek
> het die hele game gemis. Die Rapport het ook nie juis Sondag gehelp nie want
> hulle het nie so baie oor die game te sê gehad nie.
>
> Hoe was die nuwe losskakel gewees ?
>
>
> "Deneneneile" wrote in message
> news:dlroln$ftq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die skrums het gesukkel! Weereens het ons 1st time tekkels nie getel nie!
>> Percy was ongelukkig...
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rugby [boodskap #107245 is 'n antwoord op boodskap #107229] |
Ma., 21 November 2005 12:12  |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 21 Nov 2005 09:01:59 +0200, "Riaan" wrote:
> Ek was die naweek Mabula toe, en daar was 'n krag onderbreking gewees, so ek
> het die hele game gemis. Die Rapport het ook nie juis Sondag gehelp nie want
> hulle het nie so baie oor die game te sê gehad nie.
>
> Hoe was die nuwe losskakel gewees ?
So-so.
Een of twee goeie goed, een of twee foute. Nie 'n disaster nie, maar
nie brijjant nie.
Dis dalk maar wat mens kan verwag op die eerste "outing". Maar ek is
bevrees ek het HH lank sien speel en Bosman lyk nie na 'n HH nie. At
least nie nou nie.
In sy verdediging - HH het later in sy loopbaan eers Bok gespeel en
Claassens se diens aan Bosman was maar kakkerig.
Claassens was te stadig en het druk agtertoe geskuif. Conradie sou
actually beter gewees het met sy snappy diens en vermoe om 'n bal
onder druk 'n goeie bal te maak deur dit skoon en vinnig uit te kry.
Ons probleem was egter weer twee slotte wat nie tough genoeg is nie
(Rossouw moet begin saam met Matfield of Botha, dan kan hulle
lug-gimnastiek doen terwyl hy hard werk) en Jacques Cronje wat
blykbaar nie opgedraf het nie maar die hele game in die kleedkamer
gesit het. Dis altans soos dit vir my gelyk het. My vriende sweer
egter hy was op die veld.
Verder het die Bokke weer so dom soos gebruiklik gespeel. Flat
agterlyn met De Villiers of 'n losvoorspeler OP die voordeellyn - maar
die Wallisers het dit gesien kom en elke keer het 'n
verwelkomingskomitee in daardie kanaal gewag met die gevolg die bal
het doodgegegaan.
Het hulle afgewissel met 'n skip pass of bietjie dieper staan? Ne wat.
De Villiers of Burger is met reelmaat in die muur vasgeloop. Hulle
gaan nog De Villiers se kniee daarmee opfok soos Tvl Joe van Niekerk
s'n opgefok het (met dieselfde dom taktiek wat nooit gewerk het nie).
Verder het die pak bitter min as 'n eenheid gespeel.
|
|
|
|