| Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107112] |
Do., 17 November 2005 10:20  |
news[3]
Boodskappe: 61 Geregistreer: Januarie 2005
|
Volle Lid |
|
|
Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
meesal emmigrante was, of emmigrante se kinders, so hulle alliance was dalk
by Morocco of waar hulle ook van gekom het. Dink ek.
Ellie
"Basjan" skryf in boodskap news:dlhli1$cqu$1@solaris.cc.vt.edu...
Ek lees 'n brief in Newsweek (Nov 7, 2005, p. 13):
"The horrendous damage wrought by Katrina will take years to repair, and one
can´t help but feel sorry for its victims. But the ensuing rampant anarchy
irreparably damages America´s reputation in the civilized world" - Peter St.
Clair-Braude (Bonrepos Riquet, France)
En dit vanaf 'n burger, wie se land 'n aand waar 450 motors verbrand is as
´n "goeie aand" beskou! So grappig, dit is eintlik hartseer. Dit vertel ons
dalk meer van die wêreld as baie nuusberigte...
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107150 is 'n antwoord op boodskap #107147] |
Do., 17 November 2005 22:31  |
news[3]
Boodskappe: 61 Geregistreer: Januarie 2005
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5c2dnX_M-P-uQ-HenZ2dnUVZ_sWdnZ2d@rogers.com...
"news" skryf
> Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
> meesal emmigrante was
In retrospek is dit glo bevraagteken hoeveel van die stories
van moord en verkragting in New Orleans nou werklik waar
was, en hoeveel gerugte.
Maar dit is seker dat daar iets verskriklik verkeerds
gegaan het daar in die drie of vier dae na Katrina New
Orleans getref het. Wie het die plan uitgebroei om hierdie
duisende der duisende mense saam te gooi in so 'n groot
plek wat sonder elektrisiteit absoluut hel sou word. Hoekom
het die busse nie voortgery en die mense erens anders gaan
aflaai nie. Hoe was dit moontlik dat mense in ander dele
van Louisiana en nabyliggende state se eerste vorm van
hulp RCMP offisiere uit Kanada was? Mense wat oorland
gery het voordat hulle die hulp kon verleen?
Ek dink die antwoord lê in die feit dat "Brownie"
aangestel is deur sy pal George Bush as die hoof van FEMA.
Gloudina
Jy is reg, daardie Brown man was totaal useless en die feit dat hy en die
burgermeerster van New Orleans, en die goewerneur van Louisiana nie kon
saamstem nie, het nie dinge gehelp nie.
Nou hoor ons horror stories dat NO baie veilig is (dit was glo die moord
hoofstad van Amerika, as jy vir CNN kan glo), en al daardie low lifes is nou
in ander stede, waar hulle glo nou misdaad pleeg. Ek wonder wat dit is/was
van NO dat daar so baie misdadigers woon?
In ons stad is daar glo iets soos 150 gesinne van New Orleans, meeste van
hulle het al werk, en vestig hulle nou permanent hier, dink nie van die
misdadigertipes is hier nie.
|
|
|
|