Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KEIMOES
| KEIMOES [boodskap #106841] |
Di., 01 November 2005 05:08  |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
|
Senior Lid |
|
|
Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
Sal dit waardeer.
Friend
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106846 is 'n antwoord op boodskap #106841] |
Di., 01 November 2005 08:10   |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droeë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?
Friend
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
|
|
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106850 is 'n antwoord op boodskap #106846] |
Di., 01 November 2005 09:01   |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
bly eerder waar jy is, daar gaan elke 3 minute niks aan nie en hou dan vir 3
ure aan
"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?
Friend
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106852 is 'n antwoord op boodskap #106846] |
Di., 01 November 2005 11:21   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek ry maar net soontoe verby na Augrabies toe en stop so af en toe om 'n
roomys te koop. Groot is die dorp definitief nie, maar die droë wêreld se
mense is oor die algemeen wonderlik. Jy sal daar naby aan die boere wees,
dit beteken naby aan vars produkte. die beste kwaliteit vleis kom mos uit
die droë veld. Die rivier se sultanas is van die beste en dan is die
Kalahari net 'n stofpoepie weg van jou af. Daar kry jy natuurlik die
wonderlike Kalahari Gemsbok Park. Daai hele area, hier vanaf Kuruman,
Sishen, Olifantshoek, Upington, Kakamas, ens. is harde wêreld, maar niemand
wat ek ken wil daar weg nie en as hulle moet, dan huil hulle hard!
"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?
Friend
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106854 is 'n antwoord op boodskap #106841] |
Di., 01 November 2005 11:29   |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester wrote:
> Waar is Limpopo? In ou taal?
Limpopo is verre noord transvaal, +- 11km van Zimbabwe grens en 120km
van Mosambiek, +- 80km van Kruger Wildtuin. Bosveld wêreld, mooi en
ook baie warm!! Die dorpie waar ek gebly het was Musina.
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
>
> Suidwester wrote:
>> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
>> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
>> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
>> Gariep
>> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
>> mooi
>> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
>> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
>> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
>> gesonde, droeë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
>> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
>> toe
>> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
>
> Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
> ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
> Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
> Keimoes 'n klein dorpie?
>
> Friend
>
>> "kaalbaster" wrote in message
>> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
>> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
>> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>>
>> Sal dit waardeer.
>>
>> Friend
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106856 is 'n antwoord op boodskap #106846] |
Di., 01 November 2005 11:54   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Waar is Limpopo? In ou taal?
"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?
Friend
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106863 is 'n antwoord op boodskap #106854] |
Di., 01 November 2005 14:13   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hmm. Waar jy nou wil heengaan is dit net droog en warm. Jy kan dit
makliker uitstaan as daai drukkende hitte. In die Namib kliek ons nog
rustig oor teen oor die 50 grade. Dis egter erg platteland, maar mens
kan mos meeste dinge vandag ook op die platteland doen....dis nou DStv,
internet, ens. Net die stad se drolle is missing...he-he!!
"kaalbaster" wrote in message
news:1130844556.819201.288250@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .
Suidwester wrote:
> Waar is Limpopo? In ou taal?
Limpopo is verre noord transvaal, +- 11km van Zimbabwe grens en 120km
van Mosambiek, +- 80km van Kruger Wildtuin. Bosveld wêreld, mooi en
ook baie warm!! Die dorpie waar ek gebly het was Musina.
> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
>
> Suidwester wrote:
>> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na
>> die
>> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
>> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
>> Gariep
>> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is mooi
>> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
>> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
>> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
>>
>> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
>> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle toe
>> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
>
> Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
> ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
> Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
> Keimoes 'n klein dorpie?
>
> Friend
>
>> "kaalbaster" wrote in message
>> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
>> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
>> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>>
>> Sal dit waardeer.
>>
>> Friend
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106877 is 'n antwoord op boodskap #106868] |
Wo., 02 November 2005 08:00   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
As jy 'n huis bou in hierdie warm wêreld, is die eerste ding wat jy bepaal,
die heersende windrigting en dan loop daar 'n hoofgang regdeur jou huis in
daardie rigting sodat jy net die huis kan oopmaak, dan is daar omtrent altyd
'n trek deur die huis. Die deure en vensters moet 'fanlights' op hê, sodat
jy, ongeag of mense in 'n kamer is, altyd 'n lugbeweging kan hê vanuit die
kamer na die gang toe. Die dak moet hoog wees met 'trek'-uitlate in die
nokke want warm lug styg op en jy moet dit uitkry. Hoe dikker jou mure is
en hoe meer lug in daai mure is, hoe beter. Dus, of blokstene in vandag se
terme of 500mm dik klipmure in die ou dae. Plus 'n lekker stoep, want in
die somer sleep almal bed stoep toe en slaap buite....lekker!
"@rogers.com" skryf in boodskap news:DqKdnSwKLo0BrPXenZ2dnUVZ_s-dnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
> ...
>> Waar jy nou wil heengaan is dit net droog en warm. Jy kan dit
>> makliker uitstaan as daai drukkende hitte.
>
> Ja, die droë hitte is baie makliker op 'n mens as die
> drukkende hitte, die soort hitte wat ons hier in Ontario
> ook kry en wat mens eenvoudig uitput. Solank mens
> net 'n huis het wat gebou is om hitte te bekamp. Wit
> gekalkte dak. Lang gange binnekant wat jou beskerm
> teen die buitenste hitte. Maak die vensters saans oop,
> en in die oggend toe, sodat dit die maksimum koue
> lug binne kan hou. Want elke aand so hier teen nege
> tien uur dan kom daar gereeld 'n koue westewind
> van die koue Atlantiese Oseaan af ( al is dit vyf-
> honderd myl van die kus af ) en maak dit die nagte
> heerlik koel. Wanneer die westewind nie die aand
> kom waai nie, dan weet jy die wolke sal in die noorde
> begin opbou, en dit sal bloedig warm word en kort
> voor lank sal daar geweldige donderstorms ure lank
> oor jou staan en bliksem en blits.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: KEIMOES [boodskap #106943 is 'n antwoord op boodskap #106935] |
Di., 08 November 2005 18:49  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
@rogers.com wrote:
> "Riaan" skryf
>
>
>> Het Kanada 'n hoë malaria syfer as gevolg van die muskiete.
>
>
> Nee, sover ek weet is daar geen area in Kanada waar
> malaria gevind word nie. Ek dink die anopheles muskiet
> is die draer, maar dan moet dit ook nog besmet wees met
> die malaria mikrobe. Ek onthou dat toe ek in Natal gebly
> het, daar anopheles muskiete was ( sulke swartetjies met
> wit kolle op) maar dat hulle nie besmet was met dit wat
> malaria veroorsaak nie.
>
> Gloudina
Ek wonder of wat jy gesien het, wel die Anopheles-muskiet was. Daai muskiete is
so klein soos muggies. Meeste mense weet nie eens dat hulle deur een gebyt is
nie.
Wat betref Pretoria as malariagebied: Ek sluk maar swaar daaraan. Maar nou moet
mens onthou dat in die ou dae, die Voortrekkers en jagters se dae, het die
malariagebied al by Groblersdal begin en was dit teenwoordig in die
Olifantsrivier en al sy sytakke, dws net effens oos en noord van
Bronkhorstspruit al die pad ooste en Laeveld toe. Ons het malaria met DDT
kunsmatig uit daardie gebiede verban. Tydens en na die Mosambiekse burgeroorlog
is die muskiete nie in toom gehou daar nie, en natuurlik kyk die wêreld fronsend
na die gebruik van DDT, so daar het by ons in Noord-Natal ook nie meer gespuit
nie. Die gevolg was dat malaria hand-oor-hand toegeneem het soos wat die
muskiet sy eertydse broeiplekke teruggeneem het. Nou is daar oraloor weer met
DDT begin, met 'n baie waarneembare afname in malaria. Die neiging is deesdae
om nie meer DDT sommer so lukraak oral te spuit nie, maar eerder om 'n mengsel
aan te stryk aan huise en hutte. Oop poele en dreine word ook meer doelmatig
geteiken. Dit alles bring mee dat mens verder met minder DDT klaarkom, wat dan
die opbou van DDT in organismes hoër op in die voedselketting beperk. Terloops,
DDT is 'n baie vriendeliker gif as byv. Dieldrin en dié se verwante, wat die
enigste ander gif is wat die muskiet behoorlik in toom hou, soos ek verstaan.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:07:24 UTC 2026
|