Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vir die rekord ...
Re: Vir die rekord ... [boodskap #105982] |
Tue, 20 September 2005 05:54  |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester wrote:
> Is dit dan nie julle president wat laasweek soort van erken het dat die
> munisipaliteite 'n boggerop is nie, juis omdat die ANC-politici hul
> 'vriende' aanstel in poste waarvoor hulle geen ervaring of bevoegdheid het
> nie? Dat regstellende aksie 'n boggerop was? Dat die wysheid hulle nou
> moet tref na amper 15 jaar! Die ergste is dat dit nie herstelbaar is
> nie....die ervare persone vir die werk is of nou te oud of verdien soveel
> geld as konsultante vir onbevoegde amptenare, dat hulle nie sal belangstel
> nie!
> "Jonas" wrote in message
> news:dgo1sr$e82$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die TAC rapporteer dat meer as 40 mense reeds dood is aan maagkoors in die
>> Delmas-omgewing. Die Departement van Gesondheid ontken dit - sê daar slegs
>> 4
>> mense dood aan maagkoors.
>> Iemand het vergeet om chloor in die drinkwater te gooi. (Daardie ou is
>> bepaald nie 'n wit manlike persoon nie - "hulle" het van hulle ontslae
>> geraak...)
Nee Jonas, die groot koppe in die munisipaliteit het nie die kennis
gehad om te kon onderskei tussen chloor en arseen. Of, die
burgemeester het die geld gesteel en kon hulle nie chloor in die water
gooi nie!
>>
>>
>>
>>
>>
>>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vir die rekord ... [boodskap #105991 is 'n antwoord op boodskap #105989] |
Tue, 20 September 2005 11:39   |
kaalbaster
Boodskappe: 108 Geregistreer: September 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@rogers.com wrote:
> "Deneile" skryf
>
>> So al die lande waar die mense gebottelde water drink het verval in choas?
>
> Toemaar, Deneile, hier by ons in Ontario, waar baie mense
> ook gebottelde water drink ( nie ons nie), was daar ook nou
> onlangs 'n geval waar twee ou wit omies ( broers) wat moes
> sorg dat die water getoets was en skoon was, tronk toe gegaan
> het omdat hulle nie hul werk gedoen het en een of twee mense
> dood is en sommige vir die res van hulle lewe siek sal wees
> as gevolg van hulle nalatigheid nie.
> Die ondersoek wat daarna plaasgevind het, het meeste van
> die blaam gelê op die Konserwatiewe regering wat om kostes
> te besnoei, sommige van die vorige veiligheidskontroles
> uitgeskakel het as onnodig.
Dit is presies wat hier in SA gebeur. Die nuwe regering het mense in
hoë posisies met geen kennis geplaas en hierdie hoës stel hulle
vriende aan wat feitlik ongeskool is om baie belangrike take te verrig.
Die fondse van munisipaliteite veral (soos daagliks in die plaaslike
nuus) is uitgeput omdat die hoë amptenare sulke geweldige hoë
salarisse verdien (regtig buitensporige salarisse en meestal
gelykstaande aan die van die ministers), en is daar net die geld vir
die noodsaaklike higiëniese dienste nie. Ek praat nie eers van die
normale dienste wat gelewer moet word nie. Bygesê, bo en behalwe die
hoë salarisse word die geld wat nog beskikbaar is gesteel.
>
> Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106028 is 'n antwoord op boodskap #106022] |
Wed, 21 September 2005 11:28   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf
> Julle NP's het nog nooit demokrasie verstaan nie. En julle verstaan
> dit nou nog nier. Geen wonder dat julle nou almal saam met Kortbroek
> in die ANC sit nie, ne?
>
> Selfs jou hoofleier van weleer, Pik Botha, is mos al lank reeds in die
> ANC.
>
> Julle bottom feeders gaan ook nog daar eindig. Oorweeg jy dit al?
Raai, ek het nog nooit so daaraan gedink nie, maar
dit maak baie sin. Hierdie klomp het gekoek net waar
hulle sien daar kans is om "mag" in die hande te kry.
Los beginsels en gewetens uit. Hardloop agter waar
die meeste wins gemaak kan word.
Ek het net een Nasionalis geken, wat altyd met
'n groot glimlag op sy gesig vir ander Afrikaners by
Adams Mission probeer skok het, deur vir hulle te
vertel dat SA nie 'n demokrasie is nie. Dit was Jaap
Strydom, die ou wat twee vakke in Afrikaans by
die skool wat tevore Adams College was, ingevoer
het, jare voor hy dit in Soweto probeer doen het
en die opstande in Soweto veroorsaak het. Ek het
altyd die suspisie gehad dat hy hierdie Afrikaans- vir
-twee -vakke-plan invoer, nie omdat hy uit beginsel
dink dat dit 'n goeie ding is nie, maar omdat hy geweet
het dat hy daardeur geld kan maak. Toe hy die twee
vakke by Adams College invoer ( dis nou nadat
Bantoe-Onderwys die skool oorgeneem het), toe
skryf hy 'n werkboek in Afrikaans vir die Wiskunde
en Sosiale Studies, rol dit af met die skool se
roneo-masjien, en verkoop dit aan die skoolkinders
vir eie gewin. Sy seun is, nog deur die apartheids-
regering, vervolg vir 'n miljoen dollar scam, waar
hulle geld ontvang het vir posters wat hulle nooit
gelewer het in groot aantalle nie. Die posters was
veronderstel om die beleid van die regering
populêr te maak onder swart studente in skole.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 13:00:39 UTC 2025
|