Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit Naasteliefde?
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105049 is 'n antwoord op boodskap #105023] |
Mon, 15 August 2005 06:37   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dit is so effe van 'n skaakmat, is dit nie? As hulle op die aansoekvorm sê
jy mag nie homoseksuele neigings hê nie, dan is jy bevooroordeeld?
"Annette" skryf in boodskap news:ddkhhq$bij$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wel, die inligting is nie baie voor die hand liggend nie, maar ek vermoed
> dat, toe hy aangestel is, of 'n onderhoud met hom gevoer is, dat om
> homoseksueel te wees nie een van die voorwaardes was om hom uit te sluit
> om
> die orrel te speel, of kinders in musiek op te lei nie.
> Anders sou hulle hom mos by voorbaat afgekeur het voordat die keuring
> plaasgevind het?
> Nou beweer die kerk dat hulle hom nie afgedank het omdat hy homoseksueel
> is
> nie, maar omdat hy saam met 'n ander man bly.
>
> Hoo Boy!!! Dis die definitiewe einde van alle seuns- en manskoshuise!!
>
>
> Terloops, sover dit my kennis strek, is daar bitter min pedofiele wat
> homoseksueel is.
> Die studente sou baie veiliger by die musikant se klasse gewees het as byv
> die katkisasieklas.:)
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:LqOdnSTwB7uxPWDfRVn-vA@is.co.za...
>> Ek verstaan wat jy sê, maar ek dink dat enige mens wat homoseksueel is, tog
>> moet weet dat dit vir 'n groot deel van die samelewing nie heeltemal
>> aanvaarbaar is nie? Reg of verkeerd, die gewone ou op straat is ongemaklik
>> daarmee. So sal daar die meerderheid van mense in 'n kerk wees wat nie
>> daarmee wil saamleef nie en hulle het mos 'n keuse om so te maak as hulle
>> wil? Net soos die homo die reg het om sy keuse uit te leef, net so het
>> ander mense die reg om hulle voorkeure uit te leef.
>> Die betrokke man moes vir seker geweet het dat die kerkmense gaan nie te
>> opgeklits wees met sy gay-geid nie? Dat, as dit bekend word, hy dalk
>> sal
>> moet verdamp? Hoekom het hy nie gaan orrel speel in 'n gemeente van gay
>> mense nie?
>> "Annette" wrote in message
>> news:ddk0aj$jm5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die punt is, in hierdie spesifieke geval, dat die betrokke homoseksueel
>>> dit
>>> nie uitgeblaker het nie. 'n Gemeentelid het glo uitgevind dat hy saam met
>>> 'n
>
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105050 is 'n antwoord op boodskap #105024] |
Mon, 15 August 2005 06:41   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ou antie, leef lekker daar in jou aangenome land en as julle vrede het met
gays en gemaklik is daarmee, good for you. Hier in Afrika is die mense nog
nie lekker daarmee nie. In die stede neem ek aan begin dinge makliker raak
vir die gays, maar op die platteland waar die mense nog nader aan die natuur
lewe is ons almal bleddie ongemaklik daarmee. "@rogers.com"
wrote in message
news:d5udnddyHpg9QWDfRVn-og@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>> Ek verstaan wat jy sê, maar ek dink dat enige mens wat homoseksueel is, tog
>> moet weet dat dit vir 'n groot deel van die samelewing nie heeltemal
>> aanvaarbaar is nie? Reg of verkeerd, die gewone ou op straat is ongemaklik
>> daarmee.
>
> Onsin. Die gewone ou op die straat was al vir
> eeue gemaklik daarmee. My ma het altyd vertel
> van die broer van een van haar skoonsusters wat
> saam met hulle gesit en brei het. Toe ek al groot
> was, het hy en 'n man eenkeer vir ons besoek.
> Almal het aangeneem hy leef saam met die man.
>
> In die neëntiende eeu al was lesbiese verhoudings
> in die VSA bekend as 'n "Boston marriage."
> In Kanada het hulle nou onlangs, met die seën
> van die Kanadese weermag, die eerste huwelik
> gehad op Base Gagetown tussen twee manlike
> soldate. Twee van ons federale ministers is
> openlik gay.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105053 is 'n antwoord op boodskap #105049] |
Mon, 15 August 2005 06:57   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Juis, juis - dit druis regstreeks teen die grondwet in as dit swart op wit
staan op 'n aansoekvorm.
Maar, hulle het tog 'n onderhoud met hom gevoer, hy is aangestel, en 'n hele
jaar lank was hy goed genoeg om daar te kan klas gee.
Ek dink die klaer wat die lont ontsteek het, het 'n versteekte agenda....
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:PfSdnZ2dnZ3hA7jsnZ2dnQClnd6dnZ2dRVn-zZ2dnZ0@is.co.za...
> Dit is so effe van 'n skaakmat, is dit nie? As hulle op die aansoekvorm sê
> jy mag nie homoseksuele neigings hê nie, dan is jy bevooroordeeld?
> "Annette" wrote in message
> news:ddkhhq$bij$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wel, die inligting is nie baie voor die hand liggend nie, maar ek vermoed
>> dat, toe hy aangestel is, of 'n onderhoud met hom gevoer is, dat om
>> homoseksueel te wees nie een van die voorwaardes was om hom uit te sluit
>> om
>> die orrel te speel, of kinders in musiek op te lei nie.
>> Anders sou hulle hom mos by voorbaat afgekeur het voordat die keuring
>> plaasgevind het?
>> Nou beweer die kerk dat hulle hom nie afgedank het omdat hy homoseksueel
>> is
>> nie, maar omdat hy saam met 'n ander man bly.
>>
>> Hoo Boy!!! Dis die definitiewe einde van alle seuns- en manskoshuise!!
>>
>>
>> Terloops, sover dit my kennis strek, is daar bitter min pedofiele wat
>> homoseksueel is.
>> Die studente sou baie veiliger by die musikant se klasse gewees het as byv
>> die katkisasieklas.:)
>>
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:LqOdnSTwB7uxPWDfRVn-vA@is.co.za...
>>> Ek verstaan wat jy sê, maar ek dink dat enige mens wat homoseksueel is, tog
>>> moet weet dat dit vir 'n groot deel van die samelewing nie heeltemal
>>> aanvaarbaar is nie? Reg of verkeerd, die gewone ou op straat is ongemaklik
>>> daarmee. So sal daar die meerderheid van mense in 'n kerk wees wat nie
>>> daarmee wil saamleef nie en hulle het mos 'n keuse om so te maak as hulle
>>> wil? Net soos die homo die reg het om sy keuse uit te leef, net so het
>>> ander mense die reg om hulle voorkeure uit te leef.
>>> Die betrokke man moes vir seker geweet het dat die kerkmense gaan nie te
>>> opgeklits wees met sy gay-geid nie? Dat, as dit bekend word, hy dalk
>>> sal
>>> moet verdamp? Hoekom het hy nie gaan orrel speel in 'n gemeente van gay
>>> mense nie?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ddk0aj$jm5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Die punt is, in hierdie spesifieke geval, dat die betrokke homoseksueel
>>>> dit
>>>> nie uitgeblaker het nie. 'n Gemeentelid het glo uitgevind dat hy saam met
>>>> 'n
>>
>
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105054 is 'n antwoord op boodskap #105050] |
Mon, 15 August 2005 06:58   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie die ander gays in die platteland is ongemaklik daarmee nie;))))
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:yvmdnZObsJEPpJ3eRVn-uA@is.co.za...
> Ou antie, leef lekker daar in jou aangenome land en as julle vrede het met
> gays en gemaklik is daarmee, good for you. Hier in Afrika is die mense nog
> nie lekker daarmee nie. In die stede neem ek aan begin dinge makliker raak
> vir die gays, maar op die platteland waar die mense nog nader aan die natuur
> lewe is ons almal bleddie ongemaklik daarmee. "@rogers.com"
> wrote in message
> news:d5udnddyHpg9QWDfRVn-og@rogers.com...
>>
>> "Suidwester" skryf
>>> Ek verstaan wat jy sê, maar ek dink dat enige mens wat homoseksueel is,
>> tog
>>> moet weet dat dit vir 'n groot deel van die samelewing nie heeltemal
>>> aanvaarbaar is nie? Reg of verkeerd, die gewone ou op straat is
>> ongemaklik
>>> daarmee.
>>
>> Onsin. Die gewone ou op die straat was al vir
>> eeue gemaklik daarmee. My ma het altyd vertel
>> van die broer van een van haar skoonsusters wat
>> saam met hulle gesit en brei het. Toe ek al groot
>> was, het hy en 'n man eenkeer vir ons besoek.
>> Almal het aangeneem hy leef saam met die man.
>>
>> In die neëntiende eeu al was lesbiese verhoudings
>> in die VSA bekend as 'n "Boston marriage."
>> In Kanada het hulle nou onlangs, met die seën
>> van die Kanadese weermag, die eerste huwelik
>> gehad op Base Gagetown tussen twee manlike
>> soldate. Twee van ons federale ministers is
>> openlik gay.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105073 is 'n antwoord op boodskap #105028] |
Mon, 15 August 2005 21:17   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Francois Human" skryf
...
> Ek gaan nie weer in 'n debat oor die Bybel betrokke raak nie, maar ou Duif
> ek vermoed jy slat die spyker op dieselle manier as wat ek hom so benader
> het.
> "DD" skryf
>> Nee, jy omseil wat ek sê. Want dit wat jy hier noem het hoegenaamd
>> niks daarmee te doen nie. Hier was 'n byna onverbloemde
>> veronderstelling dat dit Bybels was om dit te doen. As
>> iets in Bybelse tye gebeur het, en deur Bybel figure
>> gedoen is, en 'n die Bybel vertel word, maak dit,
>> dit nie noodwendig Bybels nie.
Wel du plessis en François, die woord "bybels" is
'n glibberige woord, en sommige van julle gebruik
dit soos 'n tameletjie, net soos dit julle pas. Julle wil
julle koek hê en dit eet. Op die een hand, is alles
wat in die Bybel staan nou "bybels," ( soos dat die
aarde in ses dae geskape is) en aan die anderkant
is " nie alles wat in die Bybel staan Bybels nie." Ek
is van opinie dat julle tenmiste eerlik moet wees en
erken dat julle dinge draai net soos dit vir julle pas.
Soos ek dit sien, is daardie insident in Sodom wat
in die Bybel opgeskryf staan, onchristelik, maar dit
staan in die Bybel. En as jy die "hele Bybel letterlik
wil glo" dan moet jy ook die details van hierdie
insident letterlik glo.
Gloudina
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105074 is 'n antwoord op boodskap #105028] |
Mon, 15 August 2005 22:22   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Duif sê:
>> Nee, jy omseil wat ek sê. Want dit wat jy hier noem het hoegenaamd
>> niks daarmee te doen nie. Hier was 'n byna onverbloemde
>> veronderstelling dat dit Bybels was om dit te doen. As
>> iets in Bybelse tye gebeur het, en deur Bybel figure
>> gedoen is, en 'n die Bybel vertel word, maak dit,
>> dit nie noodwendig Bybels nie.
Francois volg met:
>
> Ek gaan nie weer in 'n debat oor die Bybel betrokke raak nie, maar ou Duif
> ek vermoed jy slat die spyker op dieselle manier as wat ek hom so benader
> het.
>
Nee Francois, moet nie weer daar in betrokke raak nie.
Hier word te veel neerhalende dinge deur die aanvallers kwyt geraak.
Ek kan nie onthou waar nie, en gaan defnitief nie daarvoor siek nie,
maar Ferdi het dan tot 'n paar dae gelede gepraat van 'die Christelike
God' asof daar dan werklik meer gode bestaan. Dit laat sy denke onder
verdenking.
Bouwer weer, het vele kere hier gesê dat sy nie 'n Budhis is nie,
maar slegs hul byeenkomste bywoon. Maar kom ons kyk wat sy sê
onder die 'naasteliefde' tema 13/08
> Ja, dit is die kruks van die saak. Buddhiste dink eenvoudig
> nie in absolute nie. Madyamika Buddhisme, die brand wat
> ek volg, weier om slaaf te word van die "four extremes."
> Dis hier waar hulle drasties verskil van meeste westerse
> denke. Dis hier waar hulle weg ook geskei het van
> Hindu-denke, want die Buddhis weier om die konsep
> van siel te glo.
> Gloudina
Sy het nie net die Boervrou en kindermoordenaars se taal
beter as haar eie moedertaal gevind en haar eie taal verraai
nie, sy het selfs die Godsdiens waarmee sy opgevoed is,
verruil vir 'n Oosterse sektariese kultus. Lees self haar woorde
hier bo.
> Ek is van opinie dat julle tenmiste eerlik moet wees en
> erken dat julle dinge draai net soos dit vir julle pas.
> Soos ek dit sien, is daardie insident in Sodom wat
> in die Bybel opgeskryf staan, onchristelik, maar dit
> staan in die Bybel. En as jy die "hele Bybel letterlik
> wil glo" dan moet jy ook die details van hierdie
> insident letterlik glo.
Ons ìs eerlik.
Ons glò die hele bybel letterlik.
Jy verstáán nie die woord 'Bybels' nie.
Natuurlik het die insidente gebeur, want daar word van
in die Bybel vertel.
By 'nie Bybels nie' bedoel ek dat die teen Bybel leringe was.
Ek is verbaas dat jy dit nie verstaan het nie.
Wat ek gesê het, kon nie anders verstaan word nie.
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105076 is 'n antwoord op boodskap #105074] |
Mon, 15 August 2005 23:17   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf
> Bouwer weer, het vele kere hier gesê dat sy nie 'n Budhis is nie,
> maar slegs hul byeenkomste bywoon. Maar kom ons kyk wat sy sê
> onder die 'naasteliefde' tema 13/08
>
>> Ja, dit is die kruks van die saak. Buddhiste dink eenvoudig
>> nie in absolute nie. Madyamika Buddhisme, die brand wat
>> ek volg, weier om slaaf te word van die "four extremes."
>> Dis hier waar hulle drasties verskil van meeste westerse
>> denke. Dis hier waar hulle weg ook geskei het van
>> Hindu-denke, want die Buddhis weier om die konsep
>> van siel te glo.
>
>> Gloudina
>
> Sy het nie net die Boervrou en kindermoordenaars se taal
> beter as haar eie moedertaal gevind en haar eie taal verraai
> nie, sy het selfs die Godsdiens waarmee sy opgevoed is,
> verruil vir 'n Oosterse sektariese kultus. Lees self haar woorde
> hier bo.
>
>> Ek is van opinie dat julle tenmiste eerlik moet wees en
>> erken dat julle dinge draai net soos dit vir julle pas.
>> Soos ek dit sien, is daardie insident in Sodom wat
>> in die Bybel opgeskryf staan, onchristelik, maar dit
>> staan in die Bybel. En as jy die "hele Bybel letterlik
>> wil glo" dan moet jy ook die details van hierdie
>> insident letterlik glo.
>
> Ons ís eerlik.
> Ons glê die hele bybel letterlik.
> Jy verstáán nie die woord 'Bybels' nie.
> Natuurlik het die insidente gebeur, want daar word van
> in die Bybel vertel.
> By 'nie Bybels nie' bedoel ek dat die teen Bybel leringe was.
> Ek is verbaas dat jy dit nie verstaan het nie.
> Wat ek gesê het, kon nie anders verstaan word nie.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105082 is 'n antwoord op boodskap #105022] |
Tue, 16 August 2005 06:32   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nee, ginetiese foute. Gaan vra vir enige boer en hy sal jou kan vertel van
hoe jy swak en goeie eienskappe in diere kan inteel. Weet jy wat reken die
hondemense wat regtig weet wat hulle doen? Dat seker 60% plus van alle
klein hondjies wat gebore word in die wêreld moet vernietig word. Vat 'n
voorbeeld. Mense hmm en haaa oor alles wat klein brakkie is [ek self!],
maar as jy bv 'n opregte reun en teef het en hulle maak kleintjies, dan
behoort jy die kleintjies te selekteer en die met ginetiese foute uit te
sit. Soos wat? Meeste van die groot rasse het heupprobleme. Kyk enige
hond wat van jou af wegdraf. As hy stap met sy gat, maw die een poot voor
die ander sit, dan is sy heupe reguit. As hy sy gat so swaai-loop, dan het
hy 'n heupdefek. Gewone mense koop hierdie tipe van hondjies heel onbewus
van die probleem en op die ou end maak hierdie hond ook weer kleintjies en
sy ginetiese fout dra voort.
So glo ek is dit met die mens ook. Niemand sal vir my vertel dis
normaal dat een soort geslag lief is vir sy eie geslag nie. Dis buite die
norm. Abnormaal. 'n Afwyking van die norme af. Hiermee ontken ek nie
dat dit wel bestaan nie of sê ook nie dat dit nie 'n bestaansreg het nie!
Ek gee nie om dat iemand gay is nie, solank hy net buite my spasie gay is.
Ek sal met liefde buite sy spasie straight wees.....so wat is die probleem?
"Annette" skryf in boodskap news:ddkhhp$bij$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het al met homoseksuele honde te doen gehad.
> 1) Sou dit hul keuse gewees het?
> 2) Sou hulle nie ook "ontwerp" gewees het om voort te plant nie?
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:iOadnZ2dnZ3yQ1H2nZ2dnVIAYN-dnZ2dRVn-zJ2dnZ0@is.co.za...
>> 100% reg. Die een ou kan 'n 100m in minder as 9 sekondes hardloop, die
>> ander skop balle ver, die ander is 'n genie [definitief nie 'n koerantman
>> nie!], maar die mens is ontwerp vir die man om die vrou te bevrug, want
> die
>> mensdom moet voortplant. Dis die basiese doel van enige mens of dier.
>> Hoe wil jy voortplant as mannetjie op mannetjie en vroutjie of vroutjie
>> kuier? Dis nie normaal nie. Dis 'n afwyking en een wat in 'n mens
>> ingeteel kan word.
>> Het jy al ooit daaraan gedink hoekom kry jy sterk sportgesinne se
>> kinders wat ook uitstaande in sport is? Enige gemiddelde ou kan oefen
> dat
>> die snot spat en hy sal nooit 'n top sportman wees nie want hy het sekere
>> basiese dinge wat net toppresteerders beskore is. As albei ouers
>> hierdie
>> eienskappe het, dan is die kans veel groter dat die telgies ook dit gaan
> hê.
>> Homoseksualiteit? Ginetiese afwyking. Hoekom? Omdat mense nie
>> geselekteer word vir teling soos bees of skaap nie. Soos Hitler dit wou
>> doen! Die feit dat die mens 'n eie verstand het, maak Hitler se idees
>> totaal onaanvaarbaar, maar nie minder reg in die sin dat hy 'n sterker en
>> slimmer volk sou kon teel nie.
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:ce0pf15ei6d6p8cv1oh74l4r0nifb8e63k@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Aug 2005 11:23:36 +0100, "Suidwester"
>>> wrote:
>>>
>>> >>
>>> As God almagtig is en as ons en ons wereld sy skepping is, het hy ons
>>> gemaak wat ons is.
>>>
>>>
>>>
>
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105087 is 'n antwoord op boodskap #105008] |
Tue, 16 August 2005 09:02   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:1fGdnf8mEb0wSGHfRVn-qg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Grootword ouboet. Ons is weer terug by die begin van die sirkel. As ek
>> iets glo, is dit my reg. Ironies hoe 'n sekere groep hulle die reg
> toe-eien
>> om my afkeur te veroordeel.
>
> Ek dink j� moet ook grootword, Basjan. Jy wil jou koek
> hê en dit eet. Jy wil glo dat jy in God se beeld geskape
> is, en dan wil jy ook glo dat jy nie in God se beeld
> eksklusief geskape is nie, en hierdie wese is met die
> sogenaamde vrye wil wat somtyds kan kies en somtyds
> nie kan kies nie.
Gloudina, ek en jy het al lankal hierdie gesprek gehad. Tot vervelens toe.
Waar lees jy hier "inuendo�s" in my pos!?
Ek glo dat ek ALLEEN/EKSKLUSIEF na God se beeld geskape is. En dat die
status nie afhanklik is van tyd of geleentheid nie. Dus, ek het vrye wil in
my lewe, maar dit beteken nie dat my en God se wil dieselfde is nie.
Moet asb. nie afwyk van die stellinge wat ek maak nie - wees versigtig om my
woorde te draai soos dit jou argument pas, ek probeer regtig so reguit en
duidelik as moontlik te wees.
> Jou moeilikheid
My "moelikheid" ?????????????
Weereens 'n ou tannie wat aan almal wil voorskryf wat hulle moet dink en nie
moet dink nie en as hulle anders dink, is hulle "moeilik". Ek gun jou die
reg om te glo dat gay-wees OK is, maar ek eis die reg om te glo dat dit 'n
sonde is. So 'n toekenning van my "reg" is heeltemal akkoord met jou vrye
aanvaarding van alle mense.
> is dat jy nog neëntiende
> eeus dink in die een-en-twintigste eeu. Die era van
> Quantum Logic. Daardie wetenskaplike benadering wat
> Buddhisme al vir die afgelope tweeduisend jaar probeer
> deurgrond.
Bogsnert. En as jy dink dat godsdiens en wetenskap een moet wees (mekaar
moet ondersteun), knock yourself out. Daar is baie Bybelse dinge wat ek nie
wetenskaplik kan verklaar nie, maar ek hoef ook nie.
> Jy probeer 'n soort van materialistiese
> wêreldbeeld navolg
En jy probeer 'n pienk varkie te wees wat met silwer vlerkies in almal se
bestaan jou fairy dust sprinkel. 'n Baie kinderagtige sin om jou te probeer
indring dat jy uit een sin nie kan sê wat ek "probeer wees" nie. Ek glo
juis in die nie-materialistiese... dink mooi daaraan...
> , iets wat ongelukkig al saam met
> die grofste marxisme by die filosofiese deur uitgesmyt
> word in die post-modern era.
Dis ironies hoe filosofie ("liefde vir wysheid") en filosoof ("iemand met 'n
liefde vir wysheid") hulle die onmiddelike erkenning van wysheid toe-eien.
Die "filosofiese deur" wat jy beskryf is subjektief. Jou wysheid is my
snert.
Basjan
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105089 is 'n antwoord op boodskap #105007] |
Tue, 16 August 2005 09:23   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rvmdnUQMCfC3TmHfRVn-jQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Romans 1:26-27: "For this cause God gave them up unto vile affections:
>> for
>> even their women did change the natural use into that which is against
>> nature: And likewise also the men, leaving the natural use of the woman,
>
> Merk op die taal -- "the natural USE of woman."
> Mens moet natuurlik in ag neem dat hierdie agitasie
> teen homoseksualiteit uit die klimaat van die Middel
> Ooste gebore is, waar dit nog vandag met drastiese
> strawwe gestraf word. Hedendaagse westerse
> Christene moet hierdie middeloosterse inslag in
> hulle opvattinge in ag neem. Die Grieke het 'n
> hele ander pad geloop.
Die "leaving" impliseer in die konteks "unnatural use of man". So
homoseksuele mans kan ander mans ook "use". Die "use" interpreteer jy in
jou 21ste eeuse woordeskat as 'n "verligte" vrou. "Use", in my insiens,
beteken hier nie "gebruik" nie, maar "seksuele omgang".
> Ek lees iets baie interessants egter 'n dag of twee
> gelede. Raai watter land het die grootste aantal
> sex change operations in die wêreld? IRAN is die
> antwoord. Dit is as gevolg van 'n persoon wat
> wou verander van 'n man na 'n vrou en wat nie
> opgehou het nie totdat hy die Ayatollah Khomeini
> oortuig het dat hierdie ding nodig is. Nou doen
> hulle die hoogste aantal sex changes per land in
> die wêreld, en baie mense uit Europa gaan na Iran
> om dit daar te laat doen.
Baie interessant.
Maar my "Christen"-afkeur van homoseksualisme spruit nie vanuit dieselfde
oogpunt as die moslem se afkeur nie. Sy "Allah" is nie nie my God nie. Dit
maak natuurlik 'n kan wurms oop as mens die geskiedenis en split tussen
Christen en moslem beskou, maar dit is juis wat dit was, 'n vurk in die pad.
Die twee gelowe loop op twee verskillende weë. As jy 'n moslem vra of sy
god die Christen se God is, sal hy dit heftig ontken, en so sal
konserwatiewe Christene ook eis dat hulle God nie die moslem se god is nie.
Vir my lê die strengste divergasie in Jesus Christus, my God: Persoon in
God-Drie-Enig vir my, maar 'n profeet vir die moslem. Dit is wat ek glo:
God die Vader, Seun en Heilige Gees is uniek, alleen God.
Ek weet jy stem nie saam nie en ons het al heftig hieroor gedebatteer. So
laat ons ooreenkom dat ons verskil.
Basjan
|
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105093 is 'n antwoord op boodskap #105091] |
Tue, 16 August 2005 10:32   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:lOidnZOChorjLJzeRVn-sw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek glo
>> juis in die nie-materialistiese... dink mooi daaraan...
>
> Dis hier, net soos op ander plekke, wat jy jou
> koek wil hê en dit eet. Jy wil glo aan 'n
> materialistiese heelal, maar dan wil jy ook
> glo dat die sogenaamde hemel waaraan jy
> glo, nie-materialisties is.
WAAR het ek ooit so stelling gemaak?? Genugtig, dis asof jy met jouself
argumenteer, Gloudina! Jy maak nuwe stellings uit ou poste om jou eie punte
te bewys. Dit is absoluut ongelooflik. En ek dink meeste mense sien reg
deur jou deursigtige kaf.
Wat ek gesê het is dat ons wel fisies bestaan of lewe in ons liggame, maar
dat ons eintlik geestelike wesens is. Waar is die hemel? Ek weet nie - en
ek hoef my nie een sekond daaroor te ontstel nie. Lê jy wakker daaroor?
> Maar jy fool niemand
> nie. Die vereistes vir jou hemel veroorsaak
> dat dit êrens anders moet wees.
Lees hierbo en laat rus met rus.
> En dit is
> net daar waar ek dink mense soos jy die
> Nuwe Testament mislees.
Ek is bly jy gebruik die woord "dink" - ek weet wat jy hieroor "dink" en ek
stem gewoon nie saam nie.
> Die hemel, net
> soos die Buddhis se nirvana, is 'n toestand,
> nie 'n soort plek daar doer nie.
Dankie Gloudina, dat jy klinklaar die wese van die hemel aan ons beskryf
het. Jy weet mos, of hoe? Jou astrantheid om te dink jy het alle wysheid
in pag, wel, dit verstom my al hoe meer. Soveel so dat dit komieklik begin
word.
Laggende groete
Basjan
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105095 is 'n antwoord op boodskap #105090] |
Tue, 16 August 2005 11:16   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My antie, ek's baie jare jonger as jy en ek was op Potch gewees. In my
studiejare was mans wat moffies is so saggies uitgewerk uit koshuise en
rugbyspanne uit. In my dienspligjare is ouens gemoer oor moffie-wees en
as hulle uitvind iemand is 'n moffie en hy is in die operasionele gebied,
dan stuur hulle hom onmiddellik huistoe. Die mode van 'uit die kas klim'
het, as ek reg onthou, eers hier êrens in die laat tagtigs gewild begin
raak.
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rMCdneopiozgMpzeRVn-hA@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Maar jy lieg ook darem lekker net wanneer dit jou pas. In die jare
> toe
>> jy in SA gebly het, was gay-wees nog amper nie eers bekend nie.
>
> En waar, mag ek vra, was jy op universiteit
> gewees? ( Sover ek kan onthou, het jy
> vertel jy was op universiteit.) Hoe lank al,
> Suidwester, is die woord "moffie" al in jou
> woordeskat?
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105098 is 'n antwoord op boodskap #105096] |
Tue, 16 August 2005 13:50   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek voel vere vir jou 'kill file' -storie en elke ou het die reg om te
besluit wie se stories hy wil lees en wie nie. Jy daarenteen, praat soos
gewoonlik twak. Is jy moedswillig, of kan jy nie verstaan as mens sê dat
so 'n klompie jare gelede het jy wel net hier en daar van moffies gehoor en
vandag is dit 'n groot en algemene issue? Die SA weermag het vinnig plan
gemaak daarmee juis oor die moontlikheid van probleme onder die troepe en
hulle kon dit toe nog doen. Selfs julle groot base daar aan die suidekant,
die VSA, se weermag het ook eers nie so lank gelede vrede gemaak met die
idee nie.
Wat ek wel vir jou wil stel, is dat jy steeds lekker lieg, want in die
jare wat jy op universiteit was, dit moes ongeveer in die vyftigerjare
gewees het, en toe het die mense sommer openlik erken dat hulle moffies is?
Hulle sê jy word swart as jy lieg....uh,mmmm!
"@rogers.com" wrote in message
news:W7-dnZ2dnZ0QxbGJnZ2dnV5PnN6dnZ2dRVn-yJ2dnZ0@rogers.com. ..
>
> "Suidwester" skryf
>
> In my
>> studiejare was mans wat moffies is so saggies uitgewerk uit koshuise en
>> rugbyspanne uit. In my dienspligjare is ouens gemoer oor moffie-wees
>
>>> "Suidwester" skryf in 'n vorige stuk
>>>> Maar jy lieg ook darem lekker net wanneer dit jou pas. In die
> jare
>>> toe > >> jy in SA gebly het, was gay-wees nog amper nie eers bekend
>>> nie.
>
> So hoekom praat jy so uit twee kante van jou mond
> uit. Lees weer die bostaande twee stukke wat jy
> geskryf het, en sien dan dat jy twee teenstrydige
> dinge sê. Kan jy sien hoekom mense jou op hulle
> killfile sit? Jy praat sommer, soos my ma altyd
> gesê het, soos 'n Boesman wat pyp rook.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105101 is 'n antwoord op boodskap #105082] |
Tue, 16 August 2005 14:16   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Aug 2005 07:32:29 +0100, "Suidwester" wrote:
> Nee, ginetiese foute. Gaan vra vir enige boer en hy sal jou kan vertel van
> hoe jy swak en goeie eienskappe in diere kan inteel. Weet jy wat reken die
> hondemense wat regtig weet wat hulle doen? Dat seker 60% plus van alle
> klein hondjies wat gebore word in die wêreld moet vernietig word. Vat 'n
> voorbeeld. Mense hmm en haaa oor alles wat klein brakkie is [ek self!],
> maar as jy bv 'n opregte reun en teef het en hulle maak kleintjies, dan
> behoort jy die kleintjies te selekteer en die met ginetiese foute uit te
> sit. Soos wat? Meeste van die groot rasse het heupprobleme. Kyk enige
> hond wat van jou af wegdraf. As hy stap met sy gat, maw die een poot voor
> die ander sit, dan is sy heupe reguit. As hy sy gat so swaai-loop, dan het
> hy 'n heupdefek. Gewone mense koop hierdie tipe van hondjies heel onbewus
> van die probleem en op die ou end maak hierdie hond ook weer kleintjies en
> sy ginetiese fout dra voort.
> So glo ek is dit met die mens ook. Niemand sal vir my vertel dis
> normaal dat een soort geslag lief is vir sy eie geslag nie. Dis buite die
> norm. Abnormaal. 'n Afwyking van die norme af. Hiermee ontken ek nie
> dat dit wel bestaan nie of sê ook nie dat dit nie 'n bestaansreg het nie!
> Ek gee nie om dat iemand gay is nie, solank hy net buite my spasie gay is.
> Ek sal met liefde buite sy spasie straight wees.....so wat is die probleem?
1. So jy sê God het niks met genetika te doen nie?
2. Se^ jy ok dis abnormaal om wit te wees aangesien die meeste mense
in die wereld nie wit is nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105107 is 'n antwoord op boodskap #105101] |
Tue, 16 August 2005 14:34   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:n7t3g1linl02bgmsmba2n2s9s7s5uul9nj@4ax.com...
> On Tue, 16 Aug 2005 07:32:29 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> 1. So jy sê God het niks met genetika te doen nie?
-----As jy glo in die skepping, dan het ginetika en foute daarin alles
daarmee te doen. Die skepping is nie foutloos nie!
> 2. Se^ jy ok dis abnormaal om wit te wees aangesien die meeste mense
> in die wereld nie wit is nie?
-----Hang seker af vanwaar jy dit kyk? Die kleur van 'n vel is nie vir my
'n abnormaliteit as jy dit so ligtelik bekyk nie. As ek 'n swart man was
en ek het met my swart vrou getrou en ek kry jy wit kind, sal ek dink dis
abnormaal. Soos 'n albino ook is! 'n Man wat na 'n ander man smag, is
ook abnormaal....maar dis seker maar my opinie, hm? As ek die fisiese
komponenete van man en vrou so sit en bekyk dan is dit vir my normaal hoe
hulle NATUURLIK in mekaar pas. Maar jy reken dis vir jou normaal dat
iemand probeer om 'n M12 metric draad in 'n M12 metric fine probeer
inskroef? Forseer jy dit, dan kan dit werk, maar as jy 'n brug probeer
bou, wees verseker dat dit nie die regte krag gaan hê nie.....
>
|
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105112 is 'n antwoord op boodskap #105091] |
Tue, 16 August 2005 19:13   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Aug 2005 05:35:44 -0400, "@rogers.com" wrote:
> Die vereistes vir jou hemel veroorsaak
> dat dit êrens anders moet wees. En dit is
> net daar waar ek dink mense soos jy die
> Nuwe Testament mislees. Die hemel, net
> soos die Buddhis se nirvana, is 'n toestand,
> nie 'n soort plek daar doer nie.
>
> Gloudina
>
Die Planneet Hemel
2 Kor 12
Geskep deur God
Gen 1:1 2:1 Ps 8:3
Geskep voor die aarde
Gen 1:1 @:1 Job 38:4-7
In die tydlose verlede gemaak
Gen 1:1 Pr 8:22-31
Gemaak om bewoon te word
Jes 45:18 Ps 8:3-8 Kol 1:15-18 Openb 4:11
Nou bewoon!!!
1 Kon 22:19; 2 Kon 21:3, 5; 23:4-5; 2 Kron 18:18;
Neh 9:6; Mat 22:30; Eph #:15; Kol 1:15-18; Openb 5:13;
10:6; 12:2; 13:6; 19:1
'n Beter Plek
Heb 11:10-16
Hoogste Planeet
Eph 1:21; 3:10; Heb 7:26
'n Paradys
2 Kor 12:1-4; Openb 2:7;
God se Woonplek
Dt 26:15; 1 Kon 8:30, 39, 43, 49
Ligging
In die Noordelike deel van die Heelal
in verhouding met die Aarde
Jes 14:12-14; Ps 75:6-7;
Bo
1 Kon 8:23;
In die hoogste plek van die skepping
Job 22:12; Luk 2:14; Eph 1:21; 4:10
vorm Rond
Job 22:14; Ps 19:6;
Soos die aarde
Jes 40:22; Eccl. 1:6
|
|
|
|
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105114 is 'n antwoord op boodskap #105094] |
Tue, 16 August 2005 19:22   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Aug 2005 12:35:59 +0200, "Basjan" wrote:
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:c5KdnWFbU65OtJzeRVn-2Q@rogers.com...
>> "DD" skryf
>>> interessant. Die God wat ek aanbid, het 'n Seun met die naam Jesus.
>>> So, ek aanvaar die wat hulle aanbid ook?
>> Ja, ek dink so. In die Koran dink ek staan die
>> geskiedenis van Jesus van Nazareth ook
>> opgeteken.
>
> Nee, jy dink verkeerd.
>
> Gaan vind gerus uit en jy sal bevestig wat die meeste hier weet: Jesus is
> vir die moslem 'n profeet. Nie soos vir die Christen die kind van God en
> deel van God self nie.
>
> Basjan
>
ek het heelwat met Moslems oor hul geloof gesels
en toe ek vir Ali, 'n baie bekende sakeman in Potchefstroom vra
hoe hulle Jesus sien, het hy gesê "as profeet'.
Toe ek sê, "met dieselfde status as Moses byvoorbeeld?"
het hy gesê dat ek darem moet onthou dat Moses 'n
groot man was.
Vals is hul godsdiens dus beslis.
|
|
|
Bladsye (9): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 13:00:47 UTC 2025
|