|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hier is een wat al wat n Suidwester is sal geniet [boodskap #103943 is 'n antwoord op boodskap #103938] |
Sa., 18 Junie 2005 07:00  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Weet jy hoe word daardie mane gedoen op 'n film? Jy los die kamera op 'n
tripod met sy sluiter permanent oop, maar eers bedek jy die opening met 'n
stuk karton, of lensdop. Jou sluiteropening moet groot wees. Nou gaan
jy op gereelde tussenposes gedurende die aand en maak die dop vir 'n paar
sekondes oop. Soos wat die maan in die aand styg in die lug, maak hy
daardie boog deur die lug soos wat jy op die foto sien. Ek kan dink dat
die ou dalk tog die kokerboom op die foto gehad het en op die laaste
'exposure' dalk die boom met 'n spotlight verlig het? Ek het myself
oortuig, die ou kon dit wel op film gedoen het, maar hy het nie, want hy het
dit digitaal gedoen. Daai Canon is egter in staat om sy sluiter so vas te
hou en die beginsel werk dieselfde. Hy het egter die kleure op die boom
ge-'modify' op die PC. Daardie tipe van kleure kan jy net met sonsopkoms
of sonsondergang kry.
"Julius Bergh" skryf in boodskap news:3sf6b1lg4uhbadbdrbpnah7ggb10urpsns@4ax.com...
> On Fri, 17 Jun 2005 15:07:45 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Is dit 'n enkele foto, of 'n kombinasie van voor en agtergrond, wonder ek?
>
> Ek raai dit is n enkele foto sonder n maan en die fotograaf het daarna n
> "maan" herhaaldelik ingeplak met sy rekenaar.
>
>
>
>> "Julius Bergh" wrote in message
>> news:ibh5b190bioin3qfsocpmbt16nubehu3k4@4ax.com...
>
>>> Kokerboom:
>
>
>>> http://www.photo.net/photodb/photo?photo_id=3455373&size =lg
>
|
|
|
|