Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme en piesangs
| Rassisme en piesangs [boodskap #101734] |
So., 06 Maart 2005 12:16  |
Schorsch
Boodskappe: 96 Geregistreer: Februarie 2004
|
Volle Lid |
|
|
http://www.praag.org/rubriek149.htm
Rassisme en piesangs
___________________________________________________________
Dan Roodt
Die afgelope weke kook en borrel dit in Suid-Afrika rondom die begrip
"rassisme". Die ergste belediging wat mens enigiemand deesdae kan
toevoeg is om hom of haar 'n rassis te noem.
Ekself is onlangs hieraan blootgestel, maar so ook die liberale
regters Traverso en King van die Kaapse regbank. Die herrie rondom
rassisme op die regbank tier nog steeds en dit wil voorkom asof die
Kaapse hoofregter, John Hlophe, elke blanke regter of advokaat van
rassisme verdink. Selfs die praat van Afrikaans in sy teenwoordigheid
word blykbaar as rassisme geïnterpreteer.
Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die
Amerikaners oorgeneem het. In die verlede het verdelingslyne in
Suid-Afrika langs etniese en taalgrense gestrek - hoewel ons vanuit
die buiteland egter volgens die Amerikaanse rassemodel gesien is.
Sedert die ANC-oorname word mense in Suid-Afrika egter streng in
rassekategorieë ingedeel, presies soos dit in die VSA gedoen word.
Daarom is dit gepas dat ons in Amerika moet gaan soek vir 'n definisie
van rassisme. Een van die onlangse omskrywings van rassisme wat ek op
die internet teëgekom het, is: "om 'n piesang te eet". Ja, u het reg
gelees, die eet van 'n piesang kan onder sekere omstandighede as
"rassisties" ervaar word.
So 'n geval het onlangs in die VSA voorgekom toe 'n optog in die stad
Columbus op 15 Januarie 2005, Martin Luther King-dag, gehou is. 'n
Onbekende swart vrou het agterna 'n klag van rassisme teen 'n
polisieman by die burgemeester, mnr. Bob Poydasheff, aanhangig gemaak.
Wat het die polisieman gedoen? Het hy een van die swart optoggangers
een of ander rassistiese skelwoord toegevoeg? Het hy gewelddadig
teenoor iemand opgetree? Nee, al wat die arme man gedoen het, was om
'n piesang te eet.
Die ergste van alles is dat die burgemeester dié "klag", as mens dit
so kan noem, ernstig opgeneem het. Trouens, hy het agterna die vrou om
verskoning gevra dat 'n polisieman in sy stad 'n piesang op Martin
Luther King-dag naby 'n optog geëet het. In sy woorde:
"Soos ek aan u tydens ons telefoongesprek genoem het, spyt dit my dat
u Columbus-polisiemanne teëgekom het wat besig was om op straat
piesangs te eet toe u in Columbus vir die betoging aangekom het. Ek
verseker u dat daar geen bedoeling was om aanstoot te gee nie. Die
konstabels het voeding nodig gehad ná hulle vele lang ure op straat
gestaan het en veral die potassium wat in piesangs en ander vrugte te
vinde is."
Die burgemeester gaan voort deur te sê: "Daar was geen gedagte om
enigiemand te beledig of aanstoot te gee nie en miskien was dit
onnadenkend aan ons kant. Laat my in elk geval opreg om verskoning vra
vir enigiets wat ons polisiemanne kon gedoen het wat aan u of
enigiemand anders aanstoot gegee het."
Nou voel ek skielik skuldig. Ek moet bely dat ek so pas 'n piesang
genuttig het. Trouens, dit maak deel uit van my daaglikse ontbyt,
waarskynlik omdat ek insgelyks 'n behoefte aan potassium en ander
voedingstowwe voel. Sou Max du Preez dit as 'n teken van my rassisme
en verbintenis tot "blanke suprematisme" kon interpreteer? Moet die
onskuldige piesang as 'n rassistiese simbool gesien word omdat dit
beelde van sjimpansees wat iewers in die oerwoud dolgelukkig dié
vrugte afskil en verorber, oproep? Beelde wat dan onwillekeurig met
swartes geassosieer sal word, of liewer, wat swartes en sommige linkse
wittes in hul hipersensitiwiteit vir rassistiese simboliek of
toespelings geredelik op hulself van toepassing sal maak?
Enkele jare gelede was daar 'n geval van 'n blanke vrou wat 'n swart
kollega se fout met die onskuldige Afrikaanse uitroep "hoe kan jy nou
so 'n bobbejaan wees?" begroet het, en ook sy het haar 'n aanklag van
"rassisme" op die hals gehaal.
Oor die begrip "ras" kan daar heelwat gesê word (sien my vorige
rubriek Bloed, ras en genetika hieroor). Maar "rassisme" raak
toenemend 'n baie vae en al hoe meer belaglike begrip.
Dink gerus twee keer daaroor as u weer lus kry om 'n piesang te eet.
En maak tog seker dat daar geen swart persoon, of iemand soos Max du
Preez, in die omgewing is as u die geel vruggie begin afskil nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101758 is 'n antwoord op boodskap #101757] |
Ma., 07 Maart 2005 06:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Miskien moet julle die ongelukkiges vra met watter dier hulle vergelyk wil
word as jy hulle wil komplimenteer oor hul intelligensie en
aantreklikheid:)))
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:Uf2dnZsUs8mHbrbfRVn-vw@is.co.za...
> In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te
> noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan
> verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons
> Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en
> sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te
> verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op
> aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die
> voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan.
> "G. Bartels" wrote in message
> news:c5ada23c.0503060416.740dfdef@posting.google.com...
>> http://www.praag.org/rubriek149.htm
>>
>> Rassisme en piesangs
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101771 is 'n antwoord op boodskap #101749] |
Ma., 07 Maart 2005 17:06   |
PietHein
Boodskappe: 64 Geregistreer: Oktober 2003
|
Volle Lid |
|
|
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal
"Willem-Jan Markerink" schreef in bericht
:
> PietHein wrote in
> news:qkwxjk33v96iz9itd9rudd2kbknk89okf@hein:
>
>> "Booner" schreef in bericht
>> :
>>> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
>>> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
>>> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
>>> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
>>> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
>>> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
>>> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...
>> Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
>> 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
>> Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
>
> Benzine is om mee te poetsen.
Dat is waar, jy gaat op lampenolie.
--
PietHein
Vopo Hermann:
"Hoeveel heb jij er eigenlijk bij de vlucht neergelegd?"
Heinrich:
"Ach Mensch, drei oder vier - warum fragst du?"
http://www.ifdt.de/0101/_images/Bauer010106.jpg
http://de.wikipedia.org/wiki/Bild:Nva-ehrenwache.jpg
http://www.cascoscoleccion.com/alemania/al56.htm
http://home.snafu.de/veith/iris.htm
|
|
|
|
| Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101772 is 'n antwoord op boodskap #101749] |
Ma., 07 Maart 2005 17:08  |
PietHein
Boodskappe: 64 Geregistreer: Oktober 2003
|
Volle Lid |
|
|
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal
"Willem-Jan Markerink" schreef in bericht
:
> PietHein wrote in
> news:qkwxjk33v96iz9itd9rudd2kbknk89okf@hein:
>
>> "Booner" schreef in bericht
>> :
>>> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
>>> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
>>> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
>>> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
>>> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
>>> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
>>> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...
>> Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
>> 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
>> Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
>
> Benzine is om mee te poetsen.
Dat is waar, jy gaat op lampenolie.
--
PietHein
Vopo Hermann:
"Hoeveel heb jij er eigenlijk bij de vlucht neergelegd?"
Heinrich:
"Ach Mensch, drei oder vier - warum fragst du?"
http://www.ifdt.de/0101/_images/Bauer010106.jpg
http://de.wikipedia.org/wiki/Bild:Nva-ehrenwache.jpg
http://www.cascoscoleccion.com/alemania/al56.htm
http://home.snafu.de/veith/iris.htm
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 19:09:40 UTC 2026
|