| Jan Pohl Komponis [boodskap #100555] |
Vr., 03 Desember 2004 11:22  |
CG[1]
Boodskappe: 1 Geregistreer: Desember 2004
|
Junior Lid |
|
|
Onder andere het Jan Pohl geskryf....
DIE MANNETJIE
Woorde: JAN POHL
Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.
Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?
Colin
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #100574 is 'n antwoord op boodskap #100571] |
Sa., 04 Desember 2004 16:05   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"cgg" skryf
> Wat is die titel van die NP van Wyk Louw biografie en die skrywer, Gloudina? Ek
> sal dit graag wil lees. Daar hoort een te wees in ons biblioteek.
>
> Die rede vir my belanstelling is omdat Jan Pohl se kleinseun en ons dogter se
> verloofde - ook 'n Jan Pohl - graag opnames van Oupa Jan se liedere vir
> Kersfees kry.
Die titel van die NP biografie is " Van Wyk Louw - 'n Lewensverhaal"
deur J.C. Steyn. Uitgegee deur Tafelberg in 1998. ISBN 624 03736 3
Dit is twee vet boekdele.
Daar is baie verwysings in die boeke na Pohls. Ek sal later deur die
verwysings
in die twee boekdele gaan. Vireers wil ek dié interessante brokkie gee oor
die vader
van Jan Pohl. Dus die oupagrootjie van jou dogter se verloofde?
"Die vader van die Pohl-kinders was P.H.C. Pohl van Graaff-Reinet ( hoewel
Peter gedoop , is hy Pieter genoem) wat deur Ludwig Binge 'n "Langenhoven
onder die vroeë Afrikaanse toneelspelers" genoem word. Pohl het Transvaalse
burgerskap verwerf omdat hy in 1895-1896 met die Jameson-inval die wapens
teen die vyande van Transvaal opgeneem het. In Pretoria het hy bevriend
geraak
met Jopie Fourie, wat in die 1914-Rebellie tereggestel is. Pohl het sy
toneel-
loopbaan in die Anglo-Boereoorlog begin in die krygsgevangenekamp in
Trisjinopolie in Suid-Indië met voordragte en die opvoerings van
samesprakies.
Hy het selfs enkele in Afrikaans geskryf. Ná die oorlog het hy op
Graaff-Reinet,
waar hy en sy broer Johnny bekende wolhandelaars was, verskeie stukke
opgevoer. Hy het waardevolle lesse geleer aan sy kinders, wat 'n groot
invloed
op die Afrikaanse toneellewe uitgeoefen het. Pieter Pohl se eerste vrou,
Evelyn
Maude Luyt, is op 24 Oktober 1918 by die geboorte van 'n kind oorlede en in
Desember is hy weer getroud met Johanna Elizabeth le Roux....."
Sover ek kan uitmaak, is hierdie seun wat in 1918 gebore is, Jan Pohl. Hy
is saam met Anna Neethling-Pohl na Kaapstad, waar hulle bure was van NP
van Wyk Louw en Joan, NP se eerste vrou.
Ek skryf later verder.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Jan Pohl Komponis [boodskap #120330 is 'n antwoord op boodskap #100556] |
Wo., 01 Maart 2017 20:41  |
jomari...
Boodskappe: 1 Geregistreer: Maart 2017
|
Junior Lid |
|
|
Goeiedag
My naam is Jomari Geyser, dogter van Cornelia Pohl Botha.
Dit is 'n wonderlike eer om met julle te deel dat ek Jan Pohl, my oupa kon noem!
Hiermee wil ek graag met julle die volgende deel;
Ons familie is besig om al oupa se musiek, drama en skryfstukke bymekaar te sit en ons (insluitend Jan Pohl se weduwee, Johanna Pohl) is beskikbaar vir enige navrae.
Kontak ons gerus by: janlu...@gmail.com
Volg ons op Facebook: https://www.facebook.com/Jan-Pohl-1240376389403932/?view_pub lic_for=1240376389403932
Baie dankie vir julle respek en navrae
Beste wense
Jomari Geyser
|
|
|
|