| " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #92984] |
Di., 18 Mei 2004 20:27  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
Petra Muller
die riete se naam is elegies
die riete se naam is "elegies"
elegies elegies - die wind en die riete -
deur eeue - die wind as dit vee
deur die riete - die riete wat meegee -
elegies!
elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
sal die riethuis van nuuts af kom staan maak
en julle sal wag tot die winter gekom het,
en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;
moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
moet niks meer vertel nie : die veld
onvertaalbaar, bly altyd
die veld.
|
|
|
|
| Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #92994 is 'n antwoord op boodskap #92984] |
Wo., 19 Mei 2004 08:30   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Ja, jy en jou vakgenote sien seker die nut van onderstaande in. Ek nie.
Klomp kak as jy my vra.
Hoekom het jy die moeite gedoen om dit oor te tik?
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:skuqc.25946$xiS.19604@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
> Petra Muller
>
> die riete se naam is elegies
> die riete se naam is "elegies"
>
> elegies elegies - die wind en die riete -
> deur eeue - die wind as dit vee
> deur die riete - die riete wat meegee -
> elegies!
>
> elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
> Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
> sal die riethuis van nuuts af kom staan maak
>
> en julle sal wag tot die winter gekom het,
> en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
> verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;
>
> moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
> die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
> moet niks meer vertel nie : die veld
> onvertaalbaar, bly altyd
> die veld.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Rietsang " deur PETRA MULLER [boodskap #93132 is 'n antwoord op boodskap #93125] |
Vr., 21 Mei 2004 20:36  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf
> Die spaansriet is spesiaal daarvoor ingevoer en het toe stelselmatig in
> al die strome in versprei. Die eerste pioniers het hoofsaaklik biesies
> en iets soos tamboekiegras gebruik - maar dit hou nie so lank soos
> spaansriet nie.
Ag ja, ek het vergeet van die biesies.
Gloudina
|
|
|
|