Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN
" Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #93134] Vr, 21 Mei 2004 23:44 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kieselguhr-kleim
George Weideman

Troppe jare terug, in die stil oertyd,
het die see tot teen Rooilepel gespeel
Vandag haal ek my kieselguhr uit
waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Die swaarkry van die jare wat ons maar van lees
maak plooie aan die kante van my kleim
Maar dié stuk geskiedenis is lankal gewees
en ek het net oë vir die môres uit my myn

Vér oor die duine ry die trokke vragte
weg na Modderfontein en Somerset-Wes
Of bly daar soms van die kieselguhr agter,
sodat ek dit self kan sif en meng?

Miskien - dan brou ek snags onbewus
aan my droom se eie dinamiet;
begin om al singende stukke geskiedenis
uit gister se groeityd los te skiet.
Re: " Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #93135 is 'n antwoord op boodskap #93134] Vr, 21 Mei 2004 23:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Kieselguhr-kleim
> George Weideman
>
> Troppe jare terug, in die stil oertyd,
> het die see tot teen Rooilepel gespeel
> Vandag haal ek my kieselguhr uit
> waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Kieselguhr ( of kieselgoer) is 'n kryt- of klei-
agtige grondstof wat by Rooilepel in die
noordelike Richtersveld aan die Oranje-rivier
gevind word. Dit bestaan uit kiesel- of silika-
houdende skulpies van kieselwiere - klein
eensellige waterplantjies wat in die oertyd in
die see geleef het wat dele van die Noord-
kaap bedek het.
Vanaf Rooilepel is die kieselguhr na
plofstoffabrieke by Modderfontein en
Somerset-Wes vervoer vir gebruik in die
dinamietmaakproses. (Kieselguhr het nog
'n hele klomp ander gebruike.)
Vorige onderwerp: Gloudina en haar gedigte
Volgende onderwerp: " Sachsen-gruss" deur A.G. VISSER ( 'n Villanelle)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:02:59 MGT 2024