Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wil dit weet...
| Ek wil dit weet... [boodskap #86671] |
Ma., 03 November 2003 15:34  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil dit weet van my Afrikaanse vriende:
ons is hier in Vlaandere in die tyd van Allerheilige en Allersiele
(1-2 November). Dan gaan ons almal tesaam kerkhof toe om die grafte en
gedenkstukke van ons oorlede familielede te suiwer en om daarop
'n blommetjie te lê net asof hulle vir 'n enkel dag in die jaar nog
steeds as lewende mense onder ons is en hulle besoek kry...
Dis vanselfsprekend 'n katolieke gewoonte en ek weet dat die
Afrikaners meest Kalvinieste is. My vraag is daarom: het Kalvinieste
ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
Ek wil 'n antwoord van Annette, Gloudina, Katryn, Jonas, Koot, DD,
Sandvlooi en al die ander mense wat 'n vaste waarde op hierdie
nuusgroep het.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
Sien hier waar ek en my ma die graf van my oupa suiwer maak:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/cleaning_the_graves tone.jpg
en die blomversiering op die gedenksteen van die gekremeerdes op die
begraafplaas van my munisipaliteit:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/colombarium.jpg
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86672 is 'n antwoord op boodskap #86671] |
Ma., 03 November 2003 16:19   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sterrenkijker wrote:
> My vraag is daarom: het Kalvinieste
> ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
> of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
> om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
Gladnie, Norbert.
Dit is een van die groot teologiese verskille tussen die Kalvinistiese
Protestante en Katolieke en het o.a te doene met die teologie van
predestinasie en uitverkiesingsleer.
Protestante herdenk nie die dooies nie, en glo dat die dooie se siel
onmiddellik na afsterwe alreeds geoordeel is - hemel of hel.
Ek weet nie hoe akuraat die volgende skakel is nie, maar ek dink jy
sal dit tog interessant vind:
http://www.auburn.edu/~kerrlin/Samhain.html
"The Middle Ages
The Celtic festival of Samhain continued in one form or another
through the Dark Ages, although the original meanings were probably
lost, and vague superstitions put in their place. Folk still believed,
however, that the dead walked abroad, and were allowed to visit their
former homes during these 48 hours.
In 834 A.D., the Church took note of this, and moved their Feast of
All Saints from May 13 to November 1. (Linton, 6; Douglas, 576) This
was a feast in honor of all the saints, known or unknown. All Saints'
Day became known as All Hallows Day, and October 31 as All Hallows
Eve. (All Saint's Day is one of the highest ranking feasts, along with
Easter, in the Roman Catholic church; its observance displaces all
others. The feast was retained by the Protestants after the
Reformation, and it is observed by the Anglican church; Douglas, 576)
"Hallow" means "to make sacred or holy." (American Heritage Desk
Dictionary, 444) Christianity had sanctified the pagan season.
In 988 A.D., the Church set All Souls' Day on November 2, rounding out
the 48-hour Vigil of Samhain. All Souls' Day is a festival set apart
for those who have died in the faith, although they have not suffered
martyrdom or achieved sainthood. (Linton, 13) Part of this festival
was the return of the spirits of the dead to visit their former homes,
and naturally, everything possible was done to make them welcome.
(Schauffler, 10)
The family spent the day in prayer and at church-services. After
supper was cleared away that night, food and drink were set out on the
table, and the fire was banked. The family then went to bed, and the
souls of the ancestors came at midnight to eat and warm themselves by
the fire. "In southern Italy in the 14th century, every family
prepared a special feast for its dead members on All Soul's Day. In
Salerno especially this custom reached elaborate heights. There a
table was set and laid with a bountiful meal. Then all the members of
the household went to the church and stayed there the entire day,
leaving the house open for the ghosts. It was a very bad omen if any
of the food remained uneaten when the family returned, for this meant
that the ghosts were expressing disapproval...As a matter of fact,
there was seldom any food left when the family returned; the practice
was known to all the surrounding villages and on the morning of All
Souls' Day thieves and beggars from near and far gathered on the
outskirts of the town. When all the good people were in church, they
swarmed into the town and enjoyed a fine feast. The church banned this
custom in the 15th century, proclaiming that it smacked of paganism.
No doubt the housewives of Salerno were relieved at no longer having
to cook dinners for all the thieves in the countryside." (Linton, 18.
Also see Linton, 19-21, for other cultures.)
The theme of the dead assembling and returning to their homes is
common to other cultures as well; the Latvians believed that during
the October Feast of the Dead, the departed spirits returned on
horseback to visit their families. "As late as the 17th century,
Latvians would lay the skin and guts of a horse on a grave, to help
the return of the dead." (Simpson, 39)
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86673 is 'n antwoord op boodskap #86671] |
Ma., 03 November 2003 17:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hier in die stad is daar nie so 'n gebruik nie, maar ek weet dat op
Velddrift is daar een maal per jaar DodeSondag. Die begraafplaas word mooi
skoon gemaak en gehark, en na die oggend-diens gaan almal na die
begraafplaas en gaan sit blomme op famililede en vriende se grafte.
Ek kan nie die presiese datum onthou nie, maar ek dink dit is in
Oktober/November - want dit is gewoonlik baie warm en baie winderig op
daardie dag.
--
Annette
> Ek wil dit weet van my Afrikaanse vriende:
> ons is hier in Vlaandere in die tyd van Allerheilige en Allersiele
> (1-2 November). Dan gaan ons almal tesaam kerkhof toe om die grafte en
> gedenkstukke van ons oorlede familielede te suiwer en om daarop
> 'n blommetjie te lê net asof hulle vir 'n enkel dag in die jaar nog
> steeds as lewende mense onder ons is en hulle besoek kry...
> Dis vanselfsprekend 'n katolieke gewoonte en ek weet dat die
> Afrikaners meest Kalvinieste is. My vraag is daarom: het Kalvinieste
> ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
> of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
> om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
> Ek wil 'n antwoord van Annette, Gloudina, Katryn, Jonas, Koot, DD,
> Sandvlooi en al die ander mense wat 'n vaste waarde op hierdie
> nuusgroep het.
>
> Groete van
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Sien hier waar ek en my ma die graf van my oupa suiwer maak:
> http://users.skynet.be/norbert_van_damme/cleaning_the_graves tone.jpg
> en die blomversiering op die gedenksteen van die gekremeerdes op die
> begraafplaas van my munisipaliteit:
> http://users.skynet.be/norbert_van_damme/colombarium.jpg
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86674 is 'n antwoord op boodskap #86672] |
Ma., 03 November 2003 17:29   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 03 Nov 2003 11:19:06 -0500, Katryn wrote:
> Sterrenkijker wrote:
>
>> My vraag is daarom: het Kalvinieste
>> ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
>> of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
>> om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
>
> Gladnie, Norbert.
> Dit is een van die groot teologiese verskille tussen die Kalvinistiese
> Protestante en Katolieke en het o.a te doene met die teologie van
> predestinasie en uitverkiesingsleer.
> Protestante herdenk nie die dooies nie, en glo dat die dooie se siel
> onmiddellik na afsterwe alreeds geoordeel is - hemel of hel.
>
Dankie, Danielle, ek het al vermoed jy sou so 'n antwoord gee..
Ek weet nie, of nou die dooie sy siel onmiddellik na afsterwe
geoordeel is of nie en dit maak vir my ook die saak nie. Want watter
een ek ook geken het: hy of sy het altyd 'n deel van my lewe gewees en
ek vind dis dit werd om ook daardie mense, al is dit slegs vir 'n
enkel dag in die jaar vir hulle die reg te gun om 'n deel van onse
herinneringe te word. Dit het met bygeloof of heidense gebruike niks
te maak nie. Ek het vanmôre op die kerkhof 'n mens gesien wat geween
het en elk ander een wat daar aanwesig was het dit ook gesien. As 'n
mens sy treurigheid gedeel word deur andere mense dan word sy
treurigheid ligter om te dra. Ek kan nie glo protestante ween nooit om
hulle dooi mense nie. As dit so is dan is die protestantse godsdiens
'n onmenslike godsdiens.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86679 is 'n antwoord op boodskap #86677] |
Ma., 03 November 2003 18:59   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 03 Nov 2003 13:04:52 -0500, Katryn wrote:
> Sterrenkijker wrote:
>
>> Dankie, Danielle, ek het al vermoed jy sou so 'n antwoord gee..
>
> Wel, ten minste is ek dan konsekwent? :-)
>
>> . Ek kan nie glo protestante ween nooit om
>> hulle dooi mense nie. As dit so is dan is die protestantse godsdiens
>> 'n onmenslike godsdiens.
>
> Dis eintlik baie meer gekompliseerd as wat dit op die oog af lyk.
> Is enige vorm van godsdiens nie maar "onmenslik" nie?
> ;-)
Ek glo jy is rêrig konsekwent met jou wetenskaplike fondamente,
Danielle, maar 'n mens voel dat die wetenskap ook nie op alles 'n
antwoord kan gee. Op dae soos Allersiele of DodeSondag voel 'n mens
dat daar nog steeds teregte vrae oorbly soos "Wie is ons?" en "Waar
gaan ons soontoe?" Daar is slegs die dooies wat daarop 'n antwoord sou
kan gee maar hulle doen dit nie. 'n Godsdiens probeer om dit te doen
en waarskynlik is dit êrens wel nodig ook. Dis bekend dat in die
Middeleeue die dood 'n swaarwigtig element van 'n mens sy lewe was,
ook reeds omdat die mediese wetenskap en higiëne toe nie so baie
skitterend was nie. Waarskynlik het net daarom die Katolieke Kerk so'n
diep indringende invloed gehad op die mense van daardie tyd terwyl
hulle ook nie die antwoord op daardie teregte vrae kon gee. Dit was
waarskynlik ook die rede waarom die protestantse godsdiens 'n poging
onderneem het om 'n ander antwoord te formuleer. Ek weet vandag egter
nog steeds nie watter een, 'n Katoliek of 'n Protestant, gelukkiger is
met die antwoord dat sy geloof vir hom gee oor die vraag waar 'n mens
soontoe gaan. In daardie opsig is ieder vorm van godsdiens wellig
onmenselik maar as ons godsdiens sien as 'n poging om menselik te wees
dan sal ek nooit sommer sê dat godsdiens onmenselik is nie. Partykeer
het ek rêrig die indruk dat ook die protestantse godsdienste buite die
Katolieke godsdiens sy menselike kante het.
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86683 is 'n antwoord op boodskap #86682] |
Di., 04 November 2003 02:49   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sover ek weet het Halloween nie juis iets te doen
met geeste verering hier in Amerika nie, behalwe vir n paar mense wat
witchcraft beoefen. Dis meesal n kinder ding, waar die aantrek van kostuums
die groot aantrekking is. Ek kom nou net terug van New Orleans, en oor
Halloween trek die grootmense ook kostuums aan, en dit was regtig iets om
te aanskou. Alles onder die son, en hoe later hoe kwater ;-)
Maar daar was ook n groot tedoen in een van die geskiedkundige begrafplase
Saterdag. Ons het verskeie mense gesien wat grafte skoongemaak en verfraai
het, en ek weet nie hoe ver terug van die voorsate was nie, maar een graf se
geboort was 1786! Ek skat die grafskoonmakers was Katolieke. Ek dink dit
is OK om die dooies te vereer en te onthou, maar ek dink ook dis n
persoonlike seremonie, want mense word anders onthou deur verskillende
mense, en enige ritueel of seremonie of onthouing is OK.
Ekself hou daarvan om kersies aan te steek vir iemand, maak nie saak of die
persoon dood of lewend is nie, dis net iets wat ek doen. Ek het verskeie
kersies aangesteek in die geskiedkundige ou St. Paul's katedraal in Decatur
Straat.
"@rogers.com" wrote in message
news:OkEpb.130407$7B1.70029@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Sterrenkijker > >
>
> Ek kan nie glo protestante ween nooit om
>> hulle dooi mense nie. As dit so is dan is die protestantse godsdiens
>> 'n onmenslike godsdiens
>
> Ek dink nie jy kan Protestante beskuldig dat hulle 'n
> "onmenslike godsdiens" het, net omdat hulle nie Halloween
> vier nie. Halloween het wel te doen met 'n kulturele
> gewoonte van geeste-verering in Europa wat heel-
> waarskynlik paganistiese oorspronge het, en deur die
> Katolieke kerk omtrent aangeneem en gekersten
> is.
> En wat van "ancestor worship" in Afrika. Mens
> kry so baie Christene wat voorvader-verering in
> Afrika sal veroordeel, maar nie Halloween in Europa
> nie.
> Halloween was in my kinderdae net nooit in SA
> gevier nie. Dit is dus 'n kulturele skok om in Noord-
> Amerika te ondervind hoe daar so 'n groot bohaai
> daarvan gemaak word. Nie dat die mense werklik
> die kerklike sy van die saak aktiveer nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86685 is 'n antwoord op boodskap #86676] |
Di., 04 November 2003 05:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vir my het dit niks met protestants te doen of wat ookal nie, maar met
tradisie of persoonlike voorkeur.
Ek self dink grafte is tydmors en plekmors.
--
Annette
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:6m5dqvsihin4cc8lusd7ggj75a99q4j4h4@4ax.com...
> On Mon, 3 Nov 2003 19:13:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Hier in die stad is daar nie so 'n gebruik nie, maar ek weet dat op
>> Velddrift is daar een maal per jaar DodeSondag. Die begraafplaas word mooi
>> skoon gemaak en gehark, en na die oggend-diens gaan almal na die
>> begraafplaas en gaan sit blomme op famililede en vriende se grafte.
>> Ek kan nie die presiese datum onthou nie, maar ek dink dit is in
>> Oktober/November - want dit is gewoonlik baie warm en baie winderig op
>> daardie dag.
>
> Dankie, Annette. Ek vind dit baie mooi.
> Dan is die protestantse mense heeltemal nie so onmenselik nie soos ek
> dit steeds gedink het. Want 'n mens is maar so menselik vir andere
> mense as hy menselik is vir sy eie.
>
> Groete van
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86689 is 'n antwoord op boodskap #86685] |
Di., 04 November 2003 06:26   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem met my brein saam, maar my hart wil nog steeds 'n stukkie sentiment
plaas by 'n paar spesiale familiegrafte in Standerton.
Ek onthou ook 'n FAK-liedjie wat my pa my geleer het:
Nog tril ons hart van duldelose smarte
nog groei geen grassie op die heil'ge plek
waar grond en klip die bleek gebeente dek
van wie die liefste was in onse harte.
As ek dan met my brein moes kies, sou ek die eerder iets soos die oustryders
se rooipapawer-veldtog ondersteun, waar hulle die afgestorwenes herdenk met
'n fondsinsameling - 'n lewende herinnering. En menslik!
Koot
"Annette" skryf in boodskap news:bo7djp$b84$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir my het dit niks met protestants te doen of wat ookal nie, maar met
> tradisie of persoonlike voorkeur.
> Ek self dink grafte is tydmors en plekmors.
> --
> Annette
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:6m5dqvsihin4cc8lusd7ggj75a99q4j4h4@4ax.com...
>> On Mon, 3 Nov 2003 19:13:15 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Hier in die stad is daar nie so 'n gebruik nie, maar ek weet dat op
>>> Velddrift is daar een maal per jaar DodeSondag. Die begraafplaas word
> mooi
>>> skoon gemaak en gehark, en na die oggend-diens gaan almal na die
>>> begraafplaas en gaan sit blomme op famililede en vriende se grafte.
>>> Ek kan nie die presiese datum onthou nie, maar ek dink dit is in
>>> Oktober/November - want dit is gewoonlik baie warm en baie winderig op
>>> daardie dag.
>>
>> Dankie, Annette. Ek vind dit baie mooi.
>> Dan is die protestantse mense heeltemal nie so onmenselik nie soos ek
>> dit steeds gedink het. Want 'n mens is maar so menselik vir andere
>> mense as hy menselik is vir sy eie.
>>
>> Groete van
>>
>> Norbert (uit Vlaandere)
>>
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86690 is 'n antwoord op boodskap #86689] |
Di., 04 November 2003 06:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In Engeland is Red Poppy Day 'n groot ding - optogte en perde de lot.
Hier word 'n klomp stoele netjies in rye in Die Tuine uitgesit om die ou
manne op te laat sit - en dit is juis wat my teen die bors stuit van die ou
spul - daar was baie vroue wat ook aan die oorlog deelgeneem het, en wat
veral in 'n ondersteunende hoedanigheid deelgeneem het, en hulle word
heeltemal uit die hele storie gehou.
Ek weet baie mense het sentimente om grafstene, en ek het respek daarvoor.
Dit is hul keuse om by 'n stuk klip te gaan staan en treurig voel.
Ek verkies om die dooie te onthou soos ek hom/haar geken het, en vir my is
dit net meer werklik om na foto's van hulle te kyk, of iets te koester wat
aan hulle behoort het.
--
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:bo7gpj$cre$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek stem met my brein saam, maar my hart wil nog steeds 'n stukkie sentiment
> plaas by 'n paar spesiale familiegrafte in Standerton.
>
> Ek onthou ook 'n FAK-liedjie wat my pa my geleer het:
>
> Nog tril ons hart van duldelose smarte
> nog groei geen grassie op die heil'ge plek
> waar grond en klip die bleek gebeente dek
> van wie die liefste was in onse harte.
>
>
> As ek dan met my brein moes kies, sou ek die eerder iets soos die oustryders
> se rooipapawer-veldtog ondersteun, waar hulle die afgestorwenes herdenk met
> 'n fondsinsameling - 'n lewende herinnering. En menslik!
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message
> news:bo7djp$b84$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vir my het dit niks met protestants te doen of wat ookal nie, maar met
>> tradisie of persoonlike voorkeur.
>> Ek self dink grafte is tydmors en plekmors.
>> --
>> Annette
>> "Sterrenkijker" wrote in message
>> news:6m5dqvsihin4cc8lusd7ggj75a99q4j4h4@4ax.com...
>>> On Mon, 3 Nov 2003 19:13:15 +0200, "Annette"
>>> wrote:
>>>
>>>> Hier in die stad is daar nie so 'n gebruik nie, maar ek weet dat op
>>>> Velddrift is daar een maal per jaar DodeSondag. Die begraafplaas word
>> mooi
>>>> skoon gemaak en gehark, en na die oggend-diens gaan almal na die
>>>> begraafplaas en gaan sit blomme op famililede en vriende se grafte.
>>>> Ek kan nie die presiese datum onthou nie, maar ek dink dit is in
>>>> Oktober/November - want dit is gewoonlik baie warm en baie winderig op
>>>> daardie dag.
>>>
>>> Dankie, Annette. Ek vind dit baie mooi.
>>> Dan is die protestantse mense heeltemal nie so onmenselik nie soos ek
>>> dit steeds gedink het. Want 'n mens is maar so menselik vir andere
>>> mense as hy menselik is vir sy eie.
>>>
>>> Groete van
>>>
>>> Norbert (uit Vlaandere)
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86693 is 'n antwoord op boodskap #86682] |
Di., 04 November 2003 07:28   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 02:40:46 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Ek dink nie jy kan Protestante beskuldig dat hulle 'n
> "onmenslike godsdiens" het, net omdat hulle nie Halloween
> vier nie. Halloween het wel te doen met 'n kulturele
> gewoonte van geeste-verering in Europa wat heel-
> waarskynlik paganistiese oorspronge het, en deur die
> Katolieke kerk omtrent aangeneem en gekersten
> is.
In heidense kulture, Gloudina, het geeste, soos daardie mense dit wil
glo, nog baie mag en invloed op die lewende mense. Ons sien dit soms
aan die aaklige voorstelling daarvan. In ons kultuur word dit nie meer
aangeneem nie.
Maar dit bly tog pyn doen as mense daar nie meer is nie, veral as jy
daardie mense baie goed geken het soos jou eie oorlede familielede.
'n Mens weet dat hy ander mense nie moet vereer nie want ieder mens
het sowel sy goeie as sy slegte kante.
Maar is dit dan so onsimpatiek om kerkhof toe te gaan en vir hulle 'n
blommetjie mee te bring, net soos jy waarskynlik ook blommetjies
meebring as jy op besoek gaan by vriende, of wanneer daar 'n bruilof
of geboorte is? Is dit dan "verering"? Ek dink dis nie. As ek 'n
blommetjie meebring vir ouma of oupa op die kerkhof dan het ek tog
geen piramide gebou soos vir die Egiptiese farao's nie?
Groete van
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86699 is 'n antwoord op boodskap #86698] |
Di., 04 November 2003 10:40   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou Koot - daar verwoord jy wat ek al lankal oor wonder - vir wat sal 'n
spook in dieselfde vervelige begraafplaas wou bly as dit die hele wêreld vol
kan rinkink?:))
Ek giggel altyd as ek in flieks sien hoe mense by grafte hulle harte
uitstort - want my verbeelding "sien" die spook wat die droefheid moet
aanhoor dat die nie eers daar nie - maar by 'n ander lekker plek van son,
sang en plesier:)))
--
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:bo7uue$it9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek verkies om die dooie te onthou soos ek hom/haar geken het, en vir my is
>> dit net meer werklik om na foto's van hulle te kyk, of iets te koester wat
>> aan hulle behoort het.
>> --
>> Annette
>
> Is so.
>
> Ek dink die gedenksteen-ding is 'n baie menslike soort wens om iets
> konkreets van die persoon te behou. So asof die grafsteen deel is van die
> persoon, al het hy/sy dit nooit self gesien nie.
>
> My eie gevoel dwing my om ook te dink dat die persoon se teenwoordigheid op
> een of ander manier daar by die graf rond sal wees, omdat sy lyk daar is.
> Ga, asof ek by my graf sal kom sit as ek dood is. Ek sal eerder op Loftus
> gaan sit.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86706 is 'n antwoord op boodskap #86704] |
Di., 04 November 2003 13:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is verby omgee as ek my laaste asem uitblaas. Die agtergeblewenes kan met
die liggaam maak net wat hulle wil - maar ek vermoed ek sal veras word.
Hulle kan my in 'n bodybag toezip en in die vuurtjie inrol. Klaar en
gedaan - ek glo buitendien dat die meeste van die as wat opgevee word en 'n
in 'n mooi boksie vir die familie gegee word na 'n verassing van die
doodskis is.
--
Annette
>>
>>> Vir my het dit niks met protestants te doen of wat ookal nie, maar met
>>> tradisie of persoonlike voorkeur.
>>> Ek self dink grafte is tydmors en plekmors.
>>
>> Hoeso, Annette? Vertel dan asseblief vir ons wat moet mense met jou
>> doen as jy ooit dood sal wees? Moet ons dan jou liggaam dan aflewer by
>> die fabriek van hondevoer sodat hulle daar van jou nog knaagbeentjies
>> kan maak?
>>
>> Groete van
>>
>> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Ja Norbert ek is ook naar die grafplaas gewees waar my broer en my
> ouers lig;ons het ook die grawe skoongemaak en krisanten op geset en
> een gebedjie geprewel.
> Dis ons tradisie en dit vind ek baie goed;
> Alloween kom van die Kelte die lang vir die kristendom also hulle dode
> herdink en dit word nou een modeverskynsel en komersieel uitgebuit.
> Vir my nie gelaat nie maar ek het daar gene behoefte aan om hekse aan
> die muur te hang.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86717 is 'n antwoord op boodskap #86707] |
Di., 04 November 2003 17:29   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 13:52:34 GMT, "@rogers.com" wrote:
Daar is 'n geloof dat die geeste op daardie spesifieke dag aktief is,
en dan ongeveer deur sekere aksies gekalmeer moet word. Dis 'n
oorblyfsel van 'n paganistiese verlede, of jy dit nou wil weet of nie.
Gloudina
Verskoning, Gloudina, maar ofskoon ek nie eg 'n hard pratikerende
katoliek is nie weet ek tog wat in die Katolieke kerk plaasvind. Wat
jy daar sê is heeltemal nie waar nie. Ek vra my af watter beeld jy het
oor die westerse katolieke lande. As daar 'n fees is wat tipies
paganisties is dan is dit wel Halloween in die U.S.A. en miskien ook
in Kanada, maar hier in Vlaandere, Frankryk, Spanje, Oostenryk,
Zuid-Duitsland of Italië bestaan dit nie, mens. En ek het nog nooit
daardie gedagtes van jou hoor propageer in ons kontreie nie. Ons leef
heeltemal nie meer in die tyd van die ou Kelte nie. Dink jy miskien
dat die tyd in die Katolieke lande van Europa stilgestaan het? Ons
doen heeltemal nie meer aan geesteverering nie en moet goed verstaan
dat die Katolieke kerk deur die eeue baie self moeite gedoen het om
die geesteverering dood te maak. Ek noem my eie 'n moderne mens,
Gloudina, maar dit neem nie weg dat ek me eie tog nog steeds vrae stel
oor die sin van ons bestaan. Dis nie die Katolieke Kerk wat blykbaar
probleme het met sy eie paganistiese verlede nie; dis eerder die
Anglikaanse Kerk wat daar blykbaar vandag nog die sterkste invloed van
ondervind.
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86718 is 'n antwoord op boodskap #86679] |
Di., 04 November 2003 17:35   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sterrenkijker wrote:
> Ek glo jy is rêrig konsekwent met jou wetenskaplike fondamente,
> Danielle, maar 'n mens voel dat die wetenskap ook nie op alles 'n
> antwoord kan gee. Op dae soos Allersiele of DodeSondag voel 'n mens
> dat daar nog steeds teregte vrae oorbly soos "Wie is ons?" en "Waar
> gaan ons soontoe?" Daar is slegs die dooies wat daarop 'n antwoord sou
> kan gee maar hulle doen dit nie. 'n Godsdiens probeer om dit te doen
> en waarskynlik is dit êrens wel nodig ook.
Ek "hoor" wat jy sê, Norbert. En stem saam dat daar ook 'n plek is
vir filosofie, en dat harde wetenskap nie altyd alles kan verklaar
nie. Maar as mens na die werk van veral neuroteoloë kyk in die
verband, kan mens meer begin verstaan oor daardie oer-oue vraag van
wie ons is en waar ons heengaan. Gaan kyk in die verband veral na die
werk van Persinger.
Iewer het ek byvoorbeeld ook gelees dat die oorsaak van dood is 'n
totale gebrek/afwesigheid aan asemhaling. Die wetenskaplike
gevolgtrekking is dus dat solank as jy kan asemhaal, sal jy bly lewe.
Sien, ek het sedertdien ek daardie brokkie inligting gelees het,
onmiddelik geleer om asem te haal, en ek het nog nie een keer
doodgegaan nie, so daardie wetenskaplike feit hou definitief water.
;-)
Dis net dat die gemiddelde mens verkies om vas te kleef aan hulle ou
tradisies en bygelofies en dinge, eerder as om te dink. Om
wetenskaplike feite te verontagsaam as dit nie inpas by hulle
onderskeie geloofstradisies nie. Godsdiens (insluitende oosterse
godsdienste soos buddhisme), is 'n veilige nessie waaruit hulle dan
klippe gooi na ander.
Die punt is dat ons nie almal soos Descartes hoef te redeneer nie,
maar as mens nie eens weet of wil weet waar jou tradisies en gebruike
vandaan gekom het, en waarom jy sekere dinge op sekere maniere doen
nie, is daar 'n probleem. Of nie? Ons MOET net aanvaar en begin
verstaan dat ons westerse denke/samelewing/kultuur hoofsaaklik
ontstaan het vanuit 2 hoofbronne - die Judeo-Christen en
Grieks-Romeins. Dit is juis die spanning tussen daardie 2
hoofkulture wat ons denke en manier van glo, dink en leef die heeltyd
beinvloed. Die konflik tussen geloof en rede...soos pragtig beskryf
en verduidelik in Charles Freeman se boek "The Closing of the Western
Mind - The Rise of Faith and the Fall of Reason".
Om net 'n stukkie aan te haal:
Bl 327
"There is increasing scientific evidence that reason and emotion need
to live side by side in the healthy mind. It appears that some degree
of irrationality acts as a healthy corrective to the aridity of
narrowly logical thought".
Dan gaan hy verder en haal die paradox van Niels Bohr aan: "The
opposite of one profound truth is often another profound truth."
Maar hy gaan verder en verduidelik dan hoe die kerk die balans na die
een kant geskaak het, en hoe die oningeligte (uneducated) verkies was
bo die ingeligte (educated) tot die totale eksklusie van "waarhede"
gevind deur logiese denke en wetenskaplike metodes. "Intellectual
self confidence and curiosity, which lay at the heart of the Greek
achievement, were recast as the dreaded sin of pride. Faith and
obedience to the institutional authority of the church were more
highly rated than the use of reasoned thought"
Elkgeval - daar is niks verkeerd mee om emosie te betoon en hartseer
te raak en wees oor die verlies van 'n geliefde nie. Maar ek dink
daar is baie verkeerd as mens tradisies navolg sonder om eers te erken
waar daardie tradisies vandaan kom. Dit is sinneloos as jy my vra.
Net so sinneloos as om te glo dat daar iets soos geeste is. Casper is
oulik, maar hy is rerig nie werklik nie. Kersvader en die paashaas en
die tooth fairy ook nie.
;-)
---
"I do not believe in the creed professed by the Jewish church, by the
Roman church, by the Greek church, by the Turkish church, by the
Protestant church, nor by any church that I know of. My own mind is my
own church"
---Thomas Paine, Age of Reason
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86721 is 'n antwoord op boodskap #86716] |
Di., 04 November 2003 18:06   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 04 Nov 2003 15:57:12 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Ek gee toe dat ek miskien nie die Katolieke Kerk se
> dogma oor die onderwerp ken nie. Ek sal vra vir my
> een skoondogter. Sy kom uit 'n lang Katolieke tradisie.
> Een van haar ooms was 'n biskop. So sy behoort te
> weet.
Moet verstaan, Gloudina, dat die Katolieke Kerk in Europa, onder meer
deur die beweging van die Reformasie baie opgeskrik het. Daardie
kerklike reformasie deur die Protestante het in die Katolieke Kerk ook
'n sterke kontrareformasie teweeggebring. Dis waar dat die Katolieke
Kerk in daardie tyd vóór die Reformasie baie in verval was en dat
daarin ongelooflike skandalige praktyke bestaan het maar dis tog al 'n
paar honderd jare dat die Katolieke Kerk self daarin orde op sake
gestel het.
> Maar die tradisie van Halloween en ghosts en goblins
> en trick and treat kom, soos jy êrens anders sê, uit
> die paganistiese verlede van die Kelte en is deur die
> Rooms Katolieke Kerk gekersten.
Dis waar: die Katolieke Kerk het die gebruike van die Kelte uit hulle
paganistiese verlede gekersten maar die bedoeling daarvan het nooit
gewees om die heidense grondslae van daardie gebruike oor te neem nie.
Inteendeel! Ek weet ook nie suiwer nie watter redes die Katolieke Kerk
toe gehad het om dit so te doen maar waarskynlik sou dit anders nie
moontlik gewees het nie om gans Europa Christelik te maak.
> En ek is nie so seker dat die lokale priester enigiets te doen wil hê
> met die manewales wat op Halloween aangaan hier
> in Noord-Amerika nie.
Inderdaad, priesters van hier moet nie hê van gans daardie Halloween
en dis ook geen tradisie by ons, Vlaminge, nie. By ons is die ou Kelte
al duisende jare dood maar dis wel moontlik dat daarvan nog enige
oorgebly het in Engeland.
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86730 is 'n antwoord op boodskap #86717] |
Di., 04 November 2003 19:47   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sterrenkijker wrote
> Verskoning, Gloudina, maar ofskoon ek nie eg 'n hard pratikerende
> katoliek is nie weet ek tog wat in die Katolieke kerk plaasvind. Wat
> jy daar sê is heeltemal nie waar nie. Ek vra my af watter beeld jy het
> oor die westerse katolieke lande. As daar 'n fees is wat tipies
> paganisties is dan is dit wel Halloween in die U.S.A. en miskien ook
> in Kanada, maar hier in Vlaandere, Frankryk, Spanje, Oostenryk,
> Zuid-Duitsland of Italië bestaan dit nie, mens. En ek het nog nooit
> daardie gedagtes van jou hoor propageer in ons kontreie nie. Ons leef
> heeltemal nie meer in die tyd van die ou Kelte nie. Dink jy miskien
> dat die tyd in die Katolieke lande van Europa stilgestaan het? Ons
> doen heeltemal nie meer aan geesteverering nie en moet goed verstaan
> dat die Katolieke kerk deur die eeue baie self moeite gedoen het om
> die geesteverering dood te maak. Ek noem my eie 'n moderne mens,
> Gloudina, maar dit neem nie weg dat ek me eie tog nog steeds vrae stel
> oor die sin van ons bestaan. Dis nie die Katolieke Kerk wat blykbaar
> probleme het met sy eie paganistiese verlede nie; dis eerder die
> Anglikaanse Kerk wat daar blykbaar vandag nog die sterkste invloed van
> ondervind.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86733 is 'n antwoord op boodskap #86717] |
Di., 04 November 2003 20:00   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sterrenkijker wrote
> Verskoning, Gloudina, maar ofskoon ek nie eg 'n hard pratikerende
> katoliek is nie weet ek tog wat in die Katolieke kerk plaasvind. Wat
> jy daar sê is heeltemal nie waar nie. Ek vra my af watter beeld jy het
> oor die westerse katolieke lande.
OK, Norbert. Jy is reg. Ons verwar dinge in hierdie gesprek. Die
Rooms Katolieke "All Souls' Day" is volgens my woordeboek
Nov. 2 en die dag waarop mense bid vir die siele in "purgatory."
( Interessant genoeg is die dag voor dit All Saints' Day.)
Halloween is die aand voor All Saints' Day, dus Oktober 31,
wanneer die kinders kostume aantrek en "tricks or treats" by
huise kry of doen. Halloween is dus kort vir "All Hallow E'en."
Die prankster-ghost-goblins deel van die storie kom heelwaar-
skynlik van Keltiese oorspronge, en word dus hoofsaaklik
gepraktiseer in dié Britse dele waar die Kelte se nageslagte
nog bly. ( Frankryk was op een stadium nog ook heel
kelties.)
Ek het groot respek vir die Rooms Katolieke Kerk, Norbert.
Een van die dinge wat ek die laaste jare besef het, is hoeveel
die moderne Protestantisme 'n leë gepraat geword het, en
dat hulle te min op rituele staatmaak. In daardie opsig vind
ek die Katolieke kerk en die Tibetaanse Buddhisme baie
na aan mekaar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86735 is 'n antwoord op boodskap #86671] |
Di., 04 November 2003 20:13   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 03 Nov 2003 16:34:37 +0100, Sterrenkijker
wrote:
> My vraag is daarom: het Kalvinieste
> ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
> of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
> om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
> Ek wil 'n antwoord van Annette, Gloudina, Katryn, Jonas, Koot, DD,
> Sandvlooi en al die ander mense wat 'n vaste waarde op hierdie
> nuusgroep het.
>
> Groete van
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Indien die Protestante s 'n dag sou kies, Norbert, sou dit
meer waarskynlik individuele dae wees. 'n Dag soos
'n verjaardag, troudag of 'n ander herinnering.
Miskien is die basis van die antwoord op jou vraag,
die feit dat ons nie die graf as die laaste rusplek sien nie.
Inderwaarheid gaan die betrokke wese nooit in die graf in nie.
Annette verwys hieronder êrens daarna waar sy praat van
mense wat by 'n graf huil terwyl die mens oor wie hulle huil
lankal langs 'n rivier op groen gras onder 'n wilgeboom
met vriende herenig.
DD
|
|
|
|
| Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 09:36:52 UTC 2026
|