|
|
|
|
| Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84846 is 'n antwoord op boodskap #84839] |
Do., 02 Oktober 2003 13:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag Dankie Emmy, alhoewel dit nie my skuld is nie:)))
JM Coetzee is die wenner.
Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.
Annette
"Emmy" skryf in boodskap news:3f7c103e$0$448$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
> Proficiat
>
> grt emmy
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84861 is 'n antwoord op boodskap #84852] |
Do., 02 Oktober 2003 15:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons skryf mos!! Ons moet leer om te skryf dat niemand kan verstaan wat ons
skryf nie, maar te skaam is om dit te erken, en dan ons werk aanskryf as
hoogs liter�r:)))
Dan moet jy ook vir jou 'n van kry wat uit 7 letters bestaan.
--
Annette
"Sandvlooi" skryf in boodskap news:blhed8$dvt$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek hoor nounet oor die radio dat die man so R8 miljoen ryker is.....kom ons
> begin skrywe!
> "Annette" wrote in message
> news:blhdkg$5mv$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag Dankie Emmy, alhoewel dit nie my skuld is nie:)))
>>
>> JM Coetzee is die wenner.
>>
>> Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Emmy" wrote in message
>> news:3f7c103e$0$448$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
>>> Proficiat
>>>
>>> grt emmy
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #85058 is 'n antwoord op boodskap #84846] |
So., 05 Oktober 2003 15:22  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" wrote
> JM Coetzee is die wenner.
Ek kyk vanoggend op Litnet wat daar oor JM Coetzee
gesê word in die SA pers nadat hy die Nobelprys gekry
het. Opmerklik is dit dat taamlik baie Afrikaner-kritici
aandui dat hy 'n "Afrikaanse skrywer is wat in Engels skryf".
Tot 'n mate het hulle 'n punt beet. Want in veral sy vroegste
werk is hy besig met stories wat afspeel op grensgebiede in
die agtiende eeu, en neem hy ons diep in die hinterland van SA
in, en daarmee diep in die kulturele hinterland van die
Afrikaner in. (Ek hou nog altyd vol dat sy heel beste twee
boeke sy heel eerste twee boeke is. Ek beveel dan ook
aan dat enigiemand wat nog nie vir JM Coetzee gelees
het nie, eerste daardie twee boeke lees: "Dusklands"
en "In the Heart of the Country." Tesame met "Boyhood."
Al drie die boeke is redelik kort.)
Ek lees toe ook weer JM Coetzee se biografie. Wat
mens opval, is dat hy in die begin van 1960 na Engeland
gaan en daar werk as 'n computer programmer! Daarna
studeer hy literatuur in die VSA en werk dan aan die
Universiteit van Buffalo. Die kanse is dus goed dat JM
Coetzee Toronto taamlik goed ken ( sy naaste groot stad)
en seker elke jaar die internasionaal-bekende Harbourfront
lesings bygewoon het. Hy begin in 1984 in Kaapstad
klasgee. Dis dus vir my opmerklik dat hy in die buiteland
gebly het juis in die jare wat hy "Dusklands" en "In the
Heart of the Country" geskryf het.
Gloudina
|
|
|
|