Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme?
Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84425] Di, 23 September 2003 11:00 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so pas
uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
skole rondom die stad Bordeaux. Wat egter vir Bordeaux geld, geld regoor
Frankryk en die res van Wes-Europa. Die instroming van immigrante uit Noord-
en Wes-Afrika veroorsaak 'n Europese apartheid en segregasie wat vir die
owerhede 'n verleentheid is.
Ná die afgang van die kommunisme met sy gelykheidsideaal, het die
multikulturele samelewing met sy strewe na rassegelykheid die nuwe dogma
geword. Kommunisme kon slegs deur die geweld van revolusie tot stand kom en
onder dwang in stand gehou word. Josef Stalin het dit baie goed verstaan, en
onder sy bewind is twintig miljoen mense in die ou Sowjet-Unie doodgemaak,
om ideologiese redes, maar veral ook omdat hulle nie gehou het by die reëls
van die huidige vyfjaarplan nie.

Net soos Stalinisme, kan die multikulturele samelewing slegs onder
dwang verwesenlik word. Indien die bevolkings 'n keuse gegun word, sal hulle
nêrens op aarde reënboognasies vorm nie. Die meeste mense verkies om binne
hul eie etniese groep te trou en voort te plant, asook om hul kinders deur
lede van hul eie groep te laat opvoed in etnies homogene skole.

In die VSA is honderde miljarde dollar reeds bestee om veral blanke
Amerikaners te oorreed om vrylik met Afro-Amerikaners te meng, asook hul
kinders na dieselfde skole te stuur. Dwangmaatreëls soos "bussing" geld
reeds dekades lank. In weerwil hiervan, is veral skole in Amerika nou meer
gesegregeer as dertig jaar gelede. In Boston, waar die munisipaliteit $30
miljoen per jaar bestee om kinders met busse na skole in ander gebiede aan
te ry, het die aantal "geïntegreerde" skole verminder van 23% in 1974 na 17%
tans.

Ook in Suid-Afrika is multikulturele dwangmaatreëls onderliggend aan
die hele struktuur van die staat, die werkplek, opvoeding en selfs sport.
Omdat Afrikaans as skooltaal veral by blanke Afrikaners gesog is, moet dié
taal gepenaliseer word. Daarom moet skole en universiteite verengels word,
en studente en leerlinge gedwing word om dikwels teen hul sin met mekaar te
verkeer.

Afrikaanse jongmense in die mediese en verwante professies, selfs
spraakterapeute, word voor die voet gedwing om in swart woonbuurtes te gaan
praktiseer. Veral waar dit jong Afrikanermeisies raak, geskied hierdie
gedwonge "gemeenskapsdiens" ongeag hul eie persoonlike veiligheid of eie
voorkeure. Binnekort gaan dokters en privaathospitale gedwing word om nie
net vir 'n jaar nie, maar permanent hul dienste aan te bied "waar daar
behoefte bestaan", naamlik in swart gemeenskappe.

Die meeste mense stem met hul voete teen multikulturalisme.
Privaatskole word teen buitensporige koste opgerig, en mense skep
veiligheidsbuurte met hoë mure, elektriese drade en ander maatreëls wat
dikwels die indruk skep van 'n geprivatiseerde volkstaat waar een etniese
groep gewoonlik in beheer is.

Die Berlynse muur, wat dertig jaar lank die simbool was van gedwonge
gelykheid, het 17 miljoen Oos-Duitsers gevange gehou in hul sogenaamde
"werkersparadys". Die swetterjoel dwangmaatreëls wat veronderstel is om tot
die utopie van 'n multikulturele samelewing te lei, is ietwat minder
blatant, maar nie minder drakonies en onregverdig nie.

Terwyl multikulturele dwang in Westerse lande nog oorwegend
individuele vryheid toelaat, het dit by ons in Suid-Afrika binne 'n kort tyd
ontwikkel tot 'n vorm van totalitarisme wat moeilik te onderskei is van dit
wat tot onlangs in Oos-Europa gegeld het.

Die vraag kan met reg gevra word: is multikulturalisme die nuwe
inkarnasie van Stalinisme?
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84433 is 'n antwoord op boodskap #84425] Di, 23 September 2003 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote
> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so pas
> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
> skole rondom die stad Bordeaux.

Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
plaatse in SA het hulp nodig?

Tant Hessie van Groote Schuur
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84439 is 'n antwoord op boodskap #84433] Di, 23 September 2003 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Verskoon my,ek hê te rap gewees
Ek het dit gelees op Praag.org
Dis miskien regs of nie links nie,maar jy mag op die artikkels gerus
reageer,daarom wordt die geplaas
Dit is tog nie verboden lektuur nie
Aan jou te bewys of dit reg is of nie
Baie groete
Paul
"@rogers.com" schreef in bericht
news:iuXbb.68484$Ch2.31751@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so
> pas
>> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
>> skole rondom die stad Bordeaux.
>
> Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
> self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
> hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
> jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
> plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
> se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
> Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
> Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
> roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
> doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
> in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
> wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
> Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
> vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
> dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
> plaatse in SA het hulp nodig?
>
> Tant Hessie van Groote Schuur
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84440 is 'n antwoord op boodskap #84433] Di, 23 September 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees ook reelmatig die artikkels van Mr lamprecht sy webwerf
africancrisis
"@rogers.com" schreef in bericht
news:iuXbb.68484$Ch2.31751@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so
> pas
>> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
>> skole rondom die stad Bordeaux.
>
> Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
> self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
> hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
> jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
> plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
> se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
> Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
> Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
> roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
> doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
> in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
> wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
> Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
> vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
> dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
> plaatse in SA het hulp nodig?
>
> Tant Hessie van Groote Schuur
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84443 is 'n antwoord op boodskap #84439] Di, 23 September 2003 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Trouens,ek is wit en ek wil nie swart doen,ek is nie komunisties,of jy dat
nou goed of slegt vind,ek het baie vrinde in ZA die dink soos ek

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:TVYbb.35749$sS6.1587341@phobos.telenet-ops.be...
> Verskoon my,ek hê te rap gewees
> Ek het dit gelees op Praag.org
> Dis miskien regs of nie links nie,maar jy mag op die artikkels gerus
> reageer,daarom wordt die geplaas
> Dit is tog nie verboden lektuur nie
> Aan jou te bewys of dit reg is of nie
> Baie groete
> Paul
> "@rogers.com" schreef in bericht
> news:iuXbb.68484$Ch2.31751@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Paul de Dilbeek" wrote
>>> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat
so
>> pas
>>> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar
plaasvind
> in
>>> skole rondom die stad Bordeaux.
>>
>> Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
>> self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
>> hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
>> jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
>> plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
>> se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
>> Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
>> Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
>> roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
>> doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
>> in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
>> wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
>> Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
>> vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
>> dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
>> plaatse in SA het hulp nodig?
>>
>> Tant Hessie van Groote Schuur
>>
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84444 is 'n antwoord op boodskap #84433] Di, 23 September 2003 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - Paul is besig met die benutting van vryheid van spraak. En ek aanvaar
jy hou nie daarvan nie - dis nou die vryheid van spraak. Selfs regsgesinde
mense het 'n aanspraak op die vryheid van spraak.
Dis elke volwasse leser se besluit of hy op die sg uitlokking wil reageer of
nie.
Paul gaan voort - ons sal self besluit of ons met jou wil verskil al dan
nie.
Wat dink jy van die rugby? Pas na die Springbokke vs die Valke gekyk ....

"@rogers.com" wrote in message
news:iuXbb.68484$Ch2.31751@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so
> pas
>> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
>> skole rondom die stad Bordeaux.
>
> Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
> self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
> hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
> jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
> plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
> se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
> Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
> Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
> roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
> doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
> in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
> wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
> Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
> vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
> dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
> plaatse in SA het hulp nodig?
>
> Tant Hessie van Groote Schuur
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84446 is 'n antwoord op boodskap #84439] Di, 23 September 2003 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote

> Verskoon my,ek hê te rap gewees
> Ek het dit gelees op Praag.org

En ek vra weer vir jou, hoekom steel jy ander
se geskrifte sonder om aan te dui waar jy dit
gekry het, en miskien selfs eers toestemming
gevra het. As jy nie kulturele maniere ken nie,
moenie ons Afrikaanse nuusgroep gebruik vir
jou "wit" gepolitiekery nie. Daar is genoeg mense
in SA wat die werk al klaar doen. Wat is jou
agenda dat jy daar in Europa sit en probeer om
dinge oor SA kwyt te raak? Of kry jy, soos baie
regse skrywers in SA, finansiële hulp uit Noord-
Amerika om hulle "wit " agendas te propageer?

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84447 is 'n antwoord op boodskap #84425] Di, 23 September 2003 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" < wrote

> Net soos Stalinisme, kan die multikulturele samelewing slegs onder
> dwang verwesenlik word. Indien die bevolkings 'n keuse gegun word, sal hulle
> nêrens op aarde reënboognasies vorm nie.

Jy praat snert. Om te praat van Multikulturalisme as "die nuwe Stalinisme"
is om vir ons in Kanada te kom vertel dat ons deur 'n Stalinistiese regering
regeer word. Want hier in Kanada is multikulturalisme 'n keuse wat die
Kanadese burgers gemaak het deur te stem. Ons het 'n staatsdepartement
wat multikulturalisme bevorder. Ons het staatsdiensamptenare wat direk
aangestel word om die saak te bestudeer en besluite uit te voer. As enige
land advies wil hê oor hoe om multikultureel-suksesvol te wees, dan is
Kanada die plek om dit te bestudeer. En ek is baie seker dat die huidige
regering in SA baie noukeurig aandag gee aan wat Kanada doen in dié
verband. Ek kry die indruk dat SA die Kanadese modelle in baie instansies
taamlik getrou navolg.

Tant Hessie van die Algonquins
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84454 is 'n antwoord op boodskap #84446] Wo, 24 September 2003 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anti,ben jy bazin van dit forum?Jy valt hier alle mense persoonlijk aan,jy
stelt je aan
Speelt de onderwijzeres daar in Kanada en laat de mensen hun vrijheid
Ik zit hier in Europa en ben niet als jy ,mijn land weggevlucht
Dit forum is er niet alleen om onnozele gedichtjes te schrijven,wij zijn
geen kinderen
Jy gedraagt je hier aks een ouwe onuitstaanbare tante,chagrijnig tegen
iedereen,waarom,niet aan je trekken gekomen in het onderwijs in ZA?

"@rogers.com" schreef in bericht
news:8V%bb.30187$Lnr1.10272@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> Verskoon my,ek hê te rap gewees
>> Ek het dit gelees op Praag.org
>
> En ek vra weer vir jou, hoekom steel jy ander
> se geskrifte sonder om aan te dui waar jy dit
> gekry het, en miskien selfs eers toestemming
> gevra het. As jy nie kulturele maniere ken nie,
> moenie ons Afrikaanse nuusgroep gebruik vir
> jou "wit" gepolitiekery nie. Daar is genoeg mense
> in SA wat die werk al klaar doen. Wat is jou
> agenda dat jy daar in Europa sit en probeer om
> dinge oor SA kwyt te raak? Of kry jy, soos baie
> regse skrywers in SA, finansiële hulp uit Noord-
> Amerika om hulle "wit " agendas te propageer?
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84455 is 'n antwoord op boodskap #84444] Wo, 24 September 2003 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas,hier in Vlaandere kry ons baie weinig nuus oor Rugby
Tydens my verblyf in ZA het ek die springbokke aan die werk gesien,baie van
geniet,maar ja in Europa is hier sokker en fietsry die koning,teenwoordig is
in Belgie ook tennis baie populair met ons twee meisjies,Kim en Justine
PS. as ek op een afrikaans webwerf kom is dit tog altyd nogal regs en daar
reageer ik dan op,ek kan daar nie aan doen dat die linkse Antie daar vies om
is
Miskien geweiger in die wit skool?

"Jonas" skryf in boodskap news:bkq1fo$r2l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - Paul is besig met die benutting van vryheid van spraak. En ek aanvaar
> jy hou nie daarvan nie - dis nou die vryheid van spraak. Selfs regsgesinde
> mense het 'n aanspraak op die vryheid van spraak.
> Dis elke volwasse leser se besluit of hy op die sg uitlokking wil reageer of
> nie.
> Paul gaan voort - ons sal self besluit of ons met jou wil verskil al dan
> nie.
> Wat dink jy van die rugby? Pas na die Springbokke vs die Valke gekyk ....
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:iuXbb.68484$Ch2.31751@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Paul de Dilbeek" wrote
>>> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat
so
>> pas
>>> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar
plaasvind
> in
>>> skole rondom die stad Bordeaux.
>>
>> Paul van Dilbeek, mag ek vir jou vra of jy hierdie stukke
>> self skryf en of jy dit van êrens anders kry en dan op
>> hierdie Afrikaanse nuusgroep pos? Indien nie, dan behoort
>> jy ten minste jou nuusbron aan te haal, anders pleeg jy
>> plagiaat. Ek dink ook dis baie onbeskof om ander mense
>> se werk te plaas sonder om hulle outeurskap te erken.
>> Omdat dit wat jy pos, in taamlike goeie gekultiveerde
>> Afrikaans geskryf is, neem ek aan dat jy hierdie artikels
>> roof van regse politieke meule in Suid-Afrika. Hoekom
>> doen jy dit. Jy sit daar in Europa. Hoekom wil jy onmin
>> in SA aanblaas? Is jy deel van 'n internasionale beweging
>> wat, in die laaste analise, "wit" dink en "wit" wil doen.
>> Ons ken hulle hier in Noord-Amerika. Dit lyk my julle
>> vervuil daar in Europa ook. Maar hoekom pos jy hierdie
>> dinge op 'n SA nuusgroep? Dink jy jou wit broers ter
>> plaatse in SA het hulp nodig?
>>
>> Tant Hessie van Groote Schuur
>>
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84459 is 'n antwoord op boodskap #84455] Wo, 24 September 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote

> PS. as ek op een afrikaans webwerf kom is dit tog altyd nogal regs en daar
> reageer ik dan op,ek kan daar nie aan doen dat die linkse Antie daar vies om
> is
> Miskien geweiger in die wit skool?

O so. As jy op 'n Afrikaanse webwerf kom, is dit nogal altyd regs en
dan reageer jy maar net daarop? Aikona. Jy is 'n witnerf, die soort
Europeër wat as hulle na SA in die ou dae emigreer het, erger as
die wit Afrikaners teenoor die swartmense tekere gegaan het. Dit was
'n bekende feit onder die Afrikaners dat nuwe wit immigrante in
SA in, veral gewerf deur die apartheidsregime om die wit gedeelte
van die bevolking te vergroot, baie vyandig gesind was teenoor die
swart bevolking, en hulle bediendes dan ook baie slegter behandel
het as die lokale mense. Dis dan ook dié dat mens 'n Pool uit Europa
kry wat Chris Hani doodskiet.
En oor my teenwoordigheid in swart skole gedurende die
apartheidsera. Ek het my onderwysloopbaan in 'n wit skool begin.
'n Wit privaatskool, St. Anne's op Hilton Road, susterskool van
Michaelhouse, een van dié privaatskole in SA. Maar toe soek 'n
bekende swart skool 'n Afrikaanse onderwyseres, en hulle skryf
aan een van die professore aan die kweekskool op Stellenbosch
om hulp. Dié professor het, deur kontak met my suster, geweet dat
ek geinteresseerd was om in swart skole te gaan skoolhou. Dis hoe
ek uitgenooi is om my eerste pos in 'n swart skool te neem. Weet
jy wat bedoel word deur "kweekskool" ? Dis waar hulle predikante
oplei.
Daar was wel 'n instroming van wit ouens in die "Departement
van Bantoe-Onderwys" wat 'n paar jaar daarna gestig is toe die
apartheidsregime swart onderwys oorgeneem het. Hierdie mense wat
gewoonlik wit Afrikaners, meestal uit die ou Transvaal, wat gesien het
dat hulle prinsipaalskappe in swart onderwys kon kry, terwyl hulle nie
eintlik veel om die lyf gehad het nie. Dit is hoe die Departement van
Bantoe-Onderwys vervuil is van wit mans wat net agter die geld aan
was, en nie 'n duit kon omgee vir die wel en die wee van die swart
kinders nie. Mens kan verstaan hoe sulke swart kinders net eenvoudig
geloof in die integriteit van hulle skoolsisteem verloor het.

Tant Hessie van Umbumbulu
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84460 is 'n antwoord op boodskap #84454] Wo, 24 September 2003 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Paul de Dilbeek" wrote

> Ik zit hier in Europa en ben niet als jy ,mijn land weggevlucht
> Dit forum is er niet alleen om onnozele gedichtjes te schrijven,wij zijn
> geen kinderen

O so. Jy sit daar in België en begin nou jou gewig rondgooi
op die Afrikaanse nuusgroep? Wat maak jy hier? Het hulle
jou uitgeskop op jou lokale Belgiese nuusgroepe? Of hoekom
bly jy nie kuier op die regse webwerwe nie. Word dit ook
maar bietjie eentonig daar?
En nou begin jy jou al uitspreek teen die "onnosele"
gediggies. Jou arrogante Vlaming, wie gee vir jou die reg
om jou uit te spreek oor Afrikaanse gedigte op 'n Afrikaanse
nuusgroep? Wie gee vir jou die reg om Afrikaanse digwerk
af te maak as onnosel?

Penkop op Voortrekkerhoogte
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84463 is 'n antwoord op boodskap #84425] Wo, 24 September 2003 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat een onzin kraam je uit. het ligt iets ingewikkelder denk ik..

grt emmy

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:eJVbb.35426$gy3.1382500@phobos.telenet-ops.be...
>
>
>
>
> Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so pas
> uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
> skole rondom die stad Bordeaux. Wat egter vir Bordeaux geld, geld regoor
> Frankryk en die res van Wes-Europa. Die instroming van immigrante uit Noord-
> en Wes-Afrika veroorsaak 'n Europese apartheid en segregasie wat vir die
> owerhede 'n verleentheid is.
> Ná die afgang van die kommunisme met sy gelykheidsideaal, het die
> multikulturele samelewing met sy strewe na rassegelykheid die nuwe dogma
> geword. Kommunisme kon slegs deur die geweld van revolusie tot stand kom en
> onder dwang in stand gehou word. Josef Stalin het dit baie goed verstaan, en
> onder sy bewind is twintig miljoen mense in die ou Sowjet-Unie doodgemaak,
> om ideologiese redes, maar veral ook omdat hulle nie gehou het by die reëls
> van die huidige vyfjaarplan nie.
>
> Net soos Stalinisme, kan die multikulturele samelewing slegs onder
> dwang verwesenlik word. Indien die bevolkings 'n keuse gegun word, sal hulle
> nêrens op aarde reënboognasies vorm nie. Die meeste mense verkies om binne
> hul eie etniese groep te trou en voort te plant, asook om hul kinders deur
> lede van hul eie groep te laat opvoed in etnies homogene skole.
>
> In die VSA is honderde miljarde dollar reeds bestee om veral blanke
> Amerikaners te oorreed om vrylik met Afro-Amerikaners te meng, asook hul
> kinders na dieselfde skole te stuur. Dwangmaatreëls soos "bussing" geld
> reeds dekades lank. In weerwil hiervan, is veral skole in Amerika nou meer
> gesegregeer as dertig jaar gelede. In Boston, waar die munisipaliteit $30
> miljoen per jaar bestee om kinders met busse na skole in ander gebiede aan
> te ry, het die aantal "geïntegreerde" skole verminder van 23% in 1974 na 17%
> tans.
>
> Ook in Suid-Afrika is multikulturele dwangmaatreëls onderliggend aan
> die hele struktuur van die staat, die werkplek, opvoeding en selfs sport.
> Omdat Afrikaans as skooltaal veral by blanke Afrikaners gesog is, moet dié
> taal gepenaliseer word. Daarom moet skole en universiteite verengels word,
> en studente en leerlinge gedwing word om dikwels teen hul sin met mekaar te
> verkeer.
>
> Afrikaanse jongmense in die mediese en verwante professies, selfs
> spraakterapeute, word voor die voet gedwing om in swart woonbuurtes te gaan
> praktiseer. Veral waar dit jong Afrikanermeisies raak, geskied hierdie
> gedwonge "gemeenskapsdiens" ongeag hul eie persoonlike veiligheid of eie
> voorkeure. Binnekort gaan dokters en privaathospitale gedwing word om nie
> net vir 'n jaar nie, maar permanent hul dienste aan te bied "waar daar
> behoefte bestaan", naamlik in swart gemeenskappe.
>
> Die meeste mense stem met hul voete teen multikulturalisme.
> Privaatskole word teen buitensporige koste opgerig, en mense skep
> veiligheidsbuurte met hoë mure, elektriese drade en ander maatreëls wat
> dikwels die indruk skep van 'n geprivatiseerde volkstaat waar een etniese
> groep gewoonlik in beheer is.
>
> Die Berlynse muur, wat dertig jaar lank die simbool was van gedwonge
> gelykheid, het 17 miljoen Oos-Duitsers gevange gehou in hul sogenaamde
> "werkersparadys". Die swetterjoel dwangmaatreëls wat veronderstel is om tot
> die utopie van 'n multikulturele samelewing te lei, is ietwat minder
> blatant, maar nie minder drakonies en onregverdig nie.
>
> Terwyl multikulturele dwang in Westerse lande nog oorwegend
> individuele vryheid toelaat, het dit by ons in Suid-Afrika binne 'n kort tyd
> ontwikkel tot 'n vorm van totalitarisme wat moeilik te onderskei is van dit
> wat tot onlangs in Oos-Europa gegeld het.
>
> Die vraag kan met reg gevra word: is multikulturalisme die nuwe
> inkarnasie van Stalinisme?
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84464 is 'n antwoord op boodskap #84459] Wo, 24 September 2003 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - is dit nie interessant dat 'n Pool vir Hani vermoor het nie?
Iemand wat sy lewelank aan kommunisme onderwerp is - en nou vermoor hy 'n
kommunistiese leier in Afrika?

"@rogers.com" wrote in message
news:dFgcb.108088$DZ.16800@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote
>
>> PS. as ek op een afrikaans webwerf kom is dit tog altyd nogal regs en daar
>> reageer ik dan op,ek kan daar nie aan doen dat die linkse Antie daar
vies
> om
>> is
>> Miskien geweiger in die wit skool?
>
> O so. As jy op 'n Afrikaanse webwerf kom, is dit nogal altyd regs en
> dan reageer jy maar net daarop? Aikona. Jy is 'n witnerf, die soort
> Europeër wat as hulle na SA in die ou dae emigreer het, erger as
> die wit Afrikaners teenoor die swartmense tekere gegaan het. Dit was
> 'n bekende feit onder die Afrikaners dat nuwe wit immigrante in
> SA in, veral gewerf deur die apartheidsregime om die wit gedeelte
> van die bevolking te vergroot, baie vyandig gesind was teenoor die
> swart bevolking, en hulle bediendes dan ook baie slegter behandel
> het as die lokale mense. Dis dan ook dié dat mens 'n Pool uit Europa
> kry wat Chris Hani doodskiet.
> En oor my teenwoordigheid in swart skole gedurende die
> apartheidsera. Ek het my onderwysloopbaan in 'n wit skool begin.
> 'n Wit privaatskool, St. Anne's op Hilton Road, susterskool van
> Michaelhouse, een van dié privaatskole in SA. Maar toe soek 'n
> bekende swart skool 'n Afrikaanse onderwyseres, en hulle skryf
> aan een van die professore aan die kweekskool op Stellenbosch
> om hulp. Dié professor het, deur kontak met my suster, geweet dat
> ek geinteresseerd was om in swart skole te gaan skoolhou. Dis hoe
> ek uitgenooi is om my eerste pos in 'n swart skool te neem. Weet
> jy wat bedoel word deur "kweekskool" ? Dis waar hulle predikante
> oplei.
> Daar was wel 'n instroming van wit ouens in die "Departement
> van Bantoe-Onderwys" wat 'n paar jaar daarna gestig is toe die
> apartheidsregime swart onderwys oorgeneem het. Hierdie mense wat
> gewoonlik wit Afrikaners, meestal uit die ou Transvaal, wat gesien het
> dat hulle prinsipaalskappe in swart onderwys kon kry, terwyl hulle nie
> eintlik veel om die lyf gehad het nie. Dit is hoe die Departement van
> Bantoe-Onderwys vervuil is van wit mans wat net agter die geld aan
> was, en nie 'n duit kon omgee vir die wel en die wee van die swart
> kinders nie. Mens kan verstaan hoe sulke swart kinders net eenvoudig
> geloof in die integriteit van hulle skoolsisteem verloor het.
>
> Tant Hessie van Umbumbulu
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84467 is 'n antwoord op boodskap #84464] Wo, 24 September 2003 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Anti - is dit nie interessant dat 'n Pool vir Hani vermoor het nie?
> Iemand wat sy lewelank aan kommunisme onderwerp is - en nou vermoor hy 'n
> kommunistiese leier in Afrika?

En lyk dit nou nie interessant dat daar geen teken van
die sogenaamde "kommunisme" te bespeur is in die
beleid van die huidige ANC-gedomineerde SA regering
nie. Inderdaad, dié regering se beleid lyk meer na die
inkomstebelasting-snydende en uitgawes-beherende
Thatcher-konserwatisme as na enigiets wat na
kommunisme ruik. Nee wat, ou Jonas, die "kommunisme"
was maar sommer die slagspreuk van die CIA en hulle
lakeie, die apartheidsvarke.

Die Ruiter in die Dag
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84469 is 'n antwoord op boodskap #84467] Wo, 24 September 2003 17:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - voor jy verval in 'n tirade van kommuniste agter elke bos....
Ek het 'n paar geken en ken steeds 'n paar. M.i. verteenwoordig hulle die
intellektuele sy van die 3-party alliansie. En jou aanname dat hulle iets
van die verlede is, en dat hulle nooit bestaan of 'n impak gehad het nie is
nie juis nie. Om die waarheid te sê ek probeer hulle uitsprake ens. volg -
m.i. gee dit 'n goeie idee van waarheen daardie deel op pad is. Hulle
invloed binne COSATU is m.i. meer as die van die ANC - en daarom is hulle
van belang.
Interssant dat Cronin die een is wat 3 jaar terug die mening gehuldig het
dat verandering, polities, slegs van binne die ANC kan geskied. (Onthou jy
toe dieselfde opmerkings oor die NAsionale Party gemaak is - 20-jaar gelede
?)
In elk egval - ek twyfel of Chris Hani 'n groot impak op die heersende
politieke toneel sou gewees het. Hy sou waarskynlik saam met Tokio in
diamante betrokke geraak het.

"@rogers.com" wrote in message
news:4zicb.108143$DZ.68749@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Anti - is dit nie interessant dat 'n Pool vir Hani vermoor het nie?
>> Iemand wat sy lewelank aan kommunisme onderwerp is - en nou vermoor hy 'n
>> kommunistiese leier in Afrika?
>
> En lyk dit nou nie interessant dat daar geen teken van
> die sogenaamde "kommunisme" te bespeur is in die
> beleid van die huidige ANC-gedomineerde SA regering
> nie. Inderdaad, dié regering se beleid lyk meer na die
> inkomstebelasting-snydende en uitgawes-beherende
> Thatcher-konserwatisme as na enigiets wat na
> kommunisme ruik. Nee wat, ou Jonas, die "kommunisme"
> was maar sommer die slagspreuk van die CIA en hulle
> lakeie, die apartheidsvarke.
>
> Die Ruiter in die Dag
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84474 is 'n antwoord op boodskap #84469] Wo, 24 September 2003 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Anti - voor jy verval in 'n tirade van kommuniste agter elke bos....
> Ek het 'n paar geken en ken steeds 'n paar. M.i. verteenwoordig hulle die
> intellektuele sy van die 3-party alliansie.

Die SA Kommuniste Party was voor 1948 'n
gerespekteerde lid van die SA politieke scéne.
Ek wens ek kon die naam onthou van die egpaar
wat so ongeveer as 'n duo die leiers van die
party was. En toe skielik word hulle onwettig
verklaar. En 'n hele klomp ander groepe word
onwettig verklaar. En dis toe die begin van 'n
kommunis agter elke bos. Die stupid stupid
apartheidsvarke.

Gloudina
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84475 is 'n antwoord op boodskap #84469] Wo, 24 September 2003 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Interssant dat Cronin die een is wat 3 jaar terug die mening gehuldig het
> dat verandering, polities, slegs van binne die ANC kan geskied. (Onthou jy
> toe dieselfde opmerkings oor die NAsionale Party gemaak is - 20-jaar
gelede

Ja, die stupid apartheidsvarke was verantwoordelik
vir die groei van die ANC tot 'n superparty. En sulke
superpartye is nooit gesond nie. Maar die ou NP met
sy beleide was die oorsaak van die groei van dié
reus, want dit het kommuniste en swart nasionaliste
en liberaliste almal in dieselfde kamp gejaag.
Ons sit met dieselfde probleem van 'n superparty
hier in Kanada. Die Liberal Party is so sterk en die
ou Conservative Party so versplinter, dat daar 'n
vete begin het tussen die mense om Jean Chretien
en mense om Paul Martin, die vorige Minister van
Finansies, wat vir Chretien probeer uitstoot het.
Chretien het geweier om uitgestoot te word, en het
nou eers, na tien jaar as Prime Minister, besluit om
te bedank. Paul Martin sal daarna eerste minister van
Kanada word.

Gloudina
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #84480 is 'n antwoord op boodskap #84475] Do, 25 September 2003 03:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti jy is nie helemaal reg nie.(Hoe's daai vir sensitiwiteit?) Kyk mooi na
die doelstellinge van die SAKP in die RSA op daai tydstip binne die konteks
van ander politieke rigtings.
Kommunisme was op dardie tydstip ervaar as ware bedreiging - m.i. met rede.
Maar veral was dit die westerse invloed wat kommunisme toe as die groot
vyand geidentifiseer het. En as jy let op die doelstelling van die
kommuniste op daardie tydstip het hulle, die kommuniste, die bliksem op
hulself getrek.
Vandag is die vrese rondom kommunisme vergete - maar ek en jy weet wat die
werklikhede van die Koue Orlog was. Rusland het hom baie bepaald beywer,
deur kommunistiese partye wêreldwyd om die wêreld toe "oorheers".
So - daar was apartheid en daar was varke - maar mens moet nie deurlopend
die twee in 'n hok jaag nie...
"@rogers.com" wrote in message
news:ZPmcb.108766$DZ.30890@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Interssant dat Cronin die een is wat 3 jaar terug die mening gehuldig het
>> dat verandering, polities, slegs van binne die ANC kan geskied. (Onthou jy
>> toe dieselfde opmerkings oor die NAsionale Party gemaak is - 20-jaar
> gelede
>
> Ja, die stupid apartheidsvarke was verantwoordelik
> vir die groei van die ANC tot 'n superparty. En sulke
> superpartye is nooit gesond nie. Maar die ou NP met
> sy beleide was die oorsaak van die groei van dié
> reus, want dit het kommuniste en swart nasionaliste
> en liberaliste almal in dieselfde kamp gejaag.
> Ons sit met dieselfde probleem van 'n superparty
> hier in Kanada. Die Liberal Party is so sterk en die
> ou Conservative Party so versplinter, dat daar 'n
> vete begin het tussen die mense om Jean Chretien
> en mense om Paul Martin, die vorige Minister van
> Finansies, wat vir Chretien probeer uitstoot het.
> Chretien het geweier om uitgestoot te word, en het
> nou eers, na tien jaar as Prime Minister, besluit om
> te bedank. Paul Martin sal daarna eerste minister van
> Kanada word.
>
> Gloudina
>
Re: Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme? [boodskap #85041 is 'n antwoord op boodskap #84454] Sa, 04 Oktober 2003 23:22 Na vorige boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Paul

Een van die mens se basiese behoeftes is die behoefte om op een of ander
terrein of manier meerderwaardig te voel. (Ons almal doen dit - ek
ingesluit) Gloudina doen dit deur intelligent te probeer klink met haar
gediggies (alles ander mense s'n) en nonsens pratery en om mense soos jy af
te kraak.
Moet jou nie aan Gloudina steur nie. Volgens my is jou beskouing reg en
suiwer.
............................................................ ................
.............
"As jy nie kulturele maniere ken nie,
moenie ons Afrikaanse nuusgroep gebruik vir
jou "wit" gepolitiekery nie. Daar is genoeg mense
in SA wat die werk al klaar doen. Wat is jou
agenda dat jy daar in Europa sit en probeer om
dinge oor SA kwyt te raak? Of kry jy, soos baie
regse skrywers in SA, finansiële hulp uit Noord-
Amerika om hulle "wit " agendas te propageer?"
............................................................ ................
..............

Jy is verkeerd Gloudina. Laat die man praat as hy wil. As jy nie wil luister
nie - ek wil graag.

Spencer
Vorige onderwerp: Regstellendekostes
Volgende onderwerp: " staat " deur NIEL VAN TONDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 20:10:04 MGT 2024