Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weet iemand meer?
| Weet iemand meer? [boodskap #81854] |
Wo., 06 Augustus 2003 06:27  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Van die nuwe aankondiging ivm skole - dat kinders nie meer na 2006 eksamen
gaan skryf nie, maar ge-evalueer gaan word, en enige kind wat meer as 70%
dan sou behaal word as "uitstaande" aangetoon?
Praat van verlaging van standaarde.!
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82084 is 'n antwoord op boodskap #81854] |
Di., 12 Augustus 2003 01:01   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Annette wrote
> Van die nuwe aankondiging ivm skole - dat kinders nie meer na 2006 eksamen
> gaan skryf nie, maar ge-evalueer gaan word, en enige kind wat meer as 70%
> dan sou behaal word as "uitstaande" aangetoon?
> Praat van verlaging van standaarde.!
Dit lyk vir my die Noord-Amerikaanse puntegee het
ook al in SA ingesypel. Toe ek nog op skool was,
was 50% 'n gemiddelde persentasie (D in die eksamen),
60% was 'n C en was as " eersteklas" geklassifiseer.
70% was 'n B en net baie goeie studente kon B's kry.
'n A was 'n uiters skaars simbool in Matriek en is net
behaal as jy absoluut briljant was. Die eksamenvraestelle
was daarop gemik om kandidate so deeglik te toets, dat
die persentasies en simbole die ware toestand van sake
van 'n student kon weerspieel. As mens byvoorbeeld na
Universiteit gegaan het, kon mens deur net te luister na
iemand se simbole, weet watter kwaliteit student hy was.
Dit was 'n uitstekende manier om die skape van die bokke
te skei. As jy my man se Standerd Tien simbole kan
vergelyk met myne, dan kan jy onmiddellik sien hoeveel
slimmer hy was as ek.
Maar toe ek hier in Kanada kom, toe vind ek dat
alle punte hier in die boonste persentasies ingebondel
is. En dis belaglik, want dit wys nie vir mens hoe goed of hoe
middelmatig studente is nie. En toe my kinders begin punte
huistoe bring, en hulle vertel vir my hulle het 89%, dan moet
ek vra of dit nou goed of sleg is, want ek weet nie of hulle
nou verwag het om bo 90% te kry nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82104 is 'n antwoord op boodskap #82084] |
Di., 12 Augustus 2003 11:41   |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
My jongste meisie het onlangs die presidents toekenning gekry aan die einde
van haar "Middle School" (Gr6,7,8). Mens moet vir die 3 jaar "Straight A's"
kry om dit te verdien. Ek weet sy studeer baie hard en het nooit probleme
met haar gesindheid teenoor haar skoolwerk nie. Wat my verbaas is dat daar
so baie kinders wat die toekenning gekry het. Uit bykans 700 kinders het
amper 100 die toekenning gekry.
Oor die algemeen is dit nog steeds beter as in Suid Afrika waar daar
duidelik ook maar voorkeer gegee word aan die kinders van die "ryk dokter"
wat gereeld die skool sponser. Die omgewing waar ons gewoon het, se 2
algemene praktisyns se kinders was in dieselfde skool as ons kinders. Ek het
beide ook persoonlik geken, een van hulle se siening was dat hy nie die
skool gaan omkoop om hulle werk te doen nie. Sy kinders was onbekend in die
skool en moes werk vir hulle punte. Aan die ander kant het almal die 2de
dokter se kinders geken want hulle was altyd opgehemel en was ook altyd
gekies as hoofmeisies. Hulle en so 'n paar ander lokale besigheids mense se
kinders het altyd die verhoog volgestaan waneer daar toekennings uitgedeel
word. Die punte wat jou kinders behaal het was direk proporsioneel met die
hoeveelheid geld wat jy aan die skool skenk.
So ja antie dit is dalk so dat die noord amerikaanse skole te maklik punte
toeken maar ten minste weet jy die kinders wat wel A's kry doen hulle werk.
In 'n mate word die skape wel van die bokke geskei, nie die rykes van die
armes nie.
"@rogers.com" wrote in message news:L%WZa.167058$rsJ.143773@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Annette wrote
>
>> Van die nuwe aankondiging ivm skole - dat kinders nie meer na 2006 eksamen
>> gaan skryf nie, maar ge-evalueer gaan word, en enige kind wat meer as 70%
>> dan sou behaal word as "uitstaande" aangetoon?
>> Praat van verlaging van standaarde.!
>
> Dit lyk vir my die Noord-Amerikaanse puntegee het
> ook al in SA ingesypel. Toe ek nog op skool was,
> was 50% 'n gemiddelde persentasie (D in die eksamen),
> 60% was 'n C en was as " eersteklas" geklassifiseer.
> 70% was 'n B en net baie goeie studente kon B's kry.
> 'n A was 'n uiters skaars simbool in Matriek en is net
> behaal as jy absoluut briljant was. Die eksamenvraestelle
> was daarop gemik om kandidate so deeglik te toets, dat
> die persentasies en simbole die ware toestand van sake
> van 'n student kon weerspieel. As mens byvoorbeeld na
> Universiteit gegaan het, kon mens deur net te luister na
> iemand se simbole, weet watter kwaliteit student hy was.
> Dit was 'n uitstekende manier om die skape van die bokke
> te skei. As jy my man se Standerd Tien simbole kan
> vergelyk met myne, dan kan jy onmiddellik sien hoeveel
> slimmer hy was as ek.
> Maar toe ek hier in Kanada kom, toe vind ek dat
> alle punte hier in die boonste persentasies ingebondel
> is. En dis belaglik, want dit wys nie vir mens hoe goed of hoe
> middelmatig studente is nie. En toe my kinders begin punte
> huistoe bring, en hulle vertel vir my hulle het 89%, dan moet
> ek vra of dit nou goed of sleg is, want ek weet nie of hulle
> nou verwag het om bo 90% te kry nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82109 is 'n antwoord op boodskap #82104] |
Di., 12 Augustus 2003 13:20   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Glücklich wrote
> So ja antie dit is dalk so dat die noord amerikaanse skole te maklik punte
> toeken maar ten minste weet jy die kinders wat wel A's kry doen hulle werk.
> In 'n mate word die skape wel van die bokke geskei, nie die rykes van die
> armes nie.
Ek weet nie waarna jy verwys as jy praat van die rykes/armes skeiding
nie. Van die ou dae in SA? Of van wat nou nog in Florida gebeur?
In my dae in SA ( dit is nou lank gelede) was beide Standerd 8 en 10
publieke eksamens. Jou onderwysers het nie geweet wat op die
vraestelle verskyn nie. Dit is deur spanne onderwysers sentraal gemerk.
My argument is dat geen student, enige plek in die wereld, 'n A behoort
te kry tensy hy in die boonste tien persent van die studentebevolking hoort
nie. Anders word A's niksseggend. As al my kinders A's kry, hoe weet ek
as ouer wie is nou die heel beste en wie is net bietjie minder goed as
daardie
een. Dis as gevolg daarvan dat universiteite hier in Kanada gewoonlik nie
meer te veel aandag gee aan die sekondere skool-punte nie, maar ander
maatstawwe gebruik. Die Universiteit van Waterloo het byvoorbeeld hulle
eie kompetisies vir wiskunde, fisika en chemie, en daar word gewoonlik
daarna gekyk as jy aansoek doen vir wetenskaplike studies. Party kinders
in Kanada neem die SAT , veral as hulle miskien van plan is om in die
VSA te studeer, maar dit is nie 'n vreeslike goeie maatstaf nie, want dit
is te maklik om nogal goed te lyk op 'n SAT score, en glad nie briljant
te wees nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82286 is 'n antwoord op boodskap #82284] |
Vr., 15 Augustus 2003 14:01   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee man Suidwester - gaan skryf nou akademies mooi soet tien keer uit, en
bedank Gloudina dat sy so besorg oor jou is dat sy jou wil help om reg te
spel.;)
Annette
-"Suidwester" skryf in boodskap news:3f3ce214.0@news1.mweb.co.za...
> Ja ou bene, beide sal vir jou 'n paar lessies kan leer....
> "@rogers.com" wrote in message
> news:pHr_a.145616$4UE.15393@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>
>> Suidwester wrote
>>
>> Vir
>>> jou inligting, die betrokke persoon wat kla oor die akedemiese standaarde
>> is
>>> 'n professor doktor by Unisa en is nie die enigste een nie!
>>
>> En ek hoop dat jou " professor doktor by Unisa" weet
>> hoe om die woord " akademies" te spel.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
>> en haar gunsteling-akkedis
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82290 is 'n antwoord op boodskap #82287] |
Vr., 15 Augustus 2003 15:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee man Suidwester - Gloudina is te oud om 'n koei te kan wees.
Wat word van koeie?
Ons eet tog beesvleis, nie koeivleis nie;))
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f3cece6.0@news1.mweb.co.za...
> k.o.e.i........k.o.e.i.........k.o.e.i......ensovoorts! Behoort haar
> tevrede te stel?
> "Annette" wrote in message
> news:bhipq7$18f2$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Ag nee man Suidwester - gaan skryf nou akademies mooi soet tien keer uit,
> en
>> bedank Gloudina dat sy so besorg oor jou is dat sy jou wil help om reg te
>> spel.;)
>>
>> Annette
>>
>>
>> -"Suidwester" wrote in message
>> news:3f3ce214.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ja ou bene, beide sal vir jou 'n paar lessies kan leer....
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:pHr_a.145616$4UE.15393@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>>>
>>>> Suidwester wrote
>>>>
>>>> Vir
>>>> > jou inligting, die betrokke persoon wat kla oor die akedemiese standaarde
>>>> is
>>>> > 'n professor doktor by Unisa en is nie die enigste een nie!
>>>>
>>>> En ek hoop dat jou " professor doktor by Unisa" weet
>>>> hoe om die woord " akademies" te spel.
>>>>
>>>> Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
>>>> en haar gunsteling-akkedis
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82334 is 'n antwoord op boodskap #82290] |
Sa., 16 Augustus 2003 09:49   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Koeie is jou teeldiere. Jy gee hulle volop kos sodat hulle lekker kan
spyker en kallers kan maak. Sodra sy te oud is dat die bulle haar nie meer
wil hê nie, dan laai jy haar weg slagpale toe.....die graad vleis is nie so
goed nie want sy's so effe taai, maar hulle maak darem 'hamburger patties'
van haar. Dis maar die vrou se lot! Weet jy wat gaan alles in die
verskillende soorte polonies in? Dis nou jou salamis, frankfurters,
rooiworsies, ens. Bo en behalwe die harslag [hart, longe, poepol, ens] van
omtrent enige dier, ook van perde [wat te oud geword het om wedrenne te
wen], donkies, sulke vrekoud en taai Gloudina-like koeie en enigiets anders
wat jy nie weet wat om mee te maak nie. Daar is darem 'n liggie voor in
die tonnel.......die ou teelbulle eet darem genadebrood op 'n groen kampie
op die plaas! Ek meen, hoe kan jy tjops van 'n meester maak?
"Annette" skryf in boodskap news:bhiv75$2mbs$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Ag nee man Suidwester - Gloudina is te oud om 'n koei te kan wees.
> Wat word van koeie?
> Ons eet tog beesvleis, nie koeivleis nie;))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f3cece6.0@news1.mweb.co.za...
>> k.o.e.i........k.o.e.i.........k.o.e.i......ensovoorts! Behoort haar
>> tevrede te stel?
>> "Annette" wrote in message
>> news:bhipq7$18f2$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>> Ag nee man Suidwester - gaan skryf nou akademies mooi soet tien keer uit, en
>>> bedank Gloudina dat sy so besorg oor jou is dat sy jou wil help om reg te
>>> spel.;)
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> -"Suidwester" wrote in message
>>> news:3f3ce214.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ja ou bene, beide sal vir jou 'n paar lessies kan leer....
>>>> "@rogers.com" wrote in message
>>>> news:pHr_a.145616$4UE.15393@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>>> >
>>>> > Suidwester wrote
>>>> >
>>>> > Vir
>>>> > > jou inligting, die betrokke persoon wat kla oor die akedemiese standaarde
>>>> > is
>>>> > > 'n professor doktor by Unisa en is nie die enigste een nie!
>>>> >
>>>> > En ek hoop dat jou " professor doktor by Unisa" weet
>>>> > hoe om die woord " akademies" te spel.
>>>> >
>>>> > Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
>>>> > en haar gunsteling-akkedis
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Weet iemand meer? [boodskap #82344 is 'n antwoord op boodskap #82334] |
Sa., 16 Augustus 2003 13:59  |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
My ma het altyd gesê "wat nie dood maak nie maak vet".
Maar noudat die verbintenis tussen die antie en polonie gemaak het, gaan ek
sekerlik nie gou weer polonie eet nie.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f3e08f6.0@news1.mweb.co.za...
> Koeie is jou teeldiere. Jy gee hulle volop kos sodat hulle lekker kan
> spyker en kallers kan maak. Sodra sy te oud is dat die bulle haar nie meer
> wil hê nie, dan laai jy haar weg slagpale toe.....die graad vleis is nie so
> goed nie want sy's so effe taai, maar hulle maak darem 'hamburger patties'
> van haar. Dis maar die vrou se lot! Weet jy wat gaan alles in die
> verskillende soorte polonies in? Dis nou jou salamis, frankfurters,
> rooiworsies, ens. Bo en behalwe die harslag [hart, longe, poepol, ens] van
> omtrent enige dier, ook van perde [wat te oud geword het om wedrenne te
> wen], donkies, sulke vrekoud en taai Gloudina-like koeie en enigiets anders
> wat jy nie weet wat om mee te maak nie. Daar is darem 'n liggie voor in
> die tonnel.......die ou teelbulle eet darem genadebrood op 'n groen kampie
> op die plaas! Ek meen, hoe kan jy tjops van 'n meester maak?
> "Annette" wrote in message
> news:bhiv75$2mbs$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Ag nee man Suidwester - Gloudina is te oud om 'n koei te kan wees.
>> Wat word van koeie?
>> Ons eet tog beesvleis, nie koeivleis nie;))
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3f3cece6.0@news1.mweb.co.za...
>>> k.o.e.i........k.o.e.i.........k.o.e.i......ensovoorts! Behoort haar
>>> tevrede te stel?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:bhipq7$18f2$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>>>> Ag nee man Suidwester - gaan skryf nou akademies mooi soet tien keer uit, en
>>>> bedank Gloudina dat sy so besorg oor jou is dat sy jou wil help om reg te
>>>> spel.;)
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> -"Suidwester" wrote in message
>>>> news:3f3ce214.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ja ou bene, beide sal vir jou 'n paar lessies kan leer....
>>>> > "@rogers.com" wrote in message
>>>> > news:pHr_a.145616$4UE.15393@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>>>> > >
>>>> > > Suidwester wrote
>>>> > >
>>>> > > Vir
>>>> > > > jou inligting, die betrokke persoon wat kla oor die akedemiese standaarde
>>>> > > is
>>>> > > > 'n professor doktor by Unisa en is nie die enigste een nie!
>>>> > >
>>>> > > En ek hoop dat jou " professor doktor by Unisa" weet
>>>> > > hoe om die woord " akademies" te spel.
>>>> > >
>>>> > > Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee
>>>> > > en haar gunsteling-akkedis
>>>> > >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 19:24:47 UTC 2026
|