Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uitvindings
| Uitvindings [boodskap #80817] |
Di., 22 Julie 2003 12:00  |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
|
Senior Lid |
|
|
Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
met die verloop van tyd.
Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
as vanselfsprekend...
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80820 is 'n antwoord op boodskap #80817] |
Di., 22 Julie 2003 12:10   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Baie dankie vir die navraag - ek het my nou so pas slap gelag by:
http://www.howtofailinbusinessbook.com/inventionspage.htm
Ek weet nie of dit als net tong in die kies is nie
Annette
"Jottie" skryf in boodskap news:3f1d2751$0$255$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
> straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
> mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
> met die verloop van tyd.
> Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
> veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
> vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
> as vanselfsprekend...
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80845 is 'n antwoord op boodskap #80839] |
Di., 22 Julie 2003 20:04   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat my getiekel het is daardie papierklipregmaker wat 3 per uur herstel en
30 000 USD kos;))
Annette
"Jottie" skryf in boodskap news:3f1d6b44$0$255$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
> Ek dink die Year 3000 countdown clock is absoluut uitstekend!! ;-)
>
> "Annette" wrote in message
> news:bfj9qr$fbmct$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Baie dankie vir die navraag - ek het my nou so pas slap gelag by:
>> http://www.howtofailinbusinessbook.com/inventionspage.htm
>>
>> Ek weet nie of dit als net tong in die kies is nie
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80847 is 'n antwoord op boodskap #80840] |
Di., 22 Julie 2003 20:54   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 22 Jul 2003 14:38:56 -0400, "Glücklich" wrote:
>> As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
>> maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
>> ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk,
>
> Wees verseker dat dit jou lus om iets te ontwerp totaal sal blus.
> Ek het al sulke kontrakte geteken, maar nie daarna eers probeer om iets te
> ontwerp nie.
>
>
Ek het vir Anglo American GM & Co ltd 'n patent ontwerp.
'n Patent wat eerstens die myngroep honderde duisende rande spaar
op een dag, en tweedens die ambagsmanne en werkers in veel veiliger en
skoner toestande laat werk. Voorts verkort dit 'n spesifieke werk met
sowat drie ure.
Enkele dae later groot gedoe met my foto in 'n koerant, afgeneem
terwyl 'n tjek aan my oorhandig word. Dae later moes ek teken dat
ek besef dat dit hulle eiendom is, omdat ek daardie jare vir die groep
gewerk het. Die tjek wat ek ontvang het, was nie 'n tiende van wat
ek sou gekry het, indien ek dit buite gepanteer het.
Speedy
|
|
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80864 is 'n antwoord op boodskap #80847] |
Wo., 23 Julie 2003 07:14   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
te kry. Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
nie verkoop nie!
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:bl8rhvkt7ap0ahfoovnld8dq7b3kbee8in@4ax.com...
> On Tue, 22 Jul 2003 14:38:56 -0400, "Glücklich" wrote:
>
>>> As jy as ontwerpingenieur werk vir enige
>>> maatskappy, wees verseker hulle gaan jou 'n kontrak laat teken dat enige
>>> ding wat jy ontwerp of ontwikkel terwyl jy vir hulle werk,
>>
>> Wees verseker dat dit jou lus om iets te ontwerp totaal sal blus.
>> Ek het al sulke kontrakte geteken, maar nie daarna eers probeer om iets te
>> ontwerp nie.
>>
>
> Ek het vir Anglo American GM & Co ltd 'n patent ontwerp.
> 'n Patent wat eerstens die myngroep honderde duisende rande spaar
> op een dag, en tweedens die ambagsmanne en werkers in veel veiliger en
> skoner toestande laat werk. Voorts verkort dit 'n spesifieke werk met
> sowat drie ure.
> Enkele dae later groot gedoe met my foto in 'n koerant, afgeneem
> terwyl 'n tjek aan my oorhandig word. Dae later moes ek teken dat
> ek besef dat dit hulle eiendom is, omdat ek daardie jare vir die groep
> gewerk het. Die tjek wat ek ontvang het, was nie 'n tiende van wat
> ek sou gekry het, indien ek dit buite gepanteer het.
>
>
> Speedy
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80900 is 'n antwoord op boodskap #80864] |
Wo., 23 Julie 2003 18:54   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 23 Jul 2003 08:14:48 +0100, "Suidwester" wrote:
> Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
> ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
> aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
> omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
> te kry.
Toegegee, maar dit sou ook geld vir die man wat, soos almal, sy klere
oor 'n boomtak gehang het, en toe 'n klerehanger ontwerp het. En die
man wat in die stalle gekyk het hoe koeie gemelk word, en toe 'n
melkmasjien ontwerp het. Net soos hulle, was die Wright broers ook
in die betrokke werksomgewing toe hulle di eeerste motoraangedrewe
vliegtuig ontwerp het. Alle uitvinders (of ten minste die oorgrote
meerderheid) ontwikkel tog 'n nuwe patent uit dit wat vir hulle 'n
bekende veld is.
> Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
> werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
> ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
> as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
> deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
> die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
> mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
> as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
> nie verkoop nie!
> Meeste ontwerpers kan nie verkoop nie!
sê jy. Die geluk wat aan my kant was,
is dat eerstens het ek Anglo American se geld agter my gehad,
en tweedens was dit in 'n veld waar ek in beheer was, terwyl dit
derdens 'n uiters noodsaaklike produk is.
Somtyds dink mens dat die veld vir ontwerpers wyer was
in die ruwer dae, toe daar (meer goed was?) om uit te vind.
Inderwaarheid is die veld baie meer ruim nou, in 'n meer
ontwikkelde tyd. 'n Tyd waarin die yskas wel al ontwerp is,
maar elektronika bring te weeg dat 'n yskas nou ontwerp
kan word om sy inhoud te tel, en verslag te lewer. Nie
werklik vergesog nie.
Saterdag stap ek deur Game en kyk na 'n reeks huis alarms
wat teen 'n plafon geheg word, en skinder as iemand onder dit
deurloop. (Miskien het die ou wat destyds die deurklokkie gemnaak het,
gedink, dit is dit.)
Speedy
|
|
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80920 is 'n antwoord op boodskap #80900] |
Do., 24 Julie 2003 07:56   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek stem saam met jou oor die groter deel maar verskil net oor die werker wat
vir 'n maatskappy werk. Dit is mos maar so al asof die werker 'n stuk
gereedskap is wat die maatskappy besit? Ek self het 'n paar patente
geregistreer en ek kan jou verseker dat die meeste nuwe idees sneuwel agv
gebrekkige bemarkingvaardighede. Ook natuurlik realiteite, soos
vervaardigingsprosesse van bestaande goete wat reeds die mark besit en wat
hulle net teen groot koste kan verander, ens.
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:ablthvsrhhjcshj28tn26ohnd8nigi7le6@4ax.com...
> On Wed, 23 Jul 2003 08:14:48 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Ek het baie simpatie met jou glo my, maar daar is 'n ander kant van die saak
>> ook. Meeste ouens wat patente binne besigheidomgewing ontwikkel, is
>> aanvanklik deur die besigheid in posisie gestel met die gereedskap en
>> omgewing om van sodanige probleem van bewus te raak en daarvoor 'n oplossing
>> te kry.
>
> Toegegee, maar dit sou ook geld vir die man wat, soos almal, sy klere
> oor 'n boomtak gehang het, en toe 'n klerehanger ontwerp het. En die
> man wat in die stalle gekyk het hoe koeie gemelk word, en toe 'n
> melkmasjien ontwerp het. Net soos hulle, was die Wright broers ook
> in die betrokke werksomgewing toe hulle di eeerste motoraangedrewe
> vliegtuig ontwerp het. Alle uitvinders (of ten minste die oorgrote
> meerderheid) ontwikkel tog 'n nuwe patent uit dit wat vir hulle 'n
> bekende veld is.
>
>> Sekerlik is enige werknemer geregtig op sy werknemer se
>> werkresultate en dit is nie net dit wat jy op papier kan sien nie.....maar
>> ook wat in sy brein aangaan. Troos jou egter daaraan dat seker vir minder
>> as 'n paar persent van die totale private patente wat ooit geregistreer word
>> deur individue, ooit die mark haal as 'n produk. Min, maar min mense het
>> die finansies en bemarkingsvermoë om 'n nuwe patent deur te druk tot op die
>> mark.....tensy hy donners gelukkig is. Jou produk is mos net soveel werd
>> as wat jou medemens bereid is om daarvoor te betaal. Meeste ontwerpers kan
>> nie verkoop nie!
>
>> Meeste ontwerpers kan nie verkoop nie!
> sê jy. Die geluk wat aan my kant was,
> is dat eerstens het ek Anglo American se geld agter my gehad,
> en tweedens was dit in 'n veld waar ek in beheer was, terwyl dit
> derdens 'n uiters noodsaaklike produk is.
>
>
> Somtyds dink mens dat die veld vir ontwerpers wyer was
> in die ruwer dae, toe daar (meer goed was?) om uit te vind.
> Inderwaarheid is die veld baie meer ruim nou, in 'n meer
> ontwikkelde tyd. 'n Tyd waarin die yskas wel al ontwerp is,
> maar elektronika bring te weeg dat 'n yskas nou ontwerp
> kan word om sy inhoud te tel, en verslag te lewer. Nie
> werklik vergesog nie.
> Saterdag stap ek deur Game en kyk na 'n reeks huis alarms
> wat teen 'n plafon geheg word, en skinder as iemand onder dit
> deurloop. (Miskien het die ou wat destyds die deurklokkie gemnaak het,
> gedink, dit is dit.)
>
> Speedy
>
|
|
|
|
| Re: Uitvindings [boodskap #80931 is 'n antwoord op boodskap #80845] |
Do., 24 Julie 2003 12:52  |
Glücklich
Boodskappe: 271 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dink net goed goed 'n verkoopsman moet wees om hierdie soort ding te
verkoop?
> Wat my getiekel het is daardie papierklipregmaker wat 3 per uur herstel en
> 30 000 USD kos;))
> Annette
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 12:02:22 UTC 2026
|