Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Chinese probleem
|
|
| Re: Chinese probleem [boodskap #76684 is 'n antwoord op boodskap #76629] |
Vr., 25 April 2003 18:22   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3EA8611C.50507@rogers.com...
> Was die Kulturele Rewolusie dus 'n volgende
> fase van Mao se plan? Het hy die intellektueles
> na die plase gestuur omdat hulle kommunisme op
> die platteland moes gaan leer? Ek het nog altyd
> aangeneem dat Mao se opinie was dat intellektueles
> geskok moes word uit 'n ivore torinkie uit en dat
> dit dus as 'n soort skoktegniek moes dien. En ek
> het altyd 'n geheime bewondering gehad vir Mao se
> tegniek, veral as ek die klomp akademici by my man
> se universiteite so gade geslaan het. Nou wonder ek
> of sy Kulturele Rewolusie meer om die lyf gehad het
> as net wraak op akademici.
>
> Gloudina
>
Mao het die akademici as revisionisties (en daarom as vyande van die
rewolusie) beskryf. Ek twyfel daarom nie dat hy hulle met groot genot na die
platteland toe
gestuur het as 'n skok nie tydens die Kulturele Rewolusie nie - dit is egter
'n geruime tydjie na die werklike rewolusie. Jy is daarom korrek wanneer jy
opmerk
dat daar meer om die lyf is... dit is nie die rede hoekom hy hierdie
doktrine ontwikkel het nie.
Die kern van sy doktrine is gegrond op die vereiste om 'n magsbasis daar te
stel in 'n omgewing wat vrugbaar is en ontvanklik is vir die kommunistiese
ideologie.
Mao het hierdie 'vrugbare' omgewing nodig gehad as 'n mannekragbron, 'n
inligtingsbron, en ook om logistieke steun te voorsien. Die 'ontvanklikheid'
van
die omgewing was bepaal deur twee faktore:
a. Die gebrek aan 'n sterk sentrale administrasie
b. Wanbestuur deur die administratiewe elemente wat wel in plek was
Met ander woorde... die Sjinese platteland - uitgeknip.
Ek is van mening dat Mao se doktrine evolusioner van aard was. Een van die
redes hoekom Mao tot aan die bitter einde gesag in die PRC kon afdwing, was
sy goeie waarnemingsvermoe, gekoppel aan 'n instinktiewe vermoe om bykans
onversoenbare begrippe te disekteer en sy eie begrippe vanuit die dele te
vorm. So was Mao skynbaar 'n proponent van Clausewitz ('War is the
continuation of politics' in sy "Problems of Strategy in China's
Revolutionary War" van Desember 1936), maar ter selfde tyd ook 'n
implementeerder van Sun Tsu se leerstellinge (Sun Tsu vereis dat die vyand
aangeval moet word waar hy 'swak' is, en vermy moet word waar hy 'sterk'
is). En dit is blerrie moeilik om begrippe van Clausewitz en Sun Tsu te
versoen.
So het Mao aanvanklik die voorskrifte van die Marx-Lenin rewolusionere
doktrine gevolg. Dit is, hy het gepoog om die sentrale gesag deur middel van
vinnige
insurreksies in die stede, omver te gooi. Maar elke keer wat hy dit probeer
het, is sy magte verslaan en verneder. Toe hy oortuig raak van die
nutteloosheid van
hierdie opsie, versoen hy van die begrippe van die Marx-Lenin doktrine met
'n bietjie Sun Tsu en sy eie waarnemings, en sie daar, 'n doktrine wat werk.
Hy het byvoorbeeld bevind dat dit eenvoudiger was om die landvolk
(peasantry) van die kommunistiese saak te oortuig as die industriele
proletariaat. Die KMT (Nasionaliste) se landelike administrasie was
onderontwikkel, die landvolk was keelvol vir uitbuiting deur landhere en Mao
het bykans geen probleme gehad om alternatiewe gesagstrukture daar te stel
nie. Dieselfde was ook waar tydens die Japanese Fase van die rewolusie. Die
Japanese Leer het nooit die vereiste mannekrag in Sjina gehandhaaf om die
platteland ook te domineer nie. Hulle het hul besetting daarom tot die stede
beperk. Mao was as gevolg hiervan in staat om bykans onverhinderd lede vir
die stryd te werf, tot so 'n mate dat, met die ontsetting van Sjina, die CCP
oor meer as 3 miljoen ervare en goed gewapende guerrillas beskik het.
Verdermeer het hierdie benadering die voordeel gehad dat die guerrilla magte
selfonderhoudend geraak het en nie van buitelandse hulp afhanklik was om te
opereer nie. Marx-Engels-Lenin mag dalk voorsryf dat 'n rewolusionere leier
as 'n prioriteit buitelandse steun moet werf. En die kommunistiese manifes
mag dalk
aan elke internasionale kommunis voorskryf om organisasies soos die CCP van
hulp te voorsien. Maar Mao gaan nie vir hulle wag nie. Selfonderhoudendheid
raak
daarom 'n kenmerk van sy doktrine.
Dit blyk of die Voorsitter slegs dit gedoen het wat logies die beste opsie
vir die tyd en plek was, en na die tyd sy doktrine geformuleer het deur 'n
noukeurige waarneming, analise, operasionalisering en veralgemening van die
faktore wat die keuse van die logiese opsie beinvloed het.
Q
|
|
|
|
| Re: Chinese probleem [boodskap #76705 is 'n antwoord op boodskap #76684] |
Vr., 25 April 2003 21:51   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Q wrote:
> Mao het die akademici as revisionisties (en daarom as vyande van die
> rewolusie) beskryf. Ek twyfel daarom nie dat hy hulle met groot genot na die
> platteland toe > gestuur
In die afgelope dekades het ek baie stories
gehoor van wat daar met akademici in Sjina
gebeur het. Maar wat my die meeste verbaas
het, was toe ek eendag 'n stuk van Jan Wong,
'n begaafde Globe and Mail joernalis hier in
Toronto, lees en uitvind dat sy 'n student in
Sjina was en bieg dat sy ewe lustig aan die
studente-aktiwiteite gedurende die Kulturele
Rewolusie deelgeneem het. Ek dink ons in die
Weste het 'n bietjie van 'n verwronge idee van
die aksies van die Kulturele Rewolusie, wat
gevorm is deur die stories van die mense wat
in die slag gebly het. Ek dink miskien was die
aksies van die jeugbrigades van die Kulturele
Rewolusie miskien so 'n kruis tussen die hippies
se aksies in die sestigerjare en die studente-
opstandjies hier in Noord-Amerika ongeveer daardie
tyd, toe hulle in Montreal rekenaars stukkend
geslaan het.
Maar Kommunisme het 'n ingeboude haat
vir die bourgeoisie. Ek kan onthou hoe ek mense
in SA ontmoet het wat uit Oos-Duitsland gevlug
het as jong mense, en hoe hulle vertel het hoe
hulle familie, as hulle professioneles was, dadelik
slagoffers van die Kommunistiese amptenare geword
het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Chinese probleem [boodskap #76742 is 'n antwoord op boodskap #76732] |
Sa., 26 April 2003 15:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja, ek sou my hare met 'n middelpaadjie gekam het;)))
Annette
"Q" skryf in boodskap news:b8dvj0$ahq$1@hercules.btinternet.com...
>
> wrote:
>>
>
>> en bieg dat sy ewe lustig aan die
>> studente-aktiwiteite gedurende die Kulturele
>> Rewolusie deelgeneem het.
>
>
> Ek is van mening dat elke regdenkende mens op een of ander statium wens dat
> tydmasjiene 'n werklikheid was. Miskien, sou ons weer 'n kans gegun word,
> sal ons dalk iets anders doen?
>
> Q
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Chinese probleem [boodskap #76755 is 'n antwoord op boodskap #76751] |
Sa., 26 April 2003 18:09   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis presies daardie bron wat ek aangehaal het, DD. Dit was een van Fanus
Rautenbach se grappies een oggend oor Flink uit die Vere.
Ek het my al die jare slap gelag vir daardie grappie, en snaaks genoeg, ek
vertolk dit heeltemal anders as jy.
Annette
"Davie Davis" skryf in boodskap news:82hlavgdj8cc9s24ooqp1rha8jp9joonmn@4ax.com...
> On Sat, 26 Apr 2003 17:47:51 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ja, ek sou my hare met 'n middelpaadjie gekam het;)))
>> Annette
>>
>
> Ek weet nie of Annette se bron so oud soos myne is nie, maar...
> somtyds vergeet mens die komiese grappe en om een of ander rede
> steek iets droog in jou geheue vas.
>
> Laank lank voor my geboorte, dit moes in Gloudina se jare gewees het.
> het ek gelees van die joernalis wat aan 'n omie op sy 100ste
> verjaardag gevra het of hy, indien hy kon natuurlik, enigiets in sy
> lewe sou verander.
>
> "Ja" het hy gesê. "Ek sou my hare met 'n middlpaadjie kam."
> Weet nie hoekom, (Ek het dit ongeveer twee eeue gelede gelees) ek dit
> onthou nie. Ek het afgelei dat dit sy manier was om te sê dat die
> Koning vir hom alles gegee het wat hy nodig gehad het.
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Chinese probleem [boodskap #76770 is 'n antwoord op boodskap #76751] |
Sa., 26 April 2003 22:55   |
Quintin
Boodskappe: 136 Geregistreer: April 2002
|
Senior Lid |
|
|
"Davie Davis" skryf
>> Ja, ek sou my hare met 'n middelpaadjie gekam het;)))
>> Annette
>>
>
> Ek weet nie of Annette se bron so oud soos myne is nie, maar...
> somtyds vergeet mens die komiese grappe en om een of ander rede
> steek iets droog in jou geheue vas.
>
> Laank lank voor my geboorte, dit moes in Gloudina se jare gewees het.
> het ek gelees van die joernalis wat aan 'n omie op sy 100ste
> verjaardag gevra het of hy, indien hy kon natuurlik, enigiets in sy
> lewe sou verander.
>
> "Ja" het hy gesê. "Ek sou my hare met 'n middlpaadjie kam."
> Weet nie hoekom, (Ek het dit ongeveer twee eeue gelede gelees) ek dit
> onthou nie. Ek het afgelei dat dit sy manier was om te sê dat die
> Koning vir hom alles gegee het wat hy nodig gehad het.
>
> DD
>
Dankie DD,
Ek het nie 'n benul gehad waarvan Annette praat nie. Ondervinding het my
geleer om nooit sekere onderwerpe met vroumense te bespreek nie en aangesien
haarstyle is een van hulle is, wou ek nie vra nie.
Nou dat ek weet, laat dit my dink aan 'n insidentjie hier in die media...
Een van die 'Big Brother' deelnemers word gevra om haar gunsteling
aktiwiteit te noem. Sy antwoord toe dat sy daarvan hou om haar oe te knip.
Salig is die...
Q
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Suidwester se Chinese probleem [boodskap #76862 is 'n antwoord op boodskap #76852] |
Di., 29 April 2003 06:45   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die vraag is net of ek beter wil doen? Mens skik jou darem mos na jou
geselskap, huh? Dis net vir my snaaks dat al jou name almal trek op een
ding: Dit wat jy nie kan kry nie.....Kooitryn, Streepmuis, ens. Foei
tog, is jy sê hard up? Wat's fout met die Amerikaanse mans dat hulle jou
nie kan 'uitsort' nie? Miskien sal 'n foto die rede gee, skattie?
"Katryn" skryf in boodskap news:fefqavscm4qb7qdugl4jnfms2ame48idd4@4ax.com...
>
> Hahahahaaaaheheheheheheh gie gie gie gaaaaaa GAAAAAAAAA
>
> Dickie, ek sien jou probeer nou rerig hard. Maar ou woestyngogga, ek
> is SEKER jy kan beter doen? Of hoe seg ek dan nou, hmmm?
> (terloops, moenie dat my antwoord op jou vraag jou so ontstel nie.)
>
> "Suidwester" wrote:
>
>> Plus: Koeitryn?
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3eacd62b.0@news1.mweb.co.za...
>>> Net so nog ene....Kooitryn?
>>> "Katryn" wrote in message
>>> news:1sdlav0epvd5ghvp7l18qo0hbj4320r8iv@4ax.com...
>>>> "Suidwester" wrote:
>>>>
>>>> >Waar kom jy aan die naam Dickie?
>>>>
>>>> Dis die geverafrikaniseerde vorm van "Dickey".
>>>> 'n Dickey is o.a 'n klein voëltjie of 'n donkie.
>>>> In jou geval dus 'n verwysing na 'n donkie met 'n klein voëltjie.
>>>>
>>>>
>
>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Suidwester se Chinese probleem [boodskap #76904 is 'n antwoord op boodskap #76862] |
Di., 29 April 2003 15:41   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ag weet jou ou Dickey, jy is eintlik baie vervelig en erg vlak. Ek
het gehoop dat jy jou pogings tot beledigings darem na 'n effense hoër
vlak sou kon bring, maar helaas, ek sien jy kan gladnie verby die mees
basiese en platvloerse kom nie. So, ou basjan ek jou na
maar vir eers - tot volgende keer wanneer ek weer lus is vir visvang.
"Suidwester" wrote:
> Die vraag is net of ek beter wil doen? Mens skik jou darem mos na jou
> geselskap, huh? Dis net vir my snaaks dat al jou name almal trek op een
> ding: Dit wat jy nie kan kry nie.....Kooitryn, Streepmuis, ens. Foei
> tog, is jy só hard up? Wat's fout met die Amerikaanse mans dat hulle jou
> nie kan 'uitsort' nie? Miskien sal 'n foto die rede gee, skattie?
> "Katryn" wrote in message
> news:fefqavscm4qb7qdugl4jnfms2ame48idd4@4ax.com...
>> Hahahahaaaaheheheheheheh gie gie gie gaaaaaa GAAAAAAAAA
>> Dickie, ek sien jou probeer nou rerig hard. Maar ou woestyngogga, ek
>> is SEKER jy kan beter doen? Of hoe seg ek dan nou, hmmm?
>> (terloops, moenie dat my antwoord op jou vraag jou so ontstel nie.)
>> "Suidwester" wrote:
>>> Plus: Koeitryn?
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3eacd62b.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Net so nog ene....Kooitryn?
>>>> "Katryn" wrote in message
>>>> news:1sdlav0epvd5ghvp7l18qo0hbj4320r8iv@4ax.com...
>>>> > "Suidwester" wrote:
>>>> >
>>>> > >Waar kom jy aan die naam Dickie?
>>>> >
>>>> > Dis die geverafrikaniseerde vorm van "Dickey".
>>>> > 'n Dickey is o.a 'n klein voëltjie of 'n donkie.
>>>> > In jou geval dus 'n verwysing na 'n donkie met 'n klein voëltjie.
>>>> >
>>>> >
>>
>>
>>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Suidwester se Chinese probleem [boodskap #76943 is 'n antwoord op boodskap #76907] |
Wo., 30 April 2003 06:51  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ag foei tog, DD, Dawie Dawis, Drol, of wat ook al jy is? Miskien moet jy
'n sielkundige gaan sien, want iemand wat soveel identiteite besig kan nie
normaal wees nie. Of kruip jy vir iets weg? Maak nie saak nie, jou
opinie maak nie saak nie.
"DD" skryf in boodskap news:sodtavg4k87a5h3n8kk112fi87hg3acmdd@4ax.com...
> On Tue, 29 Apr 2003 11:41:18 -0400, Katryn
> wrote:
>
>>
>> Ag weet jou ou Dickey, jy is eintlik baie vervelig en erg vlak.
>
>>>> Kooitryn, Streepmuis, ens.
>
> Suidwester, ek het besluit ek hou nie van jou gesig nie
> en soos jy sal kan getuig, ignoreer ek jou. Intussen het ek
> simpatie opgebou vir die gaygeit van Woestynrot. En nou
> lei ek af dat julle dieselfde persoon is. Ietwat onregverdig, is dit
> nie? Want nou kry jy aandag van mense wat nog minder van jou
> ander gedaante hou.
>
> DD
>
|
|
|
|
| Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 06:24:25 UTC 2026
|