| Vreemde woorde [boodskap #65636] |
Ma., 26 Augustus 2002 08:51  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
Koot
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65643 is 'n antwoord op boodskap #65638] |
Ma., 26 Augustus 2002 14:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die woord wat my nog altyd van kleinsdag af fassineer is perske.
Annette
"Globalrider" skryf in boodskap news:eqna9.12019$MC2.33005@news-server.bigpond.net.au...
> Ek sou raai dieselfde kaliber wat 'n woord soos "wans" uitdink! Wat op aarde
> sou wans beteken?
>
> Hantam
>
> Koot Pieterse
>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit. By Yskor in VdBP het die
>> mense gepraat van "haspels", en 'n haspelaar was die moerse katrol wat die
>> staalplate moes oprol. Ek sien in Ingels gebruik hulle net so 'n snaakse
>> woord: "brondel", en ek vermoed dis die Rooitaal vir dieselfde ding.
>>
>> Wie dink 'n woord soos "haspel" uit?
>>
>> Koot
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65653 is 'n antwoord op boodskap #65652] |
Ma., 26 Augustus 2002 22:36   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Koot Pieterse
> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.
Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?
Gloudina : Weet jy regtig nie?
Wouter
Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .
My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
"wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
nooit teëgekom het nie.
wans: UIT wans uit.
1. Dadelik.
2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
3. Van sy sinne.
4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
dit reent geweldig, baie swaar.
Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
dis vir my onbekend.
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65659 is 'n antwoord op boodskap #65653] |
Di., 27 Augustus 2002 06:19   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Wouter,
Dis hoe ek die term ken. Wat "wans" spesifiek beteken, weet ek glad nie. Ek
het dit verstaan as iets soos proporsie of verhouding.
Wat sê Arthur?
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d6aad6b.0@news1.mweb.co.za...
> Koot Pieterse
>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.
>
> Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?
>
> Gloudina : Weet jy regtig nie?
>
> Wouter
> Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
> Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
> bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
> onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .
>
> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
> "wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
> nooit teëgekom het nie.
>
> wans: UIT wans uit.
> 1. Dadelik.
> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
> 3. Van sy sinne.
> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
> dit reent geweldig, baie swaar.
>
> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
> dis vir my onbekend.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65668 is 'n antwoord op boodskap #65653] |
Di., 27 Augustus 2002 11:12   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
> "wans" self nie
> wans: UIT wans uit.
> 1. Dadelik.
> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
> 3. Van sy sinne.
> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
> dit reent geweldig, baie swaar.
>
> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
> dis vir my onbekend.
Ja, nommer drie en vier is vir my ook onbekend.
Ek ken alleen " uit wans uit" en die "wans" daar
het dieselfde etimologiese oorsprong as die
Engelse woord "once." Die betekenis is dus "reg
van die begin af." "Right from the word go."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65678 is 'n antwoord op boodskap #65659] |
Di., 27 Augustus 2002 15:37   |
Arthur
Boodskappe: 609 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Koot Pieterse" schreef...
> Dis hoe ek die term ken. Wat "wans" spesifiek beteken, weet ek glad nie. Ek
> het dit verstaan as iets soos proporsie of verhouding.
>
> Wat sê Arthur?
Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
Anglisisme .... at once.
Groete,
Arthur
> "Wouter Plaasvark" wrote...
>> Koot Pieterse
>>> Soms gooi 'n woord mens mos sommer uit wans uit.
>>
>> Hantam : Wat op aarde sou wans beteken?
>>
>> Gloudina : Weet jy regtig nie?
>>
>> Wouter
>> Jy kan aanvaar 'n bitter klein deel van die mense op die lys sal weet,
>> Gloudina. Ek het self nie 'n idee wat dit beteken nie, ek ken wans
>> bloot in die effens argaïese "uit wans uit", wat sover ek weet
>> onmiddellik beteken, soos in "from the word go". .
>>
>> My verklarende woordeboek verklaar slegs "uit wans uit" en nie
>> "wans" self nie en gee 'n paar ander betekenisse wat ek nog
>> nooit teëgekom het nie.
>>
>> wans: UIT wans uit.
>> 1. Dadelik.
>> 2. Onmiddellik, uit die staanspoor uit.
>> 3. Van sy sinne.
>> 4. Deurmekaar, ordeloos; dit reent sommer UIT wans uit,
>> dit reent geweldig, baie swaar.
>>
>> Ek aanvaar Koot het hierbo die vierde betekenis bedoel, maar
>> dis vir my onbekend.
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65682 is 'n antwoord op boodskap #65679] |
Di., 27 Augustus 2002 23:41   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>> Anglisisme .... at once.
> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
spellinge vir dieselfde woord uit die ou
Angel-Saksies of watookal die oorsprong
was van die Engelse "once" en die dialek of
taal op die Europese vasteland wat ook die
woord gehad het maar dit as "wans" gespel
het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
jou van Dale gekyk?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65717 is 'n antwoord op boodskap #65716] |
Wo., 28 Augustus 2002 18:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee 8ter, ons gebruik wel lol - soos in die liedjie:
ek lol nie met 'n loskop dolla nie.
:))
Annette
"Arthur" skryf in boodskap news:akj4ql$jk0$1@news.kabelfoon.nl...
> Norbert schreef...
>> Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
>> wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
>> uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
>> daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".
>
> Dit het andere deelnemers ook al opgemerk.
>
>> Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
>> die bekende waarheid vra nie?
>
> Die verband tussen 'at once' en 'uit wans' is nie noodsaaklik vir enig ieder
> uit wans duidlik nie. Baie mense konsentreer net op die spelling van woorde
> en kan daardeur soms verbande nie raak sien nie.
>
>> Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.
>
> Ek glo nie mens gebruik die term 'lol' in Afrikaans nie.
>
> Groete,
> Arthur
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde [boodskap #65722 is 'n antwoord op boodskap #65719] |
Wo., 28 Augustus 2002 20:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die liedjie se naam is:
Daar's 'n Wind wat Waai.
Miskien is dit beskikbaar op een van die Kaapse Klopse se plate.
Ek kan vir jou die woorde gee as jy belangstel?
Annette
"Arthur" skryf in boodskap news:akj8q2$o4p$1@news.kabelfoon.nl...
> "Annette" schreef...
>> Nee 8ter, ons gebruik wel lol - soos in die liedjie:
>> ek lol nie met 'n loskop dolla nie.
>> :))
>
> Ek het nooit van daardie liedjie gehoor nie .... kan jy vir my 'n mp3-tjie
> wys?
>
> lol: plezier, pret.
>
> Groete,
> 8uur!
>
|
|
|
|
| Re: Vreemde woorde (Norbert die *TROL*) [boodskap #65723 is 'n antwoord op boodskap #65714] |
Wo., 28 Augustus 2002 20:51  |
loes&patrick
Boodskappe: 238 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
NORBERT *die Trol* -
Voeg eens iets zinnigs toe liefje,
kusje
Patrick
In article , *Sterrenkijker*
wrote:
> Hallo, elkeen,
>
> Vir my is die twee eerste woorde van die Afrikaanse uitdrukking "uit
> wans uit", d.i. "uit wans" duidelik afkomstig van die Engelse
> uitdrukking "at once" en dit beteken natuurlik dieselfde als wat julle
> daar in Afrikaans onder verstaan, namelik "onmiddellik".
> Ek verstaan julle nie. Is julle eintlik nie 'n soort lasposte wat na
> die bekende waarheid vra nie?
> Die Afrikaners, dit is 'n klomp lolbroeke tesaam, ja.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
> http://users.skynet.be/strandkruier/index.html
>
>
>
>
> "@rogers.com" schreef:
>
>>
>> Arthur wrote:
>>
>>
>>>> Ek het regtig geen idee nie, maar vir my klink dit amper as 'n (oulike)
>>>> Anglisisme .... at once.
>>
>>> Hmm, te vinnig geantwoord ... Gloudina het dieselfde opmerking gemaak.
>>
>> Ek beskou dit nie as 'n anglisisme nie.
>> Ek dink "wans" en "once" is twee verskillende
>> spellinge vir dieselfde woord uit die ou
>> Angel-Saksies of watookal die oorsprong
>> was van die Engelse "once" en die dialek of
>> taal op die Europese vasteland wat ook die
>> woord gehad het maar dit as "wans" gespel
>> het. Is jy seker dat dit nie in een of ander
>> vorm van Nederlands verskyn nie? Het jy in
>> jou van Dale gekyk?
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|