Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog vreemde woorde
Nog vreemde woorde [boodskap #65702] Wo, 28 Augustus 2002 12:14 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer iets gebeur het om sy dag deurmekaar te krap, het my oupa altyd gesê
"Ek is nou skoon uit die plom uit." Ek neem aan dit kom van die Engels "out
of plumb", wat verwys na iets wat skeef getrek is, sodat die loodlyn "plumb"
nie meer reg hang nie. Of liewer, die loodlyn hang reg, maar die hoek wat
daarme gemeet word, is nie meer 'n regte hoek nie.

My ma praat ook graag van poerpasdam, wanneer sy iets doen om die tyd mee te
verwyl - bv "Wat maak Ma daar?" - "Ag, ek brei sommer bietjie vir poerpasdam
terwyl ek wag vir die water om te kook." My afleiding is dat dit van die
Frans "pour passer le temps" af kom.

Ken nog iemand dalk hierdie twee uitdrukkings?

Henry
Re: Nog vreemde woorde [boodskap #65732 is 'n antwoord op boodskap #65702] Do, 29 Augustus 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Interessante uitleg. Klink nogal moontlik!

Oorle prof Ben Engelbrecht, die aartsvisserman, het vertel dat ons spreuk,
"sowaar as padda manel dra", afstam van die gebruik van Hollandse kerkvorste
om manelle te dra. Dus, vir die volk, kirkvorst=>kikvors=> padda.

Koot

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:l83b9.1148$S26.82436247@newssvr16.news.prodigy.com...
> Wanneer iets gebeur het om sy dag deurmekaar te krap, het my oupa altyd gesê
> "Ek is nou skoon uit die plom uit." Ek neem aan dit kom van die Engels "out
> of plumb", wat verwys na iets wat skeef getrek is, sodat die loodlyn "plumb"
> nie meer reg hang nie. Of liewer, die loodlyn hang reg, maar die hoek wat
> daarme gemeet word, is nie meer 'n regte hoek nie.
>
> My ma praat ook graag van poerpasdam, wanneer sy iets doen om die tyd mee te
> verwyl - bv "Wat maak Ma daar?" - "Ag, ek brei sommer bietjie vir poerpasdam
> terwyl ek wag vir die water om te kook." My afleiding is dat dit van die
> Frans "pour passer le temps" af kom.
>
> Ken nog iemand dalk hierdie twee uitdrukkings?
>
> Henry
>
Re: Nog vreemde woorde [boodskap #65734 is 'n antwoord op boodskap #65732] Do, 29 Augustus 2002 06:28 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het net vlugtig deur die nuwe Keur gister by my Ma geblaai.
Daar is 'n artikel oor idiome in - in die opskrif was daar idiome wat ek nog
nooit gehoor het nie - alles uit 'n nuwe publikasie.
Sal die besonderhede vandag kry en julle laat weet.
Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:akke90$gsc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Interessante uitleg. Klink nogal moontlik!
>
> Oorle prof Ben Engelbrecht, die aartsvisserman, het vertel dat ons spreuk,
> "sowaar as padda manel dra", afstam van die gebruik van Hollandse kerkvorste
> om manelle te dra. Dus, vir die volk, kirkvorst=>kikvors=> padda.
>
> Koot
>
> "Kwarantyn" wrote in message
> news:l83b9.1148$S26.82436247@newssvr16.news.prodigy.com...
>> Wanneer iets gebeur het om sy dag deurmekaar te krap, het my oupa altyd
> gesê
>> "Ek is nou skoon uit die plom uit." Ek neem aan dit kom van die Engels
> "out
>> of plumb", wat verwys na iets wat skeef getrek is, sodat die loodlyn
> "plumb"
>> nie meer reg hang nie. Of liewer, die loodlyn hang reg, maar die hoek wat
>> daarme gemeet word, is nie meer 'n regte hoek nie.
>>
>> My ma praat ook graag van poerpasdam, wanneer sy iets doen om die tyd
mee
> te
>> verwyl - bv "Wat maak Ma daar?" - "Ag, ek brei sommer bietjie vir
> poerpasdam
>> terwyl ek wag vir die water om te kook." My afleiding is dat dit van die
>> Frans "pour passer le temps" af kom.
>>
>> Ken nog iemand dalk hierdie twee uitdrukkings?
>>
>> Henry
>>
>
Vorige onderwerp: Vreemde woorde
Volgende onderwerp: Hare op die tande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 20:59:28 MGT 2024