| Willem Krog oorlede [boodskap #65239] |
Do., 01 Augustus 2002 19:17  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
Willem Krog wat, soos julle seker weet, die man van die skryfster Dot
Serfontein en die Pa van Antjie Krog was, is onlangs oorlede. 'n
Beriggie uit Kroonnuus (van Kroonstad) in vandag se Volksblad het gesê
hy is Donderdag begrawe, so mens sou aanneem dit was laas Donderdag.
Hy was 'n leier en vooraanstaande boer van Kroonstad en 'n baie
wyd-belese persoon. Sy gunsteling onderwerpe was die geskiedenisse van
die Noord en Noord-Oos Vrystaatse dorpe en genealogie, nie net van die
Krogs nie, maar sommer van enige familie wat hy kon bykom. Hy het
onder andere 'n boekie uitgegee oor die Krogs, Kroghs, en
Krogh-Scheeperse (almal van dieselfde stamvader) vanaf die eerste
Noorweegse Krog wat sy poot hier aan wal gesit het, tot so dertig of
wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
naam ook so teen die einde daarin.
'n Mens waarsonder die wêreld 'n armer plek gaan wees.
Drom
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65247 is 'n antwoord op boodskap #65239] |
Vr., 02 Augustus 2002 06:35   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
..en iemand wat die wêreld 'n ryker plek gemaak het.
Koot
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208011117.7223725c@posting.google.com...
> Willem Krog wat, soos julle seker weet, die man van die skryfster Dot
> Serfontein en die Pa van Antjie Krog was, is onlangs oorlede. 'n
> Beriggie uit Kroonnuus (van Kroonstad) in vandag se Volksblad het gesê
> hy is Donderdag begrawe, so mens sou aanneem dit was laas Donderdag.
>
> Hy was 'n leier en vooraanstaande boer van Kroonstad en 'n baie
> wyd-belese persoon. Sy gunsteling onderwerpe was die geskiedenisse van
> die Noord en Noord-Oos Vrystaatse dorpe en genealogie, nie net van die
> Krogs nie, maar sommer van enige familie wat hy kon bykom. Hy het
> onder andere 'n boekie uitgegee oor die Krogs, Kroghs, en
> Krogh-Scheeperse (almal van dieselfde stamvader) vanaf die eerste
> Noorweegse Krog wat sy poot hier aan wal gesit het, tot so dertig of
> wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
> naam ook so teen die einde daarin.
>
> 'n Mens waarsonder die wêreld 'n armer plek gaan wees.
>
> Drom
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65256 is 'n antwoord op boodskap #65239] |
Vr., 02 Augustus 2002 13:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
tot so dertig of
> wat jare gelede want, as ek reg onthou, verskyn ons oudste kind se
> naam ook so teen die einde daarin.
As ek dinge reg uitreken, verskyn jou oudste
kind se naam daarin omdat hy/sy getroud is met
'n Krog? (Dis nou as jou naam nie daarin verskyn
nie.)
As jou naam wel daarin verskyn, hoe is jy
verwant aan Antjie Krog? (Ek het haar hier in
Ottawa ontmoet.)
Is jou oudste kind dertig jaar oud? Ek het
jou altyd as jonger geskat.
Tant Hessie Poirot
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65271 is 'n antwoord op boodskap #65264] |
Vr., 02 Augustus 2002 22:08   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Antjie se pa en my skoonpa was eie neefs, dus het ek self geen direkte
> familiebande nie.
Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
van Antjie Krog hou nie. Wat dink jy daarvan?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65273 is 'n antwoord op boodskap #65267] |
Sa., 03 Augustus 2002 04:03   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ken jy haar persoonlik koos?
Indien nie, neem ek aan jy grond jou kras veroordeling op die feit dat jy
nie saamstem met haar politieke sienswyse nie?
Annette
message news:aieqr7$31t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> dis net jammer hy het so 'n gemors van 'n kind
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65276 is 'n antwoord op boodskap #65274] |
Sa., 03 Augustus 2002 06:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Met die ouderdom kom aanvaarding Drom.
Dink net watter wrede plek die ou wêreld sou wees as ons almal ons jeugdige
driftigheid sou behou.
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208022214.71203522@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>> Drom wrote:
>>
>> Ek kry die indruk dat baie Afrikaners nie
>> van Antjie Krog hou nie.
>
> Ja, dit is so. Kyk maar na die berig net hieronder. Antjie het in 'n
> tyd toe die Afrikaners van omtrent alle kante angeval is, in die oë
> van die meeste soos sommige trekosse erg skeef begin trek.
>
> Wat dink jy daarvan?
>
> Ek is ook maar net 'n tipiese Afrikaner, maar ek glo ook dat eige
> persoon kan sê of skryf wat hy of sy wil. Antjie het obviously geglo
> in wat sy sê, al het ek nie met haar saamgestem nie, ten spyte daarvan
> dat die aard van my werk van die afgelope 30 jaar my dalk 'n effens
> anders insig in baie dinge laat kry het.
> Dis vir my asof daar deesdae darem effens "sagter klanke" van haar af
> kom.
>
> Groete, Drom
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65281 is 'n antwoord op boodskap #65274] |
Sa., 03 Augustus 2002 13:11   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Wat dink jy daarvan?
Ek is nie verbaas oor die reaksie wat
sy uitlok nie. Ek sou ook aanneem dat
sy baie dinge gesê en gedoen het om
hulle skokwaarde. Dat sy haar geroepe
gevoel het om 'n sekere soort Afrikaner
uit sy hooghartigheid en sy dwaling te
probeer skok. Ek neem aan jy het "Country
of my Skull" gelees?
Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
haar onlangse lesbiese verse. Sover ek kan
uitmaak, is sy (vir die tweede keer?) getroud
met kinders. Ek weet nie of sy dit ook vir
skokwaarde skryf nie, maar hulle irriteer
my effens, nie omdat hulle lesbiese verse
is nie, maar omdat hulle nie dieselfde
kwaliteit het as van haar vorige gedigte
nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65286 is 'n antwoord op boodskap #65284] |
Sa., 03 Augustus 2002 18:47   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Ek was onder die indruk dat jy die familitjie ken - dis baie duidelik dat jy
> hulle nie ken nie....
En wat het jou daardie indruk gegee?
Ek het Antjie Krog alleen ontmoet toe
sy op 'n boeketoer saam met 'n swart
skrywer hier in Ottawa kom praat het.Ons
"Country of my Skull" is deur haar
geteken.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Getroud met kinders [boodskap #65291 is 'n antwoord op boodskap #65290] |
So., 04 Augustus 2002 02:50   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Globalrider wrote:
> Moenie laat enige mens se huweliksstatus jou 'n rat voor die oë draai nie.
> Baie lesbiërs trou en het kinders.
Ek deel nie jou sarkastiese sien van sake
nie. Enige paar wat uiteindelik uitvind dat
hulle nie dieselfde predeleksies het nie,
gaan gewoonlik deur diepe waters.
Ek twyfel ook daaraan of Antjie Krog
lesbies is. Ek dink sy skryf hierdie lesbiese
verse om iets te bewys. Ek wil nie
verder ingaan op die redes hoekom ek so
dink nie.
Ek moet egter sê dat ek nie van haar
"lesbiese gedigte" hou nie. Dit laat die
hele ding effens goedkoop voel. Homoseksuele
liefde kan lei tot wonderlike gedigte. Een
baie goeie voorbeeld is I.D. du Plessis, wat
verruklike liefdesverse geskryf het om sy
liefde te verklaar (heelwaarskynlik aan iemand
van Slamse oorsprong.) Ook Leipoldt se liefdes-
verse is heelwaarskynlik aan 'n man gerig.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65297 is 'n antwoord op boodskap #65293] |
So., 04 Augustus 2002 19:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
maar ek het
> soms gevoel dat sy my as Afrikaner erg te na gekom het, so amper
> sonder aansiens des persoon. Ek kan nie spesifieke voorbeelde onthou
> nie. Dit was maar net soms my gevoel.
My opinie is dat Antjie Krog dit op haar geneem
het om 'n funksie in die liggaam van die Afrikaner-
dom te vervul - om van binne af te begin kritiseer
gedurende 'n periode toe die liggaam van die
Afrikanerdom uit 'n baie korrupte periode uitgekom
het. Ek neem ook aan dat sy baie verontwaardig was
dat haar etniese groep, wat sy baie liefgehad het,
tot sulke dieptes kon daal. Ek weet hoe dit voel
om so "verontwaardig" te voel. Dit is asof jy van
iets besteel is. En ek kan jou verseker dat dit nie
maklik was om in die buiteland te gewees het ,
waar elke jan rap en sy maat jou aangeval het as hulle
maar net hoor dat jy 'n Afrikaner was nie. Omtrent soos
as jy 'n Serbiër was 'n paar jaar gelede.
Hopelik vervul sy nou ook nog dieselfde funksie.
As Suid-Afrikaner het sy die volle reg om te kritiseer
waar daar gekritiseer moet word. En ek neem aan haar
kritiek word in aanmerking geneem. Beide waar sy haar
etniese groep kritiseer, en waar sy die huidige regime
kritiseer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65317 is 'n antwoord op boodskap #65312] |
Ma., 05 Augustus 2002 11:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ai Drom, wat is dit met jou? - Dis deel van ons kultuur om te faait;))
Nietemin - vanoggend by die staatsbib is daar toe 'n pamflet wat my inlig
dat die media nagelaat het om ons algemene publiek genoegsaam in te lig van
die literêre konferensie wat die naweek van 27 Julie by die Baxter
plasgevind het.
Die 100 beste boeke wat uit Afrika geskryf is gedurende die vorige eeu is
aangewys, en Antjie se The Country of my Skull was een van die wenners.
Dit sit nie sommer in enige skrywer se broek nie.
Dus steur ek my nie veel aan mense wat ander mense sommer goedsmoeds as
gemors afmaak net omdat hulle nie met hul sienswyse en manier van doen
saamstem nie - ek neem dan ook vrylik aan dat sulke gemorsbeswaardes ook
gewoonlik nie oor die nodige skryfvermoë beskik om hul saak deeglik en
artikulêr te stel nie.
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0208050034.1f1ca376@posting.google.com...
> Ek het nog nooit Antjie se eerlikheid in twyfel getrek nie en glo ook
> dat sy daai tyd gesê het wat sy glo. Daarmee het ek geen propleem nie.
> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê. Daarop wil ek nie kommentaar lewer
> nie. Haar kommentaar was altyd goed gelewer, net soms uitermatig
> eenogig en dis wat baie mense die harnas in gejaag het.
>
> Toe ek op hierdie ng begin pos het, het ek my voorgeneem om nooit in
> enigiets, wat selfs na 'n argument ruik {veral politiek en godsdiens)
> deel te neem nie en kyk wat doen ek nou.
>
> Dis nou klaar.
>
> Drom
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65319 is 'n antwoord op boodskap #65317] |
Ma., 05 Augustus 2002 12:42   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Die 100 beste boeke wat uit Afrika geskryf is gedurende die vorige eeu is
> aangewys, en Antjie se The Country of my Skull was een van die wenners.
> Dit sit nie sommer in enige skrywer se broek nie.
As jy nie omgee nie, Annette, sal ek graag
wil verneem watter ander boeke daar op hierdie
lys is. Sluit dit alle genres in en is dit
boeke uit die hele Afrika of net SA?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65320 is 'n antwoord op boodskap #65312] |
Ma., 05 Augustus 2002 12:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê.
Ek is geinteresseerd in hierdie stelling
van jou. Op daardie stadium, toe sy
politieke verslaggewer vir die SAUK was,
en oor die WVK verslag gelewer het, was
die SAUK toe nog ongeveer in die hande
van mense wat deur die ou regime aangestel
was?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Willem Krog oorlede [boodskap #65329 is 'n antwoord op boodskap #65320] |
Ma., 05 Augustus 2002 17:07  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Drom:
> Dit is net dat baie mense (veral Afrikaners maar ook sommige Engelse)
> geglo het dat sy 'n "politieke" aanstelling was deur mense wat
> geweet/geglo het wat sy sou sê.
Gloudina
Op daardie stadium, toe sy
politieke verslaggewer vir die SAUK was,
en oor die WVK verslag gelewer het, was
die SAUK toe nog ongeveer in die hande
van mense wat deur die ou regime aangestel was?
Wouter
Nee, beslis nie. Hulle sou haar nooit aangestel het nie.
Die ou regime is reeds teen die einde van 1994 uit,
dit was seker meer as 'n jaar daarna wat sy oor die
WVK begin rapporteer het.
|
|
|
|