Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kultuurfees by Velddrif
Kultuurfees by Velddrif [boodskap #65300] Ma, 05 Augustus 2002 06:26 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Was toe Saterdag daar - in heerlike sonskyn.
Die mallemeule was daar - en die haasbekke het behoorlik gejil van plesier.
Op die verhoog het sangroepe en ander sangers opgetree - daar was 'n kwintet
van Bellville/Durbanville/Strand wat uitstekend gesing het.
Ek het alweer vasgeval by die konfytstalletjie en sultanakonfyt en
kersiekonfyt gekoop.
Toe kry ek vir my 'n Weskus resepteboek - en is dit nou genotvolle
leesstof - allerhande vreemde spellings en ander handige raadjies.
Geregte soos Okkerneut-Frikkadelle, Hotnotskool, Vissop ( sommer 'n hele
paar resepte) ( wanneer jy vis bak, meng 'n bietjie bakpoeier met die meel
waarin die vis gerol word en ook in die olie waar die vis in gebak word -
dit sal verhoed dat die olie spat)
Goedkoop kerrievis ( gemaak met 'n blikkie sardiens)
Gestoomde Hottentot ( die resep - nie die seksie ene nie:)) )
Snoekkuite om op te smeer
Kreef Thurmodore
( gooi 'n bietjie oorskiet tee in 'n pan waarin vis gebraai is om die
visreuk te verwyder)
Beestong met Suursous
Skrikkeljaarpoeding
Goueveerpoeding
Sneeupoeding ( 2)
Verskeidenheidskoek
Korslose melktert
Post Toastietert
Opwipkoekies
Goedkoop Rosyntjiebrood ( hou brood langer vars deur 'n klien sakkie, gevul
met growwe sout, in die broodblik te hou.)
Towervingers
Butterschotch ( sic)

Annette
Re: Kultuurfees by Velddrif [boodskap #65332 is 'n antwoord op boodskap #65300] Ma, 05 Augustus 2002 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het ek jou nie by Saartjie se roudiens gesien nie? Jy fees terwyl ander
mense gedenkdiens hou - ek verstaan die petalje gaan gebeeldsend word!

"Annette" skryf in boodskap news:ail5t5$150evo$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Was toe Saterdag daar - in heerlike sonskyn.
> Die mallemeule was daar - en die haasbekke het behoorlik gejil van plesier.
> Op die verhoog het sangroepe en ander sangers opgetree - daar was 'n kwintet
> van Bellville/Durbanville/Strand wat uitstekend gesing het.
> Ek het alweer vasgeval by die konfytstalletjie en sultanakonfyt en
> kersiekonfyt gekoop.
> Toe kry ek vir my 'n Weskus resepteboek - en is dit nou genotvolle
> leesstof - allerhande vreemde spellings en ander handige raadjies.
> Geregte soos Okkerneut-Frikkadelle, Hotnotskool, Vissop ( sommer 'n hele
> paar resepte) ( wanneer jy vis bak, meng 'n bietjie bakpoeier met die meel
> waarin die vis gerol word en ook in die olie waar die vis in gebak word -
> dit sal verhoed dat die olie spat)
> Goedkoop kerrievis ( gemaak met 'n blikkie sardiens)
> Gestoomde Hottentot ( die resep - nie die seksie ene nie:)) )
> Snoekkuite om op te smeer
> Kreef Thurmodore
> ( gooi 'n bietjie oorskiet tee in 'n pan waarin vis gebraai is om die
> visreuk te verwyder)
> Beestong met Suursous
> Skrikkeljaarpoeding
> Goueveerpoeding
> Sneeupoeding ( 2)
> Verskeidenheidskoek
> Korslose melktert
> Post Toastietert
> Opwipkoekies
> Goedkoop Rosyntjiebrood ( hou brood langer vars deur 'n klien sakkie, gevul
> met growwe sout, in die broodblik te hou.)
> Towervingers
> Butterschotch ( sic)
>
> Annette
>
Re: Kultuurfees by Velddrif [boodskap #65333 is 'n antwoord op boodskap #65332] Ma, 05 Augustus 2002 17:36 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy spot nog!! Ons koor het omtrent duim vasgehou dat ons nie sou gebied word
om daar op te tree nie;))
Ons sal maar op die Essay Biesie moet staatmaak om die hoof
Vrouedagvieringsfees vir ons vanaf Hankey te beeldsend;))
Ai tog - nou dat ek daaraan dink - ek is seker ek gaan op daardie tyd Vrydag
'n onkeerbare drang hê om MIB11 te gaan bybring;))
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:aimcbg$nrs$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Het ek jou nie by Saartjie se roudiens gesien nie? Jy fees terwyl ander
> mense gedenkdiens hou - ek verstaan die petalje gaan gebeeldsend word!
>
> "Annette" wrote in message
> news:ail5t5$150evo$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Was toe Saterdag daar - in heerlike sonskyn.
>> Die mallemeule was daar - en die haasbekke het behoorlik gejil van
> plesier.
>> Op die verhoog het sangroepe en ander sangers opgetree - daar was 'n
> kwintet
>> van Bellville/Durbanville/Strand wat uitstekend gesing het.
>> Ek het alweer vasgeval by die konfytstalletjie en sultanakonfyt en
>> kersiekonfyt gekoop.
>> Toe kry ek vir my 'n Weskus resepteboek - en is dit nou genotvolle
>> leesstof - allerhande vreemde spellings en ander handige raadjies.
>> Geregte soos Okkerneut-Frikkadelle, Hotnotskool, Vissop ( sommer 'n hele
>> paar resepte) ( wanneer jy vis bak, meng 'n bietjie bakpoeier met die meel
>> waarin die vis gerol word en ook in die olie waar die vis in gebak word -
>> dit sal verhoed dat die olie spat)
>> Goedkoop kerrievis ( gemaak met 'n blikkie sardiens)
>> Gestoomde Hottentot ( die resep - nie die seksie ene nie:)) )
>> Snoekkuite om op te smeer
>> Kreef Thurmodore
>> ( gooi 'n bietjie oorskiet tee in 'n pan waarin vis gebraai is om die
>> visreuk te verwyder)
>> Beestong met Suursous
>> Skrikkeljaarpoeding
>> Goueveerpoeding
>> Sneeupoeding ( 2)
>> Verskeidenheidskoek
>> Korslose melktert
>> Post Toastietert
>> Opwipkoekies
>> Goedkoop Rosyntjiebrood ( hou brood langer vars deur 'n klien sakkie,
> gevul
>> met growwe sout, in die broodblik te hou.)
>> Towervingers
>> Butterschotch ( sic)
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Willem Krog oorlede
Volgende onderwerp: Liegstoriekompetisie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 12:26:29 MGT 2024