| Sokker misrekening [boodskap #63412] |
Ma., 10 Junie 2002 12:34  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan - en nie een van die twee
is bekend as olimpiese kampioene in die swembad nie;)))
Annette
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63414 is 'n antwoord op boodskap #63412] |
Ma., 10 Junie 2002 12:51   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
> Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan
Japan se reën-seisoen begin altyd in Junie,
volgens my man. Hulle moes tog seker daarvan
bewus gewees het. Hoekom hulle dit nie in
vroeg Mei probeer hou het nie, is die vraag.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63432 is 'n antwoord op boodskap #63425] |
Ma., 10 Junie 2002 17:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Praat met jou Europese tong:))
Ons mense hier stel sommer maklik 'n sokkerwedstryd uit of af as dit te erg
reen.
Annette
"Hilda" skryf in boodskap news:ZD3N8.24958$ud.2946@afrodite.telenet-ops.be...
> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie - daar word nie gespeel as dit hard
> sneeu nie, maar reën hou niemand teen nie.
> Hilda.
>
> schreef in bericht news:3D04A152.1020102@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
>>> Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan
>>
>>
>> Japan se reën-seisoen begin altyd in Junie,
>> volgens my man. Hulle moes tog seker daarvan
>> bewus gewees het. Hoekom hulle dit nie in
>> vroeg Mei probeer hou het nie, is die vraag.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63434 is 'n antwoord op boodskap #63425] |
Ma., 10 Junie 2002 18:34   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
'n kulturele skok as mens hier in
Kanada vir mense wat oorspronklik uit
Europa gekom het, hoor praat van
"football" en jy moet eers vir jouself
sê hulle praat nou van sokker. Die
gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
en sokker, so daar is geen verwarring
nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63445 is 'n antwoord op boodskap #63443] |
Ma., 10 Junie 2002 22:30   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hilda wrote:
Dis nie
> omdat die Amerikaners 'n ersatzsport uitgevind het wat nie eers op voetbal
> lyk nie en dit 'football' genoem het, dat ons ons benaming moet verander
> nie. Ek het gesê.:-))
Ek wonder waar kom die woord "sokker" dan
vandaan? Ek twyfel of dit 'n Amerikaanse
maaksel is. Hulle ken sokker skaars.
Ek praat natuurlik onder korreksie, maar
in SA, sover ek kan onthou, is "voetbal"
altyd rugby. Of onthou ek verkeerd?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63452 is 'n antwoord op boodskap #63450] |
Di., 11 Junie 2002 01:11   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
Onse voetbal is 'n ersatzsport??
As daar nou een sport is wat ek absoluut
verag, dan is dit Amerikaanse "voetbal."
Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
van die tyd met hulle koppe bymekaar en
hulle agterente in die lug, vir mekaar
en fluister. En so nou en dan hardloop
hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
en lê daar vir 'n lang tyd.
Tant Minnehaha van die Algonquins
wat van lacrosse hou.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63463 is 'n antwoord op boodskap #63452] |
Di., 11 Junie 2002 04:10   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, ek stem volmondig saam met wat jy hier beskryf het - ek vertel dit
gereeld vir die Amerikaners in presies dieselfde woorde:))))
Annette
skryf in boodskap news:3D054EAC.30000@rogers.com...
>
> Katryn wrote:
>
> Onse voetbal is 'n ersatzsport??
>
> As daar nou een sport is wat ek absoluut
> verag, dan is dit Amerikaanse "voetbal."
> Dis 'n spel vir sissies. Hulle trek hulle
> aan sodat hulle soos opgepofte ruimte-
> reisigers lyk, en dan staan hulle meeste
> van die tyd met hulle koppe bymekaar en
> hulle agterente in die lug, vir mekaar
> en fluister. En so nou en dan hardloop
> hulle so 'n entjie en val dan in 'n hoop
> en lê daar vir 'n lang tyd.
>
> Tant Minnehaha van die Algonquins
> wat van lacrosse hou.
>
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63466 is 'n antwoord op boodskap #63457] |
Di., 11 Junie 2002 05:46   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Eintlik is dit verkeerd om van rugby as voetbal te praat, want die hande
word tog ook gebruik in die spel.
Sokker is ook nie voetbal nie, want meer mense word met die voet raakgeskop
as die bal tydens die spel.
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:ae3qno$ect$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Op RSG het jy Johann Rossouw wat ook aanhoudend oor voetbal praat - wat m.i.
> na beide sokker en rugby kan verwys - ietwat frustrerend / verwarrend.
> skryf in boodskap news:3D04F19B.1050405@rogers.com...
>>
>> Hilda wrote:
>>
>>> Reën is nie 'n probleem vir voetbal nie
>>
>>
>> En as jy nou van voetbal praat, Hilda,
>> bedoel jy rugby of sokker? Dis nogal
>> 'n kulturele skok as mens hier in
>> Kanada vir mense wat oorspronklik uit
>> Europa gekom het, hoor praat van
>> "football" en jy moet eers vir jouself
>> sê hulle praat nou van sokker. Die
>> gebore Kanadese sê doodeenvoudig rugby
>> en sokker, so daar is geen verwarring
>> nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Sokker misrekening [boodskap #63519 is 'n antwoord op boodskap #63474] |
Di., 11 Junie 2002 22:29  |
LeswinLaubscher
Boodskappe: 47 Geregistreer: Julie 2000
|
Volle Lid |
|
|
> ddu...@ufh.ac.za (Drom)
> Kort na die
> vorige wêreldbeker toernooi het 'n vorige buurman van ons, wat nou 'n
> sportkompleks in Seattle (?) bestuur, hier rond kom kuier en hy het
> gesê dat sokker by verre die vinnigste-groeiende sport in Amerika is.
Waar, veral onder jongeres - "soccer mom/dad" het as verwysende woord reeds
diep in die spreektaal ingedring, en is reflekterend van die wye omvang van die
sport. Tog, sokker verloor hierdie jong spelers gedurende puberteit
(vroue/jong meisies is 'n uitsondering), wanneer hulle dan een van die ander,
meer hoofstroom sporte begin speel. Dit lyk egter asof die redelik nuwe sokker
liga (MLS) hierdie tendens ietwat teenwerk (die meeste wereldbekerspelers vir
amerika kom uit die liga, wat na die wereldbekerreeks in die vsa - 1994, dink
ek, gestig was). Hoe meer professionele geleenthede daar is, hoe meer daar 'n
gemeenskap is van spelers, hoe meer die sport aanvaar word en "kulturele
kapitaal" verkry, hoe meer dink ek sal sokkerspelers volhou tot in hul volwasse
jare. Vroue, natuurlik, is 'n heel ander storie, en die Amerikaanse span is
van die bestes ter wereld.
|
|
|
|