Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soek hulp by Gloudina!
|
|
|
|
| Re: Soek hulp by Gloudina! [boodskap #60480 is 'n antwoord op boodskap #60474] |
Wo., 17 April 2002 18:07   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Min mense besef egter hoe duur die tuislande (as gevolg van
> onder andere korrupsie) en die bosoorloë was. Jou suster het
> destyds rede gehad om te kla. Kla sy nog steeds?
Nee, sover ek weet kla sy nie meer nie.
Behalwe onlangs toe sy haar private
gesondheidspolis te duur gevind het en
dit gekanselleer het en toe na regerings-
hospitale vir aandag gegaan het. (Sy is
taamlik welaf na die dood van haar man,
en ek dink dis meer moedswilligheid en
praktiese oorwegings wat haar dié besluit
laat doen het.) Ek neem aan ander van haar
vriende op George doen dieselfde. Dis dié
dat ek die stories dat ALLE hospitale in
SA vervalle is, begin wantrou het. Die een
op George is blykbaar nie.
Al wat sy oor kla op George, is dat die
plek te nat is vir haar. Dit hinder seker
die hoeveelheid dae wat sy gholf kan speel.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Soek hulp by Gloudina! [boodskap #60483 is 'n antwoord op boodskap #60467] |
Wo., 17 April 2002 18:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Aantie, ek gaan nou nie kiertsregop sit, wimpers knip en 'n goue sterretjie
op die voorkop plak nie.
Ek weet ook dat jy net lees, verstaan en begryp wat jy wil.
Ek het wel geskryf oor die goeie paaie wat ons nog hier het, maar ek glo die
mense van buite die Kaap as hulle sê hulle paaie is sleg - dis nie aldag dat
mense kuiergaste van Transvaal hier kry, en van die eerste goed wat hulle
jou vertel is hoe hulle die paaie hier in die Kaap waardeer nie. Vroeër sou
dit nie eers 'n gesprekspunt gewees het nie.
Ek het ook geskryf van Tygerberg hospitaal - en dis waar wat ek geskryf
het - die versorging van die verpleegpersoneel is van uitstekende gehalte -
seker om te vergoed vir die omstandighede waaroor hulle nie beheer het nie.
Daar is bloedstrepe op die mure wat blykbaar nie meer afgewas word nie - dus
gaan ek volgende week, wanneer ek my oom daar besoek - 'n lap en
skoonmaakmiddel saamneem om 'n spesifieke kol wat my al lank pla daar te
gaan skoonmaak.
Pasiënte moet hul eie kussings hospitaal toe neem.
Pasiënte moet ook maar 'n dosyn of so papierbekers saam neem vir die kere
wat daar net een glas vir water en een koppie vir tee per saal beskikbaar
is.
Soos ek gesê het, dit hang van die pasiënte self af of hy sy daar wil gaan
lê .
As ek so siek raak dat ek moet hospitaal toe, sal ek Tygerberg toe gaan -
want al wat ek nodig het is goeie versorging om so gou moontlik weer gesond
te wees.
Annette
skryf in boodskap news:3CBD7DC9.2050609@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>> Se gat, ek weet nie wanneer jy laas op paaie gery het waar jy nie tol
>> betaal om dit in stand te hou nie.
>>
>> Nou vra ek met trane in my oë, wat word van my inkomstebelasting en tolgeld
>> en BTW en erfbelasting en rente op lenings en, en, en.
>
> Wanneer ek so na mense in SA se reaksies
> op hierdie nuusgroep kyk oor toestande in
> Suid-Afrika, dan sien ek duidelik twee of
> drie kategorieë: mense soos Wouter Plaasvark
> wat helder sien en helder dink oor die
> omstandighede, al sien hy hier en daar dinge
> waarvan hy nie hou nie. Dan is daar mense soos
> Annette wat darem nog tussen al die opmerkings
> ook na die realiteit kyk. En dan is daar mense
> soos jy, Sakkie, wat nie net 'n bedorwe klant
> is nie, maar politiek wil maak uit die toestande
> wat jy probeer skilder in die nuwe SA. Dis 'n
> nuwe regse industrie - om dinge so erg as moontlik
> te maak en te hoop mense glo jou. Hulle doen dit
> in Ontario met die gesondheidsstelsel. Na drastiese
> besnoeiing deur die huidige Konserwatiewes in Ontario
> (vir wie ek nie stem nie) kla al die dokters en
> verpleegsters en al die Liberals wat die volgende
> verkiesing in Ontario wil wen (en ek gaan vir
> hulle stem) aanmekaar oor die kakkerlakke in die
> hospitale en die lang waglyste. Maar as mens nou
> mediese aandag nodig het, dan kom dit nog net so
> vinnig as in die ou dae.
> So, as ek iemand in SA hoor kla oor hoe hoog
> sy belastings is, en hoe "min hy daarvoor sien" dan
> dink ek maar net, daar is nog een van hulle. Nie
> aan baie gewoond nie, dink hy is die cat's whiskers,
> en hoop dat hy vir almal die rad voor die oë kan
> draai. (Ja, Wouter, rad.)
> Terloops, beide my skoondogter en my seun
> was oor Kersfees in Natal. Ek het nie gehoor van hoe
> sleg al die paaie was nie. En ek kan jou verseker dat
> ons in 1981 eenkeer tussen Kaapstad en Bloemfontein op
> 'n stuk hoofpad gery het wat so vol slaggate was dat
> ek gesidder het. En dit was net toe goud se prys so hoog
> was en die apartheidsregime vet geword het van die
> belastings. (Ek onthou hoe my suster, wie se man 'n
> besigheidsman was, gekla het oor die hoë belastings
> wat hulle moes betaal, terwyl al die miljoene aan die
> bantustans uitgegee word.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Soek hulp by Gloudina! [boodskap #60485 is 'n antwoord op boodskap #60476] |
Wo., 17 April 2002 19:03   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ons het jou mos al gesê dat ons swart stedelike hospitale nog
> altyd goeie standaarde gehandhaaf het. Dis net 'n oorsese
> apartheidsvark wat hierdie as nuuswaardig sal beskou ;-)
En wat van al die mense op hierdie
nuusgroep wat in SA bly, wat knaend
kla oor hospitale. Hoekom vertel jy
nooit vir hulle waar David die wortels
gegrawe het nie?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Soek hulp by Gloudina! [boodskap #60506 is 'n antwoord op boodskap #60501] |
Do., 18 April 2002 07:10   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))) Sakkie, die aantie dink sy is 'n gorilla om heel verstaanbare redes:))
Ons sal nou nie teruggaan na daardie onsmaaklike grappie wat so 8 jaar
gelede van Oom Nelson vertel is nie, maar ek weet jy sal die trant snap:))
Eintlik kan sy nie 'n gorilla wees nie - gorillas klap net die kinders wat
hulle weet onnodig stout is - hulle deel nie net sommer klappe wild en
wakker en links en regs uit net op wat hulle vermoed of onthou van 20 jaar
gelede nie.
Annette
--
Sakkie skryf in boodskap news:3cbe65ef$0$235@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3CBD9F3B.6060804@rogers.com...
>>
>> Sakkie wrote:
>>
>>
>>> Mensegedrag is 'n ongelooflike interresante studierigting. Jy kan
gerus
> by
>>> prof. Johann Coetzee (PU vir CHO) gaan kuier. Ek is tot in my hart toe
>>> oortuig dat hy jou kan help om jouself te leer ken.
>>
>>
>> Wel, ou Sakkie, nadat ek nou vir prof. Johann
>> Coetzee verduidelik het wat tannie met mense soos
>> jy op hierdie nuusgroep doen, dan sal hy lekker
>> lag en my tegniek bewonder. Tannie doen wat
>> bobbejaan- en gorilla- ma's met hulle kleintjies
>> doen wanneer hulle vol nonsens is - sy gee hulle
>> 'n taai klap. Op die manier hou tannie die ergste
>> sleggespelde sleggefraseerde regse nonsens van
>> hierdie nuusgroep af, nou al vir omtrent ses jaar.
>> En die klappe wat ek uitdien, het soveel van die
>> waarheid in dat dit gewoonlik die kol taamlik
>> presies tref. So doen ons almal tog 'n guns - hou
>> op met jou geklaery oor alles en nog wat, en vertel
>> vir ons iets wat nie so voorspelbaar is nie.
>>
>> Tant Hessie van Umkomaas.
>>
>
> As dit 'n uitlok was het dit nie gewerk nie. Die tannie sal moet harder
> probeer. Gaan lees maar weer die eerste verduideliking. Snaaks, ek het
> nooit aan die tannie gedink as 'n gorrila nie.
>
|
|
|
|
| Re: Soek hulp by Gloudina? [boodskap #60510 is 'n antwoord op boodskap #60504] |
Do., 18 April 2002 08:16   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Sakkie - en ook innige simpatie.
Dis hoekom ek net by my broer geskryf het - hy leef nog.
My tannie is daar behandel vir 'n vrot been agv suikersiekte - almal was
oortuig die been gaan afgesit word, maar Tygerberg se dokters het daardie
been gesond gekry - sy loop vandag met 'n gesonde been rond.
My oom gaan Maandag soontoe omdat die dokter vermoed hy het 'n bloedklont in
die been - ek sal julle laat weet.
Solank mens net ewewigtig is in mens se siening van sake - jou ondervinding
met jou pa maak nie van die hele hospitaal 'n plek waar mense nie versorg
word nie, net soos wat my broer, vriendin en twee tannies se tevredenheid
met hulle versorging daar nie beteken dat daar goeie versorging in al die
afdelings is nie.
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3cbe6d13$0$233@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3CBDC755.6000707@rogers.com...
>>
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>
>>> Ons het jou mos al gesê dat ons swart stedelike hospitale nog
>>> altyd goeie standaarde gehandhaaf het. Dis net 'n oorsese
>>> apartheidsvark wat hierdie as nuuswaardig sal beskou ;-)
>>
>>
>> En wat van al die mense op hierdie
>> nuusgroep wat in SA bly, wat knaend
>> kla oor hospitale. Hoekom vertel jy
>> nooit vir hulle waar David die wortels
>> gegrawe het nie?
>>
>> Gloudina
>>
>
> Omdat daar goeie en minder goeie hospitale is. Elke argument wat ek nou al
> hier gehoor het kan met feite gestaaf word. Die goeie en die minder goeie.
> Tygerberg byvoorbeeld is veronderstel om 'n uitstekende hospitaal te wees.
> So ook Garankuwa en 'n mens kan aangaan om hulle op te noem. In daardie
> selfde Tygerberg het ek my vader besoek nadat 'n dokter 'n onreëlmatige
> hartklop gediagnoseer het. Die metode deesdae om dit te behandel is om 'n
> tydelike pasaange�r deur die nekslagaar in te laat tot binne in die hart.
> Ek en my vrou was geskok om te sien die ongelooflike swak omstandighede wat
> my vader moes deurmaak. Sy bed en klere was so bebloed dat dit gelyk het of
> iemand 'n skaap keelaf gesny het. Ek het persoonlik my vader se nek
> herverbind en die bloeding gestop. My vrou het iewers in 'n linnekamer
> skoon beddegoed gekry en ons het die plek netjies gemaak. Ek het my vader
> gehelp skoon klere aantrek.
>
> Twee maande later is ek weer af Kaap toe. Die keer was dit om my vader te
> begrawe. Hy het geval en is weer Tygerberg toe geneem. Die aap wat homself
> 'n dokter noem het weer hart gediagnoseer en daarvoor behandel. Intussen
> het my vader gesterf aan inwendinge bloeding as gevolg van die val. 'n
> Menslike fout? Nalatigheid? Traak-my-nie-agtigheid? Swak stelsels? Maak
> dit saak watter een? Die feit bly dat my vader sy lewe verloor het as
> gevolg daarvan en ek wonder hoeveel meer gevalle daar is.
>
> 'Skuus Wouter, die vraag was eintlik aan jou gerig.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Sosiale Stelsel [boodskap #60515 is 'n antwoord op boodskap #60514] |
Do., 18 April 2002 09:33   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Hilda - baie interessant - ek het nog 'n paar vragies hieroor - maar
ek sal eers bietjie daaroor gaan dink voordat ek jou vra.
Annette
--
Hilda skryf in boodskap news:y4wv8.24692$Ze.5100@afrodite.telenet-ops.be...
> Sodra jy wetlik in 'n Europese land bly (dit geld ook vir nie-Europeërs),
> kry jy dieselfde regte as die land se eie burgers. Dit beteken dat jy reg
> het op onderwys, mediese sorg en maatskaplike toelae. Pensioen is 'n ander
> ding. Jy moet eers 'investeer' voor jy pensioen kan kry. As jy in België
> gewerk het, het jy in iedergeval bygedra vir pensioen (dit is verplig) en
> dan sal jy jou pensioen kry, maak nie saak waar jy bly nie. As jy 'n
> vreemdeling is, wat asiel gekry het en hier legaal bly, dan het jy reg op al
> die uitkerings wat Belge ook kry - dus ook die minimum inkomste en al die
> res. As jy werk, sal jy later ook 'n pensioen kry.
> Wat stemreg betref, is dit nou nog voorbehou vir Belge 'n Europeërs (uit die
> Unie) op vlak van die munisipaliteit. Europeërs moet wel eers 5 jaar in
> België bly voor hulle kan stem. Daar is nou groot diskussies oor stemreg vir
> ander nasionaliteite as hulle al minstens 5 jaar hier bly. 'n Deel van die
> politieke partye is voor en 'n deel teen.
> Hilda.
> "> Wouter
>> Interessant.
>> Op watter punt kwalifiseer hulle vir sosiale voordele soos
>> mediese sorg en maatskaplike toelaes/pensioene?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Minimum lone [boodskap #60619 is 'n antwoord op boodskap #60611] |
Vr., 19 April 2002 14:31   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Jou voorbeeld kom uit 'n land wat geen minimum lone duld nie
I beg to differ. Sover ek verstaan, het
hulle 'n minimum loon. En een van die
groot gevegte tussen Republikeine en
Demokrate is juis omdat laasgenoemde die
minimum loon wil verhoog.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Minimum lone [boodskap #60704 is 'n antwoord op boodskap #60698] |
Sa., 20 April 2002 12:56   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
Maar ek moet
> erken dat my dunk van die VSA 'n paar punte gedaal het. Of
> is die minimum loon so laag dat dit geen byt het nie en net daar
> om 'n paar kommuniste gelukkig te hou?
Luister, Wouter, ek dink jy het 'n baie
gebrekkige kennis van die arbeids-wette
en arbeidsklimaat in die VSA. Hulle het
byvoorbeeld 'n vereiste dat elke persoon
wat iemand in diens neem, vir daardie
persoon 'n bedrag aan die regering moet
betaal. (Ek vergeet wat hulle dit noem.
Iets soos Social Insurance, dink ek.)
Dit sluit alle arbeiders in: bediendes,
nannies, almal. Mens hoor elke keer hoe
iemand, gewoonlik vroue, wat die
administrasies in hoë poste wil aanstel,
uiteindelik moet nee sê omdat iemand kan
bewys dat hulle huishulp gehad het waarvoor
hulle nie hierdie geld betaal het nie. Sover
ek weet het ons nie dieselfde reëling in
Kanada nie.
Hulle was bietjie laat om "family leave"
in te stel by kindergeboortes, en omdat hulle
private gesondheids-dekking het, dek hulle
gesondheidsdienste nie almal soos in Kanada
nie, maar andersinds is hulle beleide nie so
ver van die van lande soos Kanada nie. En
hulle het, net soos in Kanada, 'n sterk
vakbond-klimaat.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Minimum lone en Henry Ford [boodskap #60706 is 'n antwoord op boodskap #60696] |
Sa., 20 April 2002 13:06   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kom vanmiddag aan by die Vetkoekplek by Shoprite.
Tannie natgesweet, vies en uitasem om al die mense te help.
Toe sy uiteindelik by my uitkom - nog voordat ek iets sê - vertel sy my sy
het drie dames wat sy betaal om die mense voor te help, en al drie is net
nêrens te siene nie - ek vertel toe maar vir haar dis een van die vreugdes
om 'n klein besigheid te hê - die eienaar moet maar werk om die nie-werkende
werkers te betaal.
Annette
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cc14852.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> (Ek is in elk geval taamlik seker dit was nie in die tyd
>> van Emmy se Henry Ford-episode daar nie)
>
> Danielle:
> Volgens http://www.willamette.edu/~fthompso/MgmtCon/Henry_Ford.html
> "In 1914 the Ford Motor Company announced that it would henceforth pay
> eligible workers a minimum wage of $5 a day (compared to an average of
> $2.34 for the industry) and would reduce the work day from nine hours
> to eight, thereby converting the factory to a three-shift day. "
>
> Wouter
> Dis een ding vir 'n winsgewende maatskappy om hoër lone te betaal, wat
> 'n selfopgelegde minimum te betaal. Hulle sal dit net doen as die lone
> geregverdig is. Maar dis 'n En totale ander sak patats as dit per statuut
> afgedwing word. Dan is dit inflasionêr, want dit dwing alle maatskappy
> om pryse te verhoog om die hoër lone te kan bekostig.
>
> Daar was duidelik geen minimum lone in daardie tyd nie
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Minimum lone en kommuniste [boodskap #60783 is 'n antwoord op boodskap #60777] |
So., 21 April 2002 22:09   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> 'n Ware kapitalis glo jy moenie onnodig met die mark (vraag en aanbod)
> inmeng nie. Doen jy dit, veral met iets so dramaties as besoldiging,
> versteur jy die mark in 'n poging om mense te bevoordeel en dis
> sosialisties. En kommunisme is 'n (uiterste) vorm van sosialisme.
Ek wonder of hierdie "kapitalisme" waarvan
jy praat net daar by Adam Smith begin en
ge-eindig het. Mens sal die VSA se stelsel
oor die laaste eeu tog kapitalisties noem,
so hoe verklaar jy die opinies van John
Kenneth Galbraith, wat so 'n invloed op
die VSA se ekonomiese denke gehad het?
(By the way, hy was 'n Kanadese boytjie.)
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Minimum lone en kommuniste [boodskap #60818 is 'n antwoord op boodskap #60783] |
Ma., 22 April 2002 13:56  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Wouter Plaasvark wrote:
> 'n Ware kapitalis glo jy moenie onnodig met die mark (vraag en aanbod)
> inmeng nie.
Gloudina
Ek wonder of hierdie "kapitalisme" waarvan
jy praat net daar by Adam Smith begin en
ge-eindig het. Mens sal die VSA se stelsel
oor die laaste eeu tog kapitalisties noem,
so hoe verklaar jy die opinies van John
Kenneth Galbraith, wat so 'n invloed op
die VSA se ekonomiese denke gehad het?
(By the way, hy was 'n Kanadese boytjie.)
Wouter
Daar is geen suiwer kapitalistiese stelsel in die wêreld nie,
almal is mengsels van onder andere kapitalisme en
sosialisme. Dis VSA het wel een van die mees kapitalistiese
stelsels in die wêreld, maar dit het besliste sosialistiese
elemente. Jy kan dit dus nie kaptalisties noem nie en ek
sal ook nie probeer om ander se opinies te verklaar nie,
ek het reeds my eie :-)
|
|
|
|
| Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 20:44:40 UTC 2026
|