| Nuut onder die Son [boodskap #59805] |
Ma., 08 April 2002 07:28  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is mos die gesegde dat daar niks nuut onder die son is nie.
Maar daar is.
Dinge verander mos, gesindhede en uitkyke verander, en wat reg en toepaslik
was 50 jaar gelede is vandag soms nie meer geredelik aanvaarbaar nie.
Dit is seker daarom dat ek so 'n gly vang as mense vandag se probleme en
gebeure aanspreek of bespreek, en optredes van die jare toet word as
voorbeeld gegee van hoe ek vandag behoort te dink of op te tree. Strooi in
my opinie - maar dit kan wees dat dit net ek is wat so dink.
Mens pas toe vandag wat mens uit die verlede kan neem as 'n riglyn, maar in
die meeste gevalle is identiese optrede of gedrag net pleinweg te
onprakties.
Nou waarmee is ek nou al weer besig word gesug:
Ek lees die naweek van Wyle Leslie Rubin - 'n man wat 'n doring in die vlees
was van Onse Dokter Verwoerd.
'n Man wat met 'n vlymskerp humorsin en sarkasme, enigiemand behoorlik op
hul plek kon sit sonder om 'n vuis te lig.
Eendag, in die parlement, terwyl hy besig was met 'n toespraak, toe daar uit
die NP geledere skuinsweg hom toegesnou word dat hy 'n Jood is, was sy
antwoord:
Meneer die President. Ek is 'n Jood. En terwyl die agbare lid wat daardie
opmerking gemaak het se voorouers nog brutale barbare was iewers in Europa,
was my voorouers priesters in die Tempel van Solomo.
Goed gesê, dink julle nie so nie?
Maar Tony Leon sal dit nie in ons parlement kan sê nie, nog minder kan die
Israelies van vandag dit gebruik as rede vir hul optrede in die Palestynse
gebiede.
En alhoewel dit waar is, sal so 'n stelling deesdae as baie arrogant beskou
word as 'n opmerking , terwyl dit in 1959 glad nie so beskou was nie-
inteendeel, almal het gedink dit was 'n baie gevatte opmerking.
In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
besluitnemer en leier van sy mense.
Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie sal ek
nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die persoon
en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
toelaat nie.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Zoeloe Konings (was) Nuut onder die Son [boodskap #59812 is 'n antwoord op boodskap #59808] |
Ma., 08 April 2002 09:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Janee Sakkie, nou nie in dieselfde klas nie - maar ek gaan graag na die
Taalmonument in Paarl - en ek is dankbaar dat die monument daar staan - dit
gee vir my 'n rustigheid in my gemoed daar.
Annette
Sakkie skryf in boodskap news:3cb15bf3$0$239@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8rgvp$u16kd$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>
>> In die jare toet het die Zoeloes daar in Natal 'n koning gehad -
>> besluitnemer en leier van sy mense.
>> Wat is die sin en die nut van die Zoeloekoning vandag in KZN?
>> Gaan die Zoeloes hulle spiese en skildvelle uithaal en veg - teen wie
sal
> ek
>> nou nie weet nie - as verklaar word dat , alhoewel ons erken dat die
> persoon
>> en sy famielie van koninklike afkoms is, ons nie meer konings hier in SA
>> toelaat nie.
>>
>> Annette
>>
>
> Ek het laasweek Kuswag se o/15 rugbyspan Bloedrivier toe gevat. Ons was op
> 'n rugbytoer Vryheid toe. Ek beskou nie myself as emosioneel nie, maar ek
> moet julle sê, ek het daar gestaan met hoendervleis oor my hele lyf.
>
> Die ys is gebreek toe een van die pa's droogweg vra: "Wie de donner het
> staakvuur gesê."
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Paarlmonument [boodskap #59851 is 'n antwoord op boodskap #59844] |
Ma., 08 April 2002 17:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die vrouemonument
genoem gewees het.:)))
My wêreld Gids! Wat vertel jy my? Wil jy my vertel in die hele wye wêreld is
dit net in SA dat ons monumente het vir iets wat nog nog hopelik nie dood is
nie-
Die taalmonument en die vrouemonument?
Annette
Gids skryf in boodskap news:fzjs8.68332$oI.5616979@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8roqa$ub25t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Janee Sakkie, nou nie in dieselfde klas nie - maar ek gaan graag na die
>> Taalmonument in Paarl - en ek is dankbaar dat die monument daar staan -
> dit
>> gee vir my 'n rustigheid in my gemoed daar.
>
> Een van die hoogtepunte van hierdie nusgroep oor die afgelope 8 jaar is vir
> my seker toe Ferdi daarna verwys het as 'n "Falliese simbool" Sou die rus
> iets daarmee te make hê? ;)
>
> Ek dog monumente word opgerig vir iets wat verby is of dood is. Volgens my
> lewe Afrikaans nog...
>
> -Gids-
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuut onder die Son [boodskap #59868 is 'n antwoord op boodskap #59857] |
Di., 09 April 2002 04:59   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek was ook nog altyd onder die indruk dat Davie se Blaar storie 'n
Langenhovenstorie was.
Annette
--
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb1e4b3.0@news1.mweb.co.za...
> Davie
> Dis hier wat ek ook 'n goeie een met jou kan deel Annette.
> Die van Blaar Coetzee uit rofweg dieselfde tyd wat ook bekend
> was vir sy kwinkslae en iemand wat 'n Cas Greyling tipe van
> ongemaklikheid met die tong kon wees.
> Blaar het eendag in 'n ietwat moerige bui en na 'n lang relaas en
> redenasie van Sir Div en sy meelopers gesê dat 'die helfte
> van die opposisie 'n klomp esels is.'
> Na die Speaker op 'n verskoning aangedring het, het hy dit
> wel gedoen deur te sê dat 'die helfte van die opposisie nie
> 'n klomp esels is nie'.
>
> Walter
> Bostaande storie word al van lank voor Blaar Coetzee se tyd
> aan CJ Langenhoven toegeskryf. Hy was nie net 'n briljante
> skrywer nie, maar ook 'n politikus.
>
> Maar 'n navorser kon dit nie in Hansard opspoor nie, ook nie
> in die provinsiale parlement nie. Waarskynlik dus apokrief.
>
> Die ander bekende Langenhovenstorie word meer dikwels
> aan Churchill toegeskryf. Hy gaan so:
>
> 'n Vrou het vir Langenhoven aangespreek oor sy drinkgewoonte.
>
> "Sies mnr Langenhoven jy is dronk. Vieslik dronk"
>
> "Ja, dis reg mevrou, ek is dronk. Maar jy is lelik.
> En môre as ek nugter is, dan is jy nog altyd lelik"
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Paarlmonument [boodskap #59877 is 'n antwoord op boodskap #59864] |
Di., 09 April 2002 07:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))))) Miskien ja - het ek die rus na die ondervinding juis so nodig -
>> miskien is dit die verkeerde benaming - dit moes eintlik die vrouemonument
>> genoem gewees het.:)))
>
> Hmm.. stof tot nadenke - die Vrouemonument is tog ook so 'n simbool - sou
> dit nou toeval wees?
>
Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Paarlmonument [boodskap #59931 is 'n antwoord op boodskap #59924] |
Di., 09 April 2002 21:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook opgewonde kan
raak:)
Annette
Gids skryf in boodskap news:T5Hs8.74564$oI.6153111@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8u7ea$rbj$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>
>>>
>> Glad nie toevallig vir my nie - albei monumente ontwerp deur mans wat
>> blykbaar oor altwee onderwerpe opgewonde kan raak:)))
>>
> Jy bedoel natuurlik vrouens en tale, nie falliese simbole nie...
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Paarlmonument [boodskap #59943 is 'n antwoord op boodskap #59937] |
Wo., 10 April 2002 06:44   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Miskien - maar miskien is hulle nog nie so gemaklik met die storie dat hulle
dit aan die wêreld wil verkondig nie, dan verbloem hulle dit met die
verkeerde benaming.
Annette
Gids skryf in boodskap news:GnQs8.76414$oI.6285638@zwoll1.home.nl...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook opgewonde
> kan
>> raak:)
>> Annette
>>
>>
> Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...
>
> -Gids-
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Paarlmonument [boodskap #59978 is 'n antwoord op boodskap #59943] |
Wo., 10 April 2002 10:56  |
Gids
Boodskappe: 140 Geregistreer: Desember 2000
|
Senior Lid |
|
|
En die Paalmonumant...
"Annette" skryf in boodskap news:a90n8d$601$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien - maar miskien is hulle nog nie so gemaklik met die storie dat hulle
> dit aan die wêreld wil verkondig nie, dan verbloem hulle dit met die
> verkeerde benaming.
> Annette
>
>
> Gids wrote in message
> news:GnQs8.76414$oI.6285638@zwoll1.home.nl...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a8vliu$2ad$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Natuurlik. Maar daar is mans wat oor die falliese simbole ook
opgewonde
>> kan
>>> raak:)
>>> Annette
>>>
>>>
>> Ah - maardan sou hulle dit natuurlik opgerig het vir 'n mannemonument...
>>
>> -Gids-
>>
>
|
|
|
|