| vinnige karre [boodskap #59684] |
So., 07 April 2002 09:58  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: Desember 2001
|
Senior Lid |
|
|
Ek staan verslae. Hier is nou 'n moewiese hoe-ha oor die "carnage" op Wes
Australië se paaie. 53 sover dood hierdie jaar, en die mense sidder by die
gedagte daaraan. Net noudie dag het 'n belowende jong krieketspeler homself
uitgewis in sy Porche en sy meisie is sover ek weet nog in die intensiewe
eenheid aan't vegte vir haar lewe.
Maar skakel ek toe nou pas die televisiestel aan en jou wragtag. Daar is 'n
bleddie yahoo besig om sulke wolke te spin in sy vuurrooi Holden dat dit 'n
orkaan tot gevolg het. Almal weet dis peperduur om 'n ad op TV uit saai en
dit moes Holden 'n fortuin gekos het om daardie TV advertensie uit te saai -
elke 5 minute. Selle strorie met die twee yahoos wat in hulle Holden (of is
dit nou 'n Ford) verby die ou jaag in die woestyn in sy jet aangedrewe tuig
(die soort wat hulle gebruik om te sien of hulle deur die klankgrens kan
bars.) So met die verbygaanslag seg die een bloke vir die ander "hy het
seker in derderat vasgehaak". ha ha groot grap.
en in die nuusbuletin 5 sekondes later kla hulle oor die carnage en dreig
met verdere spoed beperkings en "double de-merit points" op
bestuurslisensies." Die spoedgrens is onlangs in beboude gebiede verlaag na
50 kmph en op die oop pad is dit 110 kmph.
Is daar erens 'n paar breinselle te spaar om oor te skeep hierdiekant toe?
|
|
|
|
| Re: vinnige karre [boodskap #59686 is 'n antwoord op boodskap #59684] |
So., 07 April 2002 10:25   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hantam - ja - jammer om te hoor dat julle daar nou teen 'n slakkepas gaan
beweeg:)))
Soos ek die ou sakie sien - wat is die sin of nut daarin om motors aan mense
te verkoop wat 300kpu kan ry, as mens net 110 mag ry?
Dus, hoekom laat die regering toe dat sulke vinnige motors in die eerste
plek toegelaat word om vervaardig te word of verkoop te word aan jan
publiek.
Tweedens, is soos jy weet, nie die motor wat die ongelukke maak nie, maar
wel die mense in die voertuig ( behalwe as die motor KIT is natuurlik:)) )
Derdens - jy durf nie die advertensiewese se motiewe bevraagteken, of die TV
kanaal se besigheidspraktyke aanspreek nie - biesnies ies biesnies.
Sad but True.
Naar maar Waar.
Annette
Hantamkind skryf in boodskap news:CBUr8.31367$uR5.74725@newsfeeds.bigpond.com...
> Ek staan verslae. Hier is nou 'n moewiese hoe-ha oor die "carnage" op Wes
> Australië se paaie. 53 sover dood hierdie jaar, en die mense sidder by die
> gedagte daaraan. Net noudie dag het 'n belowende jong krieketspeler homself
> uitgewis in sy Porche en sy meisie is sover ek weet nog in die intensiewe
> eenheid aan't vegte vir haar lewe.
>
> Maar skakel ek toe nou pas die televisiestel aan en jou wragtag. Daar is 'n
> bleddie yahoo besig om sulke wolke te spin in sy vuurrooi Holden dat dit 'n
> orkaan tot gevolg het. Almal weet dis peperduur om 'n ad op TV uit saai en
> dit moes Holden 'n fortuin gekos het om daardie TV advertensie uit te saai -
> elke 5 minute. Selle strorie met die twee yahoos wat in hulle Holden (of is
> dit nou 'n Ford) verby die ou jaag in die woestyn in sy jet aangedrewe tuig
> (die soort wat hulle gebruik om te sien of hulle deur die klankgrens kan
> bars.) So met die verbygaanslag seg die een bloke vir die ander "hy het
> seker in derderat vasgehaak". ha ha groot grap.
>
> en in die nuusbuletin 5 sekondes later kla hulle oor die carnage en dreig
> met verdere spoed beperkings en "double de-merit points" op
> bestuurslisensies." Die spoedgrens is onlangs in beboude gebiede verlaag na
> 50 kmph en op die oop pad is dit 110 kmph.
>
> Is daar erens 'n paar breinselle te spaar om oor te skeep hierdiekant toe?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|