Tuis » Ernstig » Wiele » vinnige karre
vinnige karre [boodskap #59684] |
Sun, 07 April 2002 09:58  |
Hantamkind
Boodskappe: 263 Geregistreer: December 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek staan verslae. Hier is nou 'n moewiese hoe-ha oor die "carnage" op Wes
Australië se paaie. 53 sover dood hierdie jaar, en die mense sidder by die
gedagte daaraan. Net noudie dag het 'n belowende jong krieketspeler homself
uitgewis in sy Porche en sy meisie is sover ek weet nog in die intensiewe
eenheid aan't vegte vir haar lewe.
Maar skakel ek toe nou pas die televisiestel aan en jou wragtag. Daar is 'n
bleddie yahoo besig om sulke wolke te spin in sy vuurrooi Holden dat dit 'n
orkaan tot gevolg het. Almal weet dis peperduur om 'n ad op TV uit saai en
dit moes Holden 'n fortuin gekos het om daardie TV advertensie uit te saai -
elke 5 minute. Selle strorie met die twee yahoos wat in hulle Holden (of is
dit nou 'n Ford) verby die ou jaag in die woestyn in sy jet aangedrewe tuig
(die soort wat hulle gebruik om te sien of hulle deur die klankgrens kan
bars.) So met die verbygaanslag seg die een bloke vir die ander "hy het
seker in derderat vasgehaak". ha ha groot grap.
en in die nuusbuletin 5 sekondes later kla hulle oor die carnage en dreig
met verdere spoed beperkings en "double de-merit points" op
bestuurslisensies." Die spoedgrens is onlangs in beboude gebiede verlaag na
50 kmph en op die oop pad is dit 110 kmph.
Is daar erens 'n paar breinselle te spaar om oor te skeep hierdiekant toe?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:00:20 UTC 2025
|