Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Pieterse
Pieter Pieterse [boodskap #59064] |
Do., 21 Maart 2002 17:15  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daar is Pieter Pieterse die storieverteller ook vermoor.
Sy vrou het 12 uur vanmiddag sy lyk gevind.
Die ANC het vandag beloof dat die doodstraf nooit weer
ingestel sal word nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59103 is 'n antwoord op boodskap #59101] |
Vr., 22 Maart 2002 09:11   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het Pieter Pieterse goed geken. Vir dié wat oorsee woon,
Pieter Pieterse is 'n bekende skrywer wat vermoor is. Sy vrou
was 'n week lank weg en het by haar terugkeer op sy
ontbindende lyk by hulle huis in die vakansiedorp Marloth Park
aan die suide van Krugerwildtuin afgekom. Hy was vasgebind.
Ek sien die media is onbewus van of minstens stil oor sy vroeë
loopbaan. Hy was aanvanklik 'n polisieman, in sy eie woorde
seker die mees ongemotiveerde poliesman in die mag. Toe
was hy vir baie jare 'n Sanlamverteenwoordiger. Hy het tot
takbestuurder op Pietersburg gevorder.
Ja, hy was vroeër Pieter Pieterse van Pietersburg.
Daarna het hy Kaap toe gekom, hy was 'n Bestuurder in Sanlam
se opleidingsafdeling. In dié tyd het ons soms saam brug gespeel..
Toe het hy 'n kontrak by Daan Retief gekry om 'n reeks draaiboeke
te skryf. Hy het sy werk bedank en op 'n plaas in die Bosveld gaan
woon en voltyds skrywer geword. Hy het 'n ruk daarna van sy vrou
geskei en daarna hoofsaaklik in 'n karavaan gewoon. Dié het
gewoonlik aan die Weskus gestaan, dikwels op Tietiesbaai,
soms in Namibië. Pieter was 'n baie bedrewe kreef- en perlemoen-
duiker en het soms letterlik daarvan gelewe. Hy het baie basies geleef,
deur kreef en perlemoen by hoteleienaar Johnny Carosini te ruil vir
brood, botter en groente.
En in die aande op Tietiesbaai om 'n vuur kon hy die wonderlikste
stories vertel. Baie beter as wat hy ooit op "Maak 'n Las" oorgekom
het, hy was werklik 'n uithalerstorieverteller. .
In die tyd het hy vir Jenny, die "Ingelsman", ontmoet en hulle is later
getroud. Ek het haar 'n paar keer gesien, maar haar nooit regtig
leer ken nie. Ek het vir Pieter 'n jaar gelede op Oudtshoorn
gesien en lekker oor die ou dae gesels.
Ek salueer een van Suid Afrika se groot seuns. Totsiens Pieter.
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c9ae160$0$229@hades.is.co.za...
Ek het Pieter geken. My skoonpa was saam met hom op skool en later jare in
die weermag. Ek het 'n slag of wat heerlik saam met hom gekuier tot
laataand toe. Wat 'n ongelooflike tragedie is sy dood nie. Sulke dinge
maak dat ek myself afvra wat de bliksem maak ek nog in 'n plek soos dié waar
menselewens minder waarde het as 'n selfoon of 'n televisiestel of 'n
trapfiets of die R20 per jaar waarmee die skoolfonds verhoog word. Wil ek
regtig my kinders grootmaak waar hulle op 'n daaglikse basis aan sulke
dierlike wreedhede blootgestel word.
"Davie Davis" skryf in boodskap news:d55k9uo5fd6ep0218ptsjqsd57utrcd48k@4ax.com...
>
>
> Daar is Pieter Pieterse die storieverteller ook vermoor.
> Sy vrou het 12 uur vanmiddag sy lyk gevind.
>
> Die ANC het vandag beloof dat die doodstraf nooit weer
> ingestel sal word nie.
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59112 is 'n antwoord op boodskap #59108] |
Vr., 22 Maart 2002 15:22   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette
Wat vir my die ergste is - toe Pieter gekamp het - so eenkant en
alleen - wat 'n gevaarlike situasie is, was hy veilig. Nou is hy
vermoor in 'n safaripark - waar mens seker kan aanneem dat
daar 'n mate van sekuriteit is.
en
Iemand elders het opgemerk dat die moordenaars miskien
van oor die grens kon gekom het.......
Wouter
Marloth Park is 'n groot woongebied, geen safarikamp nie.
Die erwe het nie grensdrade of heinings nie, dis alles net
Bosveld. En daar is baie onbeboude erwe, van baie van
die huise kan jy dus geen ander huise sien nie. Daar is
wilde diere wat ongehinderd daar rondloop. Dis dus nie
snaaks dat mense hom nie gekry het nie, eerder
snaaks dat wilde diere hom nie gekry het nie. Dalk vermy
hulle die huise?
Die dorp is omhein, met toegangsbeheer by die twee
voertuighekke. Maar ek reken dis maklik vir voetgangers om
daar in te kom, die noordekant is nie omhein nie, daar is dit
net die Krokodilrivier wat dit van die Krugerwildtuin skei.
Daar is gereeld inbrake en diefstalle in dié dorp, so twee of
drie jaar gelede is 'n dief (hy het 'n sonpaneel gesteel) deur
leeus opgevreet in die dorp.
Dis naby Mosambiek, en dis nie onmoontlik dat die
boosdoener(s) van daardie kant af kon gekom het op pad na
Gauteng nie
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59133 is 'n antwoord op boodskap #59064] |
Sa., 23 Maart 2002 08:45   |
Bart Nel
Boodskappe: 11 Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al
(Dis Al deur Jan F.E. Celliers)
As Ceasar, weerloos en bebloed,
en Macbeth, verlei deur heksegroet,
het hy met skitterende nasleep van eer
die uiteindelik-stil-word gerepeteer.
Dis maklik om die angs te flous
met 'n glasie sjerrie - op die applous!
Maar toe hy niksvermoedend, soos bepaal,
vertolking as vertoning moes herhaal,
vind hy, gestroop van kleed en kleur,
die mens moet sterf as amateur.
(Dood van 'n akteur deur Charles Fryer vir Fred Engelen)
Koebaai Maak 'n Las
'n Eregas
van Maak 'n las
het sopas -
Doodgegaan
Ons gaan hom mis
en sy spyse van vis
wat saam in sy kis
ook het heengegaan
Koebaai Pieter,
Koebaai Tolla,
Koebaai Jan,
Koebaai Koos
Julle las is gemaak
in ons harte vasgehaak
Julle dood het ons geraak
Nou is die rym op
want die dood het julle kom haal
Koebaai
Dis my las
(Deur Bart)
Ek het nie vir Pieter, Tolla, Spies of Koos persoonlik geken nie, maar het
altyd gehoop dat ek eendag die voorreg sal hê. Ek sal hulle gesigte en
stories seer seker mis!
Bart
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59147 is 'n antwoord op boodskap #59108] |
So., 24 Maart 2002 16:39   |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maak nie saak waarvandaan hulle gekom het nie, almal is mos welkom hier
tussen die kommuniste.
Waar is daai M8 nou. Hoekom antwoord die diereryk nie nou op hierdie skrywes
nie maar net waar die ding ou "oompies" en apartheid kan aanval.
Fok, hierdie wiel gaan nog lelik draai ???????
Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....
Annette skryf in boodskap news:a7fa8t$ku84r$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Iemand elders het opgemerk dat die moordenaars miskien van oor die grens kon
> gekom het.......
> Annette
>
>
> Annette wrote in message
> news:a7f9md$ksusu$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sakkie, ek het net vir Pieter twee keer ontmoet - toe hy by Tietiesbaai
>> gekamp het - en met hom gepraat oor sy heerlike storievertel kosprogram
> wat
>> hy aangeboed het.
>> Daardie program was uitstekende advertensie vir die Weskus.
>> Dit is werklik jammer dat nie 4 van die laaste 4 storievertellers wat dood
>> is, aan natuurlike oorsake dood is nie ( Pieter, Jan Spies, Koos Meyer en
>> Tolla),
>> maar as ons mooi oor die saak dink - elke keer as ons agter die stuurwiel
>> inklim, is ons kanse net so swak op oorlewing as diegene wat alleen by 'n
>> huis sit.
>> Daar is seker mense, maar ek weet van niemand wat die land verlaat het agv
>> ons wilde ryers op die paaie nie.
>>
>> Wat vir my die ergste is - toe Pieter gekamp het - so eenkant en alleen -
>> wat 'n gevaarlike situasie is, was hy veilig.
>> Nou is hy vermoor in 'n safaripark - waar mens seker kan aanneem dat
daar
> 'n
>> mate van sekuriteit is.
>>
>> Annette
>>
>>
>> Sakkie wrote in message
> news:3c9ae160$0$229@hades.is.co.za...
>>> Ek het Pieter geken. My skoonpa was saam met hom op skool en later
jare
>> in
>>> die weermag. Ek het 'n slag of wat heerlik saam met hom gekuier tot
>>> laataand toe. Wat 'n ongelooflike tragedie is sy dood nie. Sulke dinge
>>> maak dat ek myself afvra wat de bliksem maak ek nog in 'n plek soos
di�
>> waar
>>> menselewens minder waarde het as 'n selfoon of 'n televisiestel of 'n
>>> trapfiets of die R20 per jaar waarmee die skoolfonds verhoog word.
Wil
> ek
>>> regtig my kinders grootmaak waar hulle op 'n daaglikse basis aan sulke
>>> dierlike wreedhede blootgestel word.
>>>
>>>
>>> "Davie Davis" wrote in message
>>> news:d55k9uo5fd6ep0218ptsjqsd57utrcd48k@4ax.com...
>>>>
>>>>
>>>> Daar is Pieter Pieterse die storieverteller ook vermoor.
>>>> Sy vrou het 12 uur vanmiddag sy lyk gevind.
>>>>
>>>> Die ANC het vandag beloof dat die doodstraf nooit weer
>>>> ingestel sal word nie.
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59153 is 'n antwoord op boodskap #59147] |
So., 24 Maart 2002 23:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Frikkie Potgieter wrote:
> Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....
Frikkie, niks wat nou in Zimbabwe gebeur,
kan enigsins opweeg teen wat jou apartheids-
varke in SA gedoen het nie. Dis wat Dawie
van die Burger ook nou die dag uitgewys het.
Julle witgesmeerde apartheidsvark-graftes
kan nou maar ook julle bekke hou oor Zimbabwe.
Dis mos julle nuwe manier om julle verlede
weg te steek.
Gloudina
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59154 is 'n antwoord op boodskap #59152] |
So., 24 Maart 2002 23:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Davie Davis wrote:
> Ek betaal relatief baie belasting en dit skryn om te wonder
> waar dit heengaan.
Ten minste gaan dit nie vir kaspers wat
skoolkinders in die strate skiet nie, en
vir vragmoters wat mense op hulle vaders
se grond gaan oplaai en hulle dan op die
kaal haai vlakte los nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59156 is 'n antwoord op boodskap #59112] |
Ma., 25 Maart 2002 10:02   |
lou[2]
Boodskappe: 279 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Self so tot laas jaar 'n erf in Woodpecker paadjie gehad, fantastiese
plek met leeus wat so dan en wan deurkom, rooibokke, kudus, seekoeie,
kameelperde en wat jy ookal in die KNP sal verwag - maar dit verkoop agv
die afstand, malaria en die misdaad (natuurlik her die gebrek aan geld
om te bou geen rol gespeel nie :}).
Die probleem met Marloth is dat dit as deurgang deur Mosambiekers
gebruik word - want vandaar kan hulle maklik tot by Hektorspuit vorder
(minder leeus as KNP en minder polisie as die N4) en dan is dit op 'n
taxi tot in Gauteng. Natuurlik is daar dan ook groot probleme met petty
theft - waar kos, komberse en elektriese ware ens gesteel word. Daar is
ook 'n sekuritets firma maar vandat een so jaar gelede ook deur 'n leeu
van sy fiets getrek is en byna opgevreet is is hulle ook seker maar
versigtig as die son sak.
dit was vir my ook snaaks dat hienas en jakkalse waarvan daar heelwat
rondsluip hom nie grkry het nie.
Wouter Plaasvark wrote:
>
> Annette
> Wat vir my die ergste is - toe Pieter gekamp het - so eenkant en
> alleen - wat 'n gevaarlike situasie is, was hy veilig. Nou is hy
> vermoor in 'n safaripark - waar mens seker kan aanneem dat
> daar 'n mate van sekuriteit is.
>
> en
>
> Iemand elders het opgemerk dat die moordenaars miskien
> van oor die grens kon gekom het.......
>
> Wouter
> Marloth Park is 'n groot woongebied, geen safarikamp nie.
> Die erwe het nie grensdrade of heinings nie, dis alles net
> Bosveld. En daar is baie onbeboude erwe, van baie van
> die huise kan jy dus geen ander huise sien nie. Daar is
> wilde diere wat ongehinderd daar rondloop. Dis dus nie
> snaaks dat mense hom nie gekry het nie, eerder
> snaaks dat wilde diere hom nie gekry het nie. Dalk vermy
> hulle die huise?
>
> Die dorp is omhein, met toegangsbeheer by die twee
> voertuighekke. Maar ek reken dis maklik vir voetgangers om
> daar in te kom, die noordekant is nie omhein nie, daar is dit
> net die Krokodilrivier wat dit van die Krugerwildtuin skei.
> Daar is gereeld inbrake en diefstalle in dié dorp, so twee of
> drie jaar gelede is 'n dief (hy het 'n sonpaneel gesteel) deur
> leeus opgevreet in die dorp.
>
> Dis naby Mosambiek, en dis nie onmoontlik dat die
> boosdoener(s) van daardie kant af kon gekom het op pad na
> Gauteng nie
|
|
|
|
|
Kroniese Klagatte [boodskap #59160 is 'n antwoord op boodskap #59159] |
Ma., 25 Maart 2002 16:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
USPAUL wrote:
> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
> word die verlede so baie gebruik om die misdade
> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
> Is hierdie "vaders se grond" stelling van jou 'n 'n skimp
> vir landbesetting soos in Zimbabwe?
>
> Dink jy dat die "agtergeblewenes" ooit vir hule self
> sal kan sorg sonder om die blaam vir hulle mislikkings
> op die "Previous Regime" te plaas.
Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
regime" en wat die Engelse gedurende die
Boere-oorlog aan "die Afrikaner" gedoen het.
( Afrikaners is skerp verdeel in twee groepe:
dié Afrikaners wat soos Smuts en Botha 'n
nuwe konsep ingebring het van wat dit is om
Afrikaner te wees, en die klagatte wat altyd
gesit en grens het oor die onregverdigheid van
dit alles. Dis die "nasionaliste" in die tweede
groep wat die leisels in die hande gekry het in
1948 en een van die skandaligste regimes van die
tweede helfte van die 20ste eeu geskep het.)
En ja, ek dink Thabo Mbeki moet opskud met
landbesit-hervorming, anders is Zimbabwe SA se
voorland. Elke keer as mense statistieke sien,
dan besef jy dat meeste van die grond nog in wit
hande is. En laat ek jou weer daaraan herinner,
in SA is ag uit elke tien mense nie-blank. Ek
dink jy behoort op te hou om smalend te praat
oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.
Tant Hessie van die Derde Republiek
|
|
|
|
|
|
Re: Kroniese Klagatte (rassiste!) [boodskap #59164 is 'n antwoord op boodskap #59160] |
Ma., 25 Maart 2002 21:17   |
loes&patrick
Boodskappe: 239 Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou is daar geen honger in SA nie,
die wit boere bestuur hul land,
gee werk aan die swart plaaswerkers,
die plaaswerkers het geen honger nie.
Die boere produseer, hulle betaal die plaaswerkers,
die plaaswerkers werk, hulle produseer kos vir die
mense in die land.
Eienaardig ne? Honger in Zim, Hoe kom??
Ag, ek sien nou is ek 'n rassis .....!
Of hoe?
Patrick
In article ,
wrote:
>
>
> USPAUL wrote:
>
>
>> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
>> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
>> word die verlede so baie gebruik om die misdade
>> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
>
>
>> Is hierdie "vaders se grond" stelling van jou 'n 'n skimp
>> vir landbesetting soos in Zimbabwe?
>>
>> Dink jy dat die "agtergeblewenes" ooit vir hule self
>> sal kan sorg sonder om die blaam vir hulle mislikkings
>> op die "Previous Regime" te plaas.
>
>
> Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
> steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
> regime" en wat die Engelse gedurende die
> Boere-oorlog aan "die Afrikaner" gedoen het.
> ( Afrikaners is skerp verdeel in twee groepe:
> dié Afrikaners wat soos Smuts en Botha 'n
> nuwe konsep ingebring het van wat dit is om
> Afrikaner te wees, en die klagatte wat altyd
> gesit en grens het oor die onregverdigheid van
> dit alles. Dis die "nasionaliste" in die tweede
> groep wat die leisels in die hande gekry het in
> 1948 en een van die skandaligste regimes van die
> tweede helfte van die 20ste eeu geskep het.)
> En ja, ek dink Thabo Mbeki moet opskud met
> landbesit-hervorming, anders is Zimbabwe SA se
> voorland. Elke keer as mense statistieke sien,
> dan besef jy dat meeste van die grond nog in wit
> hande is. En laat ek jou weer daaraan herinner,
> in SA is ag uit elke tien mense nie-blank. Ek
> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
> oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
> in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
> en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
> te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
> omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
> die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
> plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59165 is 'n antwoord op boodskap #59160] |
Ma., 25 Maart 2002 22:11   |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> USPAUL wrote:
>
>
>> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
>> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
>> word die verlede so baie gebruik om die misdade
>> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
[knip]
Glouding:
>
> Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
> steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
> regime" [knip] Ek
> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
> oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
> in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
> en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
> te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
> omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
> die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
> plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
KinkY: Ek kan nie verstaan waarom Tant Hessie gedurig ons land sit en
beoordeel en veroordeel nie. Ek was nog nie eers gebore in 1948 nie
en is nie skaam om wit te wees in hierdie land van ons nie. Dat ons
voorsate foute gemaak het, is waar maar wat help al die verwyte nou?
Waar bring dit ons? En wat kan jy dink om te bereik deur ons gedurig
daaraan te herinner? Vir n groot klomp van ons, is die besluite
namens ons geneem maar dit maak ons nie sleg nie. Mense maak foute,
juis omdat hulle mense is. Soms is daai foute fataal en soms kan ons
daaruit leer. Maar hou tog asseblief op om ons neuse gedurig daarin
te vryf of put jy een of ander perverse genot daaruit. Jy wat nie
elke dag hier woon en werk en die dinge om jou sien nie. Dinge wat
mens laat besef dat ons inderdaad n lang pad voor ons het.
Kom ek vertel julle iets. Ek het die afgelope week langs my pa se
siekbed gesit terwyl hy in die Intensiewe eenheid van n swart
hospitaal om sy lewe geveg het. En wanneer n blanke mens - soms
vroualleen - die swart gebied binnery en die getalle oorweldig jou,
dan bid jy. NIe net vir jou eie veiligheid nie maar ook vir jou pa
wat 'uitgelewer' lê aan die genade van die ander mense wie in die
verlede verontreg is. En laat ek julle vertel dat ek baie fout kan
vind in dit wat ek ervaar en gesien het. Maar ek verkies om te
konsentreer op die goed wat ek ervaar het. Dat daar elke dag in daai
hospitaal n ander stel reëls geld, is waar maar mens besef gou dat jy
jou kaarte reg moet speel.
Ek is emosioneel oor die armoede en leed wat ek aanskou het. En ek is
emosioneel oor die dankbaarheid wat ek beleef het. En ek is dankbaar
dat daar in my hart hoop is vir die pragtige land van ons. Want
eindelik wil ons maar almal dieselfde dinge uit die lewe hê. Sommige
van ons was net meer gelukkig as ander.
Maar asseblief, Gloudina, dit sal tog lekker wees as jy soms n
positiewe opmerking maak oor die vordering wat ons hier maak. Hierdie
is my land en ek het nie juis n lus of n ander plek om heen te gaan
nie. As jy iets in jouself kan vind wat jy oor het vir hierdie land,
help ons dan ook deur nie alewig na alles wat hier fout gaan die blaam
op die verlede te plaas nie. Dit is nou geskiedenis en ons wat kan
help verander, leef nou en het elke liewe stukkie positiwiteit nodig.
Selfs van jou.
|
|
|
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59166 is 'n antwoord op boodskap #59165] |
Ma., 25 Maart 2002 23:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kinky wrote:
Ek kan nie verstaan waarom Tant Hessie gedurig ons land sit en
> beoordeel en veroordeel nie.
Jy misrepresenteer die feite heeltemal. Ek
weet nie hoekom jy dit doen nie. Ek sit nie
"jou land" gedurig en veroordeel nie. Ek
praat aanhoudend positief oor wat op die
oomblik in SA aangaan. Waarteen ek dit wel
het, is wanneer mense soos Frikkie en Davie
Davis binne SA en mense soos "USPAUL" buite
SA vir Suid-Afrika sit en beswadder. Mense
soos hulle, wat heelwaarskynlik nie 'n vinger
opgelig het om te protesteer teen die dinge
wat minder as twintig jaar gelede nog in
SA bedryf is teen die bevolking nie, maar
wat nou skielik ontpop as die groot skyn-
heilige kritici van alles en nog wat. Ek hoop
jy is nie een van hulle nie. En elke keer
wanneer een van hierdie witgeverfde grafte
hulle bekke rek, sal ek vir hulle herinner
wat in hulle verlede is. Ek het die reg
daartoe verdien, omdat ek self 'n Afrikaner
is, en hierdie soort mense as skorremorrie
sien wat SA en my rassegroep oneindig oneer
en skade aangedoen het.
Gloudina
|
|
|
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59167 is 'n antwoord op boodskap #59165] |
Ma., 25 Maart 2002 23:47   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Kinky wrote:
Ek het die afgelope week langs my pa se
> siekbed gesit terwyl hy in die Intensiewe eenheid van n swart
> hospitaal om sy lewe geveg het. En wanneer n blanke mens - soms
> vroualleen - die swart gebied binnery en die getalle oorweldig jou,
> dan bid jy. NIe net vir jou eie veiligheid nie maar ook vir jou pa
> wat 'uitgelewer' lê aan die genade van die ander mense wie in die
> verlede verontreg is. En laat ek julle vertel dat ek baie fout kan
> vind in dit wat ek ervaar en gesien het. Maar ek verkies om te
> konsentreer op die goed wat ek ervaar het.
Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
wat voorheen gereserveer is vir swart
mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
dit voorheen 'n swart hospitaal was in
'n oorwegende swart area, die hospitaal
nie so modern as in die voorheen wit
gebiede was nie. Is dit die skuld van
die lokale bewoners wat nog selfs nou
met tweederangse hospitale tevrede moet
wees.
Soos ek jou brief lees, was jy bang
vir jou eie veiligheid en jou pa se
veiligheid. Maar niks laat my dink dat
daar iets slegs met julle gebeur het nie.
Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
klaagtoon in jou skrywe?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59173 is 'n antwoord op boodskap #59160] |
Di., 26 Maart 2002 07:02   |
Threeships 'did you s
Boodskappe: 200 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 25 Mar 2002 16:55:34 GMT, "teef" served the
following to the group:
>
> snip - al die gemors is uitgesny
>
ek is al so gatvol om die verskoning van `n mens wat vir almal vir
vertel wat om te dink en wat reg en verkeerd is. dis nou die slapgat
wat, in plaas van deel te word van die struggle, eerder weg gehardloop
het na 'groener' weivelde. die een wat, in plaas van die 'moedertaal'
hier te praat, eerder tussen die engels sprekendes gaan bly het en dan
net wanneer 'dit' dit reg ag engelse woorde gebruik met die alleenreg
daarop. in my kak boere opvoeding is ek geleer dat oom en tannie
gebruik word uit respek so ek kan nie verstaan waarom die deelnemers
aan hierdie ng die ding hierdie eer toeswaai nie.
jou ou miserabele fosiel, kry vir jou `n stokperdjie of iet om jou bek
van ander af te hou. jy eien jouself die reg toe om die wat in sa leef
te oordeel en te kritiseer, surprise teef, jy het daai reg agter
gelaat toe jy agteruit getoi-toi het na jou nuwe tuiste. jy gaan aan
soos `n lesbiese oujongding wat sit met een moerse seks fustrasie (dis
nou die lack daaraan). en nee, tenspyte wat jou 1948 bio boekie
vertel, dit is nie net om mee te piepie nie. kry `n vibrator man,
bevry jouself uit jou ou klein helletjie. jou kopseer sal verdwyn en
jy sal heelwat better voel oor jou medemens.
btw hierdie post volg eintelik maar net die trend wat teef sin altyd
volg. klim in ander se karakter en persoonlikheid in sonder om hulle
persoonlik te ken.
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
Kroniese Klagatte (rassiste!) en realiste [boodskap #59174 is 'n antwoord op boodskap #59164] |
Di., 26 Maart 2002 07:06   |
Sakkie[4]
Boodskappe: 383 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Patrick, ons huidige situasie werk nie volgens jou logika hier onder nie.
Jou argument tel net vir mense wat volgens Maslow op die onderste trap van
sy "Hierachy of needs" is. M.a.w. hulle is ingestel op oorlewing en al wat
belangrik is, is vandag se kos. Meeste van ons mense wat daarin val is
gelukkig met wat hulle het, want hulle het iemand wat vir hulle sorg.
Die probleem is dat die oorgrote meerderheid van ons mense verby daardie
stadium is en as gevolg daarvan ander "needs" het. Een daarvan is die
sekuriteit van grondbesit en ook die aansien wat daarmee saamgaan. Dit is
hier waar ons huidige situasie ongebalanseerd is en ek is bevrees Gloudina
is reg, as daar niks omtrent gedoen word nie is dit net 'n kwessie van tyd
voordat ons dieselfde pad sal loop as Zim.
Die feit dat baie van ons voorheen benadeeldes nie die kennis en
ondervinding het om groot plase suksesvol te bestuur nie is 'n heel ander
saak en as ons skielik ons huidige plase oorgee in die hande van onkundiges,
sal ons ook soos Zim baie gou sonder kos sit.
"l&p" skryf in boodskap news:ant252134f7fM3Mb@camerama.demon.nl...
>
>
> Nou is daar geen honger in SA nie,
> die wit boere bestuur hul land,
> gee werk aan die swart plaaswerkers,
> die plaaswerkers het geen honger nie.
> Die boere produseer, hulle betaal die plaaswerkers,
> die plaaswerkers werk, hulle produseer kos vir die
> mense in die land.
> Eienaardig ne? Honger in Zim, Hoe kom??
> Ag, ek sien nou is ek 'n rassis .....!
> Of hoe?
> Patrick
>
>
> In article ,
> wrote:
>>
>>
>> USPAUL wrote:
>>
>>
>>> Baie dinge het in die verlede gebeur waarmee
>>> die meeste van ons nie saamstem nie. Hoekom
>>> word die verlede so baie gebruik om die misdade
>>> wat daagliks gepleeg word te verbloem of te regverdig?
>>
>>
>>> Is hierdie "vaders se grond" stelling van jou 'n 'n skimp
>>> vir landbesetting soos in Zimbabwe?
>>>
>>> Dink jy dat die "agtergeblewenes" ooit vir hule self
>>> sal kan sorg sonder om die blaam vir hulle mislikkings
>>> op die "Previous Regime" te plaas.
>>
>>
>> Wel, jy en jou voorsate het heelwaarskynlik
>> steen en been tot 1948 gekla oor die "vorige
>> regime" en wat die Engelse gedurende die
>> Boere-oorlog aan "die Afrikaner" gedoen het.
>> ( Afrikaners is skerp verdeel in twee groepe:
>> dié Afrikaners wat soos Smuts en Botha 'n
>> nuwe konsep ingebring het van wat dit is om
>> Afrikaner te wees, en die klagatte wat altyd
>> gesit en grens het oor die onregverdigheid van
>> dit alles. Dis die "nasionaliste" in die tweede
>> groep wat die leisels in die hande gekry het in
>> 1948 en een van die skandaligste regimes van die
>> tweede helfte van die 20ste eeu geskep het.)
>> En ja, ek dink Thabo Mbeki moet opskud met
>> landbesit-hervorming, anders is Zimbabwe SA se
>> voorland. Elke keer as mense statistieke sien,
>> dan besef jy dat meeste van die grond nog in wit
>> hande is. En laat ek jou weer daaraan herinner,
>> in SA is ag uit elke tien mense nie-blank. Ek
>> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
>> oor "agtergeblewenes." Jy en jou rasgenote sit
>> in 'n land wat grotendeels 'n swart land was
>> en nog is, en jy het die nerve om vir hulle
>> te probeer voorskryf. Jy dink jy het die reg
>> omdat jou voorsate in die vorige paar eeue in
>> die land ingestap het en vir hulle daar neerge-
>> plak het. Maar boetie, daardie dae is verby.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>>
>
|
|
|
|
Bladsye (6): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 00:30:29 UTC 2025
|