Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Pieterse
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59179 is 'n antwoord op boodskap #59178] Di, 26 Maart 2002 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ca05313.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
> wat voorheen gereserveer is vir swart
> mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
> nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
> is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
> dit voorheen 'n swart hospitaal was in
> 'n oorwegende swart area, die hospitaal
> nie so modern as in die voorheen wit
> gebiede was nie. Is dit die skuld van
> die lokale bewoners wat nog selfs nou
> met tweederangse hospitale tevrede moet
> wees.
> Soos ek jou brief lees, was jy bang
> vir jou eie veiligheid en jou pa se
> veiligheid. Maar niks laat my dink dat
> daar iets slegs met julle gebeur het nie.
> Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
> wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
> klaagtoon in jou skrywe?
>
> Wouter
> Waar het jy die klaagtoon gesien, Gloudina? Ek
> ervaar haar vertelling eerder as 'n positiewe realisme.
>
> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
> meesal uitstekende fasiliteite gehad. Die probleem
> was histories eerder by die aantal en toeganklikheid
> van die "swart" hospitale en soms by die gehalte
> van die personeel, laasgenoemde is waarskynlik
> minder van 'n probleem vandag.
>
> Jou beskuldigende vraag "Is dit die skuld van die
> lokale bewoners wat nog selfs nou met tweederangse
> hospitale tevrede moet wees" is waarskynlik misplaas
> en is die tipe reaksie waarna Kinky verwys as sy vra
> hoekom jy so negatief oor SA oorkom, selfs wanneer
> jy nie die feite aan jou kant het nie.
>

Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria word
beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
gedoen in verskeie mediese rigtings.
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59181 is 'n antwoord op boodskap #59163] Di, 26 Maart 2002 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Skerp nè!!! Soos 'n mes nè!

Anti, maar jy's darem op 'n wicket oor die klagatte nê?
En as Anti nou so al die wysheid oor die land in pag het, wat maak jou dan
in Kanada sit?
Shame, en om te dink hulle (Kanada) weet nie eens van "de bron der wysheid"
wat daar so te sê onder hulle se neuse sit nie!

That such wizzdim should go to waste! Anti, ai Anti, Waar was jy toe
Verwoerd jou nodig had?
Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans te leer. Nou
weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent het as hulle
Afrikaans probeer praat!

Mensig maar ek spaar nie die lepel nie! Roer boeties (en sussies)! Roer!

Thys meddie liepel oppie Bos!

"Davie Davis" skryf in boodskap news:lmru9uo2mt190cplvatfamecla3haf0tkb@4ax.com...
> On Mon, 25 Mar 2002 20:31:58 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> ~~~~~~
>> heheheheh ......................... weer tussen die messegoed
>> geslaap ............. hmmmm?
>
> Ken nie daardie uitdrukking Tobie, verduidelik?
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59185 is 'n antwoord op boodskap #59173] Di, 26 Maart 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

> "teef" served the
> following to the group:

> jou ou miserabele fosiel,

> surprise teef
> soos `n lesbiese oujongding
> kry `n vibrator man,

Gereeld soos klokslag, wanneer mens
die geskrywery van hierdie soort
McBoerseun (wat sy erfenis vir 'n pot
boeliebief verkoop het) analiseer,
dan kry forensies die volgende:

(1) hy dink half in Engels ('n geradbraakte
Engels.)
(2) Hy kan nie in Afrikaans spel nie.
(3) Hy vloek aanmekaar
(4) Hy maak kroniese seksuele verwysinge.
(5) HY kan hom nie inhou nie, moet kronies
van homoseksualisme praat.Die sielkundiges
vertel ons hierdie soort mense het self
'n fasinering met die gay life style.

Tant Hessie Freud
Re: Kroniese Klagatte (rassiste!) en realiste [boodskap #59186 is 'n antwoord op boodskap #59174] Di, 26 Maart 2002 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Die probleem is dat die oorgrote meerderheid van ons mense verby daardie
> stadium is en as gevolg daarvan ander "needs" het. Een daarvan is die
> sekuriteit van grondbesit en ook die aansien wat daarmee saamgaan. Dit is
> hier waar ons huidige situasie ongebalanseerd is en ek is bevrees Gloudina
> is reg, as daar niks omtrent gedoen word nie is dit net 'n kwessie van tyd
> voordat ons dieselfde pad sal loop as Zim.
>
> Die feit dat baie van ons voorheen benadeeldes nie die kennis en
> ondervinding het om groot plase suksesvol te bestuur nie is 'n heel ander
> saak en as ons skielik ons huidige plase oorgee in die hande van onkundiges,
> sal ons ook soos Zim baie gou sonder kos sit.

Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
benadeeldes" (wat in alle geval die plase
vir die wit base al hierdie honderde jare
bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
eie voordeel, en nie vir die voordeel van
die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
Daar word nou alreeds stemme gehoor in die
World Bank se geledere wat sê dat die vereistes
dat ontwikkelende lande die noue fiskale
vereistes van die World Bank moet volg om
lenings te kry, een van die elemente is
in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
"ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
lande van Afrika onafhanklik gemaak word
van die ou wit omies wat agter lessenaars
sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
ontwikkel. Eers dan sal die dominansie
van die nageslagte van die Europese setlaars
wat veral na die VSA versprei het, ophou om
Afrika en sekere ander ontwikkelende lande
te verkneg. En as hierdie verknegting te erg
word, sal die lokale bevolking begin opstand
maak daarteen in die strate, soos nou onlangs
in Argentinië gebeur het.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59187 is 'n antwoord op boodskap #59171] Di, 26 Maart 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> "@rogers.com" wrote:
>
>> Ek
>> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
>> oor "agtergeblewenes."

>
> Dit is 'n amptelike regerings term wat 'n baie dokumente en wette
> voorkom - hoekom praat jy nie met die regering daaroor nie?

O. Is dit amptelike regerings-beleid
om SMALEND van "agtergeblewenes" te
praat? Jissie, dit klink amper soos die
kandidate vir die Konserwatiewe party
se leierskap hier in Ontario, wat
"homelessness" onwettig wou verklaar.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59189 is 'n antwoord op boodskap #59179] Di, 26 Maart 2002 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

Wouter:
>> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
>> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
>> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
>> meesal uitstekende fasiliteite gehad.

> Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria word
> beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
> gedoen in verskeie mediese rigtings.

Die bespreking gaan nie oor of swart
hospitale goed of sleg is nie. Gaan
weer terug na Kinky se brief en lees
(dan tussen die lyne) hoe bevrees sy
was vir die wel en wee van haarself
en haar pa in 'n swart hospitaal. Sy
praat baie duidelik negatief oor hoe
dinge in die hospitaal gedoen word.
Dis hierdie soort negatiwiteit wat
mense hulle in SA toelaat, en dink dis
hulle erfenis om gedurig te kla oor
"hoe dinge nou is." Maar hulle wil
ander mense die swye oplê wanneer hulle
objekteer teen die argwaan en die
hovaardigheid van mense soos Frikkie
byvoorbeeld, en die slinkse opmerkings
oor 'n paar ander op hierdie nuusgroep
wat ek kan noem, veral as hulle soms
buite SA sit en ook nie meer weet wat
in SA aangaan nie.
En dis nie die skuld van die swart
bevolking in SA dat dinge nie sommer weer
lekker blink in alle instansies is nie.
SA kom uit 'n halfeeu van sosiologiese-
ekonomiese dwingelandskap, en dit sal
seker 'n ander halfeeu wees voor alles
weer na die smaak is van die voorheen
bevoordeeldes. Intussen is die swart
bevolking van SA wonderlik geduldig.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte (rassiste!) en realiste [boodskap #59190 is 'n antwoord op boodskap #59186] Di, 26 Maart 2002 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA083E7.7060505@rogers.com...
>
> Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
> benadeeldes" (wat in alle geval die plase
> vir die wit base al hierdie honderde jare
> bewerk het)
> Gloudina
>

Gloudina, jy het self op 'n plaas grootgeword en jy van alle mense behoort
te weet dat daar 'n helse verskil is tussen 'n trekker bestuur en om 'n
boerdery te bedryf op so 'n manier dat jy 'n land voed.
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59191 is 'n antwoord op boodskap #59181] Di, 26 Maart 2002 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Shame, en om te dink hulle (Kanada) weet nie eens van "de bron der wysheid"
> wat daar so te sê onder hulle se neuse sit nie!

En wat laat jou tot hierdie
gevolgtrekking kom?

Tant Hessie wat gister oor die
Pretoria-bridge gery het.
Re: Kroniese Klagatte (rassiste!) en realiste [boodskap #59192 is 'n antwoord op boodskap #59190] Di, 26 Maart 2002 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:


> Gloudina, jy het self op 'n plaas grootgeword en jy van alle mense behoort
> te weet dat daar 'n helse verskil is tussen 'n trekker bestuur en om 'n
> boerdery te bedryf op so 'n manier dat jy 'n land voed.

Ek het op 'n besproeiingshoewe
in die Noordkaap grootgeword. En
in my herinnering sien ek nog altyd
vir my pa en sy bruin helper in die
oggend staan en praat van wat weer
vandag gedoen moet word. Ek weet dat
my pa ongeveer sy aanbevelings as
wet beskou het, tensy hy iets anders
beoog het. Albei hierdie mans was
hoogs-eerwaardige manne, omtrent dieselfde
ouderdom. Albei hierdie mans was diakens
en later ouderlinge in hulle gemeentes.
Die verskil was egter dat my pa in 'n lekker
huis op sy erf kon bly, terwyl Outa Jan omtrent
twee myl uit die kroek moes instap elke dag om
"sy werk te kom doen." Dis hierdie herinnering
van hoe mense wat nie die regte soort hare
gehad het in SA nie, wat my vandag aggressief
maak teenoor mense wat vernederend van hierdie
mense praat.
En beide hierdie mans was in die dwingelandy
van 'n kapitalistiese set up, waar mense hulle
agterente afgesukkel het om druiwe te plant om
rosyntjies te maak om dit dan na die buiteland
te stuur sodat die wit omies in die regering
buitelandse valuta kon kry. Vir daardie
kapitalistiese dwingelandy is duisende nageslagte
van die stamme van die Khoi van die lekker eilande
afgeboender en moes hulle tussen die droë randjies
gaan bly, waar hulle myle moes loop om water te
kry om te kook en te was.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59193 is 'n antwoord op boodskap #59189] Di, 26 Maart 2002 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Intussen is die swart
> bevolking van SA wonderlik geduldig.
>
> Gloudina

Gloudina,

Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek voel
nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy dan voor
as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is 'wonderlik
geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Wat moet
hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in 'n
kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand kom,
chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle 'ongeduldig'
was dat dinge vinnig sal verbeter ?
Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig' nie.

Hilda.
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59194 is 'n antwoord op boodskap #59189] Di, 26 Maart 2002 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
>> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
>> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
>> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
>> meesal uitstekende fasiliteite gehad.

Sakkie
> Ek wil hier by Wouter aansluit. Garankuwa(sp?) hospitaal naby Pretoria word
> beskou as een van die bestes in die land. Daar word ook baie navorsing
> gedoen in verskeie mediese rigtings.

Gloudina
Die bespreking gaan nie oor of swart
hospitale goed of sleg is nie.

Wouter
Ons het jou foutiewe opmerking daaroor uitgewys en
jy verkies om daaroor te swyg. Jy is egter deels reg, die
bespreking gaan nou oor jou optrede, oor hoekom jy die
ongevraagde negatiewe en smalende opmerking
gemaak het oor voormalige swart hospitale wat
"tweederangs" sou wees

Gloudina
Gaan weer terug na Kinky se brief en lees
(dan tussen die lyne) hoe bevrees sy
was vir die wel en wee van haarself
en haar pa in 'n swart hospitaal.

Wouter
Dis tog natuurlik, ons het almal 'n vrees vir die onbekende.
Soveel meer as 'n geliefde se lewe aan 'n draadjie hang.
Maak dit haar in jou oë 'n rassis? Jy kan nie ernstig wees nie!

Gloudina
Sy praat baie duidelik negatief oor hoe
dinge in die hospitaal gedoen word.

Wouter
Ek verskil. Sy rapporteer, maar kritiseer nie. En ek lees dat
sy op die goeie wat sy ervaar het konsentreer. En dat sy
dankbaar is en hoop het vir ons land. En dat sy jou vra om nie
so afbrekend te wees nie

Gloudina
Dis hierdie soort negatiwiteit wat
mense hulle in SA toelaat, en dink dis
hulle erfenis om gedurig te kla oor
"hoe dinge nou is."

Wouter
Nee, nou veralgemeen jy en jy betrek vir Kinky
onredelik by iets waaraan sy duidelik geen deel het nie.
Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.

Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
Hou dit vir dié wat dit verdien

Ek reageer nie op die res van jou betoog nie, want
dit hoort nie hier nie. Dis die hele punt, die punt wat
jy klaarblyklik nie wil insien nie. As jy ongevraagd
kritiseer, dan verloor jou geregverdigde kritiek ook
sy trefkrag, dan reduseer jy jouself tot een van dié
wat in die opskrif van hierdie boodskap beskryf word
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59195 is 'n antwoord op boodskap #59194] Di, 26 Maart 2002 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nee, nou veralgemeen jy en jy betrek vir Kinky
> onredelik by iets waaraan sy duidelik geen deel het nie.
> Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.
>
> Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
> Hou dit vir dié wat dit verdien

So jy verkies om heeltemal te vergeet
dat Kinky vir my by naam en direk
aangeval het. En haar versoek was
dat ek my mond moet hou ( sodat Frikkie
en Kie nou maar kan gif spuit soos
hulle wil, maar ek mag nie terug vertel
van wat sy geliefde apartheidsvarke in
SA gedoen het nie. Want dis tog o, so
negatief.) En sy maak die verdere
presumpsie dat ek "negatief is oor SA."
Ek is alleen negatief oor klagatte.
(Terloops, ek het daardie titel gekies
toe iemand gevra het dat die draad
met Pieterse se naam verander moet word,
aangesien dit lank nie meer oor daardie
onderwerp gegaan het nie.)
En as jy jou Afrikaanse koerante
lees, sien jy meer en meer Afrikaner-
mense objekteer teen die negatiewe toon
waarmee mense praat. Jyself begin uitwys
dat "Zim swartsmeer" miskien 'n industrie
geword het van mense met rekenaars.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59196 is 'n antwoord op boodskap #59181] Di, 26 Maart 2002 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
Waar was jy toe
> Verwoerd jou nodig had?
> Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans te leer. Nou
> weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent het as hulle
> Afrikaans probeer praat!
~~~~~~~~~~~~~~~
nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
praat nie. ek het destyds so hard probeer om te verstaan, maar my
macaw praat baie duideliker, en dan het hy nie eers 'n
luidspreker nodig nie, jy hoor hom tot innie onnerdorp
ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
meer vattie :-)
--
***************************
http://www.transformationafrica.org
***************************
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59199 is 'n antwoord op boodskap #59195] Di, 26 Maart 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Die negatiwiteit is suiwer by jou. Suiwer by jou, hoor.
> Jou optrede is waaroor dit nou gaan, dis hier kwetsend.
> Hou dit vir dié wat dit verdien

Gloudina
So jy verkies om heeltemal te vergeet
dat Kinky vir my by naam en direk aangeval het.

Wouter
Nee, ek vergeet niks. Ek het daardie baie redelike versoek
van haar en alles wat almal geskryf het deeglik in ag geneem.
En dan reken ek jy is onredelik. En in jou eie woorde, ek
vertel dit soos dit is

Gloudina
Ek is alleen negatief oor klagatte.

Wouter
Die probleem is dat dit dan klink of jy almal as klagatte beskou.
Dis wat ek by jou probeer tuisbring, val gerus dié aan wat
dinge skryf wat so 'n aanval verdien, maar moenie 'n
rassis agter elke boodskap ontdek nie. Veral nie dié wat
duidelik opbouende en positiewe gevoelens uitstraal nie

Gloudina
(Terloops, ek het daardie titel gekies
toe iemand gevra het dat die draad
met Pieterse se naam verander moet word,
aangesien dit lank nie meer oor daardie
onderwerp gegaan het nie.)

Wouter
En nou pas daardie skoen ongelukkig vir jou

Gloudina
En as jy jou Afrikaanse koerante
lees, sien jy meer en meer Afrikaner-
mense objekteer teen die negatiewe toon
waarmee mense praat.

Wouter
Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.
Bestaansboerdery : Oplossing of Wensdenkery? [boodskap #59200 is 'n antwoord op boodskap #59186] Di, 26 Maart 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
benadeeldes" (wat in alle geval die plase
vir die wit base al hierdie honderde jare
bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
eie voordeel, en nie vir die voordeel van
die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
Daar word nou alreeds stemme gehoor in die
World Bank se geledere wat sê dat die vereistes
dat ontwikkelende lande die noue fiskale
vereistes van die World Bank moet volg om
lenings te kry, een van die elemente is
in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
"ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
lande van Afrika onafhanklik gemaak word
van die ou wit omies wat agter lessenaars
sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
ontwikkel.

Wouter
Dit klink vir my al te veel na ideologiese wensdenkery, Gloudina
Maak hulle los van die finansieringsinstansies en hou op om uit
te voer en jy het 'n bestaansboerdery. Wat jy vanjaar produseer,
eet jy vanjaar, want jy kan nie produseer vir die hoër pryse wat
jy met uiytvoere kan verdien om geld te belê vir die maer jare nie.

Bestaansboerdery werk as 'n klein stuk grond 'n gesin deurlopend
kan onderhou, maar in Afrika met sy harde klimaatsomstandighede
is jy beter af met die kapitaliste en hulle vermoë om vooruit te
beplan, uit te voer en te belê vir die toekoms. Bestaansboere
gaan dood in droogtes, dis die natuur se manier om die
bevolking by die grond se vermoë aan te pas.

Hierdie berig is vars uit die oond, en moet asseblief nie op
die wit/swart aspek konsentreer nie, ek probeer net die harde
werklikheid van Afrika se klimaat op boerdery illustreer.

CHIKOMBA, Zimbabwe, March 26 (AFP) - Drought-stricken Zimbabwe
will have to endure "a very long year" until the harvest of April
2003, laments Kumbirai Chikwenengwe, standing in a field of withered
maize.
Throughout the drought-parched country, this year's crop will
hardly be worth the effort to reap.
Chikwenengwe's 35 hectares (87.5 acres) in Zimbabwe's central
Midlands Province have not soaked up a drop of rain since the
official start of the rainy season last November.
Chikwenengwe, originally from northwestern Mashonaland West
Province, was awarded his plot here under the government's
controversial land reforms launched in early 2000.
In October, he borrowed money so he could buy some seed and hire
a tractor to plow his fields.
But as the rains failed to come, Chikwenengwe, who is married
with five children, said: "My land is not life-giving. It has
brought me despair and hunger."
The highest plants are no taller than four-year-old Lennon, his
youngest.
Lennon's malnourishment shows in his bloated stomach and his
frequent vomiting of plain water.
His mother Felicias says he has had nothing but water the last
two days.
In Shona, the language of Zimbabwe's ethnic majority, "nzara"
means both drought and famine, because "we know that one is
provoking the other," Felicias said.
Hunger has forced some of the Chikwenengwe's neighbors to leave
their plots.
"We have nothing left," Chikwenengwe said. "We are waiting for
help from God or the government."
The UN World Food Program (WFP) says 558,000 people are at risk
of starvation in Zimbabwe, normally a regional breadbasket.
Farmers say this April's maize harvest will be minimal, after a
sharp reduction last year resulting from disruptions to commercial
farming under the land reforms.
From 2.4 million tonnes in 2000, when ruling party supporters
began invading white-owned farms, output fell to 800,000 tonnes last
year.
Zimbabwe's 12 million people consume between 1.8 million and two
million tonnes of maize per year, and the country normally exports
surplus grain.
Further south on inferior farmland long tilled by Zimbabwe's
majority blacks, between the dried-up Charandura and Gweru rivers,
the lifeless rocky plains stretch out as far as the eye can see.
The traditional earthen grain stores are empty, and maize meal
-- the staple food in the region -- is nowhere to be found.
At 57, Miriam Mushindibaba, a widow living in a round mud hut in
a village near Chemheke, is old beyond her years.
Weeping at the side of her failed maize crop, she said: "I have
never seen this before. Even during the 1992 drought, my maize gave
a few grains."
Her 32-year-old son Gabriel supports the family through the
traditional sculptures he carves.
"I won't be able to carry on like this for long," he said. "I
have a wife and children to feed. I won't be able to feed everyone
over the (coming) winter."
He said he was considering moving to neighboring South Africa
where he could work as a laborer.
For most poor peasants here, the land is their only source of
livelihood, and with the coming harvest a clear bust, they will have
to scratch out a living with nothing in their larders until the next
harvest comes around.
Villagers in nearby Chamakanda pooled enough funds together to
buy a sack of maize meal, the basis of the national dish, sadza.
A large platter was served up, and about 15 children descended
on it, polishing it off in no time.
They had eaten nothing but green peanuts for the past week.
"What will become of us if we cannot feed our children anymore?"
one mother asked.
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59202 is 'n antwoord op boodskap #59196] Di, 26 Maart 2002 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
> praat nie
> ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
> meer vattie :-)

Ja, my maagspiere ookie. Veral as ek
hoor hoe die boertjies praat van die
ander se aksente, en as mens hulle
hoor praat dat kan jy tot in Hong
Kong en Parys hoor dis 'n boertjie
wat praat. Ek luister nou die dag
selfs na Breyten Breytenbach se
Engelse aksent. Na al die jare in
die buiteland.
Dis mos ook nou die nuwe mode
onder sekere Afrikaners... om oor
die agtergeblewenes se aksente te
praat.

Gloudina
Aksente van die Kroniese Klagatte [boodskap #59203 is 'n antwoord op boodskap #59196] Di, 26 Maart 2002 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Mar 2002 21:00:48 +0200, "Tobie" wrote:

> Thysie innie bos sê:
> Maar ag ja jy was mos besig om die "leiers van môre" Afrikaans
> te leer. Nou weet ons ook sommer hoekom party van hulle so 'n snaakse aksent
> het as hulle Afrikaans probeer praat!

> En Oom Tobie antwoord so ewe:
> nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
> praat nie. ek het destyds so hard probeer om te verstaan, maar my
> macaw praat baie duideliker, en dan het hy nie eers 'n
> luidspreker nodig nie, jy hoor hom tot innie onnerdorp
> ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
> meer vattie :-)

ROTFL! Hierdie was nou vir my ook baie snaaks. Rerig! Want wanneer
2 afrikaners sit en spot oor ander mense se aksente as hulle Engels
(of Afrikaans) praat, is rerig skreeusnaaks!
(Maar ek verstaan die frustrasie van nie kan verstaan nie, want ek
sukkel net so met die bleddie rednecks hier in die Suide!)
Maar op 'n ernstiger noot - aksente/dialekte is interessant, en is
nogal een van die aspekte van verskillende kultuurgroepe wat ek veral
baie geniet - om die verskil te kan hoor tussen (vir my 'n kras en
harde)New York aksent en byvoorbeeld New Orleans patois. En dan die
sielkrimpende Suidelike Aksente wat my teen die mure wil laat uitklim
teenoor die pragtige en sagte Engels (ekskuus - Amerikaans) wat
byvoorbeeld in die Seattle omgewing gepraat word. My ore kan ook
eenvoudig nie meer die Britse aksente hanteer nie - veral nie daardie
uitgerekte "drawn out cockney accent", nie.

Elkgeval - hallo - ek is terug! :-)
Re: Aksente van die Kroniese Klagatte [boodskap #59205 is 'n antwoord op boodskap #59203] Di, 26 Maart 2002 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

My ore kan ook
> eenvoudig nie meer die Britse aksente hanteer nie

Ek stem met jou saam. Die nuusomroepers
veral het hierdie oordrewe Britse aksente.
As mens na die aksente uit die verskillende
countries van Engeland luister, is dit nogal
nie te sleg nie, en as mens na iemand uit
selfs Oxford en Cambridge luister, is dit
ook nie so erg nie. Maar as mens na die
nuusomroepers op Britse nuusprogramme luister,
kry ek werklik 'n pyn in die maag. Hoekom
klink hulle so?

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59206 is 'n antwoord op boodskap #59199] Di, 26 Maart 2002 20:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
> nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
> onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
> dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.

Vertel my watter onbillike kritiek ek
produseer. As Frikkie my uitskel oor my
"kommunistiese" vriende, sal ek hom vertel
waar Dawid die wortels gegrawe het. As
Davie Davis bekommerd is oor hoe sy
belasting aangewend word, sal ek vir hom
wys waarop dit deesdae nie aangewend word
nie. As Kinky vir my vertel dat ek te
negatief is oor Suid-Afrika, dan sal ek
vir haar uitwys dat ek baie baie positief
is oor SA op die oomblik.

Gloudina
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59208 is 'n antwoord op boodskap #59206] Di, 26 Maart 2002 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Ek stem al die pad daarmee saam. Maar jy verstaan klaarblyklik
> nie dat dit niks hiermee uit te waai het nie. Hierdie gaan oor jou
> onbillike kritiek en die onproduktiewe en destruktiewe effek wat
> dit op veral redelike (maar ook onredelike) mense het.

Gloudina
Vertel my watter onbillike kritiek ek
produseer.

Wouter
Ek sê jou nog aanmekaar, maar jy wil nie hoor nie
Hierdie was ongevraagde en onredelike kommentaar op 'n
positiewe inset, jy maak hier afleidings (toevallig verkeerd)
en maak dan beskuldigings wat volg uit jou verkeerde
afleidings en dit op 'n pleidooi om meer positief te wees oor SA!
"Ek neem aan jou pa was in 'n hospitaal
wat voorheen gereserveer is vir swart
mense. Ek neem aan daar is eintlik nou
nie meer in SA "swart hospitale" nie, of
is ek verkeerd? Ek neem aan dat omdat
dit voorheen 'n swart hospitaal was in
'n oorwegende swart area, die hospitaal
nie so modern as in die voorheen wit
gebiede was nie. Is dit die skuld van
die lokale bewoners wat nog selfs nou
met tweederangse hospitale tevrede moet
wees.
Soos ek jou brief lees, was jy bang
vir jou eie veiligheid en jou pa se
veiligheid. Maar niks laat my dink dat
daar iets slegs met julle gebeur het nie.
Tog merk ek 'n klaagtoon in jou brief. Nou
wil ek jou graag vra: hoekom is daar 'n
klaagtoon in jou skrywe?"

Ek is nou moeg om verder op hierdie trant met jou te stoei, jy
stel nie belang in die argument of billikheid nie, jy soek net
ontsnaproetes om uit jou verleentheid te kom. Daar is geen
ontsnaproetes nie
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59209 is 'n antwoord op boodskap #59185] Di, 26 Maart 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA0810B.4080409@rogers.com...
> (1) hy dink half in Engels ('n geradbraakte
> Engels.)
> (2) Hy kan nie in Afrikaans spel nie.
> (3) Hy vloek aanmekaar
> (4) Hy maak kroniese seksuele verwysinge.
> (5) HY kan hom nie inhou nie, moet kronies
> van homoseksualisme praat.Die sielkundiges
> vertel ons hierdie soort mense het self
> 'n fasinering met die gay life style.
>

Wonder of hy en Frikkie dalk familie is? Ek sien definitiewe
ooreenkomste...
Aksente [boodskap #59211 is 'n antwoord op boodskap #59205] Wo, 27 Maart 2002 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Mar 2002 20:28:18 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Maar as mens na die
> nuusomroepers op Britse nuusprogramme luister,
> kry ek werklik 'n pyn in die maag. Hoekom
> klink hulle so?

Ek weet jy vra nie rerig vir my direk nie, want ek het natuurlik geen
idee nie! Maar dit is 'n interessante vraag. En is dit nie jou veld
nie?
Dit is seker soos sommige mense wat voel dit is nodig om hulle taal (
woordeskat en diksie) te wil moduleer na gelang van die sosiale
konteks? Soos 'n afrikaanse vriend van my wat dood gewoon afrikaans
sal praat, maar as hy op sy preekstoel staan, dan verander ALLES
omtrent hom - veral sy lyftaal en sy spreektaal.

Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die vorm van die
skedel, of grootte van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
dalk 'n rol?
Ek het byvoorbeeld al opgehou probeer Frans praat, want my man spot my
te veel met my uitspraak. Daar is woorde wat ek werklik sukkel om
korrek uit te spreek. Ek blameer maar my gene...
:-)
Maar dat daar definitiewe spraakpatrone waargeneem kan word wat direk
geassosieer kan word met sosiale agtergrond, is ook waar. Dit kan
mens nogal veral waarneem hier in die Suide van Amerika.
Welkom terug! [boodskap #59214 is 'n antwoord op boodskap #59203] Wo, 27 Maart 2002 04:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle wrote in message >

> Elkgeval - hallo - ek is terug! :-)

KinkY: Welkom terug! Dit is lekker om jou weer hier rond te hê!
Hoop jy het n wonderlike tydjie weg gehad en lekker gerus!
:-)
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59215 is 'n antwoord op boodskap #59202] Wo, 27 Maart 2002 05:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Mar 2002 20:04:25 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Tobie wrote:
>
>
>> nie eers te praat van die aksent wanneer hulle Engels probeer
>> praat nie
>> ek wens julle wil stomp raak virre slag, my maagspiere kannitie
>> meer vattie :-)
>
>
>
> Ja, my maagspiere ookie.
>
> Gloudina

Ja, ons lagspiere ookie, veral as ons hoor hoe jou man dit
goed geag het om homself engelsman te hou en heel trots
vir sê dat hy geen Afrikaans aksent meer het nie (en toe in
Afrikaans aangespreek word - deur die groenteverkoper of
so iets.) Dis waar ons agtergekom het dat oom Isak ook
maar soos jy is.
Vertel bietjie die nuwelinge op die groep daarvan toe want
daar is steeds mense soos 3skepe wat jou te hoog ag.

'n Bewonderaar
Re: Aksente [boodskap #59216 is 'n antwoord op boodskap #59211] Wo, 27 Maart 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Mar 2002 19:35:53 -0500, Danielle wrote:

> Soos 'n afrikaanse vriend van my wat dood gewoon afrikaans
> sal praat, maar as hy op sy preekstoel staan, dan verander ALLES
> omtrent hom - veral sy lyftaal en sy spreektaal.

Dit is snaaks en eintlik komies né. Ek ken ook sulke gevalle. Wat
hiermee saamgaan is wat 'n joernalis eendag gesê het hoe Tutu begin
rolle speel en dramaties rondspring het na hy bekend geword het.
>
> Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
> identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die vorm van die
> skedel, of grootte van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
> dalk 'n rol?

Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
met my werk en van Springbok afkomstig is (baie ònlangs daarvandaan)
en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
haar taal met my weer heel ordentlik.
Wat ek nie aan gedink het nie en volgende keer wel sal doen, is om
haar iets te vra terwyl sy met haar ma praat. Om te hoor hoe sy tydens
die gesprek met my praat.

As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
Kapenaars :-)
Re: Bestaansboerdery : Oplossing of Wensdenkery? [boodskap #59217 is 'n antwoord op boodskap #59200] Wo, 27 Maart 2002 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons mors ons asem Wouter, Gloudina se woede teen wit Afrikaners strek vér by
logika verby.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ca0cb67.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> Al wat sal gebeur, is dat die "voorheen
> benadeeldes" (wat in alle geval die plase
> vir die wit base al hierdie honderde jare
> bewerk het) die grond sal gebruik vir hulle
> eie voordeel, en nie vir die voordeel van
> die uitvoermark en buitelandse valuta nie.
> Daar word nou alreeds stemme gehoor in die
> World Bank se geledere wat sê dat die vereistes
> dat ontwikkelende lande die noue fiskale
> vereistes van die World Bank moet volg om
> lenings te kry, een van die elemente is
> in die kroniese onvermoë om 'n gesonde
> "ekonomie" te ontwikkel. Dis tyd dat die
> lande van Afrika onafhanklik gemaak word
> van die ou wit omies wat agter lessenaars
> sit en vir hulle vertel hoe hulle moet
> ontwikkel.
>
> Wouter
> Dit klink vir my al te veel na ideologiese wensdenkery, Gloudina
> Maak hulle los van die finansieringsinstansies en hou op om uit
> te voer en jy het 'n bestaansboerdery. Wat jy vanjaar produseer,
> eet jy vanjaar, want jy kan nie produseer vir die hoër pryse wat
> jy met uiytvoere kan verdien om geld te belê vir die maer jare nie.
>
> Bestaansboerdery werk as 'n klein stuk grond 'n gesin deurlopend
> kan onderhou, maar in Afrika met sy harde klimaatsomstandighede
> is jy beter af met die kapitaliste en hulle vermoë om vooruit te
> beplan, uit te voer en te belê vir die toekoms. Bestaansboere
> gaan dood in droogtes, dis die natuur se manier om die
> bevolking by die grond se vermoë aan te pas.
>
> Hierdie berig is vars uit die oond, en moet asseblief nie op
> die wit/swart aspek konsentreer nie, ek probeer net die harde
> werklikheid van Afrika se klimaat op boerdery illustreer.
>
> CHIKOMBA, Zimbabwe, March 26 (AFP) - Drought-stricken Zimbabwe
> will have to endure "a very long year" until the harvest of April
> 2003, laments Kumbirai Chikwenengwe, standing in a field of withered
> maize.
> Throughout the drought-parched country, this year's crop will
> hardly be worth the effort to reap.
> Chikwenengwe's 35 hectares (87.5 acres) in Zimbabwe's central
> Midlands Province have not soaked up a drop of rain since the
> official start of the rainy season last November.
> Chikwenengwe, originally from northwestern Mashonaland West
> Province, was awarded his plot here under the government's
> controversial land reforms launched in early 2000.
> In October, he borrowed money so he could buy some seed and hire
> a tractor to plow his fields.
> But as the rains failed to come, Chikwenengwe, who is married
> with five children, said: "My land is not life-giving. It has
> brought me despair and hunger."
> The highest plants are no taller than four-year-old Lennon, his
> youngest.
> Lennon's malnourishment shows in his bloated stomach and his
> frequent vomiting of plain water.
> His mother Felicias says he has had nothing but water the last
> two days.
> In Shona, the language of Zimbabwe's ethnic majority, "nzara"
> means both drought and famine, because "we know that one is
> provoking the other," Felicias said.
> Hunger has forced some of the Chikwenengwe's neighbors to leave
> their plots.
> "We have nothing left," Chikwenengwe said. "We are waiting for
> help from God or the government."
> The UN World Food Program (WFP) says 558,000 people are at risk
> of starvation in Zimbabwe, normally a regional breadbasket.
> Farmers say this April's maize harvest will be minimal, after a
> sharp reduction last year resulting from disruptions to commercial
> farming under the land reforms.
> From 2.4 million tonnes in 2000, when ruling party supporters
> began invading white-owned farms, output fell to 800,000 tonnes last
> year.
> Zimbabwe's 12 million people consume between 1.8 million and two
> million tonnes of maize per year, and the country normally exports
> surplus grain.
> Further south on inferior farmland long tilled by Zimbabwe's
> majority blacks, between the dried-up Charandura and Gweru rivers,
> the lifeless rocky plains stretch out as far as the eye can see.
> The traditional earthen grain stores are empty, and maize meal
> -- the staple food in the region -- is nowhere to be found.
> At 57, Miriam Mushindibaba, a widow living in a round mud hut in
> a village near Chemheke, is old beyond her years.
> Weeping at the side of her failed maize crop, she said: "I have
> never seen this before. Even during the 1992 drought, my maize gave
> a few grains."
> Her 32-year-old son Gabriel supports the family through the
> traditional sculptures he carves.
> "I won't be able to carry on like this for long," he said. "I
> have a wife and children to feed. I won't be able to feed everyone
> over the (coming) winter."
> He said he was considering moving to neighboring South Africa
> where he could work as a laborer.
> For most poor peasants here, the land is their only source of
> livelihood, and with the coming harvest a clear bust, they will have
> to scratch out a living with nothing in their larders until the next
> harvest comes around.
> Villagers in nearby Chamakanda pooled enough funds together to
> buy a sack of maize meal, the basis of the national dish, sadza.
> A large platter was served up, and about 15 children descended
> on it, polishing it off in no time.
> They had eaten nothing but green peanuts for the past week.
> "What will become of us if we cannot feed our children anymore?"
> one mother asked.
>
Re: Aksente [boodskap #59219 is 'n antwoord op boodskap #59216] Wo, 27 Maart 2002 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:d7m2au4o93sv3t3jm72jfmv9ns96cdrmko@4ax.com...
>
> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
> Kapenaars :-)
>

Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59220 is 'n antwoord op boodskap #59153] Wo, 27 Maart 2002 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tanta Gloudina,
Mens kan net solank sit en lees die drek wat jy kwytraak in hierdie ng oor
die politiek en dis duidelik dat jy 'n gebrek aan ervaring het van wat die
realiteite van Afrika is. Jyself sê jou pa het in 'n mooi huis gewoon en
sy werker in 'n krot.....wie se skuld was dit? Jou eie pappie-goed wat 'n
aartheidsvark was? As hy sy werker dan soveel gerespekteer het, hoekom het
hy nie vir hom ordentlike behuising gegee nie?
Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
skuld! Om te begin boer, sal jy ten minste nog so 'n �miljoen kapitaal
nodig hê want jy gaan ver van die dorp af wees, water sal jy voor moet boor
[hoe klink R100 000 per boorgat vir jou want water hier by ons is maklik oor
die 300 voet diep?]. Die naaste winkel of garage van jou af is maklik
70km plus. Elke stukkie brandstof, onderdele, lek, medisyne moet aangery
word.
Saam met die 'Tinpot' diktator Mugabe, skrou ou Sam Nujoma ook oor
plaasbesettings, maar gelukkig koop hulle darem nog grond op van boere wat
nie meer wil nie. Dan deel hulle dit in 1000 hektaar eenhede op......vir
mense om op te plak want daar is geen manier wat jy op 1000ha in ons land 'n
sinvolle bestaan kan maak nie.
Die 'bottom line' is, ou Antie, dat al gee jy vir my 'n plaas present,
sal ek dit nie vat nie want ek is nie 'n boer nie en dis 'n vinnige manier
om 'n billike fortuin gou 'n klein fortuintjie te maak! En net so as 'n
stertjie, duidelik weet jy nie so lekker van die lande van Suider-Afrika se
geskiedenis nie, want dan sou jy nie gesê het van die swart volke wat van
hulle gronde af verdryf is nie. Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
sal altyd een wees! Ek weet nie van EEN boer wat sy plaas verniet gekry
het nie. Hulle moes maar koop. Net so weet ek nie van een blanke in ons
land wat verniet huise gekry het nie......hulle moes dit koop.
Ek dink ids tyd dat JY die apartheidspook waarvoor jy weggehol het
besweer en begin realisties dink......maar dan is dit seker nie maklik om te
erken jy is 'n lafaard nie?
skryf in boodskap news:3C9E5B78.3020105@rogers.com...
>
> Frikkie Potgieter wrote:
>
>
>> Kyk net wat maak "gloudina" se broers daar in zim.....
>
> Frikkie, niks wat nou in Zimbabwe gebeur,
> kan enigsins opweeg teen wat jou apartheids-
> varke in SA gedoen het nie. Dis wat Dawie
> van die Burger ook nou die dag uitgewys het.
> Julle witgesmeerde apartheidsvark-graftes
> kan nou maar ook julle bekke hou oor Zimbabwe.
> Dis mos julle nuwe manier om julle verlede
> weg te steek.
>
>
> Gloudina
>
Re: Aksente [boodskap #59221 is 'n antwoord op boodskap #59216] Wo, 27 Maart 2002 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Davie
Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
met my werk en van Springbok afkomstig is (baie 'nlangs daarvandaan)
en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
haar taal met my weer heel ordentlik.

Wouter
As sy nie met daardie aksent praat nie, klink sy vir hulle soos die
BBC-nuuslesers vir die Noord-Amerikaners klink. Hovaardig,
neus-in-die-lug en aansitterig. Jy sal vir hulle heelwat erger klink
met jou Tronsvôlse aksent.

Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
"vroumens" sê baie...
Re: Aksente [boodskap #59222 is 'n antwoord op boodskap #59219] Wo, 27 Maart 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis
> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
> Kapenaars :-)

Sakkie
Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))

Wouter
Nee wat, ons vat dit van wie dit kom....
Dus geen probleem nie

Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
Kapenaars het gaan aksent nie :-)
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59224 is 'n antwoord op boodskap #59187] Wo, 27 Maart 2002 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> "@rogers.com" wrote:
>>
>>> Ek
>>> dink jy behoort op te hou om smalend te praat
>>> oor "agtergeblewenes."
>
>>
>> Dit is 'n amptelike regerings term wat 'n baie dokumente en wette
>> voorkom - hoekom praat jy nie met die regering daaroor nie?
>
> O. Is dit amptelike regerings-beleid
> om SMALEND van "agtergeblewenes" te
> praat? Jissie, dit klink amper soos die
> kandidate vir die Konserwatiewe party
> se leierskap hier in Ontario, wat
> "homelessness" onwettig wou verklaar.
>
> Gloudina

Nee stupit ek praat van die term - dit is egter 'amptelik regerings
beleid' om smalend van voorheen bevoordeeldes - dis nou mense soos ek en
jy want ons velle is wit - te praat. Dit is egter 'n blanket term - soos
'n kief net - dit spaar niks nie.
Re: Aksente [boodskap #59225 is 'n antwoord op boodskap #59219] Wo, 27 Maart 2002 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 08:37:54 +0200, "Sakkie" wrote:

>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:d7m2au4o93sv3t3jm72jfmv9ns96cdrmko@4ax.com...

>> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
>> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
>> Kapenaars :-)

>
> Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))

Danielle se raaiskoot:
Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die grootte van die
skedel, of vorm van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
dalk 'n rol?
>

en Davie se verontskuldiging:
Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
Kapenaars. :-)))
Re: Aksente [boodskap #59226 is 'n antwoord op boodskap #59225] Wo, 27 Maart 2002 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:pqc3au8nuq78365hlm3e5cokj1iurso8t4@4ax.com...
> On Wed, 27 Mar 2002 08:37:54 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:d7m2au4o93sv3t3jm72jfmv9ns96cdrmko@4ax.com...
>
>>> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
>>> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
>>> Kapenaars :-)
>
>>
>> Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))
>
> Danielle se raaiskoot:
> Maar iets wat my rerig fassineer, is waarom verskillende kulture/mense
> identiese woorde so verskillend uitspreek. Speel die grootte van die
> skedel, of vorm van die mondholte of ander fisiese karaktertrekke
> dalk 'n rol?
>>
>
> en Davie se verontskuldiging:
> Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
> Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
> Kapenaars. :-)))
>

Nei man Dirrie, dis nerrie vie vootanne wat samtaaims missieng is
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59227 is 'n antwoord op boodskap #59215] Wo, 27 Maart 2002 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Ja, ons lagspiere ookie, veral as ons hoor hoe jou man dit
> goed geag het om homself engelsman te hou en heel trots
> vir sê dat hy geen Afrikaans aksent meer het nie (en toe in
> Afrikaans aangespreek word - deur die groenteverkoper of
> so iets.) Dis waar ons agtergekom het dat oom Isak ook
> maar soos jy is.
> Vertel bietjie die nuwelinge op die groep daarvan toe want
> daar is steeds mense soos 3skepe wat jou te hoog ag.

Wel, die verskil tussen my en Oom
Izak is natuurlik dat ek baie trots
is op my oulike Suid-Afrikaanse
aksent, en Oom Izak gehoop het dat
niemand meer in sy stem 'n Afrikaanse
aksent kon hoor nie. Jy moet onthou
Oom Izak was hier teen 1976 so bloedig
kwaad vir die klomp apartheidsvarke
dat hy nie meer Afrikaans wou praat nie,
en gehoop het dat die Kubane die klomp
skorremorrie uit die Unie-geboue
gaan skop.
Die storie oor die vrugteverkoper
op die Londonse straat? Daar was blyk-
baar 'n bruinman wat SA perskes en ander
vrugte verkoop, en nadat hy vir my man
hoor praat, vir hom in Afrikaans aanspreek.
Dit was hier aan die einde van die
sewentigerjare en Oom Izak was nog in sy
wil-nie-Afrikaans-praat-fase, en toe maak
hy maar of hy die man nie verstaan nie.
Die storie word tot sy skande vertel. Hy
praat nou lustig Afrikaans, elke keer as
hy die kans kry. (Wat natuurlik nie te
dikwels is nie, laaste keer nog met Antjie
Krog.)

Gloudina
Re: Aksente [boodskap #59228 is 'n antwoord op boodskap #59222] Wo, 27 Maart 2002 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ca17963.0@news1.mweb.co.za...
> Davie Davis
>> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
>> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
>> Kapenaars :-)
>
> Sakkie
> Ek ken moeilikheid soek as ek dit sien :-)))))
>
> Wouter
> Nee wat, ons vat dit van wie dit kom....
> Dus geen probleem nie
>
> Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
> wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
> Kapenaars het gaan aksent nie :-)
>

Ek wonder as 'n ou na die fonetiese uitspraak gaan kyk watter gebied die
naaste aan die waarheid sal kom. Ek het so 'n idee dat ons Tr�nsv�ler
maatjies dalk 'n verrassing kan kry.
Re: Pieter Pieterse [boodskap #59229 is 'n antwoord op boodskap #59220] Wo, 27 Maart 2002 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

'n gebrek aan ervaring het van wat die
> realiteite van Afrika is. Jyself sê jou pa het in 'n mooi huis gewoon en
> sy werker in 'n krot.....wie se skuld was dit? Jou eie pappie-goed wat 'n
> aartheidsvark was? As hy sy werker dan soveel gerespekteer het, hoekom het
> hy nie vir hom ordentlike behuising gegee nie?

Die werker hét in die enigste "ordentlike"
behuising gebly wat deur die N.G. Kerk se
reëls vir behuising op die kerk-gekontrolleerde
besproeiingskema toegelaat was. Baie van die
bruinmense het verkies om op die erwe te
bly in pondokkies, maar dit was teen die reëls
van die kerkowerhede. Daar teen die barre
heuwels, omtrent twee myl van die "wit"
gedeelte van Marchand, het die gekleurdes
dus gebly. Hierdie mense se ouers en groot-
ouers was meestal Nama wat oorspronklik op
van daardie eilande gebly het. Die NG Kerk
se ou wit omies was dan een van die eerste
instansies waar apartheid toegepas was en
nie-blanke mense "verwyder" is van waar hulle
eers gebly het. Tot die skande van die ou
wit omies. Insluitende my pa, wat op 'n keer
een van die twee boere was wat op "Die
Hoofkommissie" gedien het en as gevolg daarvan
die Sinodes moes bywoon in dié kapasiteit.
Maar die oumense was so gekondisioneer
om hierdie skeiding van die rasse as die wet
van die Mede en die Perse te sien. Eenkeer het
my ma gesê sy vind dit so erg dat sy nie vir
"Griet," die wasaia en haar goeie vriendin, 'n
stoel kon aanbied as hulle land en sand aanmekaar
praat op die agterste veranda nie. Toe ek vir my
ma vra hoekom sy haar nie 'n stoel aanbied nie,
toe sê sy "wat sal die bure daarvan sê."

Gloudina
Van Plase en Boerdery [boodskap #59230 is 'n antwoord op boodskap #59220] Wo, 27 Maart 2002 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
> die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
> gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
> weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
> positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
> beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
> amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
> ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
> skuld!

Dit mag vir jou 'n skok wees, maar hier in
Noord-Amerika weet ons baie van op plase
boer en hoe die hoë kostes van boer vir
omtrent elke boer diep in die skuld jaag
elke keer as die pryse sleg is en die
oes skraal is. Dit is natuurlik omdat die
boere, net soos enige boer in SA, onder
die dwang is van die vereistes van die
wêreldmarkte. Baie mense praat van die
"death of the family farm" as 'n voldonge
feit, maar die regerings kan nie tot die
stap oorgaan en ophou subsidies betaal nie,
dus gaan biljoene dollars van belasting om
hierdie family farms in stand te hou. En nog
is dit nie genoeg nie. Dis daarom dat Willie
Nelson en sy "Farm Aid" konserte elke keer
geld bymekaar moet maak om family farmers van
bankrotskap te red.
In die ou dae in SA, met volop swart
hulp, was die wit boere op die wit plase seker
nog 'n betalende onderneming. Ek neem aan op
die oomblik is family farms in SA ook maar in
die pekel. Ek het egter een skoondogter wie se
familie nog lustig voortboer op 'n plaas in
Ficksburg in die Vrystaat, en hulle klink nie
of hulle in die moeilikheid is nie.

Gloudina
Oor Grondbesit [boodskap #59231 is 'n antwoord op boodskap #59220] Wo, 27 Maart 2002 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
> eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
> ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
> vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
> sal altyd een wees!

Kom ons vat dit maar net omtrent twee eeue
terug. Tot by 1802. En sien waar meeste van
jou voorsate gesit het. Of in Europa of in
die Boland, neem ek aan.
Ek dink jy is baie onkundig oor wat op die
oomblik in Kanada gebeur. Daar word op groot
skaal met die Eerste Nasies onderhandel
om land terug te gee onder die bestuur van die
Eerste Nasies in daardie gevalle waar dit kan
bewys word dat die Eerste Nasies nie self die
grond "verkoop" het en "treaties" gemaak het met
die Franse en Britse setlaars uit Europa nie.
As ek op so 'n stuk grond sit, sal ek móét
verskuif of anders onder die kontrole van die
betrokke Eerste Nasie moet kom. Ek sal geen
opsie hê nie.
Dit neem egter nie weg van die feit dat
Kanada, net soos die VSA en Meksiko, nog onder
die effektiewe kontrole is van ou wit omies
(en hier en daar tannies) wie se voorvaders
oorspronklik uit Europa gekom het nie. Die
swernoters het oral ingestap en geplak, nè?

Gloudina
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59232 is 'n antwoord op boodskap #59230] Wo, 27 Maart 2002 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA1CFAA.1090505@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
>> die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
>> gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
>> weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
>> positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
>> beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
>> amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
>> ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
>> skuld!
>
>
> Ek het egter een skoondogter wie se
> familie nog lustig voortboer op 'n plaas in
> Ficksburg in die Vrystaat, en hulle klink nie
> of hulle in die moeilikheid is nie.
>
> Gloudina
>

Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
oorleef, en die finansiële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
die nie-so-v�r-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
nie net gaan oor grondbesit nie.
Re: Oor Grondbesit [boodskap #59233 is 'n antwoord op boodskap #59231] Wo, 27 Maart 2002 14:46 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA1D2C1.7050604@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
>> eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
>> ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
>> vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
>> sal altyd een wees!
>
>
> Kom ons vat dit maar net omtrent twee eeue
> terug. Tot by 1802. En sien waar meeste van
> jou voorsate gesit het. Of in Europa of in
> die Boland, neem ek aan.
> Ek dink jy is baie onkundig oor wat op die
> oomblik in Kanada gebeur. Daar word op groot
> skaal met die Eerste Nasies onderhandel
> om land terug te gee onder die bestuur van die
> Eerste Nasies in daardie gevalle waar dit kan
> bewys word dat die Eerste Nasies nie self die
> grond "verkoop" het en "treaties" gemaak het met
> die Franse en Britse setlaars uit Europa nie.
> As ek op so 'n stuk grond sit, sal ek m��t
> verskuif of anders onder die kontrole van die
> betrokke Eerste Nasie moet kom. Ek sal geen
> opsie hê nie.
> Dit neem egter nie weg van die feit dat
> Kanada, net soos die VSA en Meksiko, nog onder
> die effektiewe kontrole is van ou wit omies
> (en hier en daar tannies) wie se voorvaders
> oorspronklik uit Europa gekom het nie. Die
> swernoters het oral ingestap en geplak, nê?
>
> Gloudina

Ek weet nie hoekom dit hulle spesifiek nou swernoters maak nie. Miskien
omdat hulle wit was? Geskiedenis vertel ons dat dit is hoe dinge gedoen
was. Swart, wit, rooi, geel, dit maak nie saak na watter nasie jy na kyk
nie, dit is hoe dit gewerk het. Daarmee sê ek nie dat dit reg was nie, ek
sê net dat jou kommentaar dat die witmense nou swernoters was onregverdig
is.
Vorige onderwerp: Internationaal gerechtshof
Volgende onderwerp: Wat sou jy gedoen het?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:25:16 MGT 2024