Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ferdi - ons wag
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51355 is 'n antwoord op boodskap #51102] |
Wed, 10 October 2001 14:57   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
en laat hierdie storie ook 'n end kry.
______________________________________________________
> Annette wrote:
>
>>> Wat is jou beginsels, Annette?
>
>> Baie eenvoudig - om alles - mens, dier, eiendom, geloof en plant - met
>> respek te behandel - en om mense so beskaafd moontlik tereg te wys as ek nie
>> met hulle siening kan saamstem nie.
>
> Ha, ha, ha, he, he, he.
>
> Die mense van Swellendam. Veral die
> Hospitaalraad van Swellendam.
>
>>
>
|
|
|
Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51382 is 'n antwoord op boodskap #51102] |
Wed, 10 October 2001 19:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
> en laat hierdie storie ook 'n end kry.
Gie, gie, gie.
Die mense van Swellendam en Amstelveen.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51685 is 'n antwoord op boodskap #51389] |
Mon, 15 October 2001 00:51   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))
Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51723 is 'n antwoord op boodskap #51389] |
Mon, 15 October 2001 18:25   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Is die rosyntjies net so aan die trosse opgehang Gloudina?
Die arme korrels - daar hang hulle lekker in die boord, en dan word hulle
gepluk, gedoop, en op 'n ander plek gehang waar hulle oud en verrimpeld
raak?
Hoe lank vat dit om droog genoeg te word?
Annette
skryf in boodskap news:3BCA3449.88F28C69@home.com...
Annette wrote:
> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))
Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vuil wasgoed [boodskap #51807 is 'n antwoord op boodskap #51789] |
Wed, 17 October 2001 06:39   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dries Venter skryf in boodskap news:3bcc9c95.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is goed om jou wasgoed in die son te laat hang. Die UV strale ontsmet
> die wasgoed en haal kieme en goed uit wat waspoeier nie kan uithaal nie.
> Dit breek ook baie van die neweprodukte van waspoeier af. Dis o.a. hoekom
> goed growwer voel as hulle in die son gehang het - die neweprodukte breek na
> 'n soort poeier af.
>
> Verder het die waspoeiermense ook al begin om stowwe in hul poeiers te sit
> wat fluoriseer wanneer dit aan UV strale blootgestel word. Die effek
> daarvan is - heel slim - dat die wasgoed skoner lyk as dit in die son hang
> ("whites are whiter, colours brighter" om 'n bekende vervaardiger te
> parafraseer)
Interessant. Ek het gedink dit is bloot 'n verkoopsfoefie. Ek is van
nature agterdogtig en laat my nie oortuig deur enige soetsappige advertensie
nie.
Dis ook hoe die outydse blousel gewerk het. 'n Variasie
> hierop is dat hulle 'n baie effense blou kleurstof in die waspoeier sit wat
> natuurlik meer die blou en pers dee van die sonspektrum reflekteer, en dit
> laat ook jou wasgoed skoner lyk. Veral witgoed. Nou moet ek darem ook sê
> dat dit nie vir my lyk of daar soveel van die goed in is dat dit jou wasgoed
> permanent kleur nie.
My wederhelf was so gaaf om eendag met wasgoed te help, het die 'staysoft'
vergeet en toe sommer vinnig op die klere gegooi. Fout! Van daardie dag af
het dit enige vuilheid, presies net op daardie plek laat vassit. Dis waarom
ek dit nou weinig vir my klere gebruik. Nou is al ons wit hemde en bloese
steeds wit na 'n jaar of wat. Die ander klere se kleure word ook nie dowwer
nie.
>
> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!
>
> Dries
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9q6n8b$19u$1@news.adamastor.ac.za...
>> Gaan hang jou wasgoed op in die son, en as dit droog is, ruik dan hoe
> lekker
>> vars en "na son" dit ruik...
>>
>> Thys innie son oppie Bos
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
>>> wrote:
>>>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>> Hoe ruik die son Thys?
>
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:44:55 UTC 2025
|