| Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51355 is 'n antwoord op boodskap #51102] |
Wo., 10 Oktober 2001 14:57   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
en laat hierdie storie ook 'n end kry.
______________________________________________________
> Annette wrote:
>
>>> Wat is jou beginsels, Annette?
>
>> Baie eenvoudig - om alles - mens, dier, eiendom, geloof en plant - met
>> respek te behandel - en om mense so beskaafd moontlik tereg te wys as ek nie
>> met hulle siening kan saamstem nie.
>
> Ha, ha, ha, he, he, he.
>
> Die mense van Swellendam. Veral die
> Hospitaalraad van Swellendam.
>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51382 is 'n antwoord op boodskap #51102] |
Wo., 10 Oktober 2001 19:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Gloudina, oppas dat jy nie afgesaag raak nie... Annette, vra tog verskoning,
> en laat hierdie storie ook 'n end kry.
Gie, gie, gie.
Die mense van Swellendam en Amstelveen.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51598 is 'n antwoord op boodskap #51389] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Niks kan naby die lekkerruik van wasgoed kom wat in die son gehang het nie.
Voordat ek met vakansie oorsee gaan, hang ek al die klere wat ek wil inpak
eers in die son uit, sodat ek die son kan ruik daar in die koue.
My tas is dan my wondersak - ek maak dit oop en ruik die son:)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:dec9stsfjmp7tsu6hhsv3pc59oi3dfc0s7@4ax.com...
> On Wed, 10 Oct 2001 09:02:21 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dit is hoeka vandag weer 'n slag warm hier in die Kaap sodat ek kan wasgoed
>> uithang;))
>
> Solank dit skoon is, Annette!! :-))
> Terloops, ons het al in state/counties gewoon waar dit heeltemal
> onwettig is om wasgoed buite te hang of vertoon. Nie dat dit ooit 'n
> probleem vir my was nie, want ek was nog nooit die ophangerige soort
> nie - makliker om vanaf wasmasjien direk in tuimeldroër te prop. :-)
>
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51599 is 'n antwoord op boodskap #51517] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:31   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ah Thys!! Jy weet dan in albei gevalle:)))
Miskien moet Danielle kom kuier sodat ons haar kan leer om wasgoed behoorlik
uit te spoel en reg op te hang:))
Annette
Thys de Wet skryf in boodskap news:9q64mn$2gpu$1@news.adamastor.ac.za...
> Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?
>
> Ma was sommer kwaai met ons oor die regte manier van wasgoed ophang. En
> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>
> Thys oppie Bos
> "Danielle" wrote in message
> news:2o9cstsgcv0eeebtehc2pd8bdisab51d3q@4ax.com...
>> On Thu, 11 Oct 2001 10:32:10 +0200, "Max" wrote:
>>
>>> 'n Tuimeldroër is 'n onding. Veral in plekke soos Gauteng ens waar die
> son
>>> daagliks skyn!
>>
>> Jammer - ek is oor die algemeen redelik "groen". Maar wanneer dit by
>> gemak en gerief kom, is ek baie "Amerikaans". Buitendien, klere wat
>> buite opgehang was is so styf! Gladnie lekker nie. Om nie eens te
>> praat van daai "ore" wat die wasgoedpennetjies veroorsaak nie. :-)
>>
>
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51600 is 'n antwoord op boodskap #51521] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:32   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>
>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>
>
> Hoe ruik die son Thys?
>
|
|
|
|
| Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51601 is 'n antwoord op boodskap #51399] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ah!!! Sien? Ek het jou mos gesê dit is vreeslik snaaks om hierdie ng te
lees:)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:lhe9stgphqp8t9mlmq0gbdort1oilje3vn@4ax.com...
> On Wed, 10 Oct 2001 19:23:10 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>>> genoem HIER in die openbaar. Ek wou graag sien of hy die integriteit
>>> gehad het om my privaat te kontak.
>>
>> Ag, nee wat Danielle! Jy weet mos die eintlike rede waarom sy nie wil hê
>> mense moet privaat met mekaar in aanraking kom nie? Sy's vreeslik bang sy
>> mis iets, en dan kan sy mos nie haar stuiwer ingooi nie! Jy weet mos,
>> dieselfde stuiwer wat sy al die afgelope jare vandat die ng eers begin het,
>> ingooi. Plein jaloesie, Kinta! Wil nie uitgelaat wees nie. Sheim.
>
> Noudat jy dit noem, kan ek dit insien en maak dit nogal baie sin. Ek
> vermoed jy is reg. Interessant genoeg projekteer hulle nogal vreeslik
> baie van hulleself en hulle eie gevoelens/vrese met hierdie
> aanhoudende persoonlike aanvalle. Jy moet darem erken dat dit alles
> baie komies is? :-))
>
|
|
|
|
| Re: Wurms [boodskap #51603 is 'n antwoord op boodskap #51390] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:43   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Solank iets wat kraak in sjokolade gedoop is, sal ek dit eet:)))
Annette
+0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
>> dus handig:))))
>
> Jy's natuurlik reg!! :-) Maar mens sal maar klein vissies vang met
> die spesifieke wurm. Ek dink selfs visse het 'n sekere mate van
> trots? :-)))
> Ons het 'n vriend gehad wat so lief was vir gedroogde mopanie wurms.
> Ek gril my siek. Eeeuw...hy het dit ge-eet soos Simba skyfies - crunch
> crunch...:-)
>
|
|
|
|
| Re: Ferdi - ons wag [boodskap #51604 is 'n antwoord op boodskap #51404] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:45   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))))) Wat bedoel jy Pop? ( onskuldig) - ek weet van baie jong vissies wat
van harige ou wurms hou:)))
Annette
pop skryf in boodskap news:9q2ekd$h1o$1@slb0.atl.mindspring.net...
> Aikona, nie met daai soort wurm nie.
>
> Pop
>
>
> Annette wrote in message
> news:9q0sgc$koidl$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Danielle - ek weet vir 'n feit wurms word nog gebruik om vis mee te vang -
>> dus handig:))))
>> Annette
>>
>>
>> .com> wrote in message
news:utg7stog8uvmk0n17lv19dn8uvs9veafcd@4ax.com...
>>> On Tue, 09 Oct 2001 14:45:14 GMT,
>>> ferdeina...@iconNOSPAN.coNOSPAM.za (Ferdi Greyling) wrote:
>>>
>>>
>>>> >Ag ou Ferdi, een van die dinge wat bygedra het daartoe
>>>> >was toe jy nie die guts gehad het om Danielle te skakel
>>>> >of selfs jou nommer vir haar te gee toe sy dit vra nie.
>>>>
>>>> Leun Davie, leun.
>>>> Jy lieg.
>>>
>>> Waarom lieg Davie? NATUURLIK het jy nie die guts gehad nie!!!! Jy is
>>> nogsteeds 'n wurm, FerdiEEE!
>>> En moenie eers probeer antwoord nie, ek mors nie my tyd met wurms nie.
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51630 is 'n antwoord op boodskap #51615] |
Sa., 13 Oktober 2001 18:21   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Danielle, kom kuier dadelik!! Jy begin goed te vergeet, en jou dinge te
verbeel!
Wie het nou hier van stryk gepraat?:)))
Annette
Danielle skryf in boodskap news:fl4gstg2333c9iutqbfvufri701nghthr3@4ax.com...
> On Sat, 13 Oct 2001 07:32:48 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
>> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
>
> Nee wat - ek dink julle ruik stof. As mens goed buite ophang,
> dan word dit tog net vol stof, of hoe? :-)
> Ek verkies maar my vars en Downy-sagte klere wat lekker ruik en nooit
> gestryk hoef te word nie. :-)
>
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51631 is 'n antwoord op boodskap #51616] |
Sa., 13 Oktober 2001 18:23   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ah!!!!! Slegte nuus vir jou ou dier - dis 'n aangebore gawe:)))
Sommige mense is strykers, ander nie:))
Annette
@4ax.com...
> On Sat, 13 Oct 2001 07:31:27 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Miskien moet Danielle kom kuier sodat ons haar kan leer om wasgoed behoorlik
>> uit te spoel en reg op te hang:))
>
> Ek soek eerder iemand wat my kan leer stryk. :-)
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51632 is 'n antwoord op boodskap #51617] |
Sa., 13 Oktober 2001 18:25   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag, my liewe mens - soooooo jammer om dit te hoor.
Dit is wonderlike oefening:))))
Ek is 'n voorslag ophanger, en sal jou in 'n japtrap kan leer:)))
Vertel ons eers - hoe lyk die wasgoedpennetjies daar in die VSA?
Ek kyk in die flieks - en die goed wat hulle gebruik lyk na gemors:))
Annette
@4ax.com...
> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
> wrote:
>
>> Nee maar hoe't jy dan geleer om wasgoed op te hang?
>
> Niemand het my ooit geleer nie. :-(
>
> :-)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51683 is 'n antwoord op boodskap #51672] |
So., 14 Oktober 2001 23:08   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hang ek alles op om draag te word? Ek kan nie aan iets dink wat ek nie
ophang nie:)))
Bokkoms is mos opgehangde vis:)))
Biltong is opgehangde vleis:))
Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
sal bietjie baie lank vat:)))
Annette
>
>> Ag, my liewe mens - soooooo jammer om dit te hoor.
>
> Jaaaaa sus...:-))
>
>> Dit is wonderlike oefening:))))
>
> Dink jy dit is die rede waarom Amerikaners vet word? Omdat ons nie
> meer wasgoed ophang nie? :-)))
> Maar Annette, ek kan aan baie beter en lekkerder en selfs
> interessanter maniere dink om fiks te bly!
>
>> Ek is 'n voorslag ophanger, en sal jou in 'n japtrap kan leer:)))
>
> Hang jy alles op om droog te word?
>
>> Vertel ons eers - hoe lyk die wasgoedpennetjies daar in die VSA?
>
> Yikes, miskien sal Pop weet. Ek het geen idee nie. Jammer. :-)
>
>> Ek kyk in die flieks - en die goed wat hulle gebruik lyk na gemors:))
>
> LOL!!
>
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51685 is 'n antwoord op boodskap #51389] |
Ma., 15 Oktober 2001 00:51   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))
Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51723 is 'n antwoord op boodskap #51389] |
Ma., 15 Oktober 2001 18:25   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Is die rosyntjies net so aan die trosse opgehang Gloudina?
Die arme korrels - daar hang hulle lekker in die boord, en dan word hulle
gepluk, gedoop, en op 'n ander plek gehang waar hulle oud en verrimpeld
raak?
Hoe lank vat dit om droog genoeg te word?
Annette
skryf in boodskap news:3BCA3449.88F28C69@home.com...
Annette wrote:
> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))
Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51749 is 'n antwoord op boodskap #51689] |
Di., 16 Oktober 2001 04:17   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Lou - miskien moet ek dit liewer blik - netnou dink die mense daar is
niks in die bottel nie;))
Annette
.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Mmmmmm - dus weet net ons hier in die Kaap hoe die son ruik?
>> Ek sien 'n nuwe toeriste-aantreklikheid:)))
>> Annette
>
> Miskien kan jy dit bottel? Dink net aan die uitvoermoontlikhede na
> koue-gat plekke soos kanada!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed [boodskap #51807 is 'n antwoord op boodskap #51789] |
Wo., 17 Oktober 2001 06:39   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Dries Venter skryf in boodskap news:3bcc9c95.0@news1.mweb.co.za...
> Dit is goed om jou wasgoed in die son te laat hang. Die UV strale ontsmet
> die wasgoed en haal kieme en goed uit wat waspoeier nie kan uithaal nie.
> Dit breek ook baie van die neweprodukte van waspoeier af. Dis o.a. hoekom
> goed growwer voel as hulle in die son gehang het - die neweprodukte breek na
> 'n soort poeier af.
>
> Verder het die waspoeiermense ook al begin om stowwe in hul poeiers te sit
> wat fluoriseer wanneer dit aan UV strale blootgestel word. Die effek
> daarvan is - heel slim - dat die wasgoed skoner lyk as dit in die son hang
> ("whites are whiter, colours brighter" om 'n bekende vervaardiger te
> parafraseer)
Interessant. Ek het gedink dit is bloot 'n verkoopsfoefie. Ek is van
nature agterdogtig en laat my nie oortuig deur enige soetsappige advertensie
nie.
Dis ook hoe die outydse blousel gewerk het. 'n Variasie
> hierop is dat hulle 'n baie effense blou kleurstof in die waspoeier sit wat
> natuurlik meer die blou en pers dee van die sonspektrum reflekteer, en dit
> laat ook jou wasgoed skoner lyk. Veral witgoed. Nou moet ek darem ook sê
> dat dit nie vir my lyk of daar soveel van die goed in is dat dit jou wasgoed
> permanent kleur nie.
My wederhelf was so gaaf om eendag met wasgoed te help, het die 'staysoft'
vergeet en toe sommer vinnig op die klere gegooi. Fout! Van daardie dag af
het dit enige vuilheid, presies net op daardie plek laat vassit. Dis waarom
ek dit nou weinig vir my klere gebruik. Nou is al ons wit hemde en bloese
steeds wit na 'n jaar of wat. Die ander klere se kleure word ook nie dowwer
nie.
>
> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!
>
> Dries
>
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:9q6n8b$19u$1@news.adamastor.ac.za...
>> Gaan hang jou wasgoed op in die son, en as dit droog is, ruik dan hoe
> lekker
>> vars en "na son" dit ruik...
>>
>> Thys innie son oppie Bos
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:fb9dstgpdbd4ucjj198dtjfiug4q839ou8@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Oct 2001 09:04:50 +0200, "Thys de Wet"
>>> wrote:
>>>> wasgoed wat in die son droog geword ruik sommer so lekker na son...
>>> Hoe ruik die son Thys?
>
|
|
|
|
| Re: Vuil wasgoed en goggas [boodskap #51822 is 'n antwoord op boodskap #51801] |
Wo., 17 Oktober 2001 10:11   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daai vliegie is nie hier nie!! Ek sal weet as ek geboor word;)))
En ek het nog nooit 'n geknars van die wurmpies gehoor as ek stryk nie;))
Annette
in message news:oq2qsts54urf15cnka8qdb67ss17vk3859@4ax.com...
> On Tue, 16 Oct 2001 22:30:30 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
>> Die nadeel van in die son hang (in sekere wêrelddele) is dat daar 'n sekere
>> vliegie is wat sy eiers op die klam wasgoed lê, hulle broei uit as jy dit
>> aantrek en dan boor die larwes in jou vel in. Eeuwg!
>
> PRESIES!!!!!! Sien Annette en Thys!! Dis wat gebeur as julle die goed
> buite ophang. Julle lywe gaan vol wurms word!! Ek het mos GEWEET
> daar was 'n goeie rede om die tuimeldroër altyd te gebruik!! Dankie
> Dries! :-))
>
> Terloops Dries - wat word hierdie gedierte nou weer genoem? En ek
> dog al die tyd dit kom meestal net in Zim voor?
|
|
|
|