|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Troue gehou. [boodskap #49343 is 'n antwoord op boodskap #49336] |
Ma., 03 September 2001 12:15   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Shannon wrote:
> Ek
> het juis al gewonder of hy nie maar onder 'n ander naam skryf nie....maar
> hier is niemand op die groep wat Gloudina tans met 'n ysterpik aanval nie.
>
>> Leendert
Ja, waar is die goeie ou dae.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Troue gehou. [boodskap #49346 is 'n antwoord op boodskap #49098] |
Ma., 03 September 2001 12:40   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Shannon wrote:
> Wat het van die man met die poel in sy e-posadres geword wat in Namibië
> gesit het? Hy het ook lekker bydraes tot die groep gemaak. (so 'n jaar of
> wat terug)
>
Ek dink jy bedoel Hans de Jager. Hy het in die afgelope paar
maande eenkeer opgekom en gesê hy loer gereeld hier, maar
maak geen bydraes nie. Ek wens ook hy wil weer hier verskyn.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Troue gehou. [boodskap #49591 is 'n antwoord op boodskap #49335] |
Do., 06 September 2001 08:14   |
®Tobie©
Boodskappe: 379 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mvd5a$1s3l$1@news.adamastor.ac.za...
: Watter maatstaf gebruik jy om die jaarring mee te bepaal? Gebrek aan hare
: bolangs, of die kleur daarvan?
~~~~~~~~
Thysman ek het 'n vergrootglas, wat die kreukels op die gesig kan
vergroot heelwat oor eenduisend keer, al is die dpi van die
fototjie net 72. Ek
verhoog die dpi net so bietjie en loer weer met die vergrootglas.
Aaah, en sie daar ek lees tenminste 48 jaarringe. Ag nou ja,
daardie klein Citroëntjie is pragtig, en ja, ek weet van die
rathefboom in die 'dash'. Ek was nou wel 6 jaar oud toe hy
uitgekom het, maar familie van my in Wellington het een gehad vir
baie jare en ek het baie saam met Trevor le Roux rondgery.
~~~~~~~~~~~~~~
:
: Ek's nou wel 'n jaar ouer as die kar, maar ek dink ek het meer myle op. Dis
: 'n '54 Citroen Light 15 Traction Avant.
~~~~~~~~~~~~~~
en kon die karretjie nie om 'n draai sit met sy voorwieltrek
nie. In Bainskloof, was daar
was nie 'n kar wat saam met hom deur die draaie kon vleg nie. Die
lomp Britse en Amerikaanse karre se geraamtes het nog vir jare
aan die hange gelê. Meer aan die Wolseley/Ceres kant van
Groenberg as aan
Wellington. Altyd gewonder hoekom, totdat ek uitgevind het dat
daar meer mense daardie kant toe gery het nadat hulle eers by
Nuweland ietsie gedrink het, toe by Klapmuts, toe by Wellington
daar by die Louw's se hotel (Piet die cheeta, was daar aan 'n
ketting vas) net duskant die Hugenote Hoërskool,
en dan natuurlik, Bainskloof Hotel.
Ag kyk waar loop die gedagtes tog. Anyways, ek sou nog graag
daardie karretjie net wou ry. Kon nie sy registrasie nommer sien
nie. Hier in my dorp loop 'n 19voertjek Volla, so 'n songebrande
vaalgryse, wat se
nommer CL 99 is. Die Skelmbossers het ou Jan du Plessis al baie
geld aangebied om daardie Volla te koop net vir die nommer.
~~~~~~~~
: Die rat hefboom werk jy so deur die "dashboard" voor die passasierskant.
: Die rathefboom is darem na regs gebuig om die bestuurder "in beheer" te
: plaas. Moes nogal lekker gewees het daai tyd as jy 'n meisie uitgeneem het
: met die 'gearlever' so half voor haar... Maar ons sal nou nie daaroor
: verder spekuleer nie.
~~~~~~~
Ek het meer van die 'Floorshift' gehou wat latere jare uitgekom
het :-&
~~~~~~~~~
: Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
: waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
: net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
: "Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
: gevat het...
~~~~~~~~~~
het dié vriendin verpleeg? :-)
~~~~~~~~~~
:
: Thys oppie Bos, waar die Laan ook nie meer parkeeplek het nie.
~~~~~~~~~~~~
Ja'k dinge verander, ons jaarringe raak meer en meer, maar binne
bly ons jonk van gees.
Siende dat Leendert nie iets daarteen het as ek sy fototjie plaas
nie, sal ek dit later doen, gee hom nog so 2 dae grasie om sy sê
te sê. :-)
|
|
|
|
|
|
| Kiss me quick/Beentjies hoogte [boodskap #49700 is 'n antwoord op boodskap #49659] |
Vr., 07 September 2001 07:11  |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Wouter die Plaas Otteriasie
se gedagtes het gedwaal
en sy mond het weer gekwyl
oor die vryplek langs die pad
kom skattie, kies mie kwiek
issie selle plek
maar nou nie meer
dit is nog daar
maar afgesper
oor al die onheiligheid
wat daar in karre
plaasgevind het
Dis nou vir ons vriende duskant (noord)
van die "boerewors gordyn"
Thys nog oppie Bos
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b97cae6.0@news1.mweb.co.za...
> Thys:
> Wie onthou nog die stilhouplek (vryplek) bokant Karl Bremerhospitaal? Daar
> waar jy kon gaan "park" met jou meisie vir die aand, en julle die hele aand
> net na die stad se liggies sit en kyk? Vriendin van ons sê hulle het dit
> "Beentjieshoogte" genoem: Dis die plek waar die mans aan die meisies se been
> gevat het...
>
> Wouter
> Ek ken dit as "Kiss me quick". Dit kom seker maar van Elvis se
> treffer van daardie jare
>
|
|
|
|