Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Brand in Krugerwildtuin
Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49499] Wo, 05 September 2001 11:10 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die gras
gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49505 is 'n antwoord op boodskap #49499] Wo, 05 September 2001 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja Shannon - ons het dit gehoor - ook verskeie wilde diere is ook al
doodgebrand.
Hier sit ons nou in die Kaap met rukwinde, maar genadiglik is dit nou te nat
vir enige brand om te ontstaan.
Die boot wat laasnag in die hawe losgeruk het - en ek dink gesink het - die
bemanning is genadiglik almal gered.
Blykbaar is ook niemand dood agv die kragdrade wat afgeruk is en in
Durbanville in die pad beland het nie.
Hoeveel huislose mense egter laasnag hier omgekom het, sal ons miskien eers
later van hoor.

Nou net oor die nuus: By Kommetjie reuse golwe wat ook 'n skip op die rotse
laat loop het.

Nou het die Kaap weer 'n paar nuwe wrakke waarop Skeepswrakpartytjies gehou
gaan word die komende somer.
Annette

> Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die gras
> gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
> kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.
>
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49508 is 'n antwoord op boodskap #49499] Wo, 05 September 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer het dit gebeur Shannon :-(((((

"Shannon" skryf in boodskap news:3b960828.0@news1.mweb.co.za...
> Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die gras
> gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
> kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.
>
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49510 is 'n antwoord op boodskap #49508] Wo, 05 September 2001 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Volgens: www.news24.co.za

Nelspruit - Minstens 18 mense is dood in 'n verwoestende veldbrand wat
Dinsdag in die suidelike deel van die Nasionale Kruger-wildtuin uitgebreek
het.

Volgens 'n woordvoerder van die wildtuin, mnr. William Mabasa, is drie
wildbewaarders en 15 vroue van naburige gemeenskappe wat gehuur is om gras
te sny, onder die slagoffers. Die wildbewaarders is dood toe hulle besig was
om die brand te bestry.

Die veldbrand het tussen die ruskampe Pretoriuskop en Skukuza uitgebreek.
Hoewel die hulp van 'n helikopter ingeroep is, woed die brand steeds in die
lang gras van die gebied.

Minstens vyf mense, van wie een in 'n ernstige toestand is, word in 'n
nabygeled hospitaal vir brandwonde behandel.

Reddingswerkers fynkam die gebied vir verdere slagoffers. Geen toeriste word
vermis nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Sakkie skryf in boodskap news:3b961435$0$234@hades.is.co.za...
> Wanneer het dit gebeur Shannon :-(((((
>
> "Shannon" wrote in message
> news:3b960828.0@news1.mweb.co.za...
>> Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die
> gras
>> gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
>> kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.
>>
>
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49515 is 'n antwoord op boodskap #49510] Wo, 05 September 2001 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oor die nuus netnou 19 dood:((
Annette

> Nelspruit - Minstens 18 mense is dood in 'n verwoestende veldbrand wat
> Dinsdag in die suidelike deel van die Nasionale Kruger-wildtuin uitgebreek
> het.
>
> Volgens 'n woordvoerder van die wildtuin, mnr. William Mabasa, is drie
> wildbewaarders en 15 vroue van naburige gemeenskappe wat gehuur is om gras
> te sny, onder die slagoffers. Die wildbewaarders is dood toe hulle besig was
> om die brand te bestry.
>
> Die veldbrand het tussen die ruskampe Pretoriuskop en Skukuza uitgebreek.
> Hoewel die hulp van 'n helikopter ingeroep is, woed die brand steeds in die
> lang gras van die gebied.
>
> Minstens vyf mense, van wie een in 'n ernstige toestand is, word in 'n
> nabygeled hospitaal vir brandwonde behandel.
>
> Reddingswerkers fynkam die gebied vir verdere slagoffers. Geen toeriste word
> vermis nie.
>
> Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
>
>
> Sakkie wrote in message
> news:3b961435$0$234@hades.is.co.za...
>> Wanneer het dit gebeur Shannon :-(((((
>>
>> "Shannon" wrote in message
>> news:3b960828.0@news1.mweb.co.za...
>>> Daar het 'n brand uitgebreek en 3 bewaarders is dood. Vrouens wat die
>> gras
>>> gesny het, is ook dood. Die dodetal is 20 op die stadium. Een van die
>>> kampe het ook gebrand en die besoekers het al hul besittings verloor.
>>>
>>
>
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49633 is 'n antwoord op boodskap #49515] Do, 06 September 2001 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Altesame 19 mense is in die brand dood. Die erg getraumatiseerde vroue het
Woensdag in die Pretoriuskop-ruskamp se personeeldorp tot verhaal probeer
kom. Altesame 15 van hul groep het doodgebrand toe hulle in paniek hul
basiskamp verlaat en die veld in gehardloop het. Drie wildbewaarders wat
die brand probeer blus het, het ook in die veld doodgebrand. Nog een is
later in die hospitaal dood.

Die vakbond MWU-Solidariteit, een van die twee erkende vakbonde in die
Krugerwildtuin, het gister in 'n verklaring gesê dié tragedie is veroorsaak
deur 'n voorbrand wat handuit geruk het. Volgens hulle het die wildtuin
kundiges rakende brandbestryding verloor tydens die onlangse
personeelafleggings. "Daar is 'n direkte verband tussen die
afleggingsproses en die tragiese veldbrand," het mnr. Dirk Hermann,
woordvoerder van MWU-Solidariteit, gesê.

Die vroue sny van Mei af al saam gras. Dit word onder meer deur die
Krugerwildtuin gebruik om oornaghutte en ander geboue se grasdakke mee op te
knap. Mnr. David Mabunda, parkhoof, het gister gesê dit lyk of die mense
bang was en in die donker veld ingehardloop het om van die aankomende brand
te probeer wegkom. Die vlamme het hulle oorval. Die werkers wat nie uit die
tydelike kamp gevlug het nie, het die brand oorleef.

Agt toeriste wat op die Napie-staptoer was - onder wie buitelandse
besoekers - het ongedeerd daarvan afgekom toe hulle betyds na Pretoriuskop
gebring is.

Twee van die veldwagters wat dood is in die tragedie, was mnre. Wilson
Ngobeni en Philip Fakude. Fakude laat sy vrou en ses kinders agter.

Mnr. Murphy Morobe, voorsitter van Sanparke, het gesê dié raad, die polisie
en die departement van arbeid stel almal ondersoek in na die ramp. 'n
Rampbestuurspan is ook saamgestel en 'n rampfonds is gestig.Sanparke en die
departement van omgewingsake en toerisme het elk R100 000 bygedra.

Pres. Thabo Mbeki het sy skok uitgespreek oor die ramp, meegevoel betuig met
die families en die dapperheid geprys van diegene wat dood is in hul pogings
om die brand te blus. Vier olifante is ook in die brand dood en sowat 70 000
ha veld tussen Pretoriuskop en Skukuza is vernietig.
Nege mense, onder wie ses kinders, het Woensdag in 'n veldbrand naby
Greytown in KwaZulu-Natal doodgebrand.

Annette skryf in boodskap news:9n590n$57caj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oor die nuus netnou 19 dood:((
> Annette
>
Re: Brand in Krugerwildtuin [boodskap #49669 is 'n antwoord op boodskap #49633] Do, 06 September 2001 21:13 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanmiidag oor die nuus was dit 23 wat toe dood is - 19 grassnyers en 4
veldwagters.
Nog steeds 'n vreeslike tragedie.:(
Annette

message news:3b9785d6.0@news1.mweb.co.za...
> Altesame 19 mense is in die brand dood. Die erg getraumatiseerde vroue het
> Woensdag in die Pretoriuskop-ruskamp se personeeldorp tot verhaal probeer
> kom. Altesame 15 van hul groep het doodgebrand toe hulle in paniek hul
> basiskamp verlaat en die veld in gehardloop het. Drie wildbewaarders wat
> die brand probeer blus het, het ook in die veld doodgebrand. Nog een is
> later in die hospitaal dood.
>
> Die vakbond MWU-Solidariteit, een van die twee erkende vakbonde in die
> Krugerwildtuin, het gister in 'n verklaring gesê dié tragedie is veroorsaak
> deur 'n voorbrand wat handuit geruk het. Volgens hulle het die wildtuin
> kundiges rakende brandbestryding verloor tydens die onlangse
> personeelafleggings. "Daar is 'n direkte verband tussen die
> afleggingsproses en die tragiese veldbrand," het mnr. Dirk Hermann,
> woordvoerder van MWU-Solidariteit, gesê.
>
> Die vroue sny van Mei af al saam gras. Dit word onder meer deur die
> Krugerwildtuin gebruik om oornaghutte en ander geboue se grasdakke mee op te
> knap. Mnr. David Mabunda, parkhoof, het gister gesê dit lyk of die mense
> bang was en in die donker veld ingehardloop het om van die aankomende brand
> te probeer wegkom. Die vlamme het hulle oorval. Die werkers wat nie uit die
> tydelike kamp gevlug het nie, het die brand oorleef.
>
> Agt toeriste wat op die Napie-staptoer was - onder wie buitelandse
> besoekers - het ongedeerd daarvan afgekom toe hulle betyds na Pretoriuskop
> gebring is.
>
> Twee van die veldwagters wat dood is in die tragedie, was mnre. Wilson
> Ngobeni en Philip Fakude. Fakude laat sy vrou en ses kinders agter.
>
> Mnr. Murphy Morobe, voorsitter van Sanparke, het gesê dié raad, die polisie
> en die departement van arbeid stel almal ondersoek in na die ramp. 'n
> Rampbestuurspan is ook saamgestel en 'n rampfonds is gestig.Sanparke en die
> departement van omgewingsake en toerisme het elk R100 000 bygedra.
>
> Pres. Thabo Mbeki het sy skok uitgespreek oor die ramp, meegevoel betuig met
> die families en die dapperheid geprys van diegene wat dood is in hul pogings
> om die brand te blus. Vier olifante is ook in die brand dood en sowat 70 000
> ha veld tussen Pretoriuskop en Skukuza is vernietig.
> Nege mense, onder wie ses kinders, het Woensdag in 'n veldbrand naby
> Greytown in KwaZulu-Natal doodgebrand.
>
>
> Annette wrote in message
> news:9n590n$57caj$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Oor die nuus netnou 19 dood:((
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Van Biere en Boobies
Volgende onderwerp: Troue gehou: Wie wil kyk?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 11:49:58 MGT 2024