Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Invoer
Invoer [boodskap #99982] Ma, 01 November 2004 12:16 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vir 2 jaar lank kontrak werk in Nigeria gedoen. Gedurende die tyd het
ek 'n produk gesien wat nie in SA beskikbaar is nie, en ek is seker dit sal
'n reuse sukses hier wees.

My vraag is dus vir iemand wat geen benul het van invoer / uitvoer nie:

Waar begin mens om die wiel aan die rol te sit

Waar kry mens mense wat finansieel betrokke sal wil raak

Groete

Riaan
Re: Invoer [boodskap #99985 is 'n antwoord op boodskap #99982] Ma, 01 November 2004 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jou beste roete is om iemand te kry wat hierdie tipe van goed ken, en dit
gaan geld kos. Gaan klop by Business Partners aan, hulle sal jou kan help
met al jou vrae en ook moontlike kapitale belegging
http://www.businesspartners.co.za

Groete
Elaine

"Riaan" skryf in boodskap news:1099311328.362317@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek het vir 2 jaar lank kontrak werk in Nigeria gedoen. Gedurende die tyd het
> ek 'n produk gesien wat nie in SA beskikbaar is nie, en ek is seker dit sal
> 'n reuse sukses hier wees.
>
> My vraag is dus vir iemand wat geen benul het van invoer / uitvoer nie:
>
> Waar begin mens om die wiel aan die rol te sit
>
> Waar kry mens mense wat finansieel betrokke sal wil raak
>
>
>
> Groete
>
> Riaan
>
Re: Invoer [boodskap #99986 is 'n antwoord op boodskap #99982] Ma, 01 November 2004 15:17 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Een ding wat jy vierseker moet doen, is om seker te maak dat jy presies weet
hoe werk invoere en wat al die moontlike probleme is. Verder ook natuurlik
dat jy weet hoe om met die kliënt aan die anderkant te werk want veral
Nigerië het 'n slegte reputasie vir verneuk. As jy 'n klomp goed koop in
die buiteland, dan moet jy nie summier geld aanstuur of sommer net betaal
nie. Jy gaan koop 'n kredietbrief by jou bank wat die bedrag van die
bestelling dek en dit slegs sal laat uitbetaal sodra die verkoper die
vragbrief van die goedere op die vliegtuig kan produseer [maw dat jy bewys
het dat die goedere reeds op die vliegtuig is], of nog meer veilig, maak die
kredietbrief betaalbaar sodra jy die goedere afhaal by jou lughawe se
vragafdeling. Daar is al baie, baie mense wat bedonner is deur goedere wat
betaal is maar nooit hier aankom nie.
Die eerste ding wat jy na moet kyk sover dit die item aangaan, is
watter mark dit in betrokke gaan raak? Tensy jy dit van winkel tot winkel
wil 'rep', sou ek reken jy moet die groothandelaar soek wat in die kategorie
van besigheid betrokke is en die produk aan hulle voorstel [as jy die
alleenreg daarop het] en tevrede wees met 'n kommissie op die verkope aan
die groothandelaar en hy versprei die produk na sy winkels toe. Bemarking
is die grootste vark in die verhaal en as jy dit op die groothandelaar kan
oorgooi, dra jy nie eintlik 'n risiko nie want uiteindelik kan jy dit so
reël dat jy net die agent speel en nie self geld hoef te gooi nie.

"Riaan" skryf in boodskap news:1099311328.362317@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek het vir 2 jaar lank kontrak werk in Nigeria gedoen. Gedurende die tyd
> het ek 'n produk gesien wat nie in SA beskikbaar is nie, en ek is seker
> dit sal 'n reuse sukses hier wees.
>
> My vraag is dus vir iemand wat geen benul het van invoer / uitvoer nie:
>
> Waar begin mens om die wiel aan die rol te sit
>
> Waar kry mens mense wat finansieel betrokke sal wil raak
>
>
>
> Groete
>
> Riaan
>
Vorige onderwerp: SAAMBOU is vermoor
Volgende onderwerp: 'n Presentjie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 03:58:00 MGT 2024