Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boerewors en nog meer
Boerewors en nog meer [boodskap #9646] So, 01 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Colin  is tans af-lyn  Colin
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het so rukkie terug geskryf oor hoe moeilik dit was om "Gem Squash" hier
in Engeland te kry. Ek het gekry, maar teen £1 per pond - omtrent R15 per
kilo op vandag se wisselkoers! Wat kos die goed in SA nou?

Nog 'n ding wat ek nou al lank soek is Boerewors. Ek het so 'n klein
winkeltjie in Oxford gekry wat beweer hulle verkoop dit, maar dit maak my
net meer lus vir die ware Jakob. Het enige iemand 'n resep vir egte
Boerewors?
Re: Boerewors en nog meer [boodskap #9705 is 'n antwoord op boodskap #9646] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
bri...  is tans af-lyn  bri...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "Colin" writes:
> Ek het so rukkie terug geskryf oor hoe moeilik dit was om "Gem Squash" hier
> in Engeland te kry. Ek het gekry, maar teen £1 per pond - omtrent R15 per
> kilo op vandag se wisselkoers!

Ek het toe ek in Frankryk gewoon het my eie gekweek in potte op die balkon van
my woonstel in Parys. Hulle wou nooit so groot word soos hier nie - omtrent
gelyk soos snoekerballe. Maar 'n mens kon hulle darem eet.

> Wat kos die goed in SA nou?

Die groentewinkel naby my verkoop hulle teen R2 per kilo.

Johan Brink
Vorige onderwerp: Groetjes
Volgende onderwerp: 'n Groot Verrassing - Dankie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:24:25 MGT 2024