Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Groot Verrassing - Dankie!
'n Groot Verrassing - Dankie! [boodskap #9675] Di, 03 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
tie...@nospam.com  is tans af-lyn  tie...@nospam.com
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
So drie weke gelede skakel Ria my om te laat weet dat haar ma en ander
familie na Kissimmee Florida kom, en gevra of daar iets is wat hulle vir my
kon saambring. My versoek soos altyd was 'n bottel Cape Velvet en Zulu
aandenkings vir my man. Ek was gewonder hoekom daar nie soos gewoonlik
gevra is of daar iets is wat my ma kan saamstuur nie. Wel, die familie
arriveer en ek bring toe 'n besoek aan hulle om my pakkies te gaan afhaal.
My klein "pakkies" is toe in 'n groot tas ..... vol! So vol en so swaer ek
kon dit skaars dra.

Ek is deur die familie gewaarsku dat hulle probleme ondervind het by
"customs" (hoe spel mens "customs" nou weer in Afrikaans?), dat die tas
deursoek is en van die pakkies oopgemaak en die papier waarin van dit
toegedraai was, beskadig is.

By die huis gekom kon ek nie wag om te sien wat alles in die tas is nie.
Ek was so opgewonde ..... daar was twee bottles Cape Velvet, baie Zulu
aandekings .... en van my persoonlike besittings (foto albums) wat deur my
ma gestuur is en ekstras soos Smarties, Aero ens. Groot was my verrassing
toe ek op 'n pak biltong afkom - 'n groot pak biltong en droe wors. Ek was
amper histeries van opgewondenheid. Ek kon nie glo dat "customs" nie die
biltong gekonfiskeer het nie. Blykbaar mag kos soos vleis en vis nie
ingebring word nie (nie eens Proteas nie). Die biltong was gepak in 'n
plastiese "Glad bag", nie eens weggesteek nie. Ek het gestaar en gestaar,
en geruik en geruik, en moes myself 'n paar keer knyp om myself te oortuig
dat dit wel 'n biltong was. Nooit in my wildste drome het ek verwag om 'n
pak biltong en droe wors direk uit SA te kry nie ..... Op daardie stadium
was die verlange baie, en na 'n paar trane het ek behoorlik gesmul!

Cindy my ou sus ....... Jy is absoluut 'n ster! Baie baie dankie. Ek wens
ek kon in woorde vir jou se wat dit vir my beteken het.

En Ria by Zillertal, baie baie dankie vir die Cape Velvet, Zulu
aandenkings, en vir die geleentheid dat my ma pakkies en persoonlike
besittings vir my kon aanstuur. Ek waardeer dit opreg.

--
Julie Morgan
http://home.sprynet.com/sprynet/gotravel

For replies, edit email
Needed for unwanted mail
Re: 'n Groot Verrassing - Dankie! [boodskap #9676 is 'n antwoord op boodskap #9675] Di, 03 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Haai Willem, jy laat my nou biltong en droë wors in 'n heel nuwe lig sien!
Daar's moontlikhede wat ek nou eers begin besef ...! ;-)

"Hello! Yebo Go-Go, Noh the Madam she's noht here, she's gohn to the butcher..."
Re: 'n Groot Verrassing - Dankie! [boodskap #9677 is 'n antwoord op boodskap #9675] Di, 03 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem  is tans af-lyn  Willem
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
vi...@iafrica.com wrote:

(knip)
(Kan iemand vir my sê wat beteken "voorslapietsies"?

Vira,
Ek neem aan dit beteken iets soos lekkerkry. Die voorslag is die stukkie
riem
aan die punt van 'n sweep wat die sweep sy kenmerkende klapgeluid gee en
pietsies sou seker dan wees om liggies met die sweep te klap. Die geluid
self kan plesier gee, maar sommige kan dalk daarvan hou om met 'n
voorslag
gepiets te word ? :)
Willem
Re: 'n Groot Verrassing - Dankie! [boodskap #9694 is 'n antwoord op boodskap #9675] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Klein stukkie droë vlees, ek het my land

> (Kan iemand vir my sê wat beteken "voorslapietsies"?
>
> Groete,
> V.
>

Vira,
Dankie vir die gedig. Dit laat my dink
aan my man wat vegetarier is, maar toe 'n
familielid met biltong hier in Kanada kom
kuier, toe hou hy skielik vir 'n halfdag
op om vegetarier te wees, en eet biltong
saam met ons! Regte Afrikanerseun!
"Voorslagpietsies"
Voorslag : 'n soort sweep van leer gemaak,of
tenminste die punt van die sweep.
piets : om met die sweep te slaan.
pietsies : klein ligte slae van die sweep
Dit is nou net 'n Suid-Afrikaner wat iets teers
en romanties kan vind in die slaan van 'n sweep!
Gloudina
Vorige onderwerp: Boerewors en nog meer
Volgende onderwerp: Re: Waarom die Anglisismes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 21:32:52 MGT 2024